Suid-Afrikaanse roeiers verpletter oor Olimpiese Spele

Die SA-kanoespan by die Afrika Spele. (Foto: verskaf)

Die Suid-Afrikaanse roeigemeenskap is ontsteld omdat die nasionale kano-en-kajakspan nie toegelaat word om aan die 2020 Olimpiese Spele deel te neem nie, al het hulle reeds volgens die internasionale standaarde gekwalifiseer.

Die span is verlede week ingelig dat hy nie volgende jaar aan die Olimpiese Spele in Japan kan deelneem nie, aangesien hulle nie aan die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) se kriteria voldoen nie. Dit ten spyte daarvan dat hulle lande van twee ander vastelande, bo en behalwe Afrika, uitgeklop het tydens die internasionale kwalifiseringsrondtes.

Volgens die kriteria opgestel deur die internasionale kanofederasie en die Internasionale Olimpiese Komitee moes atlete die spanne van ten minste twee ander vastelande klop tydens die wêreldkampioenskap in Hongarye in Augustus. Die Suid-Afrikaanse span kon daarin slaag om Suid-Amerika, Noord-Amerika, Australië én Asië onderskeidelik in vier items te klop, naamlik die 200 m K1 vroueresies, die 200 m K1 mansresies, die 500 m K1 vroueresies en die 500 m K2 vroueresies. Tydens die Afrika Spele wat later in Augustus in Marokko plaasgevind het, het hulle alle ander Afrika-lande in dieselfde items uitgestof.

Saskok kyk egter na bykomende kriteria soos ʼn span of atleet se internasionale plasing en hoeveel lande deelneem aan die sport. Verskeie sportspanne het reeds vanjaar hul ontevredenheid uitgespreek oor dié “onbillike” kriteria.

“Saskok is die enigste federasie ter wêreld waarvan die kriteria hoër is as dié van internasionale sportliggame,” sê Fouché van Tonder, een van die Suid-Afrikaanse kanospan se afrigters. “Danksy ons atlete se uitnemende prestasie tydens die wêreldkampioenskap mag atlete van die Afrika-vasteland aan vier items deelneem by die Olimpiese Spele in Japan. Nou moet ons daardie posisies afstaan aan atlete van ander Afrika-lande wat nie naastenby so goed is nie,” sê Van Tonder.

Argieffoto (theweek.com)

In ʼn persverklaring in Junie vanjaar het Gideon Sam, Saskok-president, gesê dat die organisasie ʼn “dunner maar sterker” span na die 2020 Olimpiese Spele wil stuur, weens ʼn tekort aan finansies. Maar Kim Pople, president van Kano Suid-Afrika, sê hulle is moeg vir hierdie verskoning. “Volgens Saskok is hulle deur die regering voorgesê om slegs ʼn paar atlete vir die Olimpiese Spele te befonds, maar hulle kan vir ons geen bewyse hiervan gee nie. Ons atlete kry ook bitter min befondsing van die regering. Hulle befonds alles self en steeds word hulle die geleentheid ontsê om hul drome te bewaarheid.” Fouché noem dat atlete jaarliks honderde duisende rande opdok aan afrigting, toerusting en deelname aan internasionale kompetisies.

Qondisa Ngwenya, Saskok-woordvoerder, sê Kano Suid-Afrika kry ʼn maandelikse subsidie van Saskok, hoewel dit heelwat minder is as in die verlede. Hy sê dit is nodig vir Saskok om sy eie vereistes op te stel vir deelname aan die Olimpiese Spele, aangesien die omstandighede van elke land verskil en internasionale vereistes nie sonder meer op alle lande toegepas kan word nie.

“Om ʼn span na die Olimpiese Spele te stuur wat nie hul man kan staan teen ander lande nie, sal net vernederend wees, veral aangesien ons nie ʼn oorvloed geld het om atlete te stuur nie,” sê Ngwenya.

Pople sê egter dit is nodig om junior atlete aan die Olimpiese Spele bloot te stel, al wen hulle nie medaljes nie, sodat hulle by opeenvolgende Spele kan presteer. “Die gevolg van Saskok se onbillike standaarde is dat ons talle talentvolle atlete aan oorsese spanne moet afstaan, omdat hulle dáár die kans gegun word om hul droom uit te leef.”

