Suid-Afrika nou in resessie

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Suid-Afrika is in ʼn resessie nadat die bruto binnelandse produk (BBP) vir twee agtereenvolgende kwartale ingekrimp het.

Volgens Statistiek Suid-Afrika het die BBP in die eerste kwartaal van die jaar met 0,7% ingekrimp. In die vierde kwartaal van 2016 het die BBP met 0,3% ingekrimp. Dit is die eerste keer sedert 2009 dat Suid-Afrika in ʼn resessie is.

Die grootste negatiewe bydraer tot BBP-groei in die eerste kwartaal was die handels-, spysenierings- en akkommodasiebedryf, wat met 5,9% afgeneem het en tot -0,8 van ʼn persentasiepunt tot die BBP-groei bygedra het.

Die grootste bydraer tot die afname was die petroleum-, chemiese produkte-, rubber- en plastiekprodukte-afdeling. In teenstelling hiermee het die mynbou- en steengroefbedryf met 12,8% gestyg, en 0,9 van ʼn persentasiepunt tot BBP-groei bygedra.

Huishoudelike verbruiksbesteding het in die eerste kwartaal met 2,3% afgeneem, wat -1,4 persentasiepunte tot die totale groei bygedra het. Die belangrikste negatiewe bydraers was voedsel- en nie-alkoholiese drank, klere en skoene en vervoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Kollie ·

Met al die regstellende aksie is die kanse beter om ‘n ryk vrou te kry, ‘n bonus vir ons witmans.

m ·

En wie moet ons bedank. Kyk hoe gaan dit in hierdie land. …. Wat se jy nou ou grote..

al ·

Ons soek amptelike en indringende verduidelikings aan die ANC regering en ANC NUK waarom ons land in resessie gegaan het agv hul besluite?

m ·

Wou nog byse geen wonder daar word paleise in Dubai gekoop nie. Hierdie mense weet wat gaan kom….

Loeis ·

Die mynbou bedryf het goed geklim, maar dit is moontlik dat dit maar net is omdat hulle uitvoere weens die swakker Rand gestyg het, en dan is dit niks om oor opgewonde te raak nie.

Mense redeneer dikwels dat alles beter sal gaan wanneer Zuma uit is. Hoewel dit waar is dat hy en sy meesters baie sleg vir die ekonomie is, sal dit maar ‘n skamele troos wees as een Zuma met ‘n ander vervang word. Ramaphosa het wel ‘n reputasie as besigheidsman, maar aan die kern van die probleme le die ANC en die hele beleid van BEE en AA, asook swak arbeidspraktyke.

Ons het ‘n hele sisteem en -beleidsverandering nodig om die gemors reg te maak.

Afrikaanse Knaap ·

Ramaphosa het verseker nie in 30 jaar 30 biljoen Rand sterk geword omdat hy die eerste in die kantoor was en die laaste een was om te gaan nie.
Hy het lekker gefreeload op baie maatskappye se direkteurskap, met wette wat hy en kaders ingebring het.
Hy is aansienlik slinkser as sy huidige baas.

Boela ·

Suid-Afrika is al sedert 1994 in ‘n morele, politieke en veiligheidsresessie. Die ekonomie het nou bloot bygekom.

Winston ·

Stem saam Boela. Ons het geweet dit gaan al “beter” word.

LB ·

Ek is verbaas dat dit soveel jare geneem het om tot op hierdie vlak te daal…

Johann ·

LB, dit het later na Regstellende Aksie toe oorgegaan, wat hul idees het opgereaak, en toe stop dit nie daar nie, nou word nie net wit mense uit hul werk geweer nie, maar nou word hul plase ook afgevat. DIT is nou RA, wat die pits is.

KP ·

Stem saam dat dit nog baie erger gaan raak. Ek weet ook nie van Ramaphosa se goeie reputasie as besigheids man nie, hy het alles op n skinkbord gekry wat hy besit deur aandele wat sommer aan hom gegee is en daarmee saam miljoene rande. Wys vir my een besigheid wat hy opgebou het van die grond af. Hierdie situasie gaan nog lank met ons wees. Mens wil nie pessimisties wees nie maar die realiteit moet erken word.

Rynhardt ·

Dit is absolute borg dat SA nou in resessie verkeer, want vir 23jaar was die kommunistiese dokument, die Vryheidsmanifes uitgeleef vir land, en dit het behels geen ekonomiese groei! Anc is verantwoordelik vir die opsetlike vernietiging van ekonomie, verantwoordelik vir werkloosheid en regstellende aksie! SA moes op 10% groei die afgelope 23jaar gestaan het, maar n verkeerde beleid van opsetlike ekonomiese vernietiging het voorkeur gekry.Nou het dit maklik geword vir Anc om agter die sogenaamde resessie weg te kruip.Anc wil nooit verantwoordelikheid vir sy dade aanvaar nie.Hy moet agter iets skuil of ander daarvoor blameer!Dinge gaan nog verder versleg met afgraderings en korrupsie! Liberale ekonome kan maar val vir die resessie-verskoning!

