Sun City se gewilde ‘Valley of Waves’ nou weer oop vir besoekers

Die gewilde Valley of Waves by die Sun City-oord is weer vir besoekers oopgestel. (Foto: Sun City)

Nadat die afsonderingsregulasies wat weens die Covid-19-pandemie ingestel is verder verslap is, is die gewilde Valley of Waves by Sun City nou ook weer oopgestel vir besoekers. Dié fasiliteit word ingevolge regulasies oor sosiale afstandhandhawing teen 50% van sy gewone kapasiteit bedryf.

Instandhoudingspanne het alle meganismes opgradeer om te verseker dit werk teen volle kapasiteit.

Die swembad vir volwassenes bevat nagenoeg een miljoen liter water, terwyl die golfswembad sowat 10 miljoen liter water bevat en golwe skep wat groot genoeg is vir branderry. Die branders beweeg teen 35 km/h weg van die damwal en breek dan op die sanderige strand, 120 meter verder. Rofweg 10 ton sand word jaarliks benodig om die vallei in stand te hou en ʼn verdere 50 ton word benodig vir die uitgebreide strandgebied rondom die swembad.

Die Valley of Waves is in hierdie stadium oop vir alle hotelgaste, inwoners van die Sun Vacation Club, Sun International se sogenaamde Most Valued Guests, asook gholfspelers. Dit is oop tussen 09:00 en 18:00.

Die glybane, asook die 500 meter lange rivier waarop vakansiegangers lui kan dobber, is ook reeds oopgestel.

Voor die pandemie het Valley of Waves jaarliks sowat een miljoen besoekers gelok, oftewel 10 000 per naweek. Dit het ʼn maksimum kapasiteit van 12 000 besoekers.

Die nabygeleë arena is steeds gesluit.

Die Sun City-oord het op 2 September weer sy deure vir besoekers geopen nadat dit altesaam 156 dae weens die afsonderingsregulasies gesluit was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jaco

Hoe lank gaan dié 50% ding nog aanhou? Dit bring besigheid en geld in ja, maar nie soos voor lockdown nie. Ek kan nog verstaan as dit ‘n manier is om wit besighede en nie-BEE-besighede by te kom/te “straf”, maar wat van swart besighede? Geld dié 50% reël daar ook? Waarvoor word hulle dan “gestraf”?

Chris

Het hulle ook uiteindelik die haainette terug gesit.