Sunette Bridges-haatspraaksaak in gelykheidshof aangehoor

Sunette Bridges. Foto: Facebook

Sunette Bridges. Foto: Facebook

Die sanger Sunette Bridges moet aan die hof verduidelik of sy bewus was van beweerde aanstootlike en haatlike opmerkings op haar Facebook-blaaie, het die gelykheidshof in Kaapstad Dinsdag gehoor.

Bridges was nie Dinsdag self in die hof nie, aangesien die hof nie argumente in die saak aangehoor het nie, maar eers wou besluit hoe die verrigtinge gaan voortaan.

Anton Katz, vir die Menseregtekommissie (MRK) wat Bridges daarvan beskuldig dat sy kommentaar op haar Facebook-blaaie toelaat wat op haatspraak neerkom, het gesê die hof moet aandui of dit die jurisdiksie het om die saak aan te hoor en of Bridges aanspreeklik gehou kan word vir derde partye se kommentaar wat voorkom op haar Facebook-blaaie, wat blyk of dit aan haar behoort.

Die MRK beskuldig Bridges daarvan dat sy kommentaar op die blaaie toelaat wat op haatspraak neerkom ingevolge die Wet op Bevordering van Gelykheid en die Wet op Voorkoming van Onbillike Diskriminasie van 2000. Die MRK voel die kommentaar skep ʼn omgewing waar rassistiese en haatlike optrede floreer.

Volgens Katz, het sy twee Facebook-blaaie, een onder haar eie naam en een getiteld Sunette Bridges News Page.

Paul Kruger, Bridges se prokureur, het aangevoer dat ʼn persoon nie aanspreeklik gehou kan word vir derde partye se kommentaar op die internet nie. “Wat sy in haar hofdokumente sê, is dat sy enige aanspreeklikheid daarvoor ontken en dat sy haar saak in die hof sal stel,” het hy aan regter Siraj Desai gesê.

Kruger het gesê ʼn mens kan nie net aanvaar dat sy kliënt die skepper en moderator is van ʼn aantal Facebook-blaaie onder haar naam nie.

Hy het gesê sy kliënt sal ook aanvoer dat sy nooit sekere opmerkings op haar blaaie gesien het nie, en dat sy dit ook nie al om die uur kan modereer nie.

Kruger het saamgestem dat sekere opmerkings rassisties en beledigend was. Hy het gesê Bridges verwyder gereeld sulke kommentaar, maar dat dit onmoontlik is om van alles bewus te wees.

Hy het verder aangevoer dat die Wes-Kaapse hof nie uitsluitlike jurisdiksie het nie en dat sy kliënt in Pretoria bly.

Bridges het na die hofverrigtinge op die Sunette Bridges News Page gesê die eerste dag van die verhoor is binne twee ure afgehandel. Sy het gesê sy is ongelooflik dankbaar dat die hof, op aandrang van haar prokureur, die volgende beslis het dat:

– daar kennergetuienis in die saak gelewer moet word oor hoe Facebook werk;

– alle aanklagte wat skriftelik teen haar ingedien is, bewys moet word en getoets moet word deur getuies te roep;

– sy self mag getuig in die saak; en

– die saak nie, soos versoek deur die MRK, slegs op papier gevoer kan word nie.

Sy berus haar by die beslissing van die hof dat Desai self die saak in Kaapstad wil aanhoor.

“Ek word nou uiteindelik die kans gegun om dit wat ek op die hart het, in ʼn hof te gaan getuig ná jare van beskuldigings wat na my geslinger word sonder dat ek ooit die geleentheid of die platform gegun was om myself te verdedig,” het sy gesê.

Die verhoordatum is geskeduleer vir 20 April in Kaapstad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Lillian ·

Wonder ek ook .. sy moet sommer haar werk verloor wat my betref. Soveel ander mense moet elke keer boet as hulle “haatspraak” spreek maar ander kom weg daarmee!

7de Traan is elke geval so pateties, wie kyk nog daarna?

Leslie ·

As Marelise van der Merwe om verskoning vra moet Sunette Bridges nie die selfde doen nie
en vergeet van abrahms sy is onbelangrik!

anne ·

Skrik wakker man, Abrahms verlekker haar in wat nou met die blankes gebeur! Onbelangrik, regtig ?