CAV ·

Wel, dit gebeur mos as jy geld mors / steel / korrup wat bele is in jou land ( Beleggings waarna die ANC so al graag na verwys was Wit Kapitaliste Monopolie )

Johan. H. ·

Die vet is in die fuur,, Anc sal dit nie erken nie, Maar dis maar al die armes wat eerste honger raak, Dit is die brooieplek vir al die probleme wat nog kom,,, Hulle kan maar niks regdoen nie,, Die groot -Groot oorlog kom as hierdie skelm regering nie meer die 17mil Goverment Grants kan betaal nie,, Zuma en gupte wat se julle nou,jul slimmes… In my opinie moet die hele spul tereg staan vir hoog verraad, want hulle het ons almal van n goeie toekoms beroof,,,

Paul ·

Die SA ekonomie is reeds sedert die 2de kwartaal van 2015 in ‘n resessie.

Die verskil tussen “resessie” en “tegniese resessie” is slegs dat daar oor die een berig word in die media en oor die ander nie.

Andile ·

Die wigte en teenwigte het darem verseker dat ons nog rugby en krieket het so die prysgee van vryheid en orde was n winskoop.

Ken2 ·

Ja ons het ons land prysgegee vir rugby. Dankie aan almal wat ja gestem het.

Jan ·

Ons kan nou maar gerus die Protea en Springbok embleme groet, wie wil nou blomme of ‘n karkas vir ‘n embleem hê. Dis tyd vir vernuwing, wat van ons nasionale vis, die Galjoene!

Lisa ·

Jy kan nie meer die nodige uit jou salaris koop nie. My skuld word net al groter.

Richie Rich ·

Carol & Teresa..ek is ryk..wil net gou my bril opsit en my tande insit..dan stuur ek my no…

CAROL ·

RICHIE RICH hahahaha dankie jy gaan seker nog n pcm stuur neh???? lol …. uhm ……….. uh hu met my geluk dooi ek nog voor jou – lol

G ·

Richie Rich, ‘pcm’ staan vir ‘please call me’. Mens kan ‘n beperkte aantal van die boodskappe gratis stuur per dag.

Jacques Venter ·

Vir die bose om te wen moet goeie mense niks doen nie. Of goeie mense soos Pravin Gordan word uitgeskakel.
Met n goeie minister soos Trevor Manual het ons die 2008 krisus oorleef, maar owee met Gigabite?

Johann ·

Bykans (90%) van al die goeie mense is nou al ge RA, daar is nou nie meer vleis aan die been nie.

Blits ·

Resessie?? asb Suid Afrika al van 1994 in resessie, boeke net lekke gekook

jaco ·

Stories van taai the en resessie hoor en al meer as 30 jaar. Maar gaan kyk hoe vol is winkelsentrums oor naweke, veral by maandeinde. Gaan kyk ook hoe besig is ons groot lughawens elke dag.

Piet Pompies ·

Suid Afrika se geld eenheid gaan ook nou verander en sal bekend staan Gupta en Zuma (Rand en sent).
100z (Zumas) gee vir jou G1 (Gupta), alle Zuma munte sal uit plastiek velle gedruk word en alle Gupta note op “twin ply” toiler papier. Dit skep meer waarde vir geld, die een kant betaal jy mee en die ander kant trek jy deur.
Siedaar, Gupta value !!

Phillip ·

Nou net so pas my kuite pap gelag. Kyk, dit is nou maar ‘n feit: hulle kan ons van alles beroof maar van ons humorsin so nimmer as te nooit. Dankie.

Johann ·

Wat ek wil weet, waarom staak en betoog die mense nie teen die resessie nie, waarom brand hulle die standbeelde af nie.

Andile ·

Want daar is wigte en teenwigte wat die dinge in balans hou, dit was gewaarborg. Laat ons nou bietjie rugby en krieket kyk, dit kan ons troos.

Oom Doug ·

Want hulle weet nie wat dit is nie.
90% van hulle kan nie lees nie.

Boontjie ·

Die gewone man op straat is al van 2007 af in die … ressessie (mooi woord vir dinges). Welkom aan die res van SA, gaaf van julle om by ons aan te sluit. Kon nog nooit daar uit nie, het maar ophou probeer. Inkomste word al minder, uitgawes verdubbel daagliks. Ek is nie baie slim nie maar tot ek kan daai sommetjie maak.

Jan ·

Wat vir hy hoogs interessant was. Gister kondig twee graderingsagentskappe aan, dat hulle nie die land verder gaan afgradeer nie, en DAAR verstewig die Rand, mooi man, julle het mooi presteer, so asof ons iets gedoen het. Vandag word aangekondig dat ons in resessie is, en DAAR val die Rand. Dit is om van ‘n oorval te kry. Nou wonder ek wat sou gebeur het as die aankondiging van die resessie voor die agentskappe hul besluit bekend gemaak het, aangekondig was.

