Suid-Afrika nou in resessie

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Suid-Afrika is in ʼn resessie nadat die bruto binnelandse produk (BBP) vir twee agtereenvolgende kwartale ingekrimp het.

Volgens Statistiek Suid-Afrika het die BBP in die eerste kwartaal van die jaar met 0,7% ingekrimp. In die vierde kwartaal van 2016 het die BBP met 0,3% ingekrimp. Dit is die eerste keer sedert 2009 dat Suid-Afrika in ʼn resessie is.

Die grootste negatiewe bydraer tot BBP-groei in die eerste kwartaal was die handels-, spysenierings- en akkommodasiebedryf, wat met 5,9% afgeneem het en tot -0,8 van ʼn persentasiepunt tot die BBP-groei bygedra het.

Die grootste bydraer tot die afname was die petroleum-, chemiese produkte-, rubber- en plastiekprodukte-afdeling. In teenstelling hiermee het die mynbou- en steengroefbedryf met 12,8% gestyg, en 0,9 van ʼn persentasiepunt tot BBP-groei bygedra.

Huishoudelike verbruiksbesteding het in die eerste kwartaal met 2,3% afgeneem, wat -1,4 persentasiepunte tot die totale groei bygedra het. Die belangrikste negatiewe bydraers was voedsel- en nie-alkoholiese drank, klere en skoene en vervoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65
Nou pra' jý

Jy moet deel van Maroela-fontein wees om kommentaar te lewer.

of word deel

49 Kommentators

65 Kommentare

jongste oudste gewildste
jan van riebeeck

dit gaan nog erger word

m

En wie moet ons bedank. Kyk hoe gaan dit in hierdie land. …. Wat se jy nou ou grote..

al

Ons soek amptelike en indringende verduidelikings aan die ANC regering en ANC NUK waarom ons land in resessie gegaan het agv hul besluite?

m

Wou nog byse geen wonder daar word paleise in Dubai gekoop nie. Hierdie mense weet wat gaan kom….

Loeis

Die mynbou bedryf het goed geklim, maar dit is moontlik dat dit maar net is omdat hulle uitvoere weens die swakker Rand gestyg het, en dan is dit niks om oor opgewonde te raak nie. Mense redeneer dikwels dat alles beter sal gaan wanneer Zuma uit is. Hoewel dit waar is dat hy en sy meesters baie sleg vir die ekonomie is, sal dit maar ‘n skamele troos wees as een Zuma met ‘n ander vervang word. Ramaphosa het wel ‘n reputasie as besigheidsman, maar aan die kern van die probleme le die ANC en die hele beleid van BEE… Lees meer »