Suid-Afrikaners word uit Mosambiek verjaag

Die Lebombo-grenspos tussen Suid-Afrika en Mosambiek Foto: Departement van openbare werke (safiri.co.za)

Die Lebombo-grenspos tussen Suid-Afrika en Mosambiek Foto: Departement van openbare werke (safiri.co.za)

Xenofobiese geweld het in Mosambiek begin en Suid-Afrikaners is gedwing om vinnig die buurland te verlaat terwyl vragmotorvervoer opgeskort is.

John Mashiloane, ʼn vragmotorbestuurder vir Ngululu Carriers, het aan ʼn News24-korrespondent gesê hy is gedwing om na Suid-Afrika terug te keer toe die vragmotor wat hy bestuur het, net buite die grensdorp Ressano Garcia met klippe bestook is. “Ek is terug in Suid-Afrika, ons het ons vragmotors in Komatipoort parkeer,” het Mashiloane gesê. “Toe ons vanoggend in Mosambiek ingery het, het ons gesien die verkeer lyk skoon en het gedink alles is reg, maar net 4 km in Mosambiek in, naby die Muamba-tolhek, het ons ʼn groep van ongeveer 300 mense in bakkies aangetref wat ons vragmotors met klippe begin bestook het en gesê het ons vermoor hulle broers en susters, so ons verdien ook om te sterf.”

Jay Luvhani, bedryfsbestuurder van Ngululu, het gesê hul vervoerbesigheid het tot ʼn stilstand gekom. “Ons werknemers kruip by verskeie polisiestasies weg. Ons moes ons bestuurders, wat pas Mosambiek ingery het, terugroep,” het Luvhani gesê. “Van die vragmotors is met klippe bestook, maar daar is nie te veel skade nie. Ons vrees net vir hul lewens.”

Luvhani het gesê hul vragmotorbestuurders is vroegoggend in die hawe aangeval. Die polisie het ingegryp en hulle vragmotors is intussen beveilig. “Ons sien uit na ʼn kalm situasie. Maar ons kan nie soos gewoonlik voortgaan met sake in Mosambiek nie, weens weerwraak van die Mosambiekers oor die xenofobiese aanvalle in Suid-Afrika.”

Sabelo Benito, ʼn Mosambieker wat by die vismark in Maputo werk, het gesê hy en sy kollegas het ʼn SMS ontvang dat hulle nie na Nelspruit moet reis nie, omdat dit te gevaarlik is. “Die SMS word rondgestuur dat dit te gevaarlik is om na Nelspruit te gaan, omdat Suid-Afrikaners ons broers en susters vermoor,” het Benito verduidelik. “Hulle het gesê ons moet ook optree en hulle seermaak. Die nie goed vir ons hier nie, omdat ons besoekers nou bang is. Van hulle het intussen gesê hulle gaan terugkeer na Suid-Afrika.”

Konstabel Lawrence Ntuli, wat by die Lebombo-grenspos gestasioneer is, het gesê die hek is vir ʼn geruime tyd in die oggend gesluit ná voorvalle buite Ressano Garcia, maar hulle het intussen inligting van die Mosambiekse polisie en motoriste ontvang dat die paaie nou weer skoon is. “Die situasie lyk tans kalm en die verkeer vloei soos gewoonlik,” het hy gesê. “Ons kan nie maklik sê dat alles reg is nie, maar ons kry berigte oor die situasie.”

Esperanca Cuna van die Mosambiekse konsulaat het gesê dinge is “oukei” so ver dit hulle betref. “Volgens die Suid-Afrikaanse polisie is ons mense wat na Nelspruit reis, veilig,” het hy gesê. “Ons het nog nie iets in Mosambiek gehoor nie. Ons glo almal sal binnekort reg wees.”

Hy het berigte oor die SMS wat geweld in Mosambiek teenoor Suid-Afrikaners aanhits, verwerp. “Die kwessie dat daar ʼn SMS die ronde doen is ʼn gerug. Ons het nie die SMS nie. Wat gesê word, is leuens.”

In ʼn video op Facebook word Suid-Afrikaanse werknemers in Inhambane in Mosambiek deur ʼn vreedsame groep Mosambiekers en kollegas versoek om die land te verlaat.

