Suid-Afrika se eerste Grootmeester in skaak

Kenny Solomon vroeër vanjaar saam met Garry Kasparov tydens ʼn toernooi in Pretoria Foto: Reint Dykema

Kenny Solomon vroeër vanjaar saam met Garry Kasparov tydens ʼn toernooi in Pretoria Foto: Reint Dykema

Die skaakspeler Kenny Solomon het Suid-Afrika se eerste Grootmeester in skaak geword toe hy die Afrika Individuele Skaakkampioenskap in Windhoek, Namibië gewen het.

Die toernooi het oor nege rondees gestrek. Op die spel was ook die toekenning van die titel Grootmeester aan die wenner.

Solomon het met sewe punte uit die nege rondes geëindig. Hy het nie een keer verloor nie, maar het vier keer gelyk gespeel teen van die voorste deelnemers uit ander Afrika-lande insluitend spelers van Malawi, Uganda, Angola, Egipte, Nigerië, Zambië en ander spelers van Suid-Afrika.

Naas die titel Wêreldkampioen is Grootmeester die hoogste titel wat ʼn skaakspeler kan verwerf. As jy dié titel verwerf het, staan dit lewenslank agter die betrokke skaakspeler se naam as hy aan toernooie deelneem.

Suné du Toit tydens die Wêreld Jeugkampioenskappe wat September 2014 in Durban gehou is Foto: Reint Dykema

Suné du Toit tydens die Wêreld Jeugkampioenskappe wat September 2014 in Durban gehou is Foto: Reint Dykema

Tydens dieselfde toernooi het Suné du Toit, ʼn 16-jarige skolier aan die Hoërskool Waterkloof gesamentlik in die derde posisie geëindig in die vroueafdeling. Sy het die titel Vroue Internasionale Meester (WIM) ontvang. In die tweede plek was Anzel Solomons, ook van Suid-Afrika. Solomons was egter voor die toernooi al ‘n Vroue Internasionale Meester.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.