Suid-Afrikaners leen meer – verslag

geld 4 kontant rand

(Argieffoto)

Suid-Afrikaners leen meer geld om hul verlies aan inkomste tydens die Covid-19-pandemie aan te vul. Só wys ʼn skuldverslag deur die skuldberadingsorganisasie DebtBusters.

Suid-Afrikaners se netto inkomste het nog voor die uitbreek van die Covid-19-pandemie in reële terme aansienlik gedaal en verbruikers suiwer die tekort aan deur geld te leen.

Luidens dié verslag het mense wat in die eerste kwartaal van die jaar by die maatskappy om skuldberading aansoek gedoen het, gemiddeld 18% minder reële netto inkomste ontvang in vergelyking met diegene wat in 2016 aansoek gedoen het. Dit is weens die opgehoopte inflasiekoers van 19%.

Benay Sagar, bedryfshoof van DebtBusters, sê gemiddelde skuldvlakke het aansienlik toegeneem, met die totale skuld wat met 33% gestyg het in vergelyking met dieselfde tydperk in 2016. Die totale skuld vir diegene wat ʼn hoër inkomste verdien het in die eerste kwartaal, het met 63% gestyg in vergelyking met hul eweknieë in dieselfde tydperk in 2016.

Die verslag dui ook aan die aantal verbruikers met huishoudelike en voertuigfinansiering wat vir skuldberading aansoek gedoen het, het ook aansienlik gegroei.

“Die kliënt wat R20 000 of meer per maand verdien, se skuld-tot-inkomste-verhouding was 142%. Dit is onvolhoubaar en versleg jaarliks,” sê Sagar.

Sagar sê die aantal kredietrekeninge wat verbruikers gehad het toe hulle vir skuldberading aansoek gedoen het, toon dat hulle vinniger te veel skuld maak, maar ook vroeër om hulp aanklop.

“Skuldberading is wel ongelooflik doeltreffend. Die aantal kliënte wat die proses suksesvol voltooi het, het die afgelope vier jaar met 65% per jaar toegeneem. Die proses werk, en is ’n fantastiese hulpmiddel om verbruikers te help wat deur skuld oorweldig word, ” sê Sagar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

netekalleen ·

Baie mense weet ongelukkig nie wat spaar is en het geen benul hoe om met.geld te werk nie . plaas dat ouers hul kinders van kleins af leer spaar gebeur net die teenoorgestelde

Erica ·

Wat moet ek spaar en hoe? My medies vat meer as die helfde van my salaris. Dan moet ek my huis betaal en meer vir krag en ek het nie eers n vehooging in my salaris gekry nie. So met die gevolg alles het op gegaan met my klein salaris. Dan het ek nie geld gekry vir April en Mei nie en ons wag nou nog vir die uif om uit te betaal. So ja na 2md sonder salaris is my spaargeld op! Maar jy wil he ek moet spaar? Jammer maar ek stem nie saam met jou nie.

Pieter ·

Spaar en risiko bepaling gaan hand in hand. Van 1992, nadat ek nee gestem het spaar ek al, omdat my risiko bepaling aandui dat onder die ANC die ekonomie sal swaarkry desondanks Clem Sunter se liberale rooskleurige scenario vir die nuwe Suid Afrika. Vandag geen skuld nie.

Vrijburger ·

Dito! Geen skuld nie.
En die geld wat gespaar is meestal in die buiteland bele.
Jare gelede al moeg geraak om vriende en familie te waarsku, en op gehou.
Wat is ‘n goeie Afrikaanse woord vir ‘vindicated’?

lodewyk ·

Kyk na die persoonlikke belsating wat die werkers klas moet betaal -dan kan julle sien hoekom ons werkers klas al hoe armer word -iemand moet vir die ander 50 miljoen mense en die ministers sorg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.