Sukkelende SAL kanselleer vlugte

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het Dinsdag aangekondig dat hy verskeie plaaslike en internasionale vlugte gaan saamvoeg omdat te min mense kaartjies vir dié vlugte gekoop het.

Luidens ’n verklaring is die besluit geneem as deel van ’n strategie om fondse te bespaar nadat die sukkelende lugredery verlede jaar in sakeredding geplaas is.

Die lugredery is gevolglik besig om vlugte tussen die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg en Kaapstad Internasionale Lughawe, asook tussen OR Tambo en Durban se King Shaka-lughawe saam te voeg. Dit beteken dat verskeie plaaslike vlugte vandeesweek tussen dié drie stede gekanselleer is.

Volgens die SAL is die veranderinge aan die Kaapstad-roete ook nodig aangesien die lugredery tans opleidingsvlugte op dié roete fasiliteer. Dit is vir vlieëniers wat met die nuwe Airbus 350-900-vliegtuie vlieg, voordat die nuwe vliegtuie na internasionale roetes oorgeplaas kan word. Die gebruik van groter vliegtuie het ook tydelik tot meer leë sitplekke gelei.

Wat internasionale vlugte betref, is verskeie vlugte tussen Johannesburg en München in Duitsland gekanselleer, weens die samevoeging van vlugte.

Die SAL sal nou passasiers akkommodeer op sy vlugte tussen Johannesburg en Frankfurt, asook na Londen se Heathrow-lughawe. Om verdere vertragings te voorkom, sal sommige passasiers wat na München of via München na ander bestemmings reis, vir ʼn gedeelte van hul reis geakkommodeer word op lugrederye wat deel van Star Alliance uitmaak.

Die volgende plaaslike vlugte is gekanselleer:

Johannesburg – Kaapstad

SA303 vertrek 05:30 land 07:35 (21, 24 Januarie)

SA307 vertrek 07:00 land 09:05 (21 Januarie)

Kaapstad – Johannesburg

SA316 vertrek 08:20 land 10:15 (21, 24 Januarie)

SA322 vertrek 09:50 land 11:45 (21 Januarie)

Johannesburg – Durban

SA527 vertrek 06:30 land 07:35 (21, 22, 23 Januarie)

SA543 vertrek 09:55 land 11:00 (21, 22, 23 Januarie)

SA571 vertrek 16:55 land 18:00 (21 Januarie)

Durban – Johannesburg

SA534 vertrek 08:05 land 09:10 (21, 22, 23 Januarie)

SA550 vertrek 11:30 land 12:35 (21, 22, 23 Januarie)

SA578 vertrek 18:40 land 19:45 (21 Januarie)

Die volgende internasionale vlugte is gekanselleer:

Johannesburg – München

SA264 vertrek 21:15 land 07:00 (21, 22, 23, 24 Januarie)

München – Johannesburg

SA265 vertrek 20:30 land 08:20 (21, 22, 23, 24 Januarie)

Die SAL sal verdere moontlike wysigings aan die vlugskedule in die komende dae hersien en die publiek deurentyd op hoogte van wysigings hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Deloris ·

Nog minder gaan met SAL vlieg oor die chaos…. Ek bly eerder verder stil

Kokketiel ·

Ja jan, en daar sit die mense, verloor toe hul vlug Duitsland toe

chris ·

Kan daar regtig nog ‘n mens wees wat ‘n SAA kaartjie koop?

Arie ·

Niks waarin die anc ‘n vinger in het werk nie en sal ook nooit weer nie, ek weet nie hoe nie maar die anc moet uit en vinnig ook

Carla ·

As jy nie vertoue in n diens het nie gaan jy nie van hulle gebruik maak nie. Ek gaan beslis nie my droom vakansie in hulle hande los nie

Vra net ·

As dit so erg gaan aan die finansiële kant, hoe gaan dit aan die tegniese instandhoudings kant? Ek voel daar gaan ook ‘n risiko wees. Bly liewers van SAL se vliegtuie af tot daar geen risiko is nie. Nie negatief nie, net realisties.

Wielspore ·

SAL se tegniese span is die kroon juweel van die instansie, daar werk van die beste opgeleide mense

Simba ·

Vra net: daar is absoluut niks fout aan die tegniese instandhoudings kant nie! Hier doen ons ons werk, en ons het van die beste tegniekuste wat aan hierdie vliegtuie werk :-). Dus het jy nie nodig om daaroor te stress nie – vliegtuie is nog almal baie veilig om mee te vlieg :-)

Judge Dredd ·

Baie van die bestes het oorsee gegaan, so jy kan met reg bekommerd wees. My nefie het voorheen daar gewerk. Hy werk nou vir Qantas in Australie.

Bert ·

Mag wees dat daar van ‘die beste mense’ werk, maar hulle kan niks doen sonder onderdele, gereedskap en so meer.
En ons het mos nou vasgestel dat daar geen geld is om dit mee te koop nie!!

Wielspore ·

Met die dat SAL minder vlugte het is dit nie net passasiers wat ongelukkig gaan wees nie, heelwat drinkers wat sit en wag vir die vliegtuig om oor te kom vir daardie eerste dop gaan woedend wees.
Give that man a Bells.

