Sun International soek Steve nie by AIG-konserte

Steve Hofmeyr. Foto: Facebook

Die Afrikaans is Groot-konsertreeks by die Time Square Sun Arena in Pretoria is moontlik van volgende jaar af in gedrang nadat Sun International sy misnoeë oor Steve Hofmeyr se deelname daaraan te kenne gegee het.

Die konserte vind vanjaar van 22 November tot 1 Desember in die Sun Arena by Time Square in Pretoria plaas. Sun International, wat Time Square besit, is egter ongelukkig oor Hofmeyr se deelname aan die konsertreeks.

Anthony Leeming, uitvoerende hoof van Sun International, het in ʼn skrywe aan die organiseerders van Afrikaans is Groot (AIG) gesê Sun International word wetlik verplig om nog vanjaar se konserte by Time Square te huisves.

“Op grond van regsadvies kan ons nie weier om die konsert aan te bied óf eis dat die organiseerders Steve Hofmeyr [van die lys van kunstenaars] verwyder nie. Die kontrakte is ongelukkig ʼn paar maande gelede reeds gesluit,” het Leeming gesê.

Sun International het egter die organiseerders van AIG versoek om Hofmeyr se insluiting by die konserte te heroorweeg.

AIG se organiseerders en Solidariteit Helpende Hand, AIG se gemeenskapsvennoot en amptelik begunstigde niewinsgewende organisasie, het vanoggend bevestig dat die konsertreeks vanjaar by Time Square voortgaan en dat Hofmeyr sal optree.

Brendon Hargrove, uitvoerende vervaardiger van die AIG-vertonings, het gesê Sun International se uitlatings wys wel moontlike implikasies uit vir die toekomstige aanbieding van die vertonings aangesien dit sinspeel op die goedkeuring van inhoud en kunstenaars wat daar optree.

Anthony Leeming

Leeming het gesê terwyl Sun International glo in die regte van alle mense om hul spesifieke kultuur te vier, is hul oortuiging dat sulke vierings nie Suid-Afrikaners moet verdeel nie. “Nadat ons ons wetlike verpligting nagekom het, sal ons voortaan stappe doen om te verseker dat ons groter oorsig het oor die keuse van kunstenaars by geleenthede wat by ons lokale aangebied word ten einde die waardes wat in ons Suid-Afrikaanse Grondwet vervat is, te beskerm.”

Volgens Hargrove het gesprekke tussen die organiseerders van AIG en Sun International plaasgevind wat tot positiewe en gemoedelike oplossings gelei het. Hargrove het bevestig dat die organiseerders en Sun International die kaartjiekopers se belange eerste gestel het.

ʼn Herrie het vroeër vanjaar om die AIG-vertonings losgebars toe talle borge onttrek het weens Hofmeyr se deelname aan die konsertreeks.

Toyota Suid-Afrika en MTN het hul borgskappe onttrek en Media24 het aangekondig dat hy nie by vanjaar se konsertreeks betrokke sal wees nie. Pick n Pay en Land Rover het in Maart 2015 ook hul borgskappe aan AIG onttrek.

Steve Hofmeyr, Barry Pretorius, vervaardiger en regisseur van AIG, en Ernst Vorster vroeër vanjaar tydens ‘n mediakonferensie oor AIG.

Ernst Vorster, adjunk- uitvoerende hoof van Helpende Hand, sê AIG was en sal nooit ʼn platform vir politieke agendas wees nie. “Daar was nog nooit enige politieke agendas vanaf die verhoog, rakende die bemarkingsinisiatiewe of selfs deur een kunstenaar in die naam van AIG gedryf nie; die organiseerders sal dit nooit toelaat nie.

“Ons mag nie toelaat dat die verdorwe sin van politieke korrektheid AIG en die Afrikaanse kultuur gyselaar hou nie. Die inhoud van die vertonings, die kunstenaars wat daar optree en die bemarking rakende die inisiatief sal altyd getuig daarvan dat AIG ontstaan het uit ʼn gees van trots vir die Afrikaanse taal en kultuur. Daarom het dié handelsmerk ʼn kontrak met die publiek om hierdie gees uit te brei en ʼn kulturele ervaring van wêreldgehalte te gee, in Afrikaans,” het Vorster gesê.

Die organiseerders van AIG en Helpende Hand het ook bevestig dat AIG as korporatiewe en kulturele instelling altyd verbind sal wees tot die behoud van alle mense se regte, geen rassediskriminasie sal duld nie en die behoud van elke persoon se menswaardigheid sal bevorder.

“Hierin was AIG ʼn uitstaande voorbeeld die afgelope 12 jaar en die produksie se keuse van kunstenaars, musiek en inhoud getuig van respek vir alle Suid-Afrikaners,” het Hargrove gesê.

