Sun City sê oor skade ná fratsstorm

Uitgebreide skade by die gewilde Sun City-oord nadat ʼn verwoestende haelstorm die omgewing Saterdag getref het. Foto: Facebook

Sun City het Sondagoggend die situasie by die oord as “ernstig maar onder beheer” beskryf nadat ʼn massiewe haelstorm die gewilde vakansiebestemming Saterdagmiddag getref het.

Maroela Media het vroeër berig ʼn erge haelstorm het omstreeks 16:30 oor die Pilanesberg en omgewing in Noordwes uitgesak en uitgebreide skade by die oord veroorsaak. Verskeie besoekers se vakansie is weens die skade kortgeknip en talle voertuie het onder die haelkorrels deurgeloop.

Die oord sê hy het intussen bepaal dat die meeste van die skade deur kitsvloede in die Sun Central- gesins-en-vermaakarea aangerig is, asook in hotelkamers op die grondvloer. “Teen middernag was die geraamde aantal hotelkamers wat geraak is 80 by die Soho Hotel, 40 kamers by die Cabanas, 30 by die Cascades Hotel, 26 by die Vacation-klub en 20 by The Palace,” lui die verklaring.

Die oord sê twee mense het beserings opgedoen toe hulle op nat vloere gegly het. Hulle is by die oord behandel voordat hulle na nabygeleë klinieke geneem en van daar na hospitale oorgeplaas is.

Volgens die oord het personeel vinnig opgetree deur dagbesoekers met busse uit die oord na die hoofparkeerarea te neem sodat hulle by hul voertuie kon uitkom. Gaste wie se akkommodasie deur die storm geraak is, is alternatiewe akkommodasie gebied. “Sommige gaste het verkies om die oord te verlaat en het huis toe gekeer.”

Haelkorrels lê byna soos ʼn sneeukombers by die gewilde Sun City-oord nadat ʼn verwoestende haelstorm die omgewing Saterdag getref het. Foto: Facebook

Sun City sê grootskaalse opruimingswerk vind vandag plaas, terwyl die oord se nooddiensspanne voortgaan om die presiese omvang van die skade te bepaal. Die oord is egter oop en gaan voort met sy bedrywighede. “Sun City kan ook bevestig dat Sun Central en die Valley of the Waves vandag oop is vir dagbesoekers en hotelgaste.”

Die oord het mense wat van plan is om by Sun City te oornag versoek om eers die betrokke hotel te skakel en seker te maak of daar akkommodasie beskikbaar is voordat hulle die pad na die oord aanpak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

John ·

Sin City… kry nou ook so amperste ‘n white christmas vir sy dobbelhool en uithaakhemel. Mens kan jou skaars ‘n aakliger plek voorstel vir Gelofte- en Kersdag. Wees bly, nou kan julle darem die kinders se skoolfonds en skoolklere vir aanstaande jaar bekostig.

pieta ·

Waar kry jy jou kick, John…of is sy op speed dial?..Mense wat so vinnig oordeel het altyd iets in die kas.

Jaco ·

Vergewis jou eers van jou feite voor jy jou onkunde ten toon stel. Die dobbelareas is in gesinsareas en restaurante omskep. Die enigste dobbel area is nou in ‘n klein vetrek agter in die Hoofhotel. Die res van Sun City se oogmerk is om nou hoofsaaklik as gesinsoord te dien.
Dis hartseer hoe vele mede-Afrikaners hulself daarin verlustig en geen kans laat verbygaan om die res te vertel hoe sleg hulle is nie.
Daar was diegene in die Bybel wat dieselfde hoogheiligheid voorgehou het tot Jesus hul die teendeel bewys het, maar selftrots het hul oë toegehou.
Geseënde Geloftedag aan al my mede-Afrikaners.

Ronell ·

Ai tog soveel onkundigheid. Gelukkig leer die Woord ons dat jy nie n sot op sy dwaasheid antwoord nie. Lees en leer ken jou bybel en jy sal nie sulke dwase woorde spreek nie John

Karl ·

Ja die grootste Christen. Snaaks dat die grootste Christen altyd die eerste oordeel. Dis ouens soos jy wat maak dat ek eerder nie as n Christen gesien will word nie.

Mense se lewens is verwoes, gesinne wat gespaar het om tyd by n oord te spandeer se drome le in skerwe en die een sal kom profeet speel

L ·

Hahaha klink of meer mense n tekort het aan humor. Ek hoor jou John! Meer dwase met die Bybeltjies onder die arm vir gemaklikheids onthalwe as wysheid in die beweging.

Michael ·

Niemand se vir jou om Sun City toe te gaan nie. As jy dink die plek is boos dan bly jy daar weg jammer oor die skade. Ek het al mense ontmoet wat gese het Sun City is boos maar dan loop jy hulle raak in Monty Casino. Verstaan julle.

1+1 ·

DIE WAARHEID: Die enigste rede waarom ek nie daar kom nie is omdat ek dit nie kan bekostig nie.

Ben ·

Wat het die bybel met Sun City te doen? As jy nie daar van hou nie, bly net weg. Dit was jare laas dat ek daar was. Nooit gedobbel nie, maar lekker gekuier. Goeie werkgewer en goeie bron van inkomste wat ook de belasting aan die gang hou.

Marilize ·

Ek wonder hoe was die Pilanesberg-reservaat langs Sun City geraak deur die storm. Weet iemand dalk?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.