‘Suid-Afrikaners maak skuld net om te eet’

Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

Die swak rand en die voortslepende droogte veroorsaak dat kospryse aanhou styg en die gevolg is dat arm Suid-Afrikaners die meeste geraak word. Só het Alan Winde, die Wes-Kaapse minister van ekonomiese ontwikkeling, Vrydag gesê.

Winde het die openingstoespraak tydens die bekendstelling van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) se onlangse jaarlikse verslag gelewer.

“Die [maandelikse] koste van ʼn basiese kosmandjie, wat stapelvoedsel soos rys en bruinbrood insluit, was R3 503 in April vanjaar,” het hy gesê. Volgens Winde het die koste van die basiese voedselmandjie met 23,8% gestyg oor ʼn tydperk van 12 maande sedert April 2015. Hy het gesê die koste hiervan is “onbekostigbaar vir die armste 40-50% van die bevolking”.

Winde het gesê Suid-Afrikaners moet skuld maak net om te kan leef en eet. “Kredietaansoeke het met 98% toegeneem sedert 2009 en voedselinflasie sal na raming ʼn gemiddeld van 10,75% in die eerste drie kwartale van 2017 bereik.”

Winde het gesê die BFAP-verslag lewer insig in sleutelterreine, onder meer produksie, verbruik, handel, voedselpryse en werksgeleenthede in die landbousektor. Die navorsing gee ook medium- en langtermyn-vooruitskattings vir die verskillende bedrywe binne die Suid-Afrikaanse landbousektor.

Die verslag, wat nou vir die 12de jaar bekendgestel word, is deur navorsers by die Universiteite van Pretoria en Stellenbosch saamgestel. Dit sluit ook insette van die Wes-Kaapse departement van landbou in.

Volgens Winde toon vanjaar se verslag die mate waartoe die huidige droogte die sektor geraak het. Hy het bygevoeg dat die Wes-Kaap en Limpopo in 2015 ʼn 15%-vermindering in produksie gehad het weens die droogte.

Daar was ook ʼn 15%-vermindering in die land se lewende hawe. “Daar is ʼn vermeerdering in slagting gedurende die droogte en dit sal produksie vir die volgende drie of vier jaar beïnvloed,” het hy gesê.

Hy het genoem dat die landbousektor steeds een van die grootste werkgewers in die land is met 50 000 werksgeleenthede wat sedert 2011 in hierdie sektor geskep is.

“Die BFAP is ʼn uitstekende hulpmiddel om prioriteite te identifiseer om die landbousektor te laat groei. Tendense toon dat die Wes-Kaap op die regte pad is om die nodige kwessies aan te pak, deur die vermindering van administratiewe rompslomp en die versnelling van grondhervorming as fokusterreine,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Cherokee ·

Natuurlik is dit die vraag wat moes geantwoord gewees het sonder om daarna te vra.

vermeende ·

Dit wat nou gebeur word al vir meer as n jaar voorspel en verwag.
SA het mos n weerdiens wat kort en lang termyn voorspellings kan maak, nou wat is gedoen om die kosdroogte te stuit of n buffer daar te stel….niks!
Soos die gebruik is sal dit nou seker weer af filtreer moet word na die produsent toe.
Daar is net een antwoord hiervoor, georganuseerde en gesubsideerde landbou.

John ·

Dis nie die boere wat nie kos het nie, dis die res van die bevolking. Dis laasgenoemde wat skuld maak om te kan eet.

Cherokee ·

John, ek is sò bly een van die land se finansiële kenners is hier om antwoorde te verskaf! Dankie dat jy jouself hierby betrek het – dit word waardeer om finansiële kenners in die gesprek te betrek. Vertel ons meer asseblief, John. Vertel ons van die land se ekonomie en watter foute gemaak word en wat werklik gedoen behoort te word.