Steve Hofmeyr by Afrikaans is Groot. (Foto: Afrikaans is Groot/Facebook)

Volgens Vorster het die dinamiek in die aanbieding van die AIG-vertonings met insette van die publiek en korporatiewe borge ʼn drastiese verskil gemaak sedert die begin van die #JouAiG-veldtog op 28 Maart vanjaar. Die veldtog is ʼn inisiatief wat deur die organiseerders en kunstenaars van AIG saam met Helpende Hand gesteun word. Die mikpunte behels om die publiek as individue, groepe of ondernemings die geleentheid te bied om as amptelike hoofborg van dié konsert in te tree ten einde die organiseerders en kunstenaars se konstitusionele reg te beskerm om hul kultuur sonder benadeling te beoefen, asook die kreatiewe inhoud van die vertonings sonder inmenging te bepaal.

“Die Afrikaanse publiek en die korporatiewe sektor het betrokke geraak en besluit om hierdie volkskat van ons kultuurgemeenskap te bewaar. Daarom is dit vir ons moontlik om vanjaar met AIG voort te gaan. Lede van die publiek bly die hoofborg van AIG en ons tree in hul belange op.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

129 Kommentare

Selfde kam ·

Ek sal nie graag vir Steve wil sê die uitlatings wat hy maak sluit nie elke blanke persoon in nie. Ook sy politiek-pratery by ñ vertoning waar ek was het my so afgesit. Ek woon konserte by vir ontspanning nie vir politiek nie. Daar het ek so ñ gly in Steve gekry.

Lenny ·

Selfde Kam – Lyk my nie jy verstaan waaroor dit gaan nie. Dis al lankal nie net oor die musiek nie. Daar is n liberale en kommunistiese aanslag op ons Afrikaanse kultuur. Word wakker, dit gaan nie oor jou gemak nie.

Jaco ·

Moet dan nie sy konserte bywoon nie baie maklik, as jy n gly wil kry gaan hartenbos toe hulle het n paar

sweis ·

Hy sluit my in ,ek gee hom n mandaat om namens my te praat.

Japie ·

Een woordjie, “Verdeeldheid”
Die Afrikaners het niks om te vrees nie net hulle eie onvermoë om selfs een keer saam te staan.
Ek stel voor gaan lees asseblief Jopie Fourie se laaste brief, en bedink weer julle eie kinders se toekoms.
Tans is daar ‘n baie interesante boekie op die rakke wat mooi verduidelik hoe die Afrikaner van die aardbol verwyder word.
Dit wat jou teenstanders nie eers met wapens kon regkry nie ‘n 100 jaar gelede gee ons hulle op ‘n skinkbord.
Ons volkie bid vir leiers want ons wil oorleef maar sodra iemand opstaan kruisig ons hom omdat hy of sy nie 100% is wat ons wil sien nie. Miskien moet die wat tans klippies gooi bietjie opstaan en begin leiding neem dan kyk ons hoe werk dinge.

Hande vat en saam werk al verskil party gedagtes kan die verskil wees tussen ‘n Kanadees of Autraliaan word of jou plek in God se Plan volstaan.

CallieL ·

Een ding is verseker, van julle is bang vir hom, ander ongelooflik jaloers en meeste van ons ondersteun hom. Hy kruip nie, en staan vir wat hy glo

Gaitsigubib ·

Selfde kam, jy sal maar moet leer om swart tale te verstaan want Afrikaanse konserte op die platteland is besig om te verdwyn a.g.v mense soos jy wat seker nie eers bewus is daarvan dat jy n ANC meeloper is nie.

Peet ·

Wow. Soveel kragdadige optrede.
Leeming vir dié loutere sotheid moet jy herinner word wie jou grootste ondersteuners was. Groet hulle solank.
Laat val een ‘e’ en onthou wat het van die lemings geword.

Reinette ·

Ek stem nie altyd saam met Steve se uitlatings nie. Geniet wel sy musiek. Terselfdertyd stel ek beslis nie belang om besigheid by enige maatskappy te doen wie met die heksejag teen Steve betrokke is nie. Die mense diskrimineer op groot skaal en Steve word as ‘n gemakliker swartskaap misbruik. In die proses word daar ook teen ons wie sy musiek geniet diskrimineer.

kobus ·

En dis die verskil tussen wit en swart.Swart staan altyd saam en wittes staan nou saam nie.Steve doen dit vir ons.Dis tyd dat ons saam staan reg of verkeert.hulle probeer ons stil hou.Moet nie dink jy is veilig nie.want jy is nie

Johan van der Merwe ·

Sun Int besef nie Steve is GROOT by AIG.Die Engelsman het vergeet wat het in konsentrasie kampe gebeur.Trots AFRIKAANS en dit is ons trots kultuur.

