Sukkelende staatsdiens ‘maak NGV onmoontlik’

Die DA se woordvoerder oor staatsdiens en administrasie, Leon Schreiber.

Die DA sê die ineenstorting van die staatsdiens se vermoë om selfs basiese funksies te verrig, vererger ál vinniger. Die amptelike opposisie het twee maande gelede gesê die nasionale en provinsiale regerings het sakeondernemings teen Maart vanjaar ʼn gesamentlike R7,1 miljard geskuld.

Drie maande later het provinsiale regerings nóg R4,3 miljard in skuld opgestapel wat hy versuim het om aan Suid-Afrika se hardwerkende sakelui en werkers te betaal.

“Die enigste uitsondering betreffende dié algehele verval is die DA-beheerde Wes-Kaap, wat net verantwoordelik is vir 0,01% van uitstaande skuld. Omdat die DA ʼn florerende private sektor beskou as die sleutel tot groei en vooruitgang, maak ons seker dat ons verskaffers betyds betaal,” het Leon Schreiber, die DA se woordvoerder oor staatsdiens en administrasie, Vrydag in ʼn verklaring gesê.

“In teenstelling lyk dit of die ANC sy bes doen om die private sektor te laat sneuwel. ANC-beheerde provinsies soos Gauteng en die Oos-Kaap weier om die onderskeidelik R1,5 miljard en R1,8 miljard skuld wat hulle in net drie maande aangegaan het, te betaal. Dít is benewens die miljarde wat hulle steeds teen die einde van die afgelope boekjaar geskuld het.”

Schreiber het gesê gegewe die ANC se plan om private gesondheidsorg uit te faseer ten gunste van die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV), is dit uiters kommerwekkend dat die gesondheidsdepartement in sewe van die agt sukkelende provinsies die grootste sondaar is.

Teen Maart vanjaar het provinsiale gesondheidsdepartemente R5,8 miljard in onbetaalde skuld – ouer as 30 dae – gehad. Drie maande later het dit met nóg R3,7 miljard toegeneem.

“Dit is ʼn duidelike bewys dat die staatsdiens nie naastenby in staat is om die NGV-fonds, wat sowat R256 miljard gaan beloop – te bedryf nie. Die regering kan nie eens verseker dat die bestaande gesondheidsektor verskaffers en kontrakteurs betyds betaal nie. Tóg wil hy hê Suid-Afrikaners moet hul lewe in die hande plaas van dieselfde onbevoegde en korrupte kaders wat nie eens ʼn faktuur kan verwerk nie.”

Die DA het dus sy beroep op die ANC dat die NGV geskrap word, herhaal. Die DA sê sy plan vir universele gesondheidsorg is gratis, maar sonder om menselewens in die hande van sogenaamde kaders te plaas.

“Pleks van die NGV-fantasieë moet die regering die basiese dinge begin regkry deur ʼn vaardige staat te skep met geleenthede vir mense om te floreer. Ons kan dit net doen deur kaderontplooiing te skrap, aanstellings op grond van vaardighede en meriete te doen, en die staatsdienskommissie veel meer mag te gee om op te tree teen dié amptenare wat die lewe uit ons ekonomie suig,” het Schreiber gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Johanna Botha ·

NGV n flop nog voir dit begin ! DAAR IS NIE GELD NIE ! Omdat anc alles in die grond in ry met wat hy se ! Maar hulle vang dit nogsteeds nie !

Albert ·

Dis hoekom ek nie te bekommerd is oor die NGV nie. Dit gaan binne n maand of twee vou. Wat daarna gaan gebeur, is egter n ope vraag.

Hagar ·

Die skrif aan die muur is net te duidelik. Daar is vir die regering geen manier om uit hierdie donker put te kom nie. Die inkomste moet nou dubbel soveel gegenereer word, om te handhaaf en om sy skuld te verhaal. Verder sou dit vereis dat salarisse drasties ingekort moet word wat vir die kaders onaanvaarbaar sal wees, en sal as rede dien om die regering te sink. Verder sal dit vereis dat diefstal roof en korrupsie onmiddellik sal staak, en dit is die onmoontlike.

JohanR ·

Die ANC luister na NIEMAND se raad nie. Hulle is ALTYD reg, al is hulle op daai oomblik verkeerd, of word in tien jaar verkeerd bewys nadat alles vernietig is. Pretensieus en onkundig is die beste manier om die ANC te beskryf.

Riaan ·

Nie net CancER – da is net so pateties indien nie erger, veral in Pta

Gert van Wierdapark ·

Al wat die a en see moet doen om die land nie verder te laat agteruit-gaan nie, is om hulself vinnig uit te faseer!!!

Riaan ·

Grootbek is stil oor al die probleme in Pta wat da beheer is. Slegte spul …… het in vier maande nie my meters gelees of my eie lesings vasgele nie. Dit beteken ek sit met ‘n geskatte rekening van R 28 000 wat voor en na die verhoging “cover” en niemand insluitende Burgemeester, lid van burgemeester komitee en GCFO gee hel om nie!!!

