Sunette Bridges in hof oor haatspraak

Sunette Bridges. Foto: Facebook

Sunette Bridges. Foto: Facebook

Die sanger Sunette Bridges moet Dinsdag in die gelykheidshof in Kaapstad verskyn nadat sy van haatspraak beskuldig is.

Die Menseregtekommissie (MRK) het Bridges daarvan beskuldig dat sy kommentaar op haar Facebook-blad toelaat wat op haatspraak neerkom.

“Die MRK voer aan dat me. Bridges artikel 10 (1) van die Wet op Gelykheid geskend het deur haatspraak te pleeg en dat sy ook artikel 11 van die Wet geskend het wat handel oor teistering op grond van ras,” het Brigit Rubinstein, die kommissie se regsverteenwoordiger, in ‘n verklaring gesê.

“Die MRK het versoek dat me Bridges onvoorwaardelik om verskoning moet vra op al die Facebook-blaaie waaroor sy primêre beheer het en dat sy alle vorme van teistering- en haatspraak van hierdie blaaie moet verwyder,” het Rubinstein gesê.

Volgens die kommissie het hy al vir ʼn aantal jare klagtes van die publiek ontvang oor die beweerde haatspraak op die sanger se Facebook-blaaie.

Isaac Mangena, woordvoerder van die kommissie, het gesê hul hofstukke bevat talle voorbeelde van “gewelddadige haatspraak en rassistiese kommentaar” wat op Bridges se Facebook-blad verskyn het.

Die MRK het Bridges hieroor genader, maar sy het glo ontken dat sy enige oortreding begaan het. Volgens Mangena het Bridges deurgaans die tipe kommentaar op haar blad toegelaat, en het sy dit effektief goedgekeur en ‘n platform geskep vir rassistiese haatspraak.

“Die wette is vir ‘n rede in plek en in ‘n land wie se geskiedenis wentel om rassisme en onderdrukking, en met daadwerklike pogings wat aangewend word om vorentoe te beweeg in hierdie verband, het mense wat openbare forums skep ‘n verantwoordelikheid om die wet te gehoorsaam en op te staan teen haatspraak en rassisme,” het Mangena gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

98 Kommentare

Lillian ·

ek is nie ‘n Sunette Bridges “fan” nie, maar wat van al die anders kleuriges wat haatspraak spreek ? Daar kom niks van nie, maar boeta, laat ‘n blanke persoon net iets sê wat klink na haatspraak en rassisme en jy sit met jou gat in die tronk!

Andreas Meyer ·

Hulle kry ‘n pass van die MRK – “As jy my nie glo nie, kan ek jou ’n ingeskandeerde weergawe van die brief, gedateer 21 Februarie 2001, per epos aanstuur. Hy sê:

Dear Mr van Heerden

RE: YOUR COMPLAINT

We refer to the complaint you lodged with us, and would like to apologise for the delayed response which was occasioned by a shortage of resources on our part.

Please note that the Commission has previously dealt with complaints concerning allegations of hate speech by some political activists and/or public figures. After conducting an investigation into these allegations, the Commission reached a finding that such statements as “Kill the boer, Kill the farmer” fall within the category of the freedom of statement and do not constitute hate speech as described in section 16(2) of the Constitution.

Nonetheless the Commission believes that public figures have a responsibility to promote the spirit of the Constitution, tolerance between communities, human dignity and respect for the law. It will thus continue to monitor their conduct with the view to ensuring that their public utterances are of such that they do not unnecessarily offend sections of South African population.

Do not hesitate to contact the Commission should you have complaints of human rights violations in future. Under the circumstances we are closing our file….”

Schalk ·

Eerstens. Julle kan haar nie n sangeres noem nie, sing kan sy gewus nie en is ook maar net bekend vir wie haar pa was. Tweedens. Ek wil graag n beroep op die vrou doen om n organisasie of beweging te stig sodat ons kan sien hoeveel volgelinge sy werklik het. Die indruk wat ek van haar kry is dat sy nie sal rus voordat daar bloed vloei nie. Miskien moet sy gaan kyk hoe haar volgelinge opweeg teen die meerderheid, as sy dan nogsteeds dink sy staan n kans, is my vermoede omtrent haar korrek.

