Suide van Gauteng: Só lyk jou waterstatus

water-kraan

Foto: Pixabay.com

Die burgerregte-organisasie AfriForum het in Mei vanjaar verskeie dorpe in die suide van Gauteng se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppel) en rioolwater (groendruppel) te bepaal.

Die uitslae van dié toetse is vandeesweek amptelik bekendgemaak.

Wico Swanepoel, AfriForum se streekskoördineerder vir Gauteng-Suid, sê die uitslae het bevestig dat die oorgrote meerderheid van die dorpe se drinkwater skoon is en geen skadelike bakterieë bevat nie.

“AfriForum gaan die watergehalte egter deurlopend evalueer om die grondwetlike regte van dié dorpe se inwoners te beskerm en te verseker dat hulle van skoon drinkwater voorsien word,” sê Swanepoel.

Die resultate het aangedui dat die hele Gauteng-Suid se drinkwater op standaard en toepaslik vir menslike gebruik is.

AfriForum het gesê daar is egter bevind dat slegs twee van die dorpe se rioolwater aan die gestelde mikrobiologiese standaarde voldoen nadat die groenduppelstatus ook getoets is.

Die burgerregte-organisasie het sy kommer uitgespreek oor die rioolwater in die betrokke dorpe wat nie aan die gestelde standaarde voldoen nie. Dié dorpe sluit Nigel, Randfontein, Springs en Vanderbijlpark in.

“Ons sal die aangeleentheid ondersoek en optree indien nodig. Ons het reeds strafregtelike klagtes teen die munisipale bestuurder van Randfontein aanhangig gemaak,” sê Swanepoel.

Inwoners van Gauteng-Suid word versoek om AfriForum die mandaat te gee om voortdurend die gehalte van water te ondersoek. SMS “Skoonwater” na 45342 om jou steun tot hierdie aksie by te voeg. Elke SMS kos R1.

Gauteng-Suid
TakMunisipaliteitProvinsieBlou-druppel AfriForum 2013Blou-druppel AfriForum 2014Blou-druppel AfriForum 2015Blou- druppel AfriForum 2016Blou-druppel AfriForum 2017
AlbertonEkurhuleni MetroGautengSkoonSkoon
BedfordviewEkurhuleni MetroGautengSkoon
BenoniEkurhuleni MetroGautengSkoonSkoon
BoksburgEkurhuleni MetroGautengSkoon
EdenvaleEkurhuleni MetroGautengSkoon
HeidelbergLesedi PMGautengSkoonSkoonSkoonSkoon
Kempton ParkEkurhuleni MetroGautengSkoonSkoonSkoonSkoon
LochvaalEmfuleni PMGautengSkoonSkoonSkoonn.v.t.
MidvaalMidvaal PMGautengSkoon
NigelEkurhuleni MetroGautengSkoonSkoonSkoonSkoon
RandburgJohannesburg MetroGautengSkoonSkoonSkoonSkoon
RandfonteinRandfontein PMGautengSkoon
SpringsEkurhuleni MetroGautengSkoonSkoonSkoonSkoon
VanderbijlparkEmfuleni PMGautengSkoonSkoonSkoonSkoon
Vanderbijlpark-WesEmfuleni PMGautengSkoonSkoonSkoonSkoon
VereenigingEmfuleni PMGautengSkoonSkoonSkoonSkoon
WestonariaMogale City PMGautengSkoonSkoonSkoonSkoon

Groendruppelstatus:

Gauteng-Suid
TakMunisipaliteitProvinsieGroen-druppel AfriForum 2013Groen-druppel AfriForum 2014Groen-druppel AfriForum 2015Groen- druppel AfriForum 2016Groen- druppel AfriForum 2017
AlbertonEkurhuleni MetroGauteng3 900Skoon
HeidelbergLesedi PMGautengSkoonSkoonn.v.t.>3 000
Kempton ParkEkurhuleni MetroGautengSkoonSkoonn.v.t.n.v.t.
NigelEkurhuleni MetroGautengSkoonSkoonHoë konsentra-sie fekale kolivorme>3 000
RandfonteinRandfontein PMGauteng>4 000
SpringsEkurhuleni MetroGautengSkoonSkoon2 000>2 000
VanderbijlparkEmfuleni PMGautengSkoonSkoonSkoon>1 000
VereenigingEmfuleni PMGautengSkoonSkoonSkoonSkoon
WestonariaMogale City PMGautengSkoon2 500Skoon

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Partypolitiek ·

Dankie vir die inisiatief. Om die effek hiervan soveel meer te maak, maak eenvoudige grafieke op selfoonboodskappe of memes, wat politieke partye aan beheer teenoor watergehalte vergelyk, en die boodskappe in alle plaaslike tale te vertaal, en dit dan wyd versprei.

AfriForum Brakpan-tak ·

Wico… kyk asb. na die plasing in ons Nasionaalgroep…

Dankie

Janine lubbe ·

Daars geen manier dat Brakpan se water skoon is nie. Ek wil graag die ISO Sertifikaat sien dat dit getoets is en dat dit in n lap getoets is wat op standaard is met ISO en SANAS. WAAR IS DIE BEWYS.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.