Suid-Afrika verder afgegradeer

Foto: Pixabay

Die graderingsagentskap Standard and Poor’s Global Ratings (S&P) het Suid-Afrika se staatskuld verder afgegradeer. Dié agentskap het Suid-Afrika reeds drie jaar gelede na rommelstatus afgegradeer.

Die Nasionale Tesourie sê hy is deeglik bewus van die afgradering van Suid-Afrika se binnelandse en buitelandse staatskuld na BB en BB- onderskeidelik. Volgens S&P is dit weens die nadelige gevolge van die Covid-19-pandemie op die land se ekonomie.

Dit volg nadat die graderingsagentskap Moody’s Suid-Afrika einde Maart na rommelstatus afgegradeer het.

S&P sê hoewel die streng maatreëls wat ingestel is, gehelp het om die verspreiding van die koronavirus te bekamp, sal dit ʼn nadelige uitwerking op ekonomiese groei en die Bruto Binnelandse Produk (BBP) hê. Die agentskap verwag dat die Suid-Afrikaanse ekonomie vanjaar met 4,5% sal inkrimp.

Die tesourie sê hulle is teleurgesteld in die afgradering in ʼn tydperk dat die land een van die uitdagendste fases beleef. Die agentskap het wel sy vooruitsig vir die volgende gradering van negatief na stabiel aangepas. “Die tesourie verwelkom dié aanpassing en lei hieruit af dat die agentskap darem die regering se fiskale en monitêre beleid as sterk punte erken,” lui die tesourie se verklaring.

Die tesourie sê dit is nou meer as ooit nodig om strukturele veranderinge aan te bring ten einde die ekonomie weer aan die gang te kry. “Moeilike besluite moet nou geneem word en samewerking tussen die regering, sakeondernemings, burgerlike gemeenskap en arbeid is noodsaaklik om die verspreiding van Covid-19 te bekamp en terselfdertyd die herstel van die ekonomie te verseker.”

Pres. Cyril Ramaphosa het verlede week aangekondig dat Suid-Afrika vanaf Vrydag in vlak 4-afsondering geplaas sal word, wat beteken ʼn effense verslapping van die regulasies om geleidelike hervatting van ekonomiese aktiwiteite toe te laat. Kritici meen egter dat dié stap nie ver genoeg gaan om ʼn oplewing van die ekonomie te verseker nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Jan ·

Moet nie vir carona die skuld gee nie . Net soos al die staats instansies soos Die land bank. S.A. L. Is dit die anc se skuld .. Carona was nie hier toe ons gedown grade is laas haar.

Jacobus ·

As die gradeerdes die afgelope paar dae na die uitsprake en teenstrydige reguleering gekyk het staan mens nie verbaas nie.

Louwrens ·

Hierdie afgradering en so die ander is die anc se skuld. As gevolg van al die korrupsie en diefstal van die kaders en ministers.

Willem ·

Mooi so wag tot hulle hoor hoe ons geld spandeer wat geskenk en geleen is.

Boerkind ·

Is die verrotte ANC nie ongelooflik nie? Eerste prys vir die verwoesting van ‘n land in sy geheel! Dit is dieselfde spul wat nou vir ons vertel hulle veg vir ons veiligheid teen die C-19 virus! Ligloop – hier is ‘n totaal ander agenda agter die skerms… coming to a city/town near you soon!

Jurg ·

Los net die pensioen fondse uit alles verander in ‘n pot gemors deesdae

Jaco ·

Vanaand gaan standard & poor se mense huis toe. Niemand rand hulle vir fone en geld in die strate aan nie. Moltrein huis toe is 100% veilig en huise lyk nie soos tronke met diefwering en alarms nie. Ook geen beurtkrag en swak of geen munisipale dienslewering daar waar hulle bly nie. Intussen tref hulle “strafmaatreëls” teen SA ook nie die SA regering nie. Met salarisse van R2 miljoen en VER meer vir ministers, sal selfs ‘n petrolprys van R70 per liter geen impak hê nie. Standard & Poor vergeet egter dat gewone mense in SA die eintlikes is wat onder hulle “strafmaatreëls” gaan ly.

MrMagic ·

Dit is so tragies dat dit juis daardie gewone oningeligte mense is wat moet besluit wie om in te stem . En ‘n klein kospakkie, met die publiek se geld aangekoop, kan maklik daardie stem bekom.

capie ·

Einste Jaco, maar moet hulle aan oorsese beleggers ‘n voorlegging doen dat hulle geld baie goed beskermd en veilig is in die land

Johann ·

Die ANC het vrye teuls midde n pandemie wat hulle gewetenloos misbruik om te doen wat hulle wil. N polisie staat te skep met MILJOENE wat bakhand agter n grant en n kospakkie aanloop. N staat midde n STAAT van gemanupileerde afhanklikheid.

Louwrens ·

Ek neem aan hulle sien deur die ANC se plan om ons na ‘n kommunistiese bewind te neem, met die hulp van Sjina. Die opleiding is al tien jaar terug begin. Nou wil Sjina voertuie vervaardig want sodra hulle 30% haal in plaaslike inhoud, is dit ‘n Suid Afrikaanse produk en kan hulle so hul sanksies omseil. Dit is ook hoekom die regering hulle gaan toespits op die plase waar daar baie minerale regte is. Dan word ons net ‘n provinsie van Sjina aangesien hulle reeds te kenne gegee het verlede jaar dat hulle al die plase in die wes en oos Transvaal wat die ANC hulle beloof het deur Sjinese bedryf gaan word met Sjinese werkers.

Jaco ·

Wanneer china SA oorvat, kry ons dan ook hulle regstelsel? Hulle polisie vat nie nonsens nie en hulle howe gee nou nog die doodstraf vir goed waarvoor die ou SA laas die doodstraf gegee het.

Boortor ·

Dit was lank voor die virus al ooglopend wat gaan gebeur. Dit was onafwendbaar. Regering weier om na ENIGE advies te luister en nou kla hulle oor hulle slae kry. Kry vir julle, net jammer ons almal gaan gestraf word as gevolg van n klomp vet katte wat onaantasbaar is.

Martie Smartie ·

Ek dink rerig nie S & P dink julle het ‘n sterk fiskale en monetere beleid nie. Julle beleid is basies om belastinggeld van wit besighede te vat, dit openlik te spandeer aan swart besighede en julle dan verlekker in die ondergang van wit besighede. Tot jul verbasing sal jul agterkom oor n jaar of twee dat die wit besigheidsklas steeds sterk staan en dat julle afhanklike swart klas steeds op toelaes leef en bakhand staan. Hierdie hele sg ramp word vd begin af misbruik om wit besigheid te kelder. Ramaphosa sal egter sien hie misplaas sy vertroue in swart besigheid was. Merk my woorde mooi. Intussen krepeer baie swart weerknemers en hul families wat werk vir wit besighede. Slim ne SA regering.

Willem ·

So die Tesourie is “teleurgestel”!? Wel, ek is teleurgestel dat Suid-Afrika deur die ANC afgerem en uitgemergel is tot waar ons nou bykans R20 vir ‘n $ betaal. Die virus was eintlik maar net ‘n toevallige swart swaan wat hulle nou as ‘n verskoning sal gebruik also: “Apartheid & Corona stole the money”.

marius ·

Die virus en apartheid gaan die skuld kry vir die volgende 1000 jaar .

Willem ·

Dis waar corona het net betyds gekom, hulle het tot van Jan van Riebeeck vergeet

Petrus ·

Stem, glad nie verbaas nié! Hulle het altyd ‘n ander verskoning.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.