Rynhardt ·

Cherokee,ek het dit in verlede uitgespel en niemand wou dit glo nie.Anc regeer SA vir 22jaar volgens die Vryheidsmanifes wat ekonomie moes doidmaak Is jou ekonomie nie op 0% groei nie?Hul wil alle wit boere se plase he en glo hul gaan probleme oplos hoewel dit net gaan vererger!!SA het nie n ekonomiese raamwerk onder Anc nie,en dit gaan ekonome en politici nie vir jou uitspel nie.Vandag se Rapport spel uit dat DA-EFF-koalisie kom vir sekere stedelike gebiede.Niks om oor opgewonde te raak nie.In 2015-2016 het ek vir Maroela uitgespel jy sit met Anc-faksies.Mense wou dit nie gli nie!Ondersteun albei nie die Vryheidsmanifes teen Afrikaanssprekendes wat regstellende aksie en grondonteiening uitspel nie?Kyk die gemorsery nou.Dan gaan jou globale krisis ook n groot impak he op SA!Dit wil talle mense ook nie weet nie!

Kaufman ·

Ja, baie mense het nie meer veel om te eet nie en tog is daar ook baie mense wat druk vir grondhervorming, en ons almal weet wat onder grondhervorming met voedselproduksiesyfers gebeur.

Lance ·

Net vandag gesien iets wat altyd R32 gekos het is nou skielik R50 ….dis geweldig

KarooKlong ·

Ek eet sommer by my buurvrou, sy’s nie te duur nie.
Spaar my krag sodat ek maroela kan lees.

Kok ·

Ja, voor dit kon hulle heerlike bolle en knolle uitgrawe en knibbel.

christine ·

Hoor die man grondhervorming moet vinniger plaas vind. Die ou reken die mense wil boer. Hang af met wat. Die hele plaas onder dagga sit? issie boer nie. Intussen loop Mugabe se mense oor die grense en vermoor elke dag n boer in Limpopo. Ons moet regtig waar wakker word. Kyk maar terug op verlede week se nuus. Daar was omtrent elke week n aanval. Mense ek smeek en pleit by julle los die mense op die hoeke van die strate moet hulle glad nie werk gee nie. Maak julle julleself en julle families onsigbaar vir die mense. Hulle moor sover as hulle voete land.

Theuns ·

christine nou praat jy. Ek se dit lankal maar ons eie mense luster nie en jy moet tog net nie ras of nasionaliteit noem van die mense wat die moorde pleeg nie want dit is Zenofobies.

Johanna Botha ·

Jy is heelemal reg Christine ons moet self begin doen hoe minder oe hoe veiliger ….hulle kom nie werk nie hulle kom kyk ….so neem ook n foto van sy ID …en as hy nie een het nie werk hy nie

Johannes Meintjes ·

Die probleem van verarming kom al ‘n lang pad. Dis nie “nou skierlik die droogte” se skuld nie. Die droogte is maar ‘n faktor wat die verotting, verval en uitermate verswakde ekonomie in SA en SAOG uitlig. Self, in die kleine, het ek al sedert 2008 aan o.a. die DA en die VF+ geskryf om te vra hoe hanteer ons die manifestasies van verarming onder die SA burgery, en of daar bv. deur die SA regering koepons vir kos uitgedeel sal word … ?

John ·

Cherokee, jy klink soos ‘n boer met heelwat in die kop, in die bank en op die hart, miskien moet jy eerder antwoord. Op skool is ons geleer SA het gaan gebuk onder wisselvallige reenval en daar is net ‘n paar dele wat werklik geskik is vir landbou. Maar ons boere wil nou orals plant en as die Hemelvader nie luister nie, sal die sluwe mnre uit die VSA wat by elke landbou-byeenkoms met groot ‘fanfare’ opdaag, ons gebede verhoor. Lees die Bybel, selfs destyds was daar maer en vet jare. As ‘n stedeling sy werk verloor, moet hy gedwee sy duur huis verkoop, maar ‘n boer is met ‘n brief gebore wat lees: hy is ‘n landbaron. Massas ou bevrore aartappels is skielik op die winkelrakke nadat die boere hoog en laag gesweer het hul oeste het misluk. Skande. Hou op om skapies aan vreemdelinge te verkoop om die ontvanger te omseil. Dis die pad van die dood. Ons vergeet dat die Hemelvader Sy Hand in die ‘pie’ het. As ‘n regering droogmaak is dit nie nodig om self ook op die dak van die soustrein te probeer klim nie. Almal in ons land moet hul harte deursoek en ons gierigheid afgooi, ons omgewing skoonmaak en begin werk/werk soek, nie aalmoese soek en subsidies en gratis studie nie en nie gm-wondersaad nie. Seen kom van Bo nie van regerings of van gm-gebroeders se geskenksakkies vol Jan-en-die-boontjierank-wondersojabone nie. Hoe proe pofadderrugstring?

