‘Suid-Afrika sit op kruitvat’

Argieffoto

Argieffoto

“Suid-Afrika sit tans op ʼn kruitvat, met verskeie sake wat vrede en voorspoedigheid in die land bedreig.” Só sê Johannes Möller, president van AgriSA.

Volgens hom veroorsaak die erge droogte in die land verdere onsekerheid oor voedselsekerheid, wat ook druk op die reeds wankelende ekonomie versterk. “Hoë inflasie, tesame met die rand se swak vertoning, skep ʼn uitdagende makro-ekonomiese omgewing, iets wat beleggers skrikkerig maak,” het hy gesê.

Volgens Möller maak die regering hom skuldig aan uitlatings wat die reeds gespanne rasseverhoudings in die land onder groter druk plaas. Dit volg op ’n uitlating van pres. Jacob Zuma die afgelope naweek by die ANC se 104de verjaardagviering in Rustenburg dat “grond van inheemse mense gevat is”.

“Suid-Afrikaners word saamgebind deur die grondwet en die oppergesag van die reg. Ongekwalifiseerde uitlatings is nie net van feitlikheid gestroop nie, maar kom ook nie die etos en letter van die grondwet na nie,” het Möller gesê.

Volgens hom kan landelike gemeenskappe, boere en plaaswerkers nie langer blootgestel word aan die hoë vlakke van geweldsmisdaad op plase wat daagliks aan die toeneem is nie. “Ons het al verskeie gesprekke met die regering oor die situasie gehad. Iets sal moet meegee indien die huidige situasie voortduur,” het Möller gesê.

“Nou is die tyd om te fokus, om kalm te bly en om as Suid-Afrikaners saam te staan om die ekonomie te bou. Ons moet geduldiger wees, verdraagsamer, trotser en bereid wees om saam te werk om dit te laat werk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Chris W ·

Die land se president sal direk verandwoordelik wees sou die “kruitvat” ontplof.En soos die misdaad en gepaardgaande swak of geen strawwe daarvoor nou aangaan gaan dit nie meer lank wees nie dan gebeur dit.

Tokkie ·

Marnus Kok – jou laaste sin het betrekking – gaan sê dit asb ook vir die ander gedeelte van die bevolking. Ek dink die blankes het al baie agteroorgebuig terwille van vrede.

Champ ·

Johannes Moller ek gee nie om wie wat se nie, maar dit is juis oor die mense nie kan saamstaan dat alles is waar dit nou wel is. Die geskiedenis het hierdie feit al oor en oor bewys. Onthou dade spreek luider as woorde, doen iets om die ontploffing te stuit

DPJ ·

Baie mense is verdraagsaam maar waar groepsdruk aanhou knak die swakker mens en gaan oor tot aksie en dit het hoofsaaklik nie iets met rssisme te doen nie.
Volgelinge is baie afhanklik van voorbok.

Johann Marx ·

Mnr Moller se stelling dat Suid Afrikaners saam gebind word deur die grondwet en die oppergesag van die reg is nie korrek nie. Vir ‘n blanke minderheid is daar ‘n “grondwet” gegee….terwyl die swart meerderheid en hulle president stelselmatig besig is om die ANC se Vryheidsmanifes tot die letter toe te laat realiser….sonder dat hulle hulle steur aan die sogenaamde grondwet of die oppergesag van die reg. Ek stel voor Mnr Moller gaan lees eers die ANC se vryheidsmanifes aandagtig deur…………en lewer dan weer kommentaar in ‘n artikel soos die.

Gerhardt ·

En dan gaan hulle aan en aan oor die tweede fase van hulle “Nasionale demokratiese revolusie” (NDR), nee wat ons arme grondwet staan ver terug.

Minnie Pretorius ·

1. Ons mense word ontsettend gemartel en vermoor.
2.Die liberalis en humanis praat altyd eufenisties oor hierdie barbaarse optrede.
3. Daar bestaan nie so iets soos die oppergesag van die reg of ‘n onafhanklike regsbank nie- dis n illusie!

GES ·

Tokkie, ek hoor wat jy sê. “It takes two to tango”. Die blankes kan nie meer en wil nie meer verder agteroor buig om die res van die bevolking te akkommodeer nie terwille van vrede. Deur elke keer die ander wang te draai, is die wange al foos geklap. Waar word die streep getrek?

TTh ·

SA sit lankal op ‘n kruitvat, voor 1994. Die ANC/SAKP/EFF wil SA in anargie dompel ten einde totale beheer oor alle SA’ners te verkry met die reg om op eie diskriminasie en soos toegelaat/bepaal in die die krygswet teen oortreders op te tree: dit sal die laaste fase van die ANC se voortgesette rewolusie wees ten einde die blankes van alle laaste beheer en mag en sekuriteit te stroop. Ek dink dit is eerder tyd om te fokus op wat die blankes te doen staan wanneer dit gebeur. Maar niemand wil hieroor praat nie, tyd vir bou en verdra en buig en gee en verloor en verneder wees is verby, SA sal nie sonder totale konflik, gevolg deur ‘n totale nuwe bestel met totale nuwe leierskap ooit weer kan verbeter nie.

maryna ·

Hoe ver moet n mens buig om vrede te bewaar, ek skud net my kop as ek dink aan als wat in Suid-Afrika gebeur. Dit is tekens van die tye en baie hartseer om te dink n land waarop op ons eens trots was, is besig om in duie te stort. Ek sak my kop in skaamte veral as buitelanders na ons land moet kyk en n opinie gee

ZAR ·

Die kruitvat se lont is helemal te kort om gered te word, vriende.
Kyk maar net wat om ons gebeur,en wat word daaromtrent gedoen. NIKS

Trots Afrikaans ·

Bedaar, vertrou op God, lees Siener se voorspellings….