Pople noem dat atlete wel steeds ʼn kans het om vir die Olimpiese Spele te kwalifiseer tydens ʼn internasionale geleentheid in Duitsland in Mei volgende jaar, maar dat dit uiters moeilik sal wees, aangesien daar nou slegs ʼn paar plekke beskikbaar is. “Indien ons nie kwalifiseer nie, sal dit die eerste keer sedert 1994 wees wat Suid-Afrika nie in die kano-en-kajakitem verteenwoordig word by die Olimpiese Spele nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Anna ·

Die klein bietjie geld wat Sascoc aan Canoeing South Africa gee, gaan uitsluitlik vir swart atlete. Wit atlete moet self opdok vir alle internasionale deelnames.

Lizelda ·

Die span is nie BBEEEEEE nie. Span is te wit. Die kinders sou nooit toegelaat word OM te gaan nie.

colleen ·

Dit is net ‘n verskoning om die geld wat hulle sou gebruik het te hou en nou gaan daardie geld spandeer word om ‘n paar kaders saam te sleep spele toe vir ‘n gratis vakansie. Hulp afrigters en ‘n horde hulp-hulp afrigters moet mos oral saam piekel.

Basjan ·

Lizelda, jy slaan die spyker op sy kop. Die span is te WIT. Kyk na die foto. Hulle kan nou maar allerhande “redes” aanvoer, maar ons weet mos wat die werklike rede is.

Leon ·

Ek stem heeltemal saam, los hierdie klug spul van sport in SA, en gaan bereik jul hoogtes elders!

Neels ·

Janee, as ek so na die foto kyk is daar meer as 1 blanke, so daar is geen kans vir hulle deelname nie …..
Tragies – sien dat ons deelname aan America got Talents net ‘n blanke afrigter gehad het met geen blankes in die sanggroep nie – was dus nie verteenwoordihend nie of hoe?

Karlahari ·

Meneer Sam, wees eerlik.
Hierdie besluit is op ras gebaseer.
Nie genoeg nie blanke atlete in die span nie.

Gert van Wierdapark ·

Die Sam outjie is al Soooo lank bet-rokke?? SA – Skok maak skynbaar net wat hul lus is, byna soos ons a en (huisie by die) see politici. Die naaste wat die manne daar bo van roei af weet, is die water wat hul trap!

Anne ·

So onregverdig. Mens werk so hard en vir wat? Ja kyk… die probleem lê dalk by hoe daai foto lyk. Die wit beligting is te erg.

ek sê maar ·

Nou kan Afriforum of iemand hulle nie aanvat nie? Ek weet ne na wie die mense kan gaan vir hulp nie! Dis vreeslik, hul doen hul bes, oefen letterlik URE en het amper geen tyd vir net ontspan nie, maar nou moet hul dit hoor. GA, wat ‘n stinkspul is die SASKOK lot. As ek vat ander klein arm Afrika en ander lande wat so groot as moontlik spanne stuur net vir die kans wat ‘n atleet kry om deel te neem. Soms is dit ‘n geval van op die dag of ‘n atleet presteer al dan nie dan, so dit mag wees dat hierdie klomp goed gaan doen, kry ek skaam vir ons land se twak.

Willem ·

As ‘n mens na die foto kyk kan ‘n mens sien hoekom SASKOK onbillike standaarde ingestel het.

Willem ·

Die naaste wat daai Sam outjie ooit by roei uitgekom het is om sy oggend koffie te roer

Natalene Visser ·

Stem 100% met jou saam, Neels. Die groep deelnemers het bestaan uit slegs een velkleur en die res het geskitter in hulle afwesigheid.

khat ·

Julle verstaan verkeerd as die roeispan gaan is daar nie plek vir anc looters om hulle familie saam te vat nie dis dan n holiday wat ons belasting betalers betaal het julle vergeet

Schalla ·

Kan mens nie vir hulle ‘n crowd-funding inisiatief begin nie? Sal hulle kan gaan as hul deelname privaat voor betaal word?

