‘Suid-Afrika voor keuse van armoede of groei’

grond plaas boer trekker

Argieffoto (Pixabay)

Die onnadenkende emosie wat oorhand gekry het oor die standpunt dat grond sonder vergoeding onteien moet word tydens die ANC se beraad behoort elke verantwoordelike landsburger tot onrus te stem.

Só sê Louis Meintjes, president van TLU SA. “Dit is duidelik dat grond gebruik gaan word as geelwortel om die kiesers te probeer teruglok na die ANC nadat hulle opmerklik die sinkende skip begin verlaat het.”

Meintjies het gesê die groeiende armoede en werkloosheid wat Suid-Afrika reeds in ʼn wurggreep gevange hou het die potensiaal om die land totaal te destabiliseer. “Suid-Afrika se ekonomie moet na groei geneem word ten einde volhoubaar hierdie knelpunt te kan takel. Indien die ANC dink dat die broodnodige beleggings sal volg indien hulle daarin gaan slaag om die grondwet sodanig te verander, openbaar dit net hulle gebrek aan insig oor hoe ʼn land se ekonomie funksioneer. Hierdie stap het duidelik nie die skuld van grondeienaars met die grond as sekuriteit in ag geneem nie.”

Volgens Meintjies sal ʼn stap van onteiening sonder vergoeding die totale landbou-waardeketting vernietig. “Die ANC se eie erkenning dat 95% van alle grondoordragte sover deur die regering geloods uit produksie gaan, bring voedselsekerheid volledig na vore. TLU SA kan net op ʼn verantwoordelike wyse hulself verbind tot prosesse waar daar wel gekyk word na metodes om nuwe toetreders ten minste ʼn kans te gee tot sukses en nie te doen soos tans waar daar amper ʼn waarborg tot mislukking ingebou is nie.”

Meintjies het gesê die sleutelwoord behoort die bou van vertroue te wees waarbinne kapitaal vas belê sal word. “Dit gaan nie voldoende gebeur nie en daar sal te laat agtergekom word dat die prys vir die grond te hoog is. Die konstruktiewe voorstelle oor grondeienaarskap en volhoubare produksie gebaseer op ekonomiese spelreëls deur die jare heen gemaak deur TLU SA is telkens eenkant toe geskuif. Die feit dat die regering traag is om titelaktes vir die nuwe toetreders te gee, bevestig dat private besitreg en vrye mark as basis vir ekonomiese groei nie deel van die ANC se beleid is nie.”

Meintjes het opnuut ʼn beroep gedoen op alle grondeienaars om seker te maak dat onwettige betredings nie toegelaat moet word nie en dat daar daadwerklik opgetree moet word teen sodanige oortreders. “Daar sal van die regering verwag word om grondeienaars by te staan en te beskerm teen grondbesettings.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

PJ ·

Weet gaan nou weer uitgehaal word maar waarheid maak seer sal de klerk en kie se wigte en teenwigte nou inskop ?

Buite kwessie ·

Ek SAL nie my eiendom aan diewe afstaan nie, ek sal NIE.

Wonder maar net ·

Net n vraag. As die grond sonder vergoeding gevat word, wie betaal dan die verband aan die banke

Anoniem ·

Baie goeie vraag. Soos ek dit verstaan as jy n verband het behoort die eiendom aan die bank tot jy dit klaar betaal het. Nou as die staat die grond vat dan vat hulle dit mos van die bank. Dus as ek nou n boer is vat ek n groot verband op my grond en sodra die staat die grond vat, vat ek die geld en gaan maak n nuwe begin elders.

Vermeende ·

Eintjies se eintlik niks, boere laat nie onwettige besetters toe nie en die SAPD is nie instaat om daadwerklik op te tree nie.
Moedig boere eerder aan om mekaar by te staan in die tyd en plaaswagte op te stel om dit te hanteer.

TLU is ook maar net n klomp praters en n nul op n kontrak, ook maar net daar vir die pay!

Piet ·

Vermeende ek dink nie my opinie sal geplaas word nie, maar vir wat dit werd is, ek stem nie met jou saam nie. As hulle nie die boere verteenwoordig het nie sou hulle nie meer die TLU geheet het nie. Daar is ander lanbou unies waarvoor ek eerder sal katvoet loop. Hulle weet wie hulle is.

LR ·

Hierdie is die voorloper tot die uiteindelike doelwit van die ANC nl die nasionalisering van landbougrond. Ek hoop en bid ek is verkeerd. Ek vermoed daar wag nog groter skokke vir ons.
Moet hierdie afmaak as negatiwiteit nie, ek dink dit is eerder rasionele denke.

Dafer ·

Raaaaait!!
Ek wou al lankal ‘n plaas gehad het! En ‘n skool. En my eie snelweg! Wat van ‘n hospitaal, of twee.

willehond ·

Ek se ook raaait!! Ek wil op nkandla gaan vakansie hou! Was nog altyd my droom om in n brandppoel te swem! VERNIET, ons het mos nou klaar vooruit betaal!!

Gogga ·

Dis nie uitvoerbaar nie, klaar. Jul gaan die land in chaos dompel!!

willehond ·

Ek se ook raaait!! Ek wil op nkandla gaan vakansie hou! Was nog altyd my droom om in n brandppoel te swem! VERNIET, ons het mos nou klaar vooruit betaal!!

Gerhardb ·

Vra net. Ek het erens verneem dat ‘n baie groot persentasie van ongebruikte / onverwerkte grond in die hande van die staat le? As dit waar is, wat gebeur met daai grond? Deel dit uit…

Ben ·

Wat het met ons waterregte gebeur? Wat het met ons mineraleregte gebeur? Dit is genasionaliseer sonder dat veel hane daaroor gekraai het. Ons bly almal in ons huise en op ons plase,maar jou erfpag word verander na huurpag by die aktekantoor, net soos met bogenoemde regte. Dan kos dit die staat nie ‘n sent nie en skep sodoende vir hulle ‘n groot bron van inkomste. Daarna stoot die staat jaarliks die huur op soos hulle wil. Kyk maar net wat het met water se prys gebeur. Sit die padda in die emmer water en verhoog die hitte stadig en niemand kla voordat dit te laat is nie. Word wakker mense!!!

Hanna ·

Kom ons wees nou maar eerlik en praat reguit: hierdie mense stel nie belang in boerdery nie. Hulle soek bloot blyplek (ek ook!) en sal in n oogwink enige infrastruktuur totaal en al vernietig. Hoekom dink julle is daar nooit grondeise op onproduktiewe stukke grond nie? Want hulle wil teer op bestaande infrastruktuur. Gee vir hulle staatsgrond om op te gaan plak en los die plase uit! Onthou: no boer, no pap!

Martin ·

Die regering se manier van LAND GRAB. Ramaphoza gaan erger as Zuma wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.