Sunette Bridges en MRK skik oor Facebook-haatspraak

Sunette Bridges. Foto: Facebook

Sunette Bridges. Foto: Facebook

Die sanger Sunette Bridges en die Menseregtekommissie (MRK) het ʼn skikkingsooreenkoms bereik nadat beweerde aanstootlike en haatlike opmerkings op haar Facebook-blaaie verskyn het.

Die MRK het Bridges daarvan beskuldig dat sy kommentaar op haar persoonlike Facebook-blad en die een getiteld Sunette Bridges News Page toelaat wat op haatspraak neerkom ingevolge die Wet op Bevordering van Gelykheid en die Wet op Voorkoming van Onbillike Diskriminasie van 2000. Die MRK het gevoel die kommentaar skep ʼn omgewing waar rassistiese en haatlike optrede floreer.

Die verhoordatum was geskeduleer vir 20 April in Kaapstad, maar ʼn skikkingsooreenkoms is bereik en dit is Dinsdag in die gelykheidshof in Kaapstad as ʼn hofbevel bekragtig.

Die hof het Dinsdag beslis die kommentaar waaroor die MRK kapsie gemaak het, kom neer op haatspraak en teistering.

Bridges moet, soos sy voorheen al gedoen het, kennisgewings in Afrikaans en Engels op haar blaaie aanbring waarin sy haar onomwonde distansieer van enige vorm van haatspraak, teistering en aanhitsing van geweld.

Sy moet ook al die nodige en redelike stappe neem om alle vorme van haatspraak en teistering van haar blaaie te verwyder. Dit sluit alle neerhalende woorde en woordspelings om na swartmense te verwys in.

Bridges moet verder gereeld die blaaie monitor en kommentaar wat haatspraak, teistering en geweld aanhits verwyder en diegene blokkeer wat sulke kommentaar lewer.

Sy moet ook kommentaar wat die MRK aan haar uitwys as haatspraak of teistering in ʼn billike tyd verwyder, tensy sy beswaar maak teen die klassifikasie van die toepaslike kommentaar as haatspraak of teistering, in welke geval die MRK enige gepaste wetlike stappe kan neem.

Laastens moet sy ʼn kennisgewing in Engels en Afrikaans plaas om gebruikers in te lig van die hofbevel, tesame met ʼn algemene waarskuwing teen enige vorm van haatspraak of teistering.

Toe die saak op 20 Januarie in die hof voorgekom het, het Anton Katz, vir die MRK, gesê die hof moet aandui of Bridges aanspreeklik gehou kan word vir derde partye se kommentaar wat voorkom op haar Facebook-blaaie.

Paul Kruger, Bridges se prokureur, het aangevoer dat ʼn persoon nie aanspreeklik gehou kan word vir derde partye se kommentaar op die internet nie. Hy het gesê sy kliënt sou aanvoer dat sy nooit sekere opmerkings op haar blaaie gesien het nie, en dat sy dit ook nie al om die uur kan modereer nie.

Kruger het saamgestem dat sekere opmerkings rassisties en beledigend was. Hy het gesê Bridges verwyder gereeld sulke kommentaar, maar dat dit onmoontlik is om van alles bewus te wees.

Bridges het Dinsdag die skikking verwelkom.

“Dit is baie duidelik dat ek nog altyd alle redelike stappe geneem het om haatspraak te verwyder en myself te distansieer van dreigemente van geweld of onwettige optrede en dat ek wel persone van my Facebook-blad verwyder het wat ongewenste kommentaar bly lewer het ten spyte van my waarskuwings,” het sy in ʼn verklaring gesê. “In terme van die hofbevel mag en moet ek dus aanhou om op te tree soos in die verlede.”

Sy het almal wat kommentaar op die blad lewer versoek om hulle te vergewis van die inhoud van die hofbevel en dienooreenkomstig op te tree.

