Suid-Afrika spring rommelstatus vry

geld spaar spaarvarkie pensioen

Argieffoto (Foto: Stevepb, Pixabay)

Suid-Afrika se langtermyngeldeenheidgradering is Vrydag deur die graderingsagentskap Standard & Poor (S&P) van BBB+ na BBB afgegradeer.

Dit is twee trappe bo niebeleggingsgraad oftewel rommelstatus. S&P het gesê die vooruitsig op langtermyngraderings bly negatief.

“Ons glo politieke gebeure het ekonomiese groeihervorming beïnvloed en lae bruto binnelandse produk (BBP) beïnvloed steeds Suid-Afrika se ekonomiese en fiskale prestasie,” het S&P gesê.

Suid-Afrika se finansieringsbehoeftes is hoër as S&P se vorige verwagtings met algemene regeringskuld wat met ʼn gemiddeld van 4,9% sal verhoog van die BBP oor 2016-2018.

“Die land se langdurige vaardigheidstekort en ongunstige ruilvoet (relatiewe koste van invoer- teenoor uitvoerprodukte) verduidelik die swak groeivooruitsig, tesame met die huidige korporatiewe sektor se voorkeur om privaat beleggings uit te stel, ondanks hoë winsgrense en groot kontantbedrae,” het S&P gesê.

Die graderingsagentskap het bygevoeg voortgesette spanning en die moontlikheid vir risiko, wat betref die politieke situasie in die land, kan beleggersvertroue en wisselkoerse beïnvloed en moontlik die regeringsbeleid bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Lance ·

Dink dis net n kwessie van tyd…..met alles wat polities gebeur …skandaal op skandaal en die korrupsie ….dink SA verdien eintlik maar rommel status.

Simon ·

Press Zuma het die afgelope week onomwonde gese hy werk nie om die guns van oorseese maatskappye te wen nie.
Hy besef klaarblyklik nie dat daardie maatskappye nie n bloue duit omgee vir Suid Afrika nie, maar wel omgee vir buitelands beleggers se belange.
Maak self u eie afleiding hieruit.

jaco ·

al kry ons ook 10 maal rommelstatus, is die regeringsleiers EN ALLE parlementslede EN swart en wit CEO’s van groot maatskappye se salarisse SO groot dat selfs R40 vir 1 liter petrol en R25 vir n brood hulle nie sal pla nie. Soms wens ek in n oomblik van swakheid dat daar ware rewolusie in SA uitbreek teen al hierdie goed, maar dan besef ek dat al gebeur dit ook, dit nie lank sal wees nie, dan sal die leiers van so n rewolusie weer die ryk fat cats wees.

jaco ·

daar word melding gemaak van die land se langdurige vaardigheidtekort. dit kan BAIE vinnig in ‘n vaardigheidsooraanbod verander word as regstellende aksie net nie so rigied toegepas word nie.

julius ·

Ons land is langkal rommelstatus verby. Die gradeering het net nog vlakke af aangepas om dit goed te laat lyk soos hulle met die skole doen.

Skatymir ·

As SA nie skuld gehad het nie dan was daar geen vrees vir die beoordeling nie, of hoe. Dit is alweer die banke.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.