Suid-Afrikaners oorsee trek Saterdag hul kruisies

Argieffoto

Die eerste stemme in vanjaar se algemene verkiesing word Saterdag uitgebring wanneer ’n rekordgetal van meer as 29 000 Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon, die geleentheid kry om hul kruisies te trek.

Kiesers sal by alle Suid-Afrikaanse missies in die buiteland kan stem mits hulle die moeite gedoen het om vir ’n buitelandse stem te registreer. Die stembriewe word verseël en per diplomatieke possak na Suid-Afrika gestuur om in Pretoria getel te word.

Kiesers in die buiteland kan slegs op die nasionale stembrief stem. Hulle kry nie provinsiale stembriewe nie.

Indien al 30 000 geregistreerde kiesers in die buiteland gaan stem, is dit amper genoeg om ’n volle setel in die parlement vol te maak – en daardie buitelandse stemme gaan tradisioneel met ’n massiewe meerderheid aan die DA, wat in 2014 meer as 84% van die buitelandse stemme getrek het, met die ANC tweede.

Die meeste buitelandse kiesers sal in Londen stem, waar meer as 9 000 geregistreer is. Dit maak dit die stemlokaal met die meeste geregistreerde kiesers in die Suid-Afrikaanse verkiesing. Van die ander buitelandse stempunte is Doebai die tweede grootste, met sowat 1 500 kiesers.

Die eerste Suid-Afrikaners wat sal kan stem, woon in Nieu-Seeland. Vir die volgende 24 uur sal die duisende Suid-Afrikaners wat geregistreer het hulle kruisies stelselmatig trek namate die aarde om sy as draai, en die son in verskillende plekke opkom en sak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

??? ·

Ek wonder hoeveel van die stemme getel gaan word…en of die houers met stembriewe op die ashoop gaan beland. Ek sou voorstel dat die stemme getel moet word daar waar daar gestem was…

Hendrik ·

Ek en my vrou ry more van St Louis na Chicago (5 uur in een rigting) om te gaan stem. Ek smeek elke leser van Maroela media om nie ons twee se stemme ongedaan te maak deur nie te gaan stem nie. As jy in Suid-Afrika woon en enigsins die vermoë het om te gaan stem, gaan doen dit asseblief op verkiesingsdag. As ons dit kan doen, kan julle almal ook.

jaco ·

Onthou net julle petrol is net R10 per liter. In SA kos dit omtrent R16 EN dit styg elke maand.

Cherokee ·

5 Uur in een rigting… dit is Durban – Johannesburg …. en terug wat dit 10 ure maak! Dankie Hendrik.

Hansie ·

Ons word uitgekryt as “weghollers” en “hanskakies”, maar as daar gestem word dan is ons goed genoeg. Ek woon al 20 jaar in die buiteland, sal nie eers weet vir wie om te stem nie.

Dries du Toit ·

Gaan bedef jou stembief as jy nie vir die VF+ stem nie. Bedorwe stemme tel ook

Andre Stander ·

My kruisie is getrek.
Ek het die reg om nou n opinie te mag lewer op Suid Afrikaanse politiek.

Realis ·

Ongelukkig is dit nou die teenoorgestelde waarheid. Omdat jy jou kruisie getrek het moet jy jou mond hou oor die uitslag en wat daarna gebeur tot met die volgende verkiesing. Jy het die demokratiese proses aanvaar en ondersteun en dis hoe dit werk. Jy mag een keer in 5 jaar jou opinie lug met jou kruisie. Die res van die tyd moet jy inval by die uitslag van die verkiesing en stil wees.

HendrikB ·

Kruisie getrek in Dubai, lang toue, maar lekker om deel te wees van die proses.

Johan ·

Dankie vir julle stemme in die buiteland. Julle is beter af daar waar julle is. Mag dit met almal goed gaan, groete van ons hier in SA

Riaan ·

My stem is in. Denemarke
ASB mense stem. Die land het dit nou meer nodig as 25 jaar terug.

Wonder ·

Dis seker die regte ding om te doen, maar as ek in die buiteland was sou ek nie belang gestel het om te stem nie. Ek sou net my sterre dank!

sollie ·

Solankek belasting getaal het alle reg om my opinie te lug.

Stoffel Harmse ·

Ek is oppad Tel Aviv toe om my kruisie te gaan trek.

Willem ·

Na 300km se ry na Canberra my kruisie getrek vir die VF+. En toe weer 300km huis toe, met my Aussie partner “in tow” vir ‘n day se uitstappie :)

Dries du Toit ·

Dankie Willem. Jy weet wat hier aangaan as jy so reg stem. Die wat nie n clue het nie sal DA stem

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.