Suid-Afrikaners spaar té min, leef bo vermoëns

Argieffoto.

Suid-Afrikaners spaar nie genoeg nie. Die rede hiervoor is nie net die land se verbruikerskuld van byna R1,7 biljoen nie, maar ook ’n gebrek aan finansiële kundigheid, het AlphaCode Dinsdag gesê.

AlphaCode, ’n waagkapitaalfiliaal van Rand Merchant Investment Holding (RMI), sê hoewel Suid-Afrikaners ander lande ore aansit met die Google-soekterm “hoe om te belê”, hulle egter nie vir aftrede spaar nie.

Belasting, inflasie en elektrisiteitstariewe word gewoonlik hiervoor blameer, hoewel die meeste Suid-Afrikaners werklik net bo hul vermoëns leef.

“Suid-Afrikaners spaar nie net weens skuld nie, maar ook weens die wydverspreide gebrek aan finansiële opleiding. Te veel keuses en komplekse produkte is geneig om hulle selfs meer te verwar,” verduidelik Dominique Collett, hoof van AlphaCode. Donderdag is Wêreldspaardag.

Volgens AlphaCode verdien diegene wat hul geld in ’n transaksie-bankrekening spaar, boonop baie lae rentekoerse. Statistiek van die Suid-Afrikaanse Reserwebank toon dat ongeveer 40% van hierdie geld in rekeninge sit wat min tot geen groei bied nie, luidens dié maatskappy.

Die maatskappy moedig Suid-Afrikaners aan om meer te wete kom oor alternatiewe spaaropsies om sodoende meer te spaar te midde van ’n sukkelende ekonomie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Ouma ·

Dis tyd dat die skole weer ‘n spaar beplanning as deel van die kurikulum inbring. Toe ek skool gegaan het het ons elke week ‘n spaardag gehad waarop ons elkeen geld gebring het wat dan in ons poskantoor spaarboekies aangebring was deur die onderwysers ne die geld dan daarna deur die skool by poskantoor gedeponeer is. dit het my en sekre baie ander kinders bewus gemaak van geld en die belangrikheid van spaar. Terloops ek is 64 jaar oud. So werk maar self uit wanneer ek in die laerskool was.

Alida ·

Ek onthou die spaarboekies van die Poskantoor. Wonderlike tye. Deesdae kan jy nie eers sommige onderwysers vetrou om dit namens jou in te betaal nie. Let wel ek se nie alle onderwysers nie.

Jo ·

Met DIE wat die regering van plan is om ons pensioen te gebruik vir eskom skuld, sien ek nie n rede om te spaar vir my ou dag op die wyse nie. Belê eerder in goud

Robert ·

Moet net nie by jou afdag uitkom en besef jy het nie geld nie. Is dan te laat …..

Niki ·

Selfde hier, maar ek belê nou weer in silwer.

As al die ander mense maar net geweet het wat ons weet.

Piet parys ·

Maklik om te praat van spaar as jy baie verdien maar as jy ñ bestaan maak is dit n ander storie . En ek weet was ñ ambagsman vir 25 jr en kon toe spaar en het medies gehad . My medies het nou vverander na n begrafnisplan.

JohanR ·

Hoe moet jy spaar by ‘n bank? Sit vandag R500 in, kyk die volgende dag dan is dit maar R100. Groei vinniger onder jou matras!

Spaar? ·

Ek leef eerder al my geld uit elke dag voor ek dit moet weggee vir die wat alreeds soveel van ons geneem het. Die lewe is kort, geniet dit ! Hoekom moet ek vir hulle spaar, hulle leef die lewe………”Follow the leader” .
Leef asof daar nie n volgende dag is nie !

Wielspore ·

In 1982 het ek die arbeidsmark betree as met ‘n inkomste van ‘n werkgewer. Klompie jare het ek vrou gevat en ons het met ‘n finansiele plan begin. Een daarvan was om annuteite te koop soos ons dit kon bekostig. Ek self het 4 polisse en my vrou 2, Januarie 2020 betaal die eerste polis uit en die res volg dieselfde jaar, my vrou sin volg in 2021. Hierdie geld kom as ‘n groot meevaller.
In kort, spaar klein bedraggies oor lang termyn en jy sal verbaas wees oor die opbrengs en die kapitaal plaas jou in ‘n gunstige situasie.
Lekker spaar.

Emma ·

Ons al ver oor sestig kon nog ons lewe lank net kop bo water hou, daarom werk ons nog steeds. Nie van die staat afhanklik nie.