Schalk ·

Terloops. Die Afrikaner het beslis n stem nodig. Maar beslis nie n stem op Facebook nie. En haar opswepery help beslis nie die Afrikaner nie, inteendeel, dit wakker net meer haat aan.

Anton Visser ·

Schalk sy het n organisasie wat goed doen en goed doen vir haar mense gaan kyk maar wat in Kleinvallei aangaan! Sy word aangekla oor haar vel wit is! Ander kan haat aanblaas maar sal niks oor kom nie! Sy werk hard as mense soos jy eerder ander help as om te kritiseer sal dit beter gaan! Sterkte Sunette ons staan saam jou!!!!

Sharon ·

Schalk jy kom nie eers by Sunette se ou skoene by nie wat staan nog iets anders. Jy kan gerus dat sy jou bietjie leer wat beteken liefde vir jou medemens. Ek haal my hoed vir haar af.

Nicolene ·

Schalk Sunette is n mens in eie reg nie omdat haar pa n bekende sanger was nie en ek dink dis onregverdig om n persoon wat vir haar Volk opstaan as n ‘rugryer’ uit te maak as sulks. Respekteer haar ten minste as n individu. Sy doen wat andere te lafhartig is om te doen en dit sluit veral mans in en dis n skande ek skaam my oe uit my kop uit vir die slapgat witmans in ons land. Sy blaas geen rassisme aan nie en dis mense soos jy wat nie die doel sien in wat sy doen nie, m.a.w. bring ons op hoogte van moorde op ons Boere, oumensies en kinders. Ek kan regtig geen fout daarmee sien nie.

Nina ·

Hehehehe…..Sy HET ‘n organisasie gestig. Daar word tans deur daai selfde organisasie vir honderde arm-blankes huise gebou ens. Met HOPE ondersteuning van ander…. WAT DOEN JY om te help? Wat doen JY om die moord op ons blankes onder ander se aandag te bring? Wat doen JY om ander blankes te help wat krepeer?

Elkeen is verantwoordelik vir hul EIE kommentaar op enige sosiale media en die feit dat sy in die hof moet pa staan vir ANDER se woede en frustrasie, wys net weereens hoe absoluut belaglik en onnosel sommige mense redeneer! Sy het al honderde kere, nes baie ander groepe, gevra dat mense asb versigtig moet wees met wat hul plaas!

Maar dis makliker om haar aan te vat as elkeen wat op daai muur sy/haar sê sê. Dit sal immers jare vat!

Elizabeth ·

Nene – dis hoekom ek en baie ander goed soos fb verpes – mense sit nonsens op en dan moet ander pa staan. Ek sê weer fb is in meeste gevalle vir mense wat verveeld is en wat aan een of ander minderwaardigehidskompleks ly – “please like me” en dan doen almal maar en klik of hulle jou nou ken of nou nie. Siestog wat… In elk geval dink ek nie die MRK gaan ver kom -dis as die howe regverdig is.

Marius ·

Ek dink die vrou doen meer as wat net jy kan droom! Jy is seker een van daardie mense wat agteroor sit en niks vir enige iemand doen nie! Ons is waar ons is – as gevolg van mense soos jy!

Zondra Hoffmann ·

Schalk, as mens kommentaar lewer, veral as jou uitgangspunt is om iemand te verkleineer, dan sorg jy beslis dat jou taalgebruik en spelling “PERFEK” is. GEWUS wanneer dit gewis moet wees? Het iemand jou waardering vir musiek kon kritiseer? Jy is duidelik nie ‘n persoon wat ander mense die reg gun om hulle eie opinie weer te gee nie. Daar is ‘n liedjie wat sê: Jy in jou klein hoekie, en ek in myn’. Ek wonder of jy dit ken. Dis regtig onvanpas om ander te kritiseer as jy jouself wil ontbloot van kritiek.