Staansaam ·

Is daar enige kerkgroepe wat groot arenas besit wat kan genader word vir AIG se optredes, i.p.v. die Sun Arena? Steve is deel van ons taal en kultuur en hy het my mandaat om op te tree, en ek wil hom sien optree. Ek voel vere vir BEE maatskappye wat niks voel vir ons en ons taal nie. Steve staan op vir ons toekoms, hoewel ek hom nie net as my politieke spreker sien nie, maar ook as ‘n gerespekteerde sanger. AIG het nog NOOIT toegelaat dat enigiemand politiek praat van die verhoog af nie, Steve ingesluit. Ek gaan kyk AIG omdat ek my taal en musiek geniet. Basta met die res van die liberales. Ons moet saamstaan vir ons taal en mense.

Kerneels ·

As Steve nie daar is dit ook die einde van AIG. Hy is eenmaal die grootste ster.

Cherokee ·

Soos jy sê, Corne, dit is lastig wanneer mense so oordryf.

PJ ·

Jou kommentaar is ‘n klap in die gesig van ons vele talentvolle kunstenaars. Daar sal beslis nog AIG konserte wees, en baie goeies, met of sonder SH. Ons land loop oor van die talent. Steve kan maar gaan.

HPV ·

AIG sal beslis voortgaan sonder Hofmeyr met die ander goeie kunstenaars.

Pensioenaris ·

As Steve nie mag optree nie, stel ek nie belang nie dankie. Dan is my geld ook nie goed nie, want ek is n Steve aanhanger.

PaulV ·

Corne; pensioenaris en honderde ander Steve-aanhangers wat nie ‘n kaartjie sal koop indien Steve nie deelneem nie, sal wel ‘iemand seermaak’.

Skoolgeld ·

Lyk my jou naam is nou maar oral in SA gebrandmerk Steve! Tyd om ñ regte werk te soek.

CallieL ·

Laat die ruggraatlose, kruipende, liberalistiese wittes maar wegbly Steve. Die opregte, gelowiges sal saam met jou stap

Jean ·

Steve is R200miljoen werd…. Die laaste ding wat hy most doen is werk soek.

Diertjie ·

Geen Steve geen van my Family ons is siek en sat dat daar so gediskrimeneer word teen Steve

rina ·

No Steve No show…. rasistiese arogqnsie teen Steve …. tyd het aangebreek dat ons ook ons geldvloei moet stop.

Lindtjies ·

Ag nee rerig? Nou gaan hulle darem te ver. Skielik sien almal vir Steve as bedreiging. Ons sal sien hoeveel mense gaan nog kaartjies wil koop. Dankie vir die vroegtydige waarskuwing want ek en my familie en vriendekring wat altyd die AG konserte bywoon sal nie meer gaan kyk nie.

Karolis ·

Lees die artikel: Steve GAAN sing!
Te minste nog dié jaar…

Corné ·

Steve Steve Steve…. Plaas hy hom bepaal het by sy sang en op hou onmin en verdeeldheid saai. Wat hy gesaai het maai hy. Ek het geen simpatie met hom.

Brakkies ·

Corne die Anc bedank jou vir jou ondersteuning om die afrikaners te probeer afbreek…maar julle is te min en jul taktiek is swak….. Ons staan 100% agter Steve en afrikaans…

ZJ ·

Ja Cornê jy sit ook net langs die veld en blaf. Steve staan op vir Afrikaans en ons volk . Ek ondersteun jou Steve

Hannelie ·

Presies, stem saam met jou Corne! Wat jy saai moet jy oes. In sy geval is dit die laaste paar jaar n totale misoes.

Karolis ·

Waoor kerm julle, Steve GAAN sing!
Te minste nog dié jaar…

Hans ·

Sun International van die ander kunstenaars van ander groepe se uitlatings is verstommend maar tog word hulle toegelaat om enige plek op te tree-wees konsekwent in optrede.

Onnie MP ·

Die AIG konserte was baie lekkerder toe dit nog by die Moreleta gemeente gehou is. Nie almal kan die heel duur kaartjies koop nie, by Sun Arena sit baie mense baie ver van kunstenaars af. Die stoele is ook gemakliker by Moreleta. Ek sal beslis gee konsert bywoon as Steve nie mag sing nie. Ons moet ophou om skynheilig te wees. Wanneer ons saam met vriende kuier sê ons alles wat Steve sê en nog meer, maar wanneer hy dit in die openbaar sê dan kruisig julle hom? Ek hou van sy musiek en ek respekteer hom omdat hy bereid is om sy status te gebruik om ander bewus te maak dat ons ‘n reg het om Afrikaners te wees.

Engela ·

Steve maak elke show wat hy by optree hierdie boikotte is nou besig om hand uit te ruk ons kan ophou kaartjies koop maar dit het ook n groot invloed op die sanger
Is borge regtig nodig vir al die konserte word daar nie genoeg fondse gemaak uit die kaartjie verkope nie

Sybrand ·

Dis so pateties. Laas jaar was daar geen probleem. En so onlangs as April hierdie jaar het Steve en vriende nog daar opgetree met Country is Groot. Dit was n uitverkoopte vertoning en Sun International het toe nie n probleem gehad dat hy daar optree. Nou skielik? Iemand hoog op het weer in Leemings se oor gefluister en nou spring hy.

