Suid-Afrika in werklike finansiële krisis, sê VF Plus

geld-finansies-spaar-begroting-belegging-deur-stevepb-op-pixabay

Foto: Stevepb/Pixabay.com

Die VF Plus het gesê Suid-Afrika sit in ʼn wesenlike finansiële krisis en alhoewel die mediumtermyn-begrotingsraamwerk ʼn belangrike geleentheid is om te herprioritiseer om huidige krisisse te takel, sal dit niks doen aan die ware probleem van beleidsonsekerheid wat die maaksel van die ANC-regering is nie.

Van die probleme wat dadelik aandag sal moet kry, is die knellende droogte en toenemende waterskaarste in die land waar geld nodig is vir infrastruktuur soos damme en reservoirs, het Wouter Wessels, VF Plus-LP, gesê. Geld is ook nodig vir hulp aan landbouers in droogte-rampgebiede.

“Openbare ondernemings plaas ʼn groot en onnodige las op die fiskus. Dié ondernemings is tans net swart gate waarin belastinggeld sonder enige sigbare voordeel of verbetering verdwyn. Die omkeerplan wat minister Pravin Gordhan vandag vir Eskom aangekondig het, sal geen onmiddellik effek op die huidige krisis hê nie. Die uitstaande skuld aan Eskom sal nie oornag betaal kan word nie aangesien munisipaliteite bankrot is,” het Wessels bygevoeg.

Daar is geen ander oplossing as om Eskom te privatiseer en te dereguleer om sodoende toe te sien dat markkragte kan meewerk tot gesonde kompetisie en kragvoorsiening nie.

“Beide die ministers van openbare ondernemings en finansies word gyselaar gehou deur hul party se ideologie, alliansievennote en vakbonde wat weier om in te stem tot ongewilde besluite wat geneem moet word om herstel te bewerkstellig. Hierdie besluite behels onder meer die staat se salarisrekening, die aflegging van oorbodige personeel en ʼn moratorium op salarisverhogings asook privatisering en deregulering,” het hy gesê.

“Die mag van die vakbonde oor die regering en die uitwerking daarvan op die ekonomie hou die hele Suid-Afrika gyselaar. Daar is ʼn werklike rigtingverandering nodig om aan hierdie doodloopstraat te ontsnap en die begrotingsraamwerk is die geleentheid om hierdie koersverandering teweeg te bring.”

Wessels meen dit is duidelik dat die minister min beweegruimte het om die begroting te balanseer. Dit raak ook duidelik dat daar ʼn stewige tekort aan belasting-inkomste gaan wees.

“Groot ondernemings het bloot nie genoeg vertroue in Suid-Afrika om te belê om sodoende die belastingbasis te verbreed nie. Hierdie gebrek aan vertroue kan net deur beleidsekerheid herstel word en die ANC is duidelik nie in staat om dit te bewerkstellig nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Ben ·

En almal is nou moeg gesukkel! Weet nie eers meer waar om te begin om alles uit te sort nie.

Light Emitting Diode ·

Politieke stemkopery hou miljoene mense se ligte aan, Eskom kan mos n reddingsboei van belastingbetalersgeld kry. Die ANC weet nie hoe hulle hierdie situasie gaan verander nie, want dit is onvolhoubaar! Maar dit lyk nie of dit eintlik saak maak nie.

Duncan ·

Die korrupte ANC regering met Zuma aan die spits en sy kaders het SA in die afgrond bestuur en nou sit ons in `n ernstige finansiele krisis waaruit ons nie sal kom nie.
SA is die land met die meeste ministers/adjunk ministers, die meeste staatsamptenare wat groot salarisse kry vir niks doen en geen dienste lewer nie. Die werkloosheid koers van bykans 30% (in totaal amper 24miljoen mense wat nie werk het nie), die swak onderwysstelsel (verbeel jou ons kinders slaag matriek met net `n vereiste 30%), `n arbeidsmag met min vaardighede, Staatskuld van bykans 60% van die GDP, bykans 15% van die Staat se inkomste word bestee aan rente. Bykans 90% van alle munisipaliteite onder ANC is in die afgrond bestuur en bankrot (bv Bfn Mun.) Dit is mos `n resep vir `n mislukte Staat. In SA ken die korrupte ANC nie die woord “Accountability” nie – daar word maar net voort geploeter en ANC kaders word net herplooi om hul mislukkings weer te herhaal. Enige jongmens in SA moet liewer emigreer en moers net hul tyd hier.

humor ·

Totaal verblind deur kul kommnistiese ideologie tesame met die versekering dat die belastingbetalers magteloos in hul mag is om ekonomies die wa deur die drif te trek.

Lewiesbokwa ·

Die enigste sinvolle oplossing is om ‘n eie finansiele instelling te stig, sodat ons in ‘n rekordtyd alle bates kan konsolideer. Die erns van so’n skuif sal ‘n boodskap uitstuur wat dieselfde uitwerking sal he as geboue wat brand en sakepersele wat geplunder en geroof word . Die enigste verskil is dat ons opstand wettig en beskaafd sal wees.

andries makopa ·

Wel die ANC hoe koppe sukkel nie , net gister sien en ek anc stelward in bryanston met die nuutste bentley ,wat n skaarse 5 miljoen rand kos , Groot anc vlag agter op

Kraaibakke ·

Ja dis waar ,baie ongerieflik dat die bietjie wat ons al kon bymekaarmaak so irodeer .Maar die wiel draai stadig in n rigting ANC se volgelinge wat nog minder het kners nou hul tande dat die ert afspat
Of ons hier uit gaan kom raak n kwessie want die vleisvreeters bly honger en kry nie genoeg .Te blind om te sien ekonomie ly daar onder ,verblind deur hebsug en gierigheid.

Boos ·

ek wonder of daai swart gate waar die geld in verdwyn nie dalk verkeerd gespel is nie

Te Realisties ·

Ons sien die stembus bring nie verandering nie. Maar lyk my die waterkrisis wel. Vra maar die DA.
Mense wat dors is is n lelike ding. Slegs sinvolle verandering in bestuur kan finansies regruk

Peter ·

Het doet mij veel verdriet als ik hoor en zie hoe het op dit moment is gesteld met SA.
Jammer dat zo’n mooi land zo ten gronde wordt gericht door zichzelf verrijkende ‘bestuurders’! Komt dit ooit nog goed, vraag ik me af?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.