Pretorius Cahrine ·

Ai, Schalk, doen net eers tog darem die moeite om jou huiswerk te doen voor jy sulke onsinnighede kwytraak….regtig…..Sunette het nog nooit gevra vir geweld, inteendeendeel dis teen die brutale geweld wat gepleeg word wat sy so oor praat, en sy doen geweldig baie vir ander wat hulp nodig het maar daarvan sal arme jy niks weet nie. Die lelik en haat is in die geval direk komende van jou

Les ·

Sunette is iemand wat haar mense help. Niemand anders gaan nie. Sy is klaar suksesvol. Sy hoef haar nie weer te bewys nie. Natuurlik sal alles gedoen word om haar te stop. As die regeering n hele span teen haar insit moet jy weet wat sy se en doen dra gewig.

gerda ·

Kan nie glo dat mense nog so stiksinnig is nie!! Word wakker, kyk om jou schalck die bloed vloei al LANKAL, op die wreedaardigste manier, miskien moet jy van die moord tonele gaan bywoon waar hulpelose ou mense of klein kindertjies gemartel en vermoor word op die plase!! Pasop vir die dag as een van jou geliefdes daai pad moet stap, dan sal jy jou opinie dalk verander en heel voor staan wanneer daar opgestaan word teen hierdie barbarisme!

Schalk ·

Werner. Wat sal ons n roof by jou huis half elf in die aand noem, met n vrou wat ses maande swanger is. O ja, daar was 4, twee met wapens. Seker nie geweldadig genoeg vir jou nie?

HEIN ·

Schalk, sy moet haar opvolgilinge gaan opweeg teen die meerderheid, waste meerderheid ? Wie se meerderheid, wie is die meerderheid , het jy syfers van die meerderheid ? waar kry jy syfers van die meerderheid ? slegs gemeet aan haar volgelinge op haar facebook blad, is daar heelwat meer as op die meeste ‘linkse blaaie saamgevoeg, maar miskien moet jy dan liewer vir ons jou syfers gee, sodat daar nou vasgestel kan word waar sy en haar volgelinge staan, maar heelaas, die sal nie gebeur nie, want dan sal daar erken moet word dat “ons” soveel meer is as wat daar tog so graag in die linkse kringe gespog word.

Julie Kuhn ·

Ruggraatlose Schalk is bang vir die meerderheid! Eintlik stem jy saam Sunette maar te bang om dit te erken!!! NIEMAND wil ENIGE bloed sien vloei nie maar net soos ander rasse staan Sunette ook op vir dit wat vir haar belangrik is!

Schalk ·

Ruggraatloos se jy? Ek sterf n honderd dode voor ek saam met haar stem. En 99 van daai dode kan maar wreed wees.

Schalk ·

Nee Mnr, ek is nie blind vir wat in die land aangaan nie. Die wreedheid waarmee blankes vermoor word is n duidelike bewys van die haat teenoor blankes. Ek is ook gekant teen die sinnelose moorde. Wat ek bedoel met haar blad wat haat aanwakker, as admin het sy die reg om enige kommentaar van die blad te verwyder, indien sy dit nie doen nie moet sy tog seker saamstem. Hoekom betree sy nie die politieke arena, stig n party, word gehoor vir die regte redes op die regte manier. En om te se ek is n “discrace” vir ons verdukte nasie, is lagwekkend.

Schalk ·

Nee Mnr, ek is nie blind vir wat in die land aangaan nie. Die wreedheid waarmee blankes vermoor word is n duidelike bewys van die haat teenoor blankes. Ek is ook gekant teen die sinnelose moorde. Wat ek bedoel met haar blad wat haat aanwakker, as admin het sy die reg om enige kommentaar van die blad te verwyder, indien sy dit nie doen nie moet sy tog seker saamstem. Hoekom betree sy nie die politieke arena, stig n party, word gehoor vir die regte redes op die regte manier. En om te se ek is n “discrace” vir ons verdukte nasie, is lagwekkend.

esther pienaar ·

Schalk niemand het gevra of jy hou van Sunette se singery en of sy na haar pa aard nie. Dis ni waaroor di kommentaar gaan ni. Het jy gesien hoeveel bloed daar alreeds vloei?? En as jy skrik moet jy sommer wakker skrik my mens!!