Bron: News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Leon ·

Afrika eenheid? Ons beeld kry sleg skade
en Suid Afrika sal nie meer as die reus of leier op die kontinent geag word nie

JoeV ·

Leon, vier jaar in Angola en Mosambiek gewerk, “ons” beeld as die Leeu van Afrika is lankal vernietig daar!

AP van Schalkwyk ·

Nou kry die dom oproermakers teenstand omdat hulle te dom was om te besef dat hulle onnosele optrede n ernstige gevolg sal he nie

Asjas ·

Gaan kyk die fotos op Daily Mail UK Online, dit is die beeld wat die buiteland van SA het. Ek bly hier en ek was geskok!!

V. T ·

Baie hartseer dat mense wat nie bydrae tot land se ekonomie juis die is wat grootste skade aanrig.

Francois ·

So, kan ons dan mos ook begin om aktief hulle uit Suid Afrika te jag…of is dit nou weer net ‘n eensydige ding?

Dave ·

Ag tog vee die slaap uit jou en word wakker! Kyk hoe laat is dit al! Dit is weerwraak (soek die betekenis van die woord op as jy dit nie verstaan nie) Dit het in Suid Afrika begin.

Dave ·

Toe..toe….toe Francois, waarom is jy nou so stil? Ure later? Het jy ontwaak?

Jurie ·

Kyk hierdie saak verstaan ek darem baie moeilik ! Die “brothers” word aangeval omdat hulle die SA werkers se werk vat, die ANC en die res van die lot aanhangsels wil almal die wittes of dood of uit die land he, waar gaan hulle werk dan vandaan kom ? Hoe beskerm jy jou werkgeleenthede maar die werkgewers moet dood, of weg ge-BEE word ! Dit kan net in SA gebeur, nerens sal dit sin maak op aarde nie !!!

Gerald van der merwe ·

The truth is that the Apartheid’s government did not allow foreigners to infiltrate South
African. They protected the black workers of SA. The most blacks had work during the apartheid years until the ANC decided otherwise. The black community of our country can not be blamed for their actions.

Anton Smit ·

Hulle het destyds die Portugese ook weggejaag en kyk hoe lyk die land nou

Dave ·

Uit beginsel verskil ek nie met jou nie maar júlle ou’s wat van ‘hulle’ praat is by my gewoonlik onder verdenking. Wiè is húlle? Sê dinge duidelik of glad nie.

Jurie ·

Dave, die “hulle” is die mense in konfrontasie, om dit maklik te maak vir jou, Hulle1 (H1. ..nou) is die hoofsaaklik SA’ner mense wat ontevrede is, en die Hulle2 (H2.. nou)is die wat na H1 se oordeel hulle werk en vroue kom vat omdat hulle beweer dat H2 ontwettig in SA is. ( die H1 groep se klagtes is baie duidelik in die koerate) “Ons” as ek daarna verwys het is die blanke werkgewers, anders kleurige goeie werkgewers is hier nie in die gedrang nie, ek sien net die H1 groep met plakkate van “Why spare the whites” So dit laat my en menig ander werkgewers wel in die teikengroep.
As my status as konserwatiewe Belydende Christen wat vir heelparty mense en hulle kinders sorg, hoofsaaklik van H1 groep vir jou verdag lyk dan is ek heeltemal rustig op daardie lys en hou my daar asb ! My standpunt sal nie verander nie.
Miskien moet ons polities korrekte terme uitdink soos die Amerikaners hier, dis al ‘n sirkus om te probeer praat, dis A-Words, en B-words en R-words .. eindeloos ongemaklik en ja ek werk in VSA om te help sorg vir H1 terwyl hulle “TT- word” ! (Toyi Toyi) en ek is nie weg nie ek bly in SA !

Dave ·

Jury, I talk a little part of my daily language in Afrikaans but I want to complete this conversation in Afrikaans because I love the language and it is, after all, the main theme. You are not very clear with what you say because you copy and paste numbers, text and codes from another location. Wat sê juy eintlik – praat Afrikaans asseblief.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.