Joan van Velde ·

2 Maart gaan hierdie sif skandvlek op ons kultuur ontbloot word. Kan nie wag nie! Bridges teer op die aandag van die armes van gees. Walglik

Lillian ·

Wie is arm van gees? Jy? Sekerlik bewys jy nie na die hele blanke bevolking in hierdie land nie.

ek dink jy weet nie eens wat “arm van gees” beteken nie.

Estelle ·

Al wanner die MRK optree is as jy WIT is!!!!!!!!!!!!! Kyk die twee studente wat aangekla was! Lagwekkend hoe jy wegkom met alles as jou velkleur reg is!

Boerseun ·

Jy is walglik. Om teen haar te wees is om moord op ons boere, verkragtig van ons taal , vrouens en geskiedenis te ondersteun. Kan nie wag vir jou reaksie die dag dat als in eenstort hier in SA nie, vra maar die Zim boere hulle het ook gese dit sal nie gebeur nie.

Johleine ·

Joan, ek neem aan jy ken Sunette persoonlik??? Dalk moet jy HAAR eers leer ken en meer bewus word van WAT sy regtig MET HAAR tyd en GELD doen en DAN eers jou mond uitspoel. Ek neem ook dan seker in dieselfde asem aan jy doen haar pogings gestand of selfs doen beter?

Gerhard Bezuidenhout ·

Joan van Velde jy praat van ” Die armes van gees”Walglik weet jy .

Elsje ·

En so kan ons ou blanke volkie weer nie saamstaan nie. Ons hou daarvan om mekaar in die rug te steek al word 100de boere vermoor.

Jan-Hendrik Nordin ·

Zuma het ons geld gesteel, hy het van ons haatlik gepraat, maar hy het nie onverskoning gevra nie. Ons boere moet saamstaan.

Larry ·

Nou ja! wat is erger as om mense te martel en te vermoor. Meskien moet ons dit begin doen om in te pas. Ek glo nie dat jy iemand meer moet haat at wat hy gehaat moet word nie.

GERHARD ·

HKM MAG MALEMA KILL THE BOER SING EN NIKS OOR KOM, EN ZUMA BRING MY MASECINE GUN EN NIKS OOR KOM NIE WAAR IS GELUIKEID NOU!!!!!!!

Lillian ·

So as Sunette voor die hof verskyn, moet dit seker baie baie besig wees daar, want daar is hope en hope haatspraak elke dag op sosiale media teen blankes …

Ag, sorry, ek het vergeet, haatspraak teen blankes is mos niks … maar behoed jou as jy as blanke persoon iets verkeerd sê teen anderskleuriges in hierdie land, boeta, jy het net drama! Jy is sommer nou-nou met jou dinges agter tralies!

Wonderlike demokrasie wat ons het, wonderlik!

Vic ·

Nie n Sunette fan nie, maar ek dink enige slim prokureur ( kry vir Borrie, ek sal help betaal), sal haar loskry, op grond van alleenlik Jacob Zuma se haatsprake teen wit mense, maar sluit ook enige honderd ander haatsprake van hooggeplaastes soos Goodwill Zwelintini by en die gewone man op straat kan nie gestraf word voor die hooggeplaastes gestraf word nie. Attack is the best method of defence, people!

pop ·

Joan< net n arm van gees mens plaas so n kommentaar. Jy praat van walglik, mense soos jy walg my met hul houding om ander so sleg te se.

De Villiers ·

Ek staan vierkantig agter Sunette – die van julle wat so graag haatspraak teen haar opdis, gaan kyk bietjie agter julle deure, daar staan baie moontlik iets of iemand vir jou en wag.

Die tyd van snedige opmerkings is nou verby, ons moet nou saamstaan, ander sal alles en almal opgeslurp word deur die drek van ons land. Sterkte aan die draadsitters, julle sal nie meer lank daar kan sit nie, julle sal daar afgeruk en weggeslinger word deur die gepeupel wat vir jou NIKS voel nie. Vir hierdie massas bestaan daar net “me, myself and I” en jy is nie eers sigbaar vir hulle nie. Gaan bestel erens vir jou ‘n ruggraat en kyk of jy kan opstaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.