Andreas Meyer ·

Jy is doodreg, Marius , kyk wat het die MRK oor “Kill the Boer” gese:

SOUTH AFRICAN HUMAN RIGHTS COMMISSION
Entrance 1
Wilds View
Isle of Houghton Private Bag 2700
Boundary Road Houghton
Parktown, Johannesburg 2041
21 February 2001
Mr Fanie van Heerden , PO Box 2418, ROOIHUISKRAAL , 0154
Dear Mr van Heerden
RE: YOUR COMPLAINT
We refer to the complaint you lodged with us, and would like to apologise for the delayed response which was occasioned by a shortage of resources on our part.
Please note that the Commission has previously dealt with complaints concerning allegations of hate speech by some political activists and/or public figures. After conducting an investigation into these allegations, the Commission reached a finding that such statements as ‘Kill the boer, Kill the farmer’ fall within the category of the freedom of expression and do not constitute hate speech as described in section 16(2) of the Constitution.
Nonetheless the Commission believes that public figures have a responsibility to promote the spirit of the Constitution, tolerance between communities, human dignity and respect for the law. It will thus continue to monitor their conduct with the view to ensuring that their public utterances are of such that they do not unnecessarily offend sections of South African population.
Do not hesitate to contact the Commission should you have complaints of human rights violations in future. Under the circumstances we are closing our file.
M. C. Moodliar
Head: Legal Services

Bazler ·

Scalk jy weet nie meer wat om te sê nie, was dit nou die beste waarmee jy kon opkom?

PJ Kruger ·

Schalk se opmerking oor Sunette se sang, kan sekerlik as “onvanpaste persoonlike opmerkings” beskou word ingevolge die “Bepalings en Voorwaardes” vir kommentaar hiernaas; en dit het ook niks te doen met die inhoud en onderwerp van hierdie berig nie. Dit plaas hom egter vierkantig in dieselfde kraal as die regering en liberale media, wat graag die boodskapper diskrediteer wanneer die boodskap verwerp word … en dit is presies waaroor hierdie hofsaak gaan.

Die ANC regering hou nie van kritiek oor hul onbevoegdheid in die hantering van die moorde op die blanke minderheid nie, en daarom word hul “werktuie” (soos die MRK en liberale media) ingespan om die boodskapper(s) van “rassisme” te beskuldig. Die MRK en liberale media is geensins onpartydig in hierdie aangeleentheid nie, en daarvoor moet die regering se “Regstellende Aksie” en “Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB – beter bekend as “BEE”), sekerlik die krediet ontvang.

Die inherente rassisme in die regering se SEB beleid, dra nou daartoe by dat die meerderheid in Suid-Afrika, wat tans ANC ondersteuners is, nou die betekenis van die woord “rassisme” kan herdefinieer. Arme drommels soos Schalk, wat waarskynlik sy geskiedenis en opinie uit mediaberigte leer en vorm, besef seker nie dat media-propaganda hom stelselmatig breinspoel nie. Andersins leen hy sy ore uit aan talle blanke ANC “ondersteuners”, wat bloot op die soustrein gespring het in die hoop om finansieel of andersins daarby te baat.

Daar is by my geen twyfel dat die “Rassisme” aantygings, net een doel het nie; en dit is om almal se monde te snoer oor die moorde op blankes en al die ander onregte wat teen blankes gepleeg word. Indien die MRK, as werktuig van die regering (die regering doen nie graag hul eie vuilwerk nie anders kan daar vinger gewys word), hierin sou slaag, sal dit beteken dat ras geensins genoem mag word in kritiek teen die regering nie, en dat ras net gebruik mag word in lofprysing (soos vir SEB).

Almal is nie noodwendig gaande oor Sunette Bridges of Steve Hofmeyr nie, maar dit is persoonlike voorkeure en nie werklik wat hier ter sake is nie. Hierdie hofsaak handel oor beginsels, vryheid van spraak, die bestaansreg van blankes in Suid-Afrika, en die reg om gelyke behandeling; en dit is hoogtyd dat die publiek dit begin besef. Selfs Jan van Riebeeck is nou die “Vark van die Nuwe Suid-Afrika”.