Bridges het gesê sy hoop dat die hofbevel ʼn einde sal bring aan die moedswillige en kwaadwillige aksies van ʼn handjievol individue wat dit as hul lewenstaak beskou om haar lewe te probeer verwoes.

“Ek sal nooit ophou veg vir die oorlewing van my mense, my taal, my kultuur, my erfenis en my geloof nie. Dit is my reg, wat nie alleen in ons Grondwet omskryf word nie, maar ook internasionaal erken word,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Bruno Stef ·

Sunette sterkte soos die laaste paragraaf se jou mense kom eerste MAW charity begins at home.Die ou slapsak liberaliste sal maar altyd probeer om hulle base te beindruk en onthou dat net soos Steve die hoogste bome die wind sal vang.Dankie vir jou ondersteuning ek is trots op julle jonger mense wat standpunt kan in neem.

Piet Pompies ·

Sunette Bridges lieg net soos die res van die politieke sage, haar reaksie en haal aan, “Ek sal nooit ophou veg vir die oorlewing van my mense, my taal, my kultuur, my erfenis en my geloof nie”. Ek self het ‘n post op haar FB blas gesit dat ons land se redding in ons geloof lê, sy het my kommentaar verwyder en my verhoed om enige verdere inligting te plaas. So poppie gaan maar voort met jou vure aanblaas en meerendeels onwaarhede versprei.

Jake Verwey ·

Ai ou Piet voel jy nou goed omdat jy ook iets kon kwytraak. Word wakker en ruik die koffie. Sunette Bridges beteken meer vir die behoud van minderhede se regte as wat mense soos jy se onrealistiese opinies beteken.

SNEL ·

Ai, Piet, dit maak my seer as mense altyd kan hammer op een se kommentaar in plaas daarvan om iets oor die berig te sê. Ek stem met jou saam. Vas staan in geloof, vertrou op die Here en nie op mense. Die land is tè ver regs en ver links, daar sal nooit vrede of eenheid kom nie. Om die Here te ken is nie te sê daar is altyd n oplossing vir elke probleem of uitkoms vir elke situasie nie. Sy planne en Sy doel, al stem dit nie ooreen met ons planne en ideale nie. Ons moet net glo en vertrou en met Sy hulp en krag is die pad draagliker. As die Here uitkoms wil gee, sal Hy, as Hy nie n uitkoms gee nie, sal ons krag kry om deur die oorlog te stap. Al val n duisend aan my linker sy en tien duisend aan my regter, nogmaals sal ek in die Here jubel. Al is daar geen oes op die land nie en die krale leeg en en…(Habakuk) NOGMAALS sal ek op die Here vertrou. Laat ons vasstaan in ons geloof al lyk dit donker om ons.

Bruno Stefb ·

Ou pompie ek sou ook sulke ongure domastrante skrywe soos joune verwyder het.

Anton Visser ·

Sterkte Sunette en wees sterk ons staan saam met jou!

Shannon ·

3 punte moet oorweeg word.

1. Die beskuldigings teenoor Bridges is waar. Baie van haar volgelinge verwar rassisme met patriotisme. Die individue kan nie met `n enkele voorstel saam stem of meewerk nie maar hulle kan wel gal braak. Die selfde lot het Dan Roodt getref toe hy eerder sy vuil bekke wou duld as liberale gesprek. Toe laat Google hom hoog en droog.

2. Bridges se verweer is ook korrek :
Paul Kruger, Bridges se prokureur, het aangevoer dat ʼn persoon nie aanspreeklik gehou kan word vir derde partye se kommentaar op die internet nie

3. Op `n horde van die A.N.C. gesinde blaaie en ander linkses se werwe word veel erger dreigemente oor en oor toegelaat, geen probleem.

Chris ·

Sunette,jou rebieke is opwindend,en wat jy skryf is so waar.die mense moet die skille van
hul oe af haal.En rerig sien wat aan die gang is in ons land.
Hou so aan ons ondersteun jou tenvolle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.