Ander Koos ·

Demokrasie in SA word gedurig hoog opgegee, maar tans is dit meer die tirannie van die meerderheid en met die oog op winsbejag dien korporattiewe SA die meerderheid met oorgawe. Of die meerderheid altyd reg is, seek hulle bitter min

Alida ·

Dit is oor en oor bewys dat Steve die sitplekke volmaak. AIG se kaartjieverkope kan dalk volgende jaar met 50% daal. Laat dit vir Sun International n les wees. Hou die konsert op Loftus. Hulle het die geld nodig of hopenlik kom die NG kerk Moreletta tot hul sinne. Het miljoene verloor deur verkramp te wees.

Marius ·

Baie ironies. Die ou wat Afrikaans probeer beskerm word nie beskerm nie. Mense soos Steve het al baie gedoen vir afrikaans maar is nie meer welkom nie. Afrikaans is groot agv mense wat bereid is om op te staan vir ons kultuur.

Human ·

“Ten thousand people, maybe more , fools said I you do not know, silence like a cancer grow” The sound of silence.

Andrea ·

En dan kry jy rugstekers wat kruip met die hoop dat hulle oorgesien sal word…
Maar as strukture soos Afriforum of Solidariteit iets goeds vir die Afrikaner beding/bewerk, deel hul in die bietjie voordeel. Skande!

Oujongvrou ·

Steve, hou jou eie konserte. Baie afrikaners met plotte en plase sal dit beskikbaar stel. Geen borge is nodig en niemand kan hom dan verder beledig nie. As ek hy was vat ek my jas en gaan oorsee. Daars duisende mense daar wat hom sal steun.

Pop ·

Dan 40 plus miljoen nou so bang is vir een wit afrikanertjie. Dis om van naar te word. Ek wens ek was n fee, dan swaai ek my stokkie en poef, elke enkele witte is weg uit hierdie plek. Dan kan hulle sien kom klaar sonder ons belasting ens.

Bianka ·

As jy daai towerstokkie swaai en poef weg is wittes….los my net HIER…dié is MY land ook. Ek gaan nêrens!

JR ·

Nou ja nooi maar vir Julius Malema in Steve se plek want dan kan hy maar sy liedjie “kill the Boer “sing want MTN en die ander wat ontrek het hou meer van Julius se liedjie

Joke! ·

Se dit vir corne en kie jR hul sal heelwarskynlik eerder gaan as Malema daar is as Steve…

Hennie ·

Dit is alles maar net deel daarvan om ons te probeer vernietig. Eers mag jy nie protesteer teen plaasmoorde nie, dan mag jy nie privaat medies he nie.. Vandag is dit Steve, more is dit Piet dan is dit ek en jy.

Johann cb ·

Mnr Hofmeyr het sélf al die onmin veroorsaak! Nou word sy aanhangers ook betrek! Politiek en musiek is afsonderlike entiteite! Jy verdeel jou eie aanhangers Mnr Hofmeyr! Dra die gevolge daarvan en sing in die stort.

Kerneels ·

“Politiek en musiek is afsonderlike entiteite.” Bravo!!!! Gaan vertel dit nou vir jou ANC tjomme.

kolla ·

Al die groot maatskappye sê nee vir Steve. Hy’s bad news.

Mich ·

Steve, ons waardeer jou toewyding en opregtheid staan sterk, ons word nie geboelie nie ons gaan reguit en gaan hard. Groete ou grote

Lina Carstens ·

Ek is verstom oor van die kommentaar. Wanneer het Steve God geword, en wanneer het die persepsie ontstaan dat wanneer jy vir jouself kan dink en redeneer en jy enige kommentaar lewer oor bg insident wat meeste mense betrokke in hierdie gesprek nie aanstaan nie jy as blanke n anc kader moet wees? Wie dink hierdie ???? uit??? Lees julle wat julle skryf voor julle stuur druk?????

Elsabie ·

Of wat van Steve self besluit om hom te onttrek?? Kyk dan bietjie wie en wat daag op en hoeveel geld SUN moet teruggee vir mense wat ook onttrek???

RC ·

Al die borge wat wil kan maar weg hardloop. Ons as die publiek en wat Afrikaans is en ondersteun sal sonder hulle regkom.