Oom Ekonoom ·

John, die landbousektor is anders as meeste ander sektore en omtrent elke land in die wereld besef dit behalwe SA se nuwe regering. Landbou moet effens voorgetrek word vir stategiese redes, en ek kan vinnig n paar noem. Nommer een, voedselsekuriteit, wat belangriker is in nood as amper enigiets anders. Tweedens, dit verskaf direk en veral indirek baie werk, baie inkomstegenerering en materiaal vir ander nie-landbou sektore, waarskeinlik meer as enige ander sektor. Ook belangrik is dat n gesonde landbousektor baie handig is as die land onstabiliteit ervaar want boere kan dan vinnig aangemoedig word om materiaal vir biobrandstof te produseer. Landbou is ook een van die belangrikste sektore vir landelike ontwikkeling, met ander woorde om die grootste persentasie van die landsoppervlakkig goeie toestand te hou. Daar is ander ekonomies en sociopolities belangrike redes ook. Dis waarom amper elke land wat omgee vir sy burgers landbou spesiaal behandel.

Pietman ·

Lagwekkend! Die man kla oor voedselpryse maar meen grondhervorming moet versnel word. Dis nou dieselfde grondhervorming wat meestal mislukkings is. Nee-wat Suid-Afrika is verdoem tot meer swaarkry.

Johann van Cullinan ·

Net nou die dag lees ek van vroue standbeelde, wat op die J.G Strydom plein opgerig is ter waarde van R203 000 000. Nkandla van net soveel geld. Die 2010 wêreldbeker omkoopgeld van R10 000 000 dollar. Sokker stadions wat nou selde gebruik word. Soveel geld wat gemors is. Ons eie volk moes vir ons boere wat so swaar gekry het onder die droogte gehelp het en ja geen hulp van die regering nie. Die belangrikste nl. Kos en medies moet laaste in die ry staan. Die ANC regering ( nie myne nie ) kan nie vir hulle self dink nie. Boere gaan gebuk onder minimum lone, droogtes en plaasmoorde, maar die ANC gee nie ‘n flenter om behalwe vir hulle eie sakke nie. Ek wens S.A se grense kan weer elektriese heinings kry en opgepas word. Leer die insypelaars ‘n goeie les wat nie hier hoort nie. Ons moet almal begin bid in alle erens tot die ware God wat hemel, aarde, mense, diere en plante gemaak het
Politieke partye kan nie help nie, hulle is net mense. Kom ons keer terug tot God. Hy sal ons help.

Jaco Grobler ·

Dit gaan minder oor plase, boere en klimaat, en meer oor die mens se inherente luiheid om iets aan sy eie lot te doen. Ons blaam, blameer, maar gaan maar net passief voort. kyk biedjie na urbanhomestead.org en kyk hoe ‘n gesin nie net vir hullself kos produseer in die stad nie, maar inderwaarheid ‘n bestaan voer op ‘n stukkie grond kleiner as die meeste van ons se erwe.

Columbiana ·

Mense is honger maar ons president soek ‘n nuwe vliegtuig. Mense is honger maar die president se maatjies kry miljoen. Mense is honger maar die president hou partytjie.
Moral of the story die probleem Le by die president en sy maatjies. Stem hulle uit

Stemdom ·

Die probleem is hulle gaan nie uitgestem word nie want die meerderheid van ons landsburgers het nie die intellektuele kapasiteit om dit te besef nie en sal daarom altyd vir die ANC bly stem.

Plaasmeisie ·

Mense,asb word wakker,regering gaan nie net plaasboere ontein nie,enige eindom in openbare belang dus eendag jou huis,pensioen ens.ek is enkellopende vroue boer lw nie boer se vrou,en werk 7 dae pw,betaal 20jr af aan plaas maar is wit vark in verhaal,gee mense werk ens,se maar ek het eerder destyds meenthuise gekoop en verhuur was dit heeltemal ok,maar nou le my passie by plaas en word gestraf!tot sa nie ons boere as heroes sien nie,wat bewondering verdien,beskerming ipv ons vergruis nie sal land nie groei nie,mense praat met mond vol kos,en wynglas in hand,maar dit val nie uit hemel erens het boere hard gewerk om te produseer.

