Suid-Afrikaner wen Comrades 14 jaar ná sy broer

Gift Kelehe hardloop oor die wenstreep by die 2015 Comrades-marathon. Foto: Twitter

Gift Kelehe hardloop oor die wenstreep by die 2015 Comrades-marathon. Foto: Twitter

Gift Kelehe (33) het Sondag sy heel eerste Comrades-marathon in ʼn tyd van 5:38:35 gewen.

Kelehe, wat voorheen drie goue Comrades-medaljes behaal het, is voor die wedloop as een van die gunstelinge geïdentifiseer. Hy het Sondag 7 minute en 39 sekondes voor die Ethiopiër Mohammed Husien oor die wenstreep gehardloop. Suid-Afrika se Hatiwande Nyamande was in die derde plek.

Kelehe het nie ʼn wedlooprekord behaal nie, maar het wel geskiedenis gemaak deur die marathon te wen 14 jaar nadat sy ouer broer, Andrew Kelehe, dit in 2001 gewen het. Dit is die eerste keer in die geskiedenis van die wedloop dat twee broers albei die Comrades gewen het.

Kelehe het die voortou geneem net buite Camperdown met nog 25 km om te gaan en hy het voor gebly om die wenplek en prysgeld van R375 000 los te slaan.

Kelehe werk as ʼn polisiebeampte in Rustenburg en het gesê sy werksure noodsaak hom om tyd te vind om te oefen. “Ek moet 07:30 by die werk wees, so soms hardloop ek reeds teen 04:00. Ek het my oefenprogram vir vanjaar se wedloop in November verlede jaar begin. Ek het baie harde werk ingesit,” het hy gesê. “My afrigter het vir my gesê om te ontspan en net die wedloop te hardloop, want ek het reeds al die werk gedoen.”

Volgens Kelehe het hy ongeveer 250 km per week gehardloop in aanloop tot die wedloop. “Ek is baie bly en opgewonde. My broer het dit in 2001 gewen en nou het ek dit gewen… hy was ook 33 toe hy gewen het,” het hy gesê.

Kelehe het aan die einde van die wedloop goed gelyk vir iemand wat pas 87 km gehardloop het. “My lyf voel doodreg,” het hy gesê.

Sport24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

CHRISTA ·

Baie geluk Gift!! Ek dink jy’s in die regte beroep. Dit lyk my nie eers die skurke kan vir jou weghardloop nie!!!

christine ·

Hartlik geluk deurgangs goed gelyk,ons is werklik trots op jou en waar jou broer ookal is dink ek hyt die wedloop dopgehou Bly vir jou

Eliza-beth ·

Wonderlik dat ons eie ouens (en vrouens!) weer vir ‘n slag wen! Knap gedaan!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.