Suid-Afrikaner vermis in Karibiese See

‘n Verlate boot in Mississippi te midde orkaan Nate. Foto: Justin Vicory/The Clarion-Ledger via AP.

ʼn Suid-Afrikaner word vermis nadat ʼn Franse sleepboot 1 200 seemyl van die Martinique-eiland in die Karibiese See gesink het. Die boot, die Bourbon Rhode, het 60 seemyl van die oog van die kategorievier-orkaan Lorenzo gesink. Dié orkaan is die sterkste van sy soort wat nog ooit in die Noord-Atlantiese see, met windsnelhede teen 259 km/h, gewoed het. Dit het golwe van 15 m tot 30 m laat ontstaan.

Volgens Tebogo Ramatjie, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid (Samsa), het die boot op 26 September al gesink en 14 bemanningslede is as vermis aangemeld.Sedertdien is drie bemanningslede gered, vier liggame gekry en sewe word steeds vermis, van wie die Suid-Afrikaner een is. Sy naam is nie bekend nie.

“ʼn Soektog na die vermiste bemanningslede is sedertdien van stapel gestuur. Samsa het ook reeds kontak gemaak met die eienaars van die boot en is gereed om bystand te verleen aan die families van die vermiste bemanningslede,” sê Ramatjie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.