jaco ·

Dis nie net Zuma en die ANC wat so ryk word nie. Elke parlementslid insluitend Alan Winde, kry n salaris van oor 1miljoen Rand per jaar. En daarby kom n lekker huis, n luukse kar, verniet vlieg en ‘n onthaaltoelae. So elkeen van hulle, al is hulle ook van die DA, EFF, VF-Plus of die ACDP, nou met al daardie geld n eie klein mini-Nkandla

John ·

Oom Ekonoom, die wit boere wil voorgetrek word en die swart regering wil ook sy mense voortrek. Die wit stedelinge is reeds op hul kniee, maar die wit boere wil die liefling bly en le steeds nagte wakker en wroeg oor watter agter-agter-agter-kleinkind watter deel van die mega-plaas moet erf… om ‘voedselsekerheid’, werk en selfs brandstof te lewer as te veel graan geproduseer word. Droom boere, droom voort… Kyk hoe blou is die see en hoe saggies ritsel die palmbome op hierdie eilandjie genaamd ‘Geboortereg’… Die oorspronklike betekenis daarvan in Hebreeus is, ‘gierigheid’.

Kaufman ·

Enige wit boere hier, wanneer laas het julle hulp van die regering gekry?? My boerevriende het nog niemand die afgelope 2 dekades nie.

Wilma ·

John…..Ek is ‘n boervrou en ek is trots daarop. Weet jy van al die probleme, vrese wat ons boere daagliks beleef? Dit is droogte, lone wat net al meer word.. elke nag bid ons vir die bloed van Jesus oor ons gesinne, dat ons nie deel van die plaasaanval statistiek moet word nie.
Soos die seisoene van boerdery aanbreek bly ons op ons knieë… Weet jy wat gaan werklik aan op ‘n plaas? Dit wil vir my voorkom asof jy ‘n regte bitterbek vol issues is. Voor jy die boere so uitmekaar trek… doen moeite… gaan gesels met ‘n boer.. luister en probeer jou indink hoè die lewe van ‘n boer werklik is. Beslis nie maanskyn en rose nie. En jy wat dink ons lè nagte wakker om te besluit wiè kry watter stuk erfgrond… nuus vir jou!
Om vandag te kan boer beteken dat jou grond eintlik die bank sin is… of watter instansie jou ookal gefinansier het om die seisoen te plant. Hul het jou grond as sekuriteit… so jy sien John die lewe van ‘n boer is vrek moeilik en harde bene kou!
My man is ‘n boer in murg en been… ek is sò trots op hom! So iemand soos jy wat wil gaan opinies gee oor ons boere… gaan speel in die verkeer!

Kaufman ·

Ek hoor boerdery in SA is so n stresvolle werk en so vol bankrotskappe dat selfmoord onder boere baie hoër is as in ander beroepe, so John hoe redeneer jy nou? Jy dink seker net aan die tjekboekboere en buitelanders wat plase net as stokperdjie doen, maar jy Len duidelik nie veel gewone boere om te sien hoe moeilik dit gaan nie.

John ·

Wilma, ons boere behoort die bakermat van die Afrikaners te wees vir wie ons stedelinge op ons kniee kan bid… ons naaste en die behoudende element in ons gemeenskap. Ek ken boere goed, ek wens partykeer minder goed. Alles is waar oor die moeilikhede op ons boere se pad, maar dis niks meer as die’ van ander Afrikaners nie. Boere is verwaand en so ‘opgesit’ met hulself en voer die voedselsekerheidstorie (eintlik eie sekerheid) tot op ‘n vlak van selfbejammering deurspek van slim planne. Niemand dwing ‘n boer om te boer nie. Nou moet ons ge-gm-de-voedsel, gifstowwe en antibiotika eet omdat boere se beursies vrate word. Is daar nog boere wat etiek hoog ag. Waar koop mens nog mieliemeel van ou saad? Of moet ons vra dat mielies eerder uit Rusland ingevoer word… Ons almal se voorspoed le nie in die hand van mense nie. Boere moet dalk ook net ‘n slag dankbaar wees met wat hul het en ophou glo hul ‘besigheid’ is ‘anders’ as die van ‘n winkelier of van ‘n man wat tuindienste lewer of die tannie wat tertjies bak vir ‘n inkomste. ‘Ups and downs’ tref almal. En moet voorgetrek word… waar staan dit in die Bybel, Oom Ekonoom? Sjoe, ek weet nie van sulke boekhoudingstelsels nie…

