Suid-Afrika se resessie iets van die verlede

Foto ter illustrasie: Pixabay

Suid-Afrika se ekonomie het in die derde kwartaal met 2,2% gegroei ná ʼn hersiene inkrimping van 0,4% in die tweede kwartaal, wat beteken die land is amptelik uit die tegniese resessie.

Die derde kwartaal se groei is veral aangespoor deur die vervaardigingsbedryf, vervoersektor en bankwese, sê Statistieke Suid-Afrika.

Die vervaardigingsbedryf het met 7,5% gegroei. Van die grootste bydraers tot dié groei was yster en staal, metaalprodukte en masjinerie, chemiese produkte, onderdele en ander vervoertoerusting.

Finansies, eiendom en sakedienste het met 2,3% gegroei. Daar was verhoogde ekonomiese aktiwiteite in onder meer die versekeringsbedryf en in die eiendomsmark.

Die mynwese het egter met 8,8% gekrimp en die derde kwartaal se BBP 0,7 persentasiepunte gekos, terwyl die boubedryf, elektrisiteit, gas en water ook gekrimp het.

Huishoudelike verbruik het met 1,6% toegeneem en 1 persentasiepunt tot die algehele groei bygedra.

Afrika se mees geïndustrialiseerde ekonomie sukkel reeds ʼn dekade lank om betekenisvol te groei. Dit bemoeilik pogings om werkloosheid, wat op 27% van die arbeidsmag staan, hok te slaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

honourable member ·

Word die syfers nie maar gekook nie want wat gaan nou die ekonomie laat groei in hierdie land wat elke dag stakings het en mense wat alles afbrand. Ek glo nie so lekker hierdie een nie.

Mrs H ·

Presies. En hoeveel termyne voor ons weer in tegniese resessie is? Wanneer die ongedokterde syfers deurkom en verkiesing verby is?

Hanlie Geyser ·

Ek verstaan ook nie die een nie. Alle beleggings is af. Eskom het sedert die naweek meer kargonderbrekings en met al die stakings en korrupsie weet geen mens waar kom hul aan die syfers nie

Mrs H ·

Werkloosheid 27%? Glo dit is veel meer as dit nie dubbeld is nie. Die syfer dalk gedokter?

Wonder maar net ·

En met besighede wat elke dag of volgende dag sonder elektrisiteit sit veral gedurende die Kerstyd? Gaan dit die ekonomie laat GROEI??

David ·

Miskien kyk dinge beter, maar wat gaan die graderingsmaatkappye sê oor beurtkrag tot 2025 en elektrisiteitspryse wat 60% duurder gaan wees in 3 jaar? Miskien sal Gupta-Moodys ons nog ‘n bietjie spaar, maar die land is lankal nie meer ‘n plek waar ek wil belê nie.

Ek dink dis die stilte voor die storm die afgrond in.

jaco ·

mense wat sê dit gaan so sleg, moet net elke maandeinde na Canal Walk of Cape Gate in die Kaapse Metropool gaan. daar sal hulle vinnig sien daars nooit resessie nie.

Katerina ·

Jaco daar is altyd n paar rykgatte en baie middelklas wat lewe op skuld. Dit beteken nie dit gaan goed met die ekonomie nie.

IC du Preez ·

Al wat groei is die aantal “werkers” in die staatdiens en staatsondernemings en die se salarisse.

Judge Dredd ·

SA moet met 3% groei net om saam met bevolkings-groei te bly.
3.5% plus om werkloosheid te verminder.
So ons boer nogsteeds agteruit.

Geregtigheid ·

Syfers is weer gekook net om buitelandse beleggers te lok. Hierdie ANC moes almal chefs gewees het want hulle wragtig goed dinge kook!

Andre ·

Die een wie hierdie syfers glo, glo beslis ook aan die tandmuis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.