Dit is nie soseer Zuma of Malema se streke wat die blanke minderheid in Suid-Afrika omkrap nie (baie vind die spulletjie selfs amusant); dit is egter wanneer mense soos Schalk, Vinette Ebrahim en talle ander op die regering en media se “rassisme” waentjie spring, dat mense werklik omgekrap raak. Patriotisme is die nuwe rassisme in die wêreld, en nie net in Suid-Afrika nie. Hoe gouer mense dit besef, hoe beter (Sien http://youtu.be/lcRIuiYtqaY).

Watter blanke in Suid-Afrika is nog nie van rassisme beskuldig in ‘n geding teen enige ander ras nie? Mens mag nie meer kla oor diens as jy blank is nie, en selfs tydens ‘n motorongeluk moet die “rassistiese” blanke die “skuldige” party wees. Gaan toets dit as jy my nie glo nie. Dan kry mens werklik nog die blankes wat die valse beskuldigings glo.

Wie het werklik die sogenaamde “bewyse” in hierdie aangeleentheid gaan bestudeer? Die probleem is egter dat mense deesdae meer geloof in die media as die Bybel het, en boonop te lui is om werklik agter die kap van die byl te kom. Dit is makliker om die snert wat in die media verkoop word te glo, en dan saam met die stroom te swem. “Vra maar vir Jack, hy lieg net soos ek”, maar “Jack” met die groot bek en vinnige vingers op die rekenaarsleutelbord, het die hedendaagse meningsvormer van die liggelowiges geword.

Skrik wakker en kom by.

Amanda ·

Schalk, jy praat bog. En mens sê “gewis” nie “gewus” nie.

johan ·

sy se so omdat daar reeds boerebloed vloei, 127 boere sinneloos vermoor in 2014,, elkeen va ons kan ons denke deel op ons eie manier,, wat dink jy van die toestand in ons land schalk?

Petrus van Eeden ·

Ek het baie groot respek vir mense soos Sunette wat vir ons Afrikaners opkom. Ek het baie groot waardering vir jou durf Sunette. Baie min van my mede-Afrikaners het die moed wat jy toon. Ek wens jou heel veel sterkte!

Thys Human, Pretoria ·

Sy het op haar FB van die klagtes teen haarv genoem. As dit waar is dat sy van daardie goed aangekla word, is dit een van die grofste aantastiungs van vryheid van spraak en rassistiese vervolgings teen iemand wat nog in hierdie skewe land ingebring is. Indien dit waar is, word haar lys van plaasaanvalle waarin wittes gedood en gemartel is, as rassisme beskou en moet sy ophou om sulke lyste op te stel!

Maar laat ons hoor wat sy hierdie beweerde kommissie.

Sterkte, Sunette.

david ras ·

Jip Thys. ek is met jou. Ek het ook die klagte gelees en ek wag nou om te sien hoeveel daarvan ‘n hofsaak gaan oorleef. Ek meen as Sunette haar kaarte reg speel kan hier dalk nog ‘n klag van kwaadwillige vervolging teen die MRK uitkom. Voeg sommer “vrugtelose uitgawe” by want die MRK werk op publieke geld.
Ou Steve is blykbaar ook gedagvaar,deur dieselfde bende. Lyk my mense raak nou paniekerig oor sekere waarhede wat nou wereldwyd inslag vind.
Maar dan. benoude katte maak benoude spronge ….of hoe ?

Anne v Zyl ·

Graag wil ek weet hoe enige regdenkende persoon kan verwag dat enige iemand wat meer as 50 000 volgelinge het, wat elkeen hulle opini lug en nie net een keer nie, maar soms n hele debat voer, verantwoordelik gehou kan word vir volgelinge se skrywes. Ek het minder as 200 op my blad en tussen gister en eergister se skrywes kan ek nie vir jou se wat daar staan nie. So mense soos Schalk skrik wakker en kyk verby die kamma haatspraak en word wys. Jy gaan een van die dae nie boe of ba kan se teen enige gekleurde of jy sit in die tronk. Ondersteun Sunnette eerder vir wat sy doen as om haar af te kraak. Indien sy hierdie saak verloor loop jy Schalk een van die dae kop onderste bo, te bang om enige gekleurde in die oe te kyk of te groet ,want haatspraak sal dit wees. STERKTE SUNNETTE JY IS N YSTER VROU.