Wilma ·

John….. die enigste verwaande een hier is jy. Jy sê jy ken boere… of jy ken boere tè goed. Ai … as jy boere enigsins geken het jy geweet 90% van ons boere is plat op die aarde en wat jy sien is wat jy kry. Ja jy is heeltemal reg almal het probleme.. ups and downs! John.. van vanaand af sal ek elke dag aan jou dink.. met elke struikelblok en ook elke een wat ons moet oorkom sal jy in my gedagtes wees! Jy sal my motiveer om elke dag nog meer te fokus op dit wat belangrik is… eerlikheid, menslikheid, nederigheid en om nooit verwaand te wees nie. Glo my goed.. ons is heeltemal bewus dat ons voorspoed en toekoms nie in ons eie hande lê nie, alles wat ons het is genade van God. John..ek bid vir jou vir insig en vergewe jou vir jou twak wat jy kwytraak. Jy vat nie net aan my as boervrou se karakter nie.. jy beledig elke boer en boervrou in ons land. Miskien moet jy by ons op die plaas kom kuier dan sal jy sien ons boere is gasvry, hardwerkerk en eerlike mense. Laat die son oor almal skyn.. dis mos nie so moeilik nie

Wilma ·

John niemand dwing ‘n boer om te boer nie…? Netso dwing niemand die winkelier om ‘n winkel te besit nie.. of die tuindiendste man om ander mense tuine te doen nie… of selfs nie eers die tannie om tertjies te bak nie. Mens doen dit waarvan jy hou..of waarvoor jy opgelei is. As boerdery in jou bloed is..diep in jou murg sit.. dan is dit wat jy gaan doen. Boer eis nie selfbejammerend nie.. ja die afgelope 2 jaar was rof! Ons het sterk boere sien huil.. hande in die hare met gemoedere wat nie lekker is nie. Maar môre staan ons weer op.. kyk na bo en vra die Vader om ons hand te vat al die pad! Met die ups en die downs! John ek leer my kinders dat ongeag jy ‘n boemelaar, dokter, onderwyser of boer is… almal verdien dieselfde respek! Ons is almal saam in hierdie deurmekaar land en al wat ons volk kan doen is saamstaan, sterkstaan en vir mekaar bid! Asseblief John moenie ons boere verder belaglik laat lyk nie… dis onverdiend en ongevraagd.

Kaufman ·

John, landbou sê risikoprofiel is baie anders, meer kompleks, minder voorspelbaar as meeste ander sektore, en dit is in nasionale belang om dit stabiel moontlik te probeer behou soos oom ekonoom mooi uiteensit maar jy om een of ander rede steeds nie snap nie. Wat maak jou aflei oom Ekonoom praat iets oor die Bybel, dis basiese ekonomiese beginsels wat universele geld ongeag geloof of kultuur. Jy is “close minded” om so oor boere te veralgemeen want nie een boer wat ek ken is so nie.

Wilma ·

Kauffman… jy is heeltemal reg!!! Hier by ons is ook nog geen witboere deur die regering gehelp nie. Die witboere bly aan die kortste end trek en moet maar self planne maak om te oorleef!
Dit is duidelik iets wat iemand soos John nie sal verstaan nie. Want sien om die som te maak moet daar iets tussen jou ore wees en jy moet weet waarvan jy praat.
Die regering stel nie belang in die witboere en hul omstandighede nie. Sê mens dit dan is jy ‘n rassis. Nou wonder ek net wat noem jy iemand soos John wat sy eie mense so laagvat… rassis kan dit nie wees nie… al woord waaraan ek kan dink is verwaand en vol van homself.
Wonder wat sou John doen vir ‘n lewe…. dalk niks?

Kaufman ·

John het in die verlede baie sin gepraat maar hy praat almeer onsamehangend, veralgemeen en onlogies, ek het al begin bekommerd word oor hom.