Jaco ·

Ons is in die middel van winter en ons geniet nog sonskuin. Nie alles is dark en gloomy nie. Praat net negatief, en jy sien net negatief.

Jan ·

Jaco, as jy van jou rente moet leef, en jy volg jou beleggings elke kwartaal, vir paar jaar nou al, sien wat gebeur en hoe jou geld al minder raak, nie dit wat jy onttrek nie, maar dit wat op belegging is, dan is dit nie lekker nie. Dan kom allerhande snaakse woorde in jou kop. En weet jy wat is die ergste, mens kan nie ophou lewe nie.

popeye ·

Ek koop net móre aandele in sonde belasting-item en “discount store” maatskappye!

Kollie ·

Mag miskien resessie wees maar meeste van ons lewe nog met luxuries. Party mense kry uiters swaar. Ek staan nou die dag in ‘n lang ry in een van die supermarkte, my mandjie gepak met allerhande lekkernye vir die naweek. Voor my staan ‘n verwaarloosde vroutjie met net ‘n pakkie sopbene in haar hande. So iets ruk jou. Laat jou skuldig voel en hartseer vir haar leed.

wynand ·

Help dan so iemand met n ietsie. Ek is ook deel van die werks klas en verdien nie baie nie maar genoeg om deer die maand te kom. Ek het geen kinders nie net 6 diere, ek voer ook diere op straat en help die ouens langs die pad met tuinwerkies, ek gee hulle kos nie geld nie.

Richie Rich ·

Dankie G…hel ek het gedog dis n seksuele oordraagbare siekte..

Uvonka ·

Ag nee Richie Rich hou nou op! My mascara is gesmeer en ek het nou pom (pyn op my maag) van die lekker lag!!!!

Richie Rich ·

Uvonka..jyt n mooi naam..Dis Russies..Ek het so bietjie oor die resessie ding gedink..toe stof ek my Ge Korsten en Bles plate af..sit dit op vir estetiese doeleindes en toe speel die goed agteruit..jy sal my nie glo nie..daar kry ek toe n hele klomp geheime potjiekos resepte.

Welvaart ·

Welvaart van ‘n land word gemeet aan die toestand van sy vervoerwese. Dit sluit ook in dinge soos rioolaanlegte, water-en elektrisiteitvoorsiening . Dan natuurlik die instandhouding en uitbreiding van voorgaande. Dis nie nodig om in finansiële boeke te gaan rondkrap van die regeringsinstansies. Natuurlik begin jy kyk reg rondom jou wat doen die mislike palityt met jou geld.

Andile ·

Met alle respek, daai is koloniale goed en moet ons nie verwar nie. Nou net bietejie rugby gekyk en voel heelwat beter. More kyk ek krieket.

Wonder ·

Kollie die lewe is nie fair nie almal het nie dieselfde
IK of ouers nie .Party mense beplan het minder kinders en spaar ander is meer impulsief die lewe gee keuses…kies reg!

Johanna Botha ·

Het die anc nou skielik oorsee se beleggings en werkskepping verwag met hulle dom besluite en skandes ….hulle het hehe !

jaco ·

Rokers en drinkers hou nie op nie, so dit kan nie té sleg gaan nie. Driekwart v.d. resessie is net syfers op computers.

Scalla ·

In die sewentigerjare het n bejaarde onderwyser vir ons ekonomie as vak gegee, Sy voorspelling was dat die swartes gaan oorneem en dit gaan so sleg gaan in die land, jy gaan met n kruiwa vol geld na n winkel toe stap, dit buite los en gaan binne kyk of is daar kos om te koop, daar is niks te koop nie en as jy buite kom le die hoop geld op die grond en die kruiwa is gesteel, die waarde is meer as die geld.
Dankie Ancancer

Andile ·

Ek kyk nou krieket re-runs van detyds (Alan Donald se dae). Maak my baie rustig en oortuig dat ons nie ingeloop was om ons toekoms vir n bietjie sport en n paar wigte te verruil nie.

Karmi ·

As ek na al die kasteelagtige huise en spog motors in die oostelike voorstede van Pretoria kyk, lyk dinge nie te sleg nie.

vermeende ·

Hierdie is geen resessie nie, n reses is n pouse of n breek neem. Hierdie is n ekonomiese inkrimping wat ons almal raak.

Richie Rich ·

Hallo vermeende..Dis baie koud in die Kaap..ek voel ek het nou n ekonomiese ineenkrimping in my broek..ek gaan nou n reses vat my lugkastele bou en “Outa in die langpad ” voor my kaggel sing..polities korrek raak..Hanepoot drink tot No 1 nie meer soos ń Ninja Turtle lyk nie..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.