Suid-Afrikaners kwesbaar vir misdaad

misdaadgeld

Argieffoto.

Suid-Afrikaners voel kwesbaar vir misdaad en vrees dwelmverslaafde misdadigers, inbrekers en seksuele uitbuiting die meeste.

Dít volgens die jongste Slagoffers van Misdaad-opname wat Dinsdag deur Statistiek Suid-Afrika bekendgestel is.

“Meeste huishoudings is van mening dat beide geweldsmisdaad en ander misdrywe tussen 2011 en 2014 in hul onderskeie woongebiede toegeneem het. Huisbraak (65,9%) word as die algemeenste vorm van misdaad beskou, gevolg deur huisrooftogte (42,7%)”, het Statistiek Suid-Afrika in sy verslag gesê.

Hulle het verder aangevoer dat die algemeenheid van misdade en veral die versuim om dit aan te meld, van die grootste probleme in die land is.

“Dit is belangrik om die omvang van misdaad te meet en insig te kry oor die dinamika daarvan ten einde beter te verstaan hoe dit in gemeenskappe manifesteer. Dit sal beter formulering, implementering en monitering van strategieë om misdaad te voorkom, en goeie bestuur verg.”

Uit die verslag is dit ook duidelik dat baie misdade nie aangemeld word nie, omdat die persepsie bestaan dat “die polisie niks daaraan kan doen nie” of omdat “hulle dit nie kan verhoed nie”.

Dit is ook duidelik dat huishoudings maatreëls tref om hulself te beveilig. Uit die verslag het 51,6% van die huishoudings aangedui dat hulle “fisiese beskermingsmaatreëls” getref het om hulself en hul eiendom te beveilig.

Ten spyte van die klaarblyklike onvermoë van die polisie om misdaad te voorkom, het ongeveer 57% van huishoudings aangedui dat hulle tevrede is met die polisie in hulle gebied. “Meeste huishoudings in die Wes-Kaap, Noord-Kaap en Noordwes is egter ontevrede met die polisie,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theresa ·

Natuurlik is mense bevrees. Misdaad neem met rasseskrede toe. Daar is ‘n slapte in die beskerming van die publiek teen dié wat wil kwaad doen.

pop ·

Die publiek se grootste vrees is die regering wat die misdadigers vry teuels gee en laat wegkom met hul dade. n Lewe is hier niks werd nie. Misdadigers weet as hulle gevang word gaan hulle paar maande sit,m en dans hulle vry om dit weer te doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.