Daan ·

Teen die hydige koers waarop die anc dienland in die grond injaag moet jy omtrent jou HELE selaris wegsit, so hoe gan n mens dan van dag tot dag leef. En dan word jy nog belas daarop en die anc wil ook jou pensioen gebruik vir hulle “skuld” wonder wie betaal vir al die partytjies

Joless ·

En die regering spaar belastingbetalers se geld in hul eie sakke! Daarom is niks oor vir die gewone ou om te spaar nie! Kyk maar hoe lekker diep is die land in die skuld, so wie het nie finansiele kundigheid nie? Moet dus nie belastingbetalende salaristrekkers blameer wat maar getrou hul skuld betaal nie. Hulle het niks oor om te spaar nie.

Naomi ·

Spaar? Wat is dit? Ons lewe op die broodlyn. Elektrisiteit koste gaan op, petrol prys bly styg, kos pryse bly styg……en ons salarisse word slegs een keer ‘n jaar as ons gelukkig is volgens die inflasiekoers aangepas.

Stabiliseer die politieke en ekonomiese toestande in ons land dan sal ons dalk weer kan spaar.

Johan ·

Kan ons asb hoor van watter Suid Afrikaners hier gepraat word…?

Herman ·

Ek sien op vroeer artikel, die rand het met 38% present verwak die afgelope 10 jaar.
Koop buitelandse valuta, goud of silwer…. Net jammer as jy Kruger rande koop word jy ook gefika.. dan weet iemand in die staat jy goud in kluis…….

CJ ·

As afgetredene het ek my opgeloopte pensioenfondsbydraes, wat deur baie jare se harde werk verdien is, in ‘n private, goedgevestigde pensioenfonds oorgeplaas, wat deur investering rente verdien om my van n maandelikse inkomste te voorsien. Die huidige wantroue in die land se ekonomie en stabiliteit knou beleggingspotensiaal erg en boonop word die rente wat op ons pensioenbeleggings verdien word en in die vorm van maandelikse inkomste aan ons betaal word, nie as n maandelikse pensioeninkomste belas nie, maar as blote renteverdienste op beleggings oorbelas deur onbillike, hoe belastingheffings dat dit jou eerder knou as ondersteun. Ons betaal die prys vir wanbetalers se volgehoue, aggresiewe weiering om vir krag en openbare dienste te betaal, enorme staatskapingsverliese en onproduktiewe, bankrot staatsmaatskappye wat as gevolg van wanbestuur en onproduktiwiteit van n oorbesoldigde, oorversadigde werknemerskorps, wat jaarliks op groter, onbillike verhogings aandring en waarvan n groot gedeelte eintlik oorbodig is, maar nog jaarliks kwalifiseer vir groot prestasiebonusse (waarvan die prestasieresultate nie in uitsette sigbaar is nie), maar geoordeel aan volgehoue negatiewe finansiele prestasie, waarskynlik nooit selfversorgend sal wees nie. Hierdie sogenaamde “parastatals” is voortdurend van enorme reddingsboeie uit die staatskas afhanklik vir ongeregverdigde voortbestaan, om maar net weer verdere enorme verliese te genereer, en maar weer vir nog reddingsboeie skree! Nee wat, daar het net mooi niks van die beloofde regverdige, gelyke en vryheidsdemokrasie oorgebly nie. Die onverwesenlike droom-demokrasie soek seker ook n reddingsboei van die belastingbetaler….

wielie ·

Spaar?? Se my hoe doen mens dit met 2 kinders? Kos pryse, petrol, elektrisiteit?? Skkolfonds en skool klere???? Vertel my die geheim en ek doen dit.

Pensionariz ·

Ekt my pensioen by n makelaar bele en R200 000 in n kwessie van 6 jaar verloor. Kan nou nie kop bo water hou

Bog ·

Mense kan nie spaar as die volle inkomste reeds te min is om te oorleef nie. So eenvoudig soos dit.

Diefie ·

Ek spaar baie. Mense volg my voorbeeld asseblief! Ek spaar by Eskom, munisipaliteit, Checkers, Pick n Pay, Shell. Sie daar, ek spaar R 10.00 by die bank en dan vat hulle nog R9.00 vir bankkoste. O ja, so bietjie vergeet, as jy R 10 000 het om te belê, dan vat die makelaar sy deel en die res word belê teen 3%. Ek spaar ook by SARS. Ek is maar altyd confused.

Anoniem ·

Alphacode se julle weet wat. Hoe spaar jy in die land. Alles word net duurder eet net wildsvleis as ek vleis kan bekostig. Meeste van die tyd net n broodjie. Die Alpha Code kom seker van n ander planet af.

Hannah ·

Van die hand na die mond…val die pap op die grond……
Daar is mense wat probeer aangaan van dag tot dag…deur die sand van die pap te eet…..
Nie almal verdien soveel om nog te ka spaar ook nie

Lewe is n lied…..n begrafnis lied

Lloyd ·

SPAAR TE MIN??? Hoe wil hulle hê moet ons spaar? Met watse geld?? Als raak duurder. Die mederheid van die land het nie eers geld om vir hulle deur die maand te dra nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.