John ·

Kaufman ea, die beledigings wat ek darem moes lees… Dit bewys net my punt: Afrikaner-boere wil glo hulle is foutloos en kan doen wat hulle wil. Hulle is verwaand, selfvoldaan en glo hulle alleen is die lieflinge van die Here. Ons moet gesonde organiese graan en groente invoer en vleis uit buurlande (soos Namibie), sodat hierdie bedremmelde strane/snot-stortende ryk boere op hul strandhuisstoepe kan gaan rus; die’ spul… sussies. Op Die Boer Soek nie ‘n Vrou nie-program, toon die boere dat niemand goed (of dalk ryk genoeg) is vir die’ nuwe geslag
grondbaronne nie. Hoe het hul voorvaders ( voor apartheid se lekker-bederf) die mas opgekom sonder subsidies uit die belasting van hul mede arm wit broers wat op klein erwe in stede aansukkel; die’ wat o so dankbaar moet wees vir ‘n bordjie kos? Ek dog ons bid: Onse Vader… gee ons asseblief ons daaglikse brood. Nee, julle glo ons moet julle bedank. Die Vader kan sorg sonder julle. Oppas. Dankbaarheid en nederigheid doen niemand kwaad nie. Trek bietjie geld uit jul eie vet bankrekenings/beleggings. Dis nie teen die wet nie.

Wilma ·

John… met iemand soos jy redeneer mens nie verder nie.
Dit sou wonderlik wees om by die see op ‘n stoepie te gaan sit. Maar ongelukkig is vakansie vir die meeste nie beskore nie. Daar is nie geld daarvoor nie.
Meeste boere wat ek ken moes alle luukshede prysgee.. bedoelende motors verkoop, mediesefondse opgee, dstv opgee… ons kinders moes selfs hul buitemuursaktiwiteite opgee.
Jy sien John…. ons is nie arrogant en vol geld nie. Ons sukkel om selfs net die basiese goed te kan doen. Wil jy nie asb dink voor jy so beledigend raak nie. Niemand keer jou om ten duurste ingevoerde produkte te koop nie… jy is duidelik nie tevrede met die plaaslike boere nie. Hou jou vieslike aanmerkings ivm boere vir jouself! Elke liewe persoon in ons land sukke! Ek gee toe…daar is ryk mense wat ander uitbuit… maar waarom wil jy nou die boere die skuldiges maak.
Sien leef en laat leef… as dit vir jou te moeilik is.. wel dan gaan ek net meer vir jou bid. Jy klink verbitterd… en dis so jammer. Kom kuier eendag by ons op die plaas.. ek glo jy sal jou opinie verander.

Wilma ·

John.. jy kan nie agv ‘n simpel tv program…BOER SOEK ‘N VROU… nou links en regs die boere beswadder nie.
Dit is ‘n simpel program wat sò vèr van die werklikheid af is! Dit is eintlik belaglik! Dit staaf weereens wat ek vroeër gesê het… jy ken nie werklik Boere nie. Ons is nie sò nie. Ons is mense net soos jy….

Wern ·

Lag my dood vir John, jy kan mos nie judge op grond van n tv storie nie! Geen wonder hy verstaan nie wat die ander hier vir hom sê nie. As hy belese was sou hy geweet het dat kommersieele boere in SA se inkomste aansienlik laer is as inkomste van mense in meeste ander beroepe.

Jaco Grobler ·

John maak ‘n paar goeie punte, ek ken vele soorte boere, arrogant en nederig, sukkelend en vooruitstrewend, eties en oneties. ‘n Mens kan onmoontlik nie almal oor die selfde kam skeer nie. Ek deel ook sy sentiment oor die ‘bejammering’ van sekere groepe in ons ekonomie (en dikwels a.g.v persepsie eerder as verdienste). Baie kry swaarder as boere, en daar word geen woord gerep nie. Boer is in jou bloed, konstruksie in myne, ek het intussen iets anders begin doen, want my droeë seisoen duur nie 12 of 24 maande nie, hy duur nou al 5 jaar, niemand het al een simpatieke woord vir my gespreek nie, (en dit pla my regtig nie), geen Facebook groep is gestig vir ‘Konstruksiewerkers in nood nie’ In my kort, medium en langtermyn vooruitsig is daar ook geen ‘La Nina’ wat hoop bring nie…Kom ons wees dankbaar vir ons goeie boere, maar simpatiek teenoor ALMAL wat sukkel, nie net boere nie. Help waar jy kan, die nood is orals om ons, nie slegs op die platteland nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.