Ou grootbek ·

Goed dat hierdie BBEEE-sukses se vlerkies geknip word.
Tyd vir ons om ons eie ding te doen.

Kerstman Klaas ·

Ons woon al 20 jaar in Nederland en vlieg slegs KLM, soms Lufthansa. Ek sal nooit met SAA vlieg al is dit (byna) gratis.

Pottie ·

So gaan dit as jy nie eers kan kar best nie maar jy wil die land best kry vir julle julle konnie gou genoeg van die blankes ontslae raak nie julle ANC narre het die land op sy knie

Feite ·

Dit is te laat om nou te wil geld spaar wanneer daar nie geld oor is nie. Ek kan nou nog nie glo dat Solidariteit voorgestel het dat n SOE soos SAL in sakeredding geplaas word nie. SOE’s wat toegemaak kan word moet toegemaak word sodat privaat alternatiewe kan herrys. Nou moet die belastingbetaler steeds opdok vir botallige werker kaders. Solidariteit kon hulle lede vroegtydig betrokke gemaak het by privaat alternatiewe!

Daan Erasmus ·

Die skrif is aan die muur. Iemand moet regtig ‘n Rip van Winkel wees om nog met SAL te bespreek. Jy soek vir moeilikheid. As SAL was ‘n jaar terug nog verkoopbaar. Nou kan jy nie die plek weg gee nie.

Nee Wat ·

so word die vlugte verminder om geld te spaar maar hoekom word die personeel nie verminder nie……minder vlugte en vliegtuie in die lug, minder personeel nodig. nee, hulle behou hulle werk teen die 8% verhoging wat die land (die belastingbetaler) R50m n dag gekos het toe hulle staak en biljoene al aan “bail outs”.

wraggies ·

Kon baie anders gewees het as dit nie vir die ANC kaders en unies was nie.

Anoniem ·

Ek wonder hoeveel besparing hierdie kansellasies meebring, en hoeveel verskil dit “in the bigger picture” maak? Enigeen wat vir ons ‘n paar sommetjies kan maak?

WiseOwl ·

SAA is n groot risiko om mee te vlieg, jy kan nie vir my kom sê dat hulle nog “goeie tegnisie” het nie, enige tegnikus wat iets werd is het al die land verlaat, en die wat miskien nog daar is gaan binnekort oppad wees. Ek woon nou in die buiteland en ek raai aan almal wat my vra om nie SA toe te gaan vir vakansie nie… en om beslis nie met SAA te vlieg nie. Dis n tydbom. Beste ding is om net die deure te sluit.

Marius ·

Ek vlieg oor n week na USA dankie ek het al 8 jaar terug besluit ek vlieg nie meer met hulle.

treurgrond ·

Maak die deure toe – nope. Die plek is besig om onder te gaan maar hulle gaan maar net aan die wat in die groot sitplekke sit. Laat ‘n ander lugredery die plek oorvat – daar is mense wat afhanklik is van die geld om hulle dinge te betaal. Wat word dan van die mense en hulle pensioene en als – nope stem nie saam nie met maak net die deure toe nie.

WiseOwl ·

So jy wil maar nog van jou belasting aan hulle betaal…? Wel eerder jy as ek.

EK ·

Treurgrond, SAL fonds staan totaal onafhanklik. Dit is bygese as dit nie alreeds gestroop is nie.

HPH ·

Klink vir my baie soos “Flight Shedding”! Wonder by watter fase trek hul nou!

Maroelapit ·

Vlugte soos Upington, Bloemfontein besit hulle die monopolie en vra wat hulle wil…

Swartwolf ·

So lyk dit as cANCer iets bestuur. Bankrot, en totaal oneffektief.

Meneer die president ·

TYD VIR NOG ‘N REDDINGSBOEI, SOU EK SE. Net gou vir Eskom weer uitbail, dan weer SAL se beurt …

Jen ·

Kom ons sluit nou maar die deure . Ons het julle al lankal nie meer nodig nie

Simba ·

Sjoe, ek is so bly om te sien die publiek weet soooooo verskriklik baie wat binne SAA/SAAT aangaan.
Ek werk vir SAAT en duidelik weet die publiek meer wat hier gebeur as ons wat hier werk!
En almal se raad van wat moet gebeur – fantasties :-)
Net ietsie kleins: SAAT het nogsteeds van die beste tegnikuste wat hier werk. Ons diens nie net SAA se vliegtuie nie, hier is baie ander wat ook hier gediens word, so as almal bang is om SAA te vlieg (oor die instandhouding van vliegtuie), dink ek julle moet miskien dalk bang wees om met ander lug rederye te vlieg……. :-)
Ag, MM gaan seker nou my kommentaar ook verwyder

Ai tog ·

Ek sit in London en ek kyk vir kaartjies na SA toe of vanaf SA terug London toe.
SAA is duurder as die ander!!!!!.
Nou hoe wil jy uit n panarie kom maar jy is duurder as die ander.
Dit is mos nou van self spreekend dat reisigers die goedkoper opsie gaan kies.
Soos dit vir my lyk WIL hulle nie uit die moeilikheid kom nie.
Hulle doen sulke opsetlike goed want daar is seker een of ander ANC lid wat die hele spuls vliegtuie gaan koop.
Dan is hy mos SA se Richard Branson.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.