Lizelda ·

Dankie @Riaan ek bly ook in Pretoria en wat n nagmerrie is dit nie vandat die DA hier oorgevat het nie en moet tog nie weer se dis die ANC wat sobboteer nie. Die DA is net so VROT APPELS.

Deon ·

Ek ook. My een huis staan sedert Mei 2016 leeg. Meters is gereeld gelees tot Oktober 2018, daarna is net geskatte kraglesings gedoen. Hulle beweer ek het 3,000 kwh gebruik terwyl dit zero is. Hullle sny toe krag af, maar las elke maand nog steeds ‘n geskatte lesing by. Na verskeie e-posse aan die senior bestuur, die MMC, DA wykslid en ander politici gebeur niks. Miskien moet Afriforum ingryp. Ek is bereid om by te dra tot ‘n groepsaksie. Sover ek weet moet stadsrade ten minste elke 90 dae lesings kom nie. Maar geen werklike krag lesing is die afgelope 11 maande by my huis geneem nie. By my ander huis het ek net ‘n probleem met die waterlesing wat na 10 maande nog nie reggestel is nie. Dis bedrog en diefstal.

Leon S ·

ANC kommuniste se strategie om alles te vernietig en dan van die staat afhanklik te raak vir aalmoese . Nuttelose spil …..

Ida Kriel ·

Eerstens wys hierdie optredes van die Regering dat hul neiging al hoe meer n kommunistiese stelsel word, waar hul die privaat sektor wil beheer of vernietig. Die privaat sektor moet eenvoudige alle gelde wat deur die staat aan hul verskuldig is, afskryf teenoor belasting. Weerhou ook die werknemers se belasting en sit dit in n aparte rekening. Iewers moet hierdie Regering n bloedneus kry. Wragtie dit kan nie so aangaan nie. Mag alle privaat hospitale, klinieke en enige mediese entiteite dieselfde doen. Dis hoekom privaat mediese fondse duurder word, want dan die regering betaal nie wat hul vir die private mediese dienste moet betaal nie. Mense moet onthou dat in noodgevalle die 1st hospitaal op die roete gebruik moet word tot pasient gestabiliseer word, al het die pasient geen mediese fonds nie. Die regering betaal dan vir dienste gelewe, wat hul nie doen nie. O nee kyk hierdie land het meer probleme as oplossing, want ons sit met baie bedrog en gemors.

Frik ·

Burgerlike ongehoorsaamheid is nou al uitweg. Ignoreer wette en laat die regering tuimel. Ja, die gevolge gaan erg wees, maar die politieke streep is dan getrek.

Chris ·

Die ANC het net sy oog op die privaat gesondheifs veesekering se miljarde. Dit is al instansie wat nog geld het wat hulle kan plunder, daarna is almal oor die afgrond. Hulle is alreeds besig om die bietjie wat oor is van staats pensioenfonds te plunder.

Johann cb ·

Daar is ook heelwat onkunde by hierdie betaalprosesse betrokke!

Marix ·

Die ANC se transformasie drome is seker al tenminste ‘n halwe suksesverhaal. Ons is “getransformeer” van ‘n goed funksioneerde en ontwikkelende land na nog ‘n “$*^@ hole”.

Redes ·

Alles redes waarom ons gewaai het. Mens kan nie in ‘n hool leef wat deur hulle verswelg, geplunder en beheer word nie. Sal nooit weer ons voete in Afrika sit nie. So dankbaar ons en ons kinders leef nou in ‘n plek waar mense in beheer is wat soos ons lyk. Hier is alles netjies, skoon, beskaafd, kalm, veilig en dinge werk reg.

Lynette ·

@ Redes, en dit klink vir my asof julle in Australie is, want dit is presies hoe ek dit beleef het toe ek 6-7 jaar gelede daar gekuier het. Wat n lieflike skoon land met wet en orde!!!!

Lalie ·

Deon nader beeld en jy sal sien hie vinnig kry jy resultate.

Bekommerd ·

Die regering wil hierdie nuwe NGV loods met al hierdie mooi beloftes maar soos kommentaar ook alreeds voorheen genoem was wat ons bekommerd maak is dat mens selde hoor van sukses stories..neem bv GRATIS studies, almal gese van die begin dit kan nie werk nie maar die departmente aangestel om dit te administrateur maar hoe baie klagtes hoor ons van studente wat se studie leerstof of gelde nie betaal is nie wat maar weereens na ouers terug boomerang..waar die sukses daarvan, ?ons vorige opsies werk, hoekom dit verander.. dit is afterall maar net ons belastingbetalers wat aan kortste end trek..

Christa ·

Nee wat, stel maar VF+ aan Om die gemors reg te Maak. ANC en da of FW en Sy trawante Sal beslis nie die gemors weer Kan ongedaan Maak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.