B ·

SA-SKOK, ek meen Saskok, die kommissie teen die bevordering van sport en sportmanskap slaan weer toe.
#GraemeJoffe

Anel ·

Die groot ding hier is dat hoe meer deelnemers gaan hoe minder van die regering kan gaan. Verlede spele dieselfde. Van die afrigters het dan nie eers saam met hul atlete ge mag gaan nie. Toe was daar al klaar meer regeringslui as atlete. En dit met ons belasting geld.
As die roeiers kan, gaan neem deel as onafhanklikes. Sterkte.

jaco ·

net vreemd dat Robert Mugabe, wat wit mense absoluut gehaat het, die WIT Kirsty Coventry gelukgewens het met haar medaljes by die Olimpiese Spele. NIKS is van kwotas gesê nie. So selfs Zimbabwe steur hulle nie aan raskwotas in sport nie.

Michael ·

Saskok dien geen doel in Suid Afrikaanse sport nie, behalwe om n paar nie wit onbevoegde sogenaamde sport kenners te bevorder. Die liggaam moet ontbind word. Dis tyd dat sporte opstaan en se genoeg is genoeg. Dis n eer om te kwalifiseer vir die spele en jare se oefening. Wie o dersoek die miljoe e wat die lotto vir saskok gee. Waar is daardie geld wat na die sportlui moet gaan? Vat Sam en sy trawante hof toe vir n toetssaak asseblief Agriforum.

B ·

Gaan kyk hoe lyk Sascoc se raad samestelling op hulle webwerf, jy sal dalk verbaas wees om name te sien soos Kobus, Les, Debbie, Barry ens.

En nou? ·

Hierdie patetiese land met sekere patetiese burgers kan almal in hulle hel in vlieg! Ek het genoeg gehad!

Mieke ·

Ek ken toevallug mevr Sam.
‘N regte madam, wat altyd van haar “huise” in verskillende provinsies gepraat het, net die beste, ry ‘n kar war sy seer sekerlik nie op háár salaris kon betaal nie, klere… huis in Sandton, én elke olimpiese spele by gewoon…………
Say no more……..

All BLACK ·

Wanneer dit kom by individuele sport waar wit sportmanne wereldkampioene is, is daar skielik nie geld nie! Wanneer hulle medaljes wen , pronk SASKOK daarmee. Boikot die kruipers wat enigiets sal doen om polities korrek te wees in sekere sportsoorte.

Anton Smith ·

Dit is n ABSOLUTE SKANDE!!!Dis waarom SA nêrens kom in sportsoorte soos roei nie,want hulle kry nie genoeg blootstelling nie!!!Nee jammer die beslissing is onaanvaarbaar!!!Wat moet n sportspan nog doen,soos die SA Roeispan om dit reg te kry???

JohanR ·

Op die foto kan ek vyf wit, een bruin en een swart sien…. Nou as dit vyf swart, een bruin en een wit was…….Olimpiesie Spele hier kom ons. Sien of julle nie nog voor 2020 vir ‘n ander land kan gaan rooi nie. Seker julle sal met ope arms daar vervang word.

Jan Alleman ·

Sam en sy gespuis rasiste en behoort aangekla te word.

René Hanekom ·

Daar sou meer as genoeg geld gewees het as die ANC regering nie miljarde Rande van belastingbetalers se geld in die oneindige diep rioolput van SAL en ESKOM en wie weet waar nog te gooi nie. Die soustrein prut voort.

piper ·

ons munisipaliteit het n paar miljoen spandeer aan n spele vir hulle werknemers. dit is net n gevreet en gesuip met ons geld asook betaalde verlof.

Suzette Geringer ·

Saskok is ook gekaap – en die regering het hulle vrot klou daarin.
Die virus verwoes alles!!!

Cherokee ·

Ek het, enkele minute gelede, in ‘n ander kommentaar, Suid Afrika ‘die verwerpte land genoem’. Miskien is dit van pas. Die ANC se stokperdjie is naamsveranderinge.

Niklaas ·

Hou maar dop , daar is heelwat ander sport klasse wie se SA beste deelnemers aangesê gaan word om tuis te bly. Hokkie vir mans en vrouens se weiering nuusberig is net om die draai. Al wen hul almal in Afrika en kwalifiseer loshande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.