Sun City-staking beëindig

Sun City Foto: suncity.hotel.co.za

Sun City Foto: suncity.hotel.co.za

Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het Vrydag gesê die staking by Sun City in Noordwes is Vrydag opgelos.

“ʼn Ooreenkoms is omstreeks 12:00 bereik ná twee dae se gesprekke,” het Laura Mseme, woordvoerder van die die KVBA, gesê.

Michael Farr, woordvoerder van Sun International, het Sondag gesê nagenoeg 160 werknemers by die oord word ondersoek vir die diefstal van voedsel en drank. “Slegs 30 persone is Sun City-werknemers. Die res is deur vier eksterne diensverskaffers aangestel,” het Farr gesê.

Solly Phetoe, streeksekretaris van Cosatu, het verlede Saterdag gesê honderde mense betoog buite die perseel. Hulle het glo geëis dat tussen 200 en 250 van hul kollegas dadelik weer aangestel moet word wat vroeër afgedank is. Klik hier om meer te lees.

Mseme het gesê die SA Commercial, Catering and Allied Workers Union (Saccawu), die SA Transport and Allied Workers Union (Satawu), en Sun International het ʼn ooreenkoms aangegaan om die weeklange staking tot ʼn einde te bring. “Dit is weereens ʼn bewys van die vlak van toewyding wat van alle partye vereis word om stabiliteit in die Suid-Afrikaanse arbeidsmark te bring,” het Nerine Kahn, direkteur van die KVBA, gesê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.