Suid-Afrika sak effe terug op mededingingsindeks

nuwe SA-vlagSuid-Afrika het op die jongste mededingingsindeks van die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) van die 53ste plek verlede jaar tot die 56ste plek teruggesak.

Die verslag is pas bekend gestel. Switserland is steeds die mees mededingende land, terwyl Guinee in die 144ste plek die land is wat die swakste vaar onder dié wat gemeet is.

Waar Suid-Afrika nog verlede jaar in die tweede plek was in die ontwikkeling van finansiële dienste, het die land nou na die sewende plek teruggesak.

Wat arbeidsverhoudinge betref het die land sy heel laaste posisie verlede jaar tot 133ste plek verbeter. Met infrastruktuur beklee Suid-Afrika die 60ste plek, en met gesondheid en primêre onderwys is die land in die 133ste plek.

Met hoër onderwys en opleiding vaar SA ‘n bietjie beter in die 86ste plek en met tegniese gereedheid kom die land in die 66ste plek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.