Suid-Vrystaat swig onder rekordgrootte brand

‘n Onheilspellende gloed het oor die Petrusburg-streek gehang. (Foto: Verskaf)

Op 12 en 13 Julie het 104 235 ha se landbougrond in die Suid-Vrystaat tot op die grond afgebrand.

Volgens dr. Jack Armour, handelsbestuurder van Vrystaat Landbou (VL), is hierdie brande die grootste enkele brand wat in die Vrystaat aangeteken is.

“Amptelike syfers wat op 22 Julie deur die Vrystaatse Sambreelbrandbeskermingsvereniging (FSUFPA) bekend gemaak is, dui aan dat weiveld, vee en wildplase verwoes is,” sê hy.

Die verslag dui aan dat ʼn totaal van 396 plaaseenhede gebrand het, waarvan 37 plase se oppervlakte 100% afgebrand het, 134 plase het 90% gebrand en op 216 plase het meer as 50% van hul oppervlakte verbrand.

Brandskade (ha en %) van die brand op 12 en 13 Julie wat naby Petrusburg in die Suid-Vrystaat ontstaan het. (Let Wel: Die totaal is kumulatief en en nie die somtotaal van die aantal hektaar of plaaseenhede wat geaffekteer is nie.)

Volgens die FSUFPA-verslag het “die brand op 12 Julie omstreeks 11:00 ongeveer 22 km suid van Petrusburg ontstaan. Die brand het in ʼn suidelike rigting beweeg en daarna in ʼn oostelike rigting. Die brand het meer as 27 uur lank gewoed en 100 km deurkruis.

“Die toestande was ideaal vir uiters gevaarlike wegholveldbrande weens ʼn koue, droë wind van 70 km/h, waarteen boere van die brandbeskermingsverenigings magteloos was.”

Boere is oorweldig deur die brand. (Foto: Verskaf)

Volgens Vrystaat Landbou (VL) word die koste van verlies aan weiding op sowat R345,5 miljoen geskat. Boonop beloop die vroeë skatting van verlies aan vee en infrastruktuur sowat R33,5 miljoen.

VL doen ’n beroep op die publiek vir ondersteuning aan die boeregemeenskap in die verwoeste gebiede. Enigiemand wat die geraakte boere wil help, kan dit doen deur VL se webwerf te besoek.

Die VL-kantoor kan by (051) 444 4609 of [email protected] gekontak word vir die kontakbesonderhede van koördineerders by voerafleweringspunte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Miskruier ·

Bid vir ons boere, met n apatiese regering is hul lewe moeilik.

Kokerboom ·

Die aanslag is fel. Landbou in SA is in ‘n gyselaarsposisie. Indringende gebede nodig

Chris dupreez ·

Dit is tyd dat die eff as n terroriste organisasie verklaar word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.