Suid-Afrikaanse Lugmag-gedenkteken geplunder

(Foto: X/Wingrin)

Boosdoeners het Saterdagaand by die perseel van die Suid-Afrikaanse Lugmag-gedenkteken op Bay’s Hill in Swartkop buite Pretoria ingebreek en die museum geplunder.

Die Suid-Afrikaanse Lugmag-gedenkteken is ʼn gedenkteken vir lede van die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) wat gesterf het terwyl hulle in diens van die Suid-Afrikaanse Lugkorps en sy opvolger, die Suid-Afrikaanse Lugmag, was.

Die museum kyk uit oor die lugmagbasis in Swartkop – die eerste lugmagbasis van die SALM. ʼn Jaarlikse gedenkdiens word tradisioneel in Mei hier gehou.

Volgens ʼn verklaring wat Sondagaand uitgereik is, is die gedenksteen wat die destydse TBVC-state (Transkei, Bophuthatswana, Venda, and Ciskei) uitbeeld, afgebreek.

“Alle elektriese kabels en pompe is gesteel, alle ligte om die monument is uitgebreek.

“Die basis het reeds ʼn skadebepaling gedoen, en ʼn vergadering is vir Maandag gereël om die pad vorentoe te bespreek.

“Dit is ʼn tragiese toedrag van sake,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Bevorder geregtigheid - Vrydenker Vlakvark ·

Simptomaties van ‘n staat waar die kriminele regstelsel bebloed voortstrompel in die ANC se National Democratic Society aka Mzansibabwe. Tragies.

Kokerboom ·

Die beginsel geld: as jy geen geskiedenis van prestasie het, gee jy niks om en daarom het nuwe bestel ook geen toekoms!
Dit is ook sprekend van die verval van ons dorpe en vernieting van monumente, voorbeelde: Lichtenburg, Kimberley en vele ander. Dorpe, provinsies word gekaap, name verander en geskiedenis en infrastruktuur verwaarloos of vernietig. Die “Voel vere klub” floreer!

Frank ·

So die weermag kan nie eens hulle eie goed en enkele weermag monument beskerm teen misdadigers nie so hoe hulle ons LAND kan beskerm weet nugter

Brombeer80 ·

Die oorsaak hier is deur onopgevoede boosdoeners. Ons land is ongelukkig vol van hulle weens die regering nie meer omgee oor die land, sy mense en sy geskiedenis nie. Dis baie hartseer en tragies oor die disrespek wat hier ten toon gestel is.

Hendrik ·

Ek stem. Kokerboom jy is 100% reg. Wanneer jy in persoon leeg is is daar geen hoop op beskaafdheid nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.