Sun City is aangewys as Afrika se vooraanstaande gesinsoord by die World Travel-toekennings.
Die World Travel-toekennings is ʼn leier in die toerisme-, lugdiens-, hotel- en gasvryheidsektor.
Sun City is in Noordwes geleë langs die Pilanesberg Nasionale Park en is sowat twee uur se ry buite Johannesburg en Pretoria. Dié oord het 17 ander benoemdes uitgestof om met dié gesogte toekenning vereer te word. Dit is die agtste keer dat die oord met dié toekenning vereer is.
Ander toekennings wat die oord voorheen ingeoes het, sluit Afrika se voorste casino-oord, Afrika en Suid-Afrika se voorste oord, Suid-Afrika se voorste konferensiehotel en Afrika se voorste gesinsoord in.
Brett Hoppé, algemene bestuurder van Sun City, het aan The South African gesê Sun City bied ʼn ervaring vir alle ouderdomme.
“Of jy aktief en sportief, avontuurlustig en mal is oor die natuur of net daarvan hou om langs die swembad uit te span,” het Hoppé gesê.
“Sun City is werklik ʼn wêreld binne ʼn stad, gepas vir gesinne, paartjies of vriende. Die oord spog met vier hotelle, meer as 30 eetplekke, ʼn bekroonde spa en ʼn reeks kinderaktiwiteite. Elke hotel het sy eie, individuele karakter, restaurante en atmosfeer.”
Die oord bied ook onder meer die sogenaamde Valley ofthe Waves en ʼn gholfbaan wat deur gholflegende Gary Player ontwerp is.
Volgens die World Travel-toekennings verkies reisigers tans om slegs by die beste plekke ʼn vakansie te bespreek, sê Hoppé.
“As ʼn wenner van die 2021- World Travel-toekennings, is Sun City trots daarop om wêreldwyd gekenmerk te wees vir die gehalte wat dit aan toeriste bied, en ons hoop dat die eerbewys beteken dat ons selfs nog meer gaste sal lok wat kan geniet wat ons aanbied.”
Jou…… was jare gelede by Sun City. Al wat ek weet dat daai stort by die cabanas was die beste wat ek nog ooit onder was. In die more sommer soe 10 minute daar onder gestaan om lekker wakker te word. Van jy nou ‘n knoppie moet druk, en nie meer ‘n arm kan trek nie intreseer dobbel my ook nie meer nie.
en heeltemal buite bereik van gewone suid afrikaners