Suidkus-ongeluk eis 1

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Vrou is dood nadat die voertuig waarin sy gery het Sondagaand op die N2-snelweg naby Umgababa in KwaZulu-Natal gerol het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het Maandag gesê vyf mense was in die motor toe dit die snelweg verlaat en gerol het. “Die vrou was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Botha gesê.

Die ander vier mense het slegs geringe beserings opgedoen en het verdere behandeling geweier.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.