Suid-Afrikaanse universiteite selfs beter as voorheen

Die Universiteit van die Witwatersrand (Foto: Samuella99 via Wikimedia Commons)

Suid-Afrikaanse Universiteite het vanjaar beter gevaar as vorige jare op die Times Higher Education se wêreldranglys vir universiteite in 2020. Drie van Suid-Afrika se universiteite is boonop onder die beste 1% van universiteite wêreldwyd.

Die Times Higher Education World University Rankings bied die volledige lys van die wêreld se beste universiteite wat volgens onderrig, navorsing, akademiese verwysings, internasionale aansien en bedryfsinkomste geëvalueer is. Die ranglys is in September uitgereik en Suid-Afrika spog met twee universiteite in die eerste 200 plekke.

Volgens hierdie ranglys is die Universiteit van Kaapstad die 136ste beste universiteit ter wêreld. Dit is die universiteit in Suid-Afrika wat die hoogste op die ranglys is en is 20 plekke op van verlede jaar se 156ste plek. Die Universiteit van Witwatersrand is 194de op die lys en het tweede beste gevaar van alle Suid-Afrikaanse universiteite. Verlede jaar was dié universiteit in die kategorie 201 – 250.

Die Universiteit Stellenbosch het ook geklim van die kategorie 301 – 350 vir 2019 tot 251 – 300 vir 2020. Dié universiteit beklee die derde plek in Suid-Afrika, met 23 vakke wat as van die beste ter wêreld beskou word. Dit sluit in Geskiedenis, Dierkunde, Voedselingenieurswese, Landbou en Mediese en Gesondheidswetenskappe.

Ander universiteite wat op die ranglys voorkom, is die Universiteit van KwaZulu-Natal (in die kategorie 401 – 500) die Universiteit van Pretoria, die Universiteit van Johannesburg en die Universiteit van Wes-Kaapland (al drie in die kategorie 501 – 800).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Sikloon ·

Shame, en hulle dink dit is goed? Skande, kom ons kyk vlgnde jaar waar trek hul dan!! Ja en ek rol my rol hemelwaarts.

Beste in die hool ·

Dis nou vir jou ‘n wonderlike verswelgde prestasie.

Charles ·

S.A. universiteite selfs beter as voorheen! Sjoe~ ~! Wat ‘n prestasie! (nog mielies daar vir die niksvermoedende en liggelowige skapies by die trog?)

Phillie ·

159 op ranglyste wat ‘n wonderlike prestasie volgens new souf efrica standaarde Wat is laaste plek 260

Oud student ·

Beslis iets om op trots te wees. Vir studente wat ernstig is om verder te spesialiseer en internasionaal erkenning te kry dra dit beslis waarde. Wonder net waar is NWU??

Feite ·

Die taal van n universiteit het niks uit te waai met die verskillende kategoriee wat geevalueer word nie. Net soos rugby gewys het dat gewone mense wie hulle vooroordele teenoor mekaar begrawe in n multi kulturele samelewing saam bo n onbestendige politieke en ekonomiese klimaat kan uitstyg, net so doen die universiteite wat presteer dit ook. Gewone mense skep n inklusiewe nasie, ten spyte van linkse en regse politici se pogings om sekere groepe uit te sluit en te isoleer. Jy kan net uitgesluit en geisoleer word wanneer jy dit toelaat of wanneer dit jou motief is. Saam kan ons sterker en beter wees sonder om ons eiesoortige identiteite prys te gee. Al wat dit verg is n wetsgehoorsame, versoenende en verdraagsame benadering sonder enige sogenaamde boetedoening of om enigiets prys te gee soos wat dit die politici en die se soms duistere motiewe behaag!

Mmmm ·

Curo privaat Universiteit is in aanbou in Durbanville. Dankie Curo!

Alice ·

Ek het 10 jaar in die UK gewerk en baie met studente opleiding gewerk. Van daardie studente was ver onder die gemiddeld van sommige SA studente. Uk het nou wel Oxford en Cambridge maar hulle het ook heelwat swak Universiteite. Kom ons wees trots op akademiese instellings wat wel goed presteer.

Schalk ·

As julle dit glo strooi.Watter universiteit se grade word erken internasionaal .Gaan kyk hoe grade erken is 40 jaar en dertig jaar terug van Suid Afrikaanse universiteite.Tot staats aanstellings loop rond met vervalste grade.Skryf maar jou artikel oor met regte feite .Ek weet die intelektueles het die land verlaat maar hier is van ons wat nie onnosel is nie.

Sven ·

Die kwaliteit van graadonderig tel min punte by hierdie graderings. Dit gaan eerder oor kriteria soos navorsing en dosente wat oorsee betrokke is by navorsing wat oorsee gebruik word. Wits en Kaapstad betrek juis baie kundiges uit die buitelanders by hul plaaslike navorsing, veral natuur- en gedragswetenskaplikes. Van hul beste plaaslike kundiges ontvang ook ruim geleenthede om by internasionale projekte betrokke te raak, want dit trek aandag. Dit sê beslis nie dat hul grade baie beteken nie. Ek laat my nie vertel dat gereelde stakings voor eksamens goed is vir kwaliteit nie.

Dawie de Meillon ·

Wat ‘n absolute gekkigheid!!! Meeste afgestudeerde LL.Bs wat nie meer Latyn hoef te neem nie, sukkel om ‘n eenvoudige ontvangserkenning te skryf!! Ons MBchB-grade word nie meer In dié Weste sonder aanvullende eksamens aldaar aanvaar nie. Gaan vertel dié sotheid asseblief vir die liggelowige demokrate en haters van behoudende denkers!!!

Sinies ·

Wat meet hulle?

Of hulle die ‘liberale agenda’ volg en bevorder?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.