Herman ·

Soos Nina hierbo gemeld het, doen Sunette baie vir Afrikaners. Ek is glad nie n fan nie en kannie myself sien as n volgeling, MAAR sy doen iets vir ons eie mense. Soos meeste van ons het ek nie die tyd om aktief betrokke te raak. Ek wil net ander afrikaners mooi vra om asseblief nie so skaam vir hulself en vir hule eie mense te wees nie. Sunette is dalk nie n uitmuntende leier nie, maar sy probeer. Ons bly in Afrika en ons buidige bestel verstaan nie stille protes en geordende betogings en ” westerse waardes” nie. Dalk is die bietjie krasser Sunette meer suksesvol om ons om ons onderdrukking op die spits te dryf as die ouer bedeeste geslag wat tog net te bang is iemand kritiseer hulle. Sunette alle sterkte met jou verhoor.

Amanda ·

Sunette het iets wat nie een ander sogenaamde “leier” het nie. Sy het die moed van haar oortuiging. Tussen haar en Steve sê hulle wat ander net dink.

petra van vuuren ·

mens kan ok net lag vir die idiote wat snert kan praat.
Zuma mag se wat hy wil van blankes, ma hy kom niks oor nie. Ek stem, ek is nie ‘n bewonderaar nie, maar sy doen ten minste iets.
laat die wat nou op die kantlyn sit, iets doen, dan sien hulle dalk wat aangaan in die land.
Het seker ook ja gestem destyds!

Marius ·

Ag die spul voel seker gekrenk oor Sunette net die waarheid praat. Ek staan ook agter Sunette.

Realis ·

Ek volg al ‘n ruk Sunette se blad. Sy het meer “guts” as meeste Afrikaner mans en ten minste staan sy op vir haar mense. Sy ploeg ook vreeslik baie terug in Afrikaner gemeenskappe in. So enige iemand wat haar beledig is seker die tipe wat stil in ‘n hoekie sit en niks vir sy of haar mense doen nie. Sterkte Sunette!!

Hannes ·

Sonette is vrou alleen besig om kuilvuis onder die korrupte amptenare in te klim. Niks wat ek gelees het van wat sy gese het is nie die waarheid nie. Ons moet eerder saamstaan en doen wat sy doen sodat ons beter gehoor kan word.
Sterkte Sonette!!

Jan ·

Sunette, dankie vir dit wat jy vir die blanke volk doen, jy het jou manier van dinge doen en se, nie almal hou daarvan nie(CALL A SPADE A SPADE). Dankie vir al jou optredes vir fondsinsamelings by blanke skole en kerke, sonder enige vergoeding. Ek salueer jou !!!!

Ida ·

Vir Sunette het ek net die wereld se respek. As ek so kyk na wat sy vir haar mede Afrikaner doen, kan ek net my kop in skaamte laat sak vir die ander Afrikaners wat haar so kritiseer. Mense, Sunette het regtig nie nodig om haar hele lewe so op te offer om ander te help nie. Sy kan terug sit, haar lewe geniet met haar 5 kinders en man. Nee, sy doen eerder iets om ander wat swaarkry se lewensgehalte te verlig en dit se vir my dat sy ‘n vrou van inbors, omgee en ‘n Engel is. Sunette moet nooit dat mense se aanmerkings jou van stryk bring nie, bly die pragtige vrou wat jy is, jou voorbeeld sal op die ou end baie meer mense se oe oopmaak. Baie dankie wat jy vir ons mede Afrikaners doen. Ek en baie ander is werklik trots op jou jy sal sien hoe gaan jou harde werk nog vrugte en vreugde bring . Jy “rock” Sunette xxx

Leana ·

Hoop daