Suid-Afrika mag wol uitvoer na China

Gannabos

Skape word bymekaar gemaak om na die buite velde geskuif te word. Foto: Nakkie van Wyk

Suid-Afrikaanse wolboere kan weer na China uitvoer ná ingryping deur Thoko Didiza, minister van landbou.

Didiza het ingegryp nadat die Chinese regering op 23 Julie aangekondig het dat wolinvoere van Suid-Afrika opgeskort is omdat Suid-Afrika nie aan die nuwe Chinese gesondheidsvereistes voldoen nie.

Volgens Didiza het haar departement op 12 Augustus deur die Suid-Afrikaanse ambassade in Beijing met die Chinese owerhede begin onderhandel. Die Chinese het uiteindelik Suid-Afrika voor ʼn keuse gelaat. Die eerste opsie was dat Suid-Afrika moes instem om aan die vereistes van die nuwe Chinese gesondheidsertifikaat te voldoen en dat daar intussen onderhandel word oor hoe dit moet gebeur. Dit sou beteken Suid-Afrika kan wol uitvoer na China terwyl die onderhandelings voortduur.

Die tweede opsie was om te onderneem om eers weer wol uit te voer wanneer Suid-Afrika aan die nuwe gesondheidsertifikaat se vereistes voldoen, wat beteken die opskorting sou voortduur.

“Suid-Afrika het die eerste opsie verkies,” het Didiza gesê. Op die kort termyn is die situasie dus uitgesorteer, terwyl onderhandelings oor die voldoening aan gesondheidsvereistes voortduur.

Die agterstand met woluitvoere is besig om vinnig weggewerk te word en die wolbedryf stem saam met die regering dat die voldoening aan die Chinese vereistes nie in die praktyk veel aanpassing gaan vereis nie.

Hierdie afleiding maak die minister uit hoofde van ʼn vergadering tussen die regering en die Kaapse wolbedryf, asook wolkoper-maatskappye. Die minister het onderneem om die wolbedryf op die hoogte te hou van die onderhandelinge.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Vra maar net

Sodat ons land se wolbedryf lamgelê (haha, sien nou dat die 2 woorde gepas saamgaan) kan word en ons nog meer vir wol moet opdok? Dis die probleem wanneer als uitgevoer word. Daar kom ‘n tekort en dit raak dan onbekostigbaar.

Rob

Hoekom stuur hulle nie die skaape lewedag saam met die wol soos hulle die skaape lewedag met hul vleis Kuwait toe stuur.

Sarel

Hoera hy het net sy werk gedoen. Niks rocketscience as iemand sy normale werk doen.

Drew

Sak ou Sareltjie baie werk lê voor ek like Didiza proactive

Daan

Dis so jammer dat SA nie kan toetree in die landbou nie. China koop nie meer sooi en alfalfa gras van die VSA nie en die boere daar is kwaad vir Trump oor hulle verlies van verkope. Het julle geweet dat die VSA kan nie eers in die helfte van sy bok vleis vraag voorsien nie en die ANC met sy politiek kan nie die gap vul nie. Baie jammer.As dit nie vir politiek was nie sou die landbou in SA beter af gewees het.