GRB ·

Mnr Moller, ons sit lankal op ‘n kruitvat en die lont is aangesteek!
Die tyd van geduldig wees, saamstaan en gatlek is verby.
Die Boere het genoeg gehad!

Dee ·

O, ‘genoeg is genoeg’ sê jy? Sê bietjie na watter insident was dit genoeg en het daarna te veel geword? Wanneer was dit genoeg en wanneer het dit te veel geword? Julle moet dink voor julle praat.

PJ ·

GRB jy so reg Mnr. Moller laat my dink aan my swaer se dogtertjie 11 jaar oud so 4 dae terug toe ek sè glo nie ons gaan weer reèn kry nie sy sè toe oom waar val oom nou uit Mnr Moller waar val jy nou uit?

Leeutjie ·

Harry ek kon nie alles kyk nie. Teen die tyd toe ek die gedeelte gesien het met die kindertjies was ek erg getraumatieseer! Here!!!! help hierdie kindertjies!

Realis ·

Genugtig, om God en siener in dieselfde sin te noem is so goed as om Hom te erken maar terselfdertyd te beweer dat siener Hom moet assisteer. Geen wonder al hierdie dinge tref die afrikaner nie. Dwepery hoort nie hier nie!

CFO10111 ·

Ja moller is soos jy dit daar noem. Maar dit sal nie help jy wil die land regruk met jou preuke maar hier in keimoes(khom) sit jaco houhg wat sy werkers op die liederlikste skel. Wat sy werkers hotnots noem en dan moet hille hul monde hou. Dis die begin van rassespanning. die werkers is so bang om hul monde oop te maak anders verloor hulle die laaste werkie wat hulle het. Kom maak eers vir keimoes reg dan kan jy darm vir SA ‘n voorbeeld wees. Dankie

Piet vani Plaas ·

Vol punte vir daai terugveg poging. Hoop jy ‘n van hom ‘n sopraan gemaak met daai vier skoppe.

Rynhardt ·

SA sit op n kruitvat sedert 1994 toe Anc aanbewind gebring was met gekonkelry! Die Anc skep vir jare net vir sy onderzteuners werk terwyl blabkes nie werk mag he nie.Gestapo-kommissies word gestug om net op blankes jag te maak terwyl die Anc en EFF gedurig oortree! Anc sluit bande met muishond-lande van BRICKS! Brasilie se ekononie is dood, maar SA hou bande met n dooie land terwyl China ons melk op elke gebied met n glimlaggende prez! Oop grense maak dat gevaarlike misdadigers en dwelsmokkelaars floreer na SA, dan weier Anc om ook moorde op wit boere hok te slaan,dan gaan die kruitvat mos baie vinnig brand met al die bogenoemde,negatiewe faktore of hoe?

Johannes Meintjes ·

In SA is die probleem myns insiens wanopvoeding, ‘n onvolwasse gemeenskap en uitermate swak regering.

Henri ·

.Soveel mense, soveel sienings, elkeen op sy eie kassie……………………………….
Feit is eenvoudig cANCer is aan bewind, DA is enigste sterk opposisie. Gaan kyk maar self na die syfers, daar is reeds 464 partye geregistreer vir komende munisipale verkiesings. Vir my is dit goeie nuus. twee hoorskool spanne, een baie bekend vir vuilspel (Wapens Nkandla, Finansies, ens. Hulle speel so vuil van hulle maatjies speel nie meer saam nie) die ander, (gaan kyk maar na Kaapstad, Sien is glo)
Dan is daar ‘n paar laerskool- spanne en die res ….. kleuterskool.
Ek stel voor ons gaan kyk die hoorskool wedstryd wanner hule op ons dorp speel binnekort.
Ondersteun D.ie A.nder span. moenie die wedstyd op jou Lazyboy voor die TV kyk nie, lig jou gat en gaan na die veld en vat al jou pelle saam, huur ‘n bus en vat die dorp saam, vroue en al, Elke een stem tel. Verstaan die bedoeling van EENDRAG maak Mag. ‘n klompie individue het dit bewys met water aan vreemdelinge in nood en is nog besig daarmee. Bid en vertrou, dit reen alreeds op baie plekke. bly glo soos destyds, Bloedrivier.

NS aan die onderwysers en eksamitore, my keybord en auto-correct weet boggeroll van Afrikaans, aan die ongeduldiges, Sorry as julle nie wil wag tot die ander spanne grootword en hoorskool toe gaan nie, as julle verstaan wat ek bedoel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.