A-nee-a ·

Sjoe maar Afrikaans/Afriforum/Steve jaag darem ‘n klomp mense se bloeddruk op! Neee Leeming, jy en jou trawante sal heelwat beter moet doen om Afrikaans seer te maak!

thinus erasmus ·

Ai Corné, dis maar ń beginselsaak. Steve is nie die grootste en beste Afrikaner rolmodel nie maar hy bevorder Afrikaans en ons erfenis. Hy breek niks af nie, dreig niemand met fisiese geweld of hits dit aan nie, hy gee ook nie nuwe name aan ou goed nie. Ek sou eerder sê jy probeer om ń volk/gemeenskap te verdeel wat onder vele uitdagings en probleme veg vir oorlewing.
En wat van al die kunstenaars wat so te velde getrek het teen die vorige regering – moes hulle nie ook net by hul kuns talente en uit die politiek gehou het nie?
Wat vir een geld moet noodwendig ook vir die ander geld.

antie_steve ·

Steve maar stil deesdae, seker agtergekom ‘n toebek is ‘n heelbek net jammer ‘n bietjie te laat besef.

Spikkels ·

Antie_steve sit die pot mis hy is nog steeds besig en gesels nog lekker met my/ons oor wat vir hom en my/ons wat verstaan belangrik is. Jul soek net sensasie van hom dat jul hom kan stenig

Willehond ·

Eers Steve dan ons vlag! Waar gaan dit eindig?? Ons nasie het nog nie genoeg gebloei nie!!

Smile ·

En so baklei die Afrikaners onder mekaar en kerm hulle voort oor klein, niksseggende dingetjies en se mekaar sleg, soos gewoonlik! Of was dit die rede hoekom hul voorvaders Europa verlaat het, ook altyd aan die baklei gewees omdat hulle nie hul sin kon kry nie?

Sonja ·

Al die Afrikaanse kunstenaars moet saam staan en hul eie konserte reel. Steve is een van die min mense wat opstaan en n ding se soos dit is.

Frik Lotz ·

Dis darem regtig belaglik en kinderagtig om Steve oral te verbied. Hou op om die ANC se werk vir hulle te doen. Ons taal en kultuur word oral vertrap en Steve staan darem op vir ons mense se regte. Steve is nog nooit aangekla en skuldig bevind aan enige rassisme of haatspraak nie. So, hoekom word hy alewig geteiken? Ons raak nou regtig keelvol vir hierdie dubbele standaarde wat toegepas word as dit by Steve kom. Genoeg is nou genoeg!

Karlahari ·

Ek hoop Leemings onthou sy woorde voor hulle beplan on n Trevor zzzz Noah konsert aan te bied.

Karlahari ·

Musiek is deel van jou kultuur.
As jou kultuur vertrap word kan jy of daarvoor opstaan of sorry sê en bellville toe emigreer.
Ek kies om op te staan vir my kultuur.

Db ·

Party van hierdie vrouens se kommentaar is om van naar te word. Los vir Steve as julle dan so oor hom voel – het hy al iets van julle gevra om hom te help? Nee ek glo nie en sal hy ook nie want julle is deursigtig en al wat sigbaar is is die kant waarheen julle oorhel. Steve ons geniet jou musiek en sal dit speel waar en wanneer ons wil

Hennie ·

Kom ons doen AIG volgende jaar by Rhino Park Oos van Pretoria. Maak sommer ‘n naweek daarvan en kry oom Angus om ons te kom toespreek op die Sondag of so iets. Ons eie “Opi Koppie” experience.

Toeskouer ·

Hul het vir land gekom maar toeskouer het nie grond besit. Toe Kom hul afrikaans verminder in skole en parlement en land en bring engels in maar toeskouer kon skaars afrikaans praat en skryf. Toe probeer hul mense onder druk en finansieel seer maak wat op Staan vir ons regte maar toeskouer verlekker homself. Toe Kom hul vir ons werk maar toeskouer is te ongeskik vir werk. En toe Kom hul vir die toeskouer maar daar was toe niemand meer oor nie……. Wat gebeur toe?

Christa ·

Is die mense jaloers op Steve? Of Dalk net kleinlik. Steve is n Groot trekpleister by Alle funksies. Is dit omdat Hy Kan standpunt inneem en Hom nie laat intemideer nie. Steve is Groot!!!!!!?

Charles ·

STEVE IS GRÓÓT
AFRIKAANS IS GROOT
STEVE=ONS MANDELA, EN DIE ANC, LESUFI EN HUL HSM MEELOPERS KAN GAAN DOPPIES BLAAS!

Lorraine Swanepoel ·

Ek is nie n Steve aanhanger nie, maar dink hierdie tipe gevalle gaan die oorsaak wees dat partytjies, danse, konserte, wat ookal, later eksklusief vir wit, of bruin, of swart gaan wees. En my vermoede is dat dit reeds so is

Corne ·

Screw almal steve ,sing jou hart uit ,ons sal daar wees om jou te ondersteun.

Ek ook ·

Ek ken ook nie vir Steve nie iemand se seker superperd nee rerig ek ken hom nie en kan hy rerig sing? Miskien moet hy tog n regte werk kry

Alet ·

Weet julle hoekom is ons land in die gemors? Nie oor Steve nie, maar omdat ons as volk en nasie nie saamstaan nie! Ons ja en amen op elke besluit wat ANC maak. Gaan dink mooi, wat moes ons Afrikaners alles al prysgegee het omdat húlle dit so besluit het! En hulle is nog lank nie klaar nie! Wat gaan julle maak as hulle jóú taal, Afrikaans, totaal verban, jy mag dit glad nie praat nie? Dis waarvoor Steve staan, jou taal, jou erfenis!! Agge nee man!! Ek stem saam, dat één man almal so op hol kan jaag! Sing Steve, sing!! Ek luv jou!! Lank leef Afrikaans EN Steve!!

Jannie van Niekerk ·

So waar wat jy sê Alet. Alles gaan oor politiek. Die ironie van die saak is dat hulle nie besef hoeveel werk Steve se “Wit Rassistiese Monopolie Kapitaal” indirek aan ANC en EFF ondersteuners gee nie. En wat meer is, die man praat net die waarheid. Dis as gevolg van skuldgevoelens wat hulle hom so haat.

WonderMaarNet ·

Ek is nie ‘n Steve aanhanger nie… maar sjoe van hierdie instansies gaan bietjie ver… Afrikaans is groot gaan oor musiek in Afrikaans… die wat Steve so haat gaan in elk geval nie by die optrede wees nie… mense wil in Afrikaans musiek hoor by die optrede, en baie van daardie mense is wel Steve ondersteuners… dalk moet maatskappye hul eie ore ophou uitleen aan politiek en politieke inmenging… dit gaan jul eie ondergang vorentoe bewerkstellig… dalk nie nou nie, maar wel later, want die stert swaai die hond rond… nou se julle nee vir Steve… more se julle nee vir Afrikaans. Sien dit as ‘n besigheidstransaksie… wat dit is… moenie voorskryf wat hul mag en nie mag nie… julle maak jul skuldig aan sensorskap… more word julle self gesensor.

mills ·

Die gebruiklike liberale-juigkoor is seker weer die katalisators. Die feit dat Media24 genoem word, sê vir my genoeg.

leser ·

steve hou jou kop omhoog, moet jou nie steur aan al die negatiewe twak wat oor jou gepraat word nie
daars baie van ons wat nog agter en langs jou staan en sal ondersteun
meeste mense is net jaloers op jou as persoon

Stiks ·

Steeds diskriminasie. Ek dag ons is nou in n demokrasie waar spraakvryheid geld. Tyd vir bestekopname!

Kepler ·

Doodreg… Kyk wat met huisgenoot skouspel geword… Steve is die wit madiba

Chantell van Deventer ·

So om op te staan vir jou taal maak jou n vyand van die staat. Wat was die huidige staat in apartheids jare, WAAR ONS, ONS SELF BEVIND!!
Staan op en beveg die onreg!

Marita ·

Ek het al die konserte bygewoon, maar geen Steve geen AIG vir my volgende keer

JohanR ·

Hoop Sun International gee darem vir Steve ‘n kamer, en nie ‘n tent en slaapsak onder ‘n boom nie!

Paul ·

As ek nou na al die kommentare hierbo kyk is dit presies die rede hoekom ek die piesang republiek verlaat. Afrikaners wat mekaar sover moontlik af druk plek van saamstaam. Nee wat daar is green maar green hoop vir die nasie nie. So sterkte vir julle..

thinus erasmus ·

Vir die enkeles wat beweer hul ken nie ń Steve nie – hy is al so 20 -30 jaar bekend en sy gesig verskyn taamlik gereeld op alle media. Sy stem is daardie een wat jou hoendervleis gee, ek is seker dit spreek van sy groot musikale talent as hy die groot trekpleister is van ń konsert soos AIG.
As jy nie van hom of sy musiek hou nie, dis orraait – ons sal jou nie veroordeel nie! Miskien hou jy eerder van Johny Glegg wie ek nou weer glad nie verdra nie. Smaak verskil maar stupid bly stupid!

Martie ·

Ons wou net Maandag kaartjie gaan koop, maar jammer ons ondersteun vir Steve, druk afrikaans is groot so diep as julle kan ????????

Charles ·

Die klanke en vergrype van ‘n sterwende regime en establishment.
Hehe! AIG gaan sukkel om ‘n nuwe ligging te kry /s. Die Here slaap nie Steve, ons Redder waak oor ons en jy! Ons gaan Saam die Boosheid verslaan!

Ren ·

Lyk my dit gaan oor politiek BLF en Eff kan sê wat hul wil maar omdat Steve sê hoe hy voel is dit verkeerd so nou moet ons as Afrikaans sprekende mense wat lief is vir ons land stilbly anders is dit haatspraak of iets waarvan ander nie hou nie so ons moet net ons mond hou . Hoekom mag ons niks sê nie wil net graag dit weet

Fransie Rowles ·

So as Steve immigreer wie is dan die volgende een op wie hul gaan trap? Glo hul het alklaar n lys. Elkeen wat opstaan vir afrikaans en ons geskiedenis?
Verkramp dit is wat jul is. En kan nog baie name hier byvoeg.

Cherokee ·

Daar is ‘n uitdrukking wat lui “hoe meer regs, hoe swakker die Afrikaans”. As uiters konserwatief myself, het ek nooit daarvan gehou nie maar moes toegee dat daar waarheid in die stelling is. Afrikaanssprekendes wat nie besef dat Afrikaans ter wille van respek altyd met ‘n hoofletter geskryf word. Afrikaanssprekendes wat nie die verskil ken tussen emigreer en immigreer. Weet nie wanneer dit ‘n ‘t’ of ‘d’ is nie. Hoeveel keer lees ons hier van ‘helfde’. As julle wil skreeu Afrikaans is Groot(!), doen dit met respek vir Afrikaans.

Bosapie ·

Almal wat so aangaan oor hoe hulle die konsert sal boikot as Steve nie optree nie,is nie eens noodwendig Steve aanhangers nie. As daar nie n politieke drama rondoms Steve was nie, sou die mense die konserte nog net so geniet het, al was hy nie daar nie. Plaas dat die getalle mense wat die konserte bywoon waar Steve geboikot word eerder verdubbeld, want dan staan ons saam en kry die Spul nie hulle sin wat ons probeer onderdruk nie. Bly weg van die konserte en die Spul kry presies wat hulle wil he.

John ·

Is ligte musiek al waaroor Afrikaners deesdae opgewonde raak? RSG kook oor van boem-boem-pampoenkoekies en uiesop. Klassieke-musiek is taboe met net dom tannietjies en sportkommentators en tussendeur boem-boem… Steve & Kie is ‘n ligte-kaliber kultus cum kultuur met agter-die-skerms Groot Nydigheid en Afguns. Afrikaans is Groot is lig-in-die-broek-groot-geld uit ‘n verdwaasde volkie en net Steve dra ‘n koeèlvaste onderbaadjie… Baie Afrikaners laat hul naaste deesdae ontuis voel in hul eie land. Dis veel erger…

Danie ·

As steve regtig gevoel het vir Afrikaans se voortbestaan sal hy ontrek en laat die ander afrikaanse sangers voortgaan. Hulle is nie teen afrikaans nie maar wel teen Steve en sy idiologie. Kom aan steve bly weg terwille van afrikaans

kolla ·

Dis die waarheid. Geeneen het nog ooit vir Steve aangespreek oor sy bevordering van of gebruik van Afrikaans nie. Dis egter die ander klomp politieke snert wat hy kwytraak wat mense van hom distansieer.

George in Bloem. ·

Vroeer jare,voor Afrikaans musiek as’t ware,groot geword het,het dit iemand nodig gehad wat populer en suksesvol was om dit behoorlik op die “map” te sit bemarkingsgewys,”so to speak”. Daardie ou was ‘n jong Steve Hofmeyer,suksesvolle musikant,akteur en uiters populer en gereeld in die nuus vir al die regte,EN verkeerde redes. Vandag is als gevestig en die harde werk is gedoen en nou gooi hulle,en ander,hom goedsmoeds weg of rangeer hom eenkant of se hom sleg en dit net omdat hy nie bang is om se wat gese behoort te word nie en meeste van ons mense te slapgat is om dit self te se? Hy sit sy loopbaan op die spel,verloor borgskappe links en regs,word verban van instansies soos Ghoema waar hy reg van die begin betrokke was as kunstenaar,sy musiek deur tv en radio verban word,vir dit waarin hy glo en nou dat hy sy die mense die nodigste het,versaak ons hom? Absoluut skandalig is al wat ek kan se. Glad niks om op trots te wees nie.

Bosapie ·

As jy nie na n konsert wil gaan kyk waar veelvoudige sangers optree nie, net omdat een sanger nie daar op tree nie, sou dit maar vir jou n moeilke paar uur gewees het as jy wel daar sou wees. As jy vir Steve wil sien, gaan na n Steve konsert. Almal kerm oor die punt wat gemis word as konsert ondersteun word waar Steve nie mag deelneem nie. Plaas dat die getalle mense wat die koserte dan bywoon eerer verdubbeld – juis om die Spul Afrkaanse Onderdrukker n pit te druk! En Steve self moet dan sommer kom kyk. Staan eerder saam sterker agter die res van die sangers. En so what as dit meer geld in die sakke van die Spul Verdrukkers beteken? Money talks …

Hans ·

Klink my druk word op privaatsektor geplaas om n sekere ideologie te bevorder. Laat Sun International openbaar wie die persone ens is wat probleem her met Steve. Vir my begin die tipe optrede lyk na n oorlogsverklaring teen minderheidsgroepe.

Linette Sauer ·

Ek lewer nie nou kommentaar om kant te kies nie. Hoeveel maatskappye: besigheid, sport ens moes al die “swakker” kandidaat kies net om te kon aangaan? Besigheid word op skewe maniere bedryf, want almal moet wetgewing vir BEE nakom? Hoe lank voor AIG totaal gestop gaan word omdat dit nie aan die standaarde voldoen nie? Hoeveel mense sit sonder werk omdat hulle mastskappye onder druk moes toegee? Hierdie is net die begin van die einde vir Afrikaanse musiek. Steve is net toevallig die eerste een wat hardop gedink het. Die ander gaan volg.

Hans ·

Tog baie interessant Sun International dat u versoek het dat die lisensie van u vorige perseel na die huidige verskuif word. Sun International maak die dokumentasie openbaar waarin daar beswaar gemaak word teen Steve se optrede.

Janine ·

Geen Steve, dan sink AIG……Wat amazing is , is dat EEN persoon(steve) 50 m so kan irriteer en op hulle tone hou. Steve vir president!
#Steve: los AIG in 2020, dan kyk ons of daar steeds 12 konserte sal wees…..

Akes ·

Wat presies het Steve gesê dat die linkses so tekere gaan? Hulle is so histeries soos die Demokrate in die VSA oor Trump! Wat het Steve gesê dat hy uitgekryt word as n rassis?
Ek kry nêrens iets nie … ek sal bly wees as iemand die inligting kan verskaf.

Arnold ·

Die Afrikaners gaan eers alles verloor en die knie voor God moet buig voor die Vierkleur uit ‘n emmer bloed gehys sal word…….so gaan die visioen….maak vrede met die feit dat ons alles gaan verloor

Al ·

Mooi so! Moet jul nie laat boelie nie! Steve Hofmeyer het ñ konstitusionele reg op vryheid van spraak, net soos enige burger in die land.
Trots op jul, dat jul sterk standpunt inneem!
Ons is genoeg vertrap en beledig.
Sun International het sy eie rede – indien dit oor politiek gaan, hy moet maar hoop die hooggeplaastes betaal hul rekenings by die venue. ????

Omgekrap ·

Die konsert se naam is AFRIKAANS is groot reg? Die oorgrote meerderheid bywoners gaan sekerlik Afrikaans sprekendes wees reg? Mense wat van die ander AMPTELIKE landstale besig sal nie sommer geld uithaal vir so n vertoning nie reg? Daarmee sê ek geensins dat hulle nie welkom is nie… Indien daar wel diesulkes is sal dit n baie klein persentasie van die gehoor wees. Ek glo nie die oorgrote meerderheid wat na die vertoning gaan het n probleem met Steve nie… so wat is die probleem??? Gaan hy gevoelens in die gehoor seermaak? Gaan hy alleen die geleentheid gegun word om moontlike ooruiende toesprake te lewer? Ek glo nie… as n ateis n probleem het met Christenskap mag daar dan nie meer Sondae kerk gehou word nie?

Kriela ·

Steve, ons het nie die platform wat jy het nie en ons sukkel as Afrikaner volk om saam te staan. Vat die leisels en lei ons? Ek vra so mooi?? Waarheen gaan ons?? Ons kort rigting?? Sê ons waar en ek bring my folk na jou toe.

HPV ·

Dit sal ‘n kwade dag wees as ek my moet onderwerp aan Hofmeyr se leiding as deel van jou volk. Wie presies is jou rigtinglose volk?

Chris ·

Mooi so! Ons Afrikaners het nou net mooi genoeg gehad. Ons sal ‘n ander “venue” vind as dit moet.

Annie ·

Ha Ha. Ek staan vir Steve. You rock. Stick die res wat nie jou stem wil hoor nie. AIG kan gaan slaap.

Pieter ·

Lees eers mooi wat ek skryf . Wat het skouspel met rasisme en teen Afrikaans gehad… Absoluut niks. Mense is eiehandig julle eie vyande wat Afrikaans en die kultuur onweetend kelder. Hoe lank dink julle gaan 10% van die bevolking eiehandig die Afrikaanse instansies befonds. Maklik om n oorlog te wen as jou teenstaanders hulle self benadeel en kelder met kortsigtigheid. Ek is trots Afrikaans en kan vir myself praat. Jy’t nie nodig om vir n Suid Afrikaaner elke oomblik te vertel wat aangaan nie, jy beleef dit eiehandig self. Vertel hulle eerder waar die hoop le in al die probleme, en dis is Jesus die skepper en behouer van alles, selfs Afrikaans. Ek sal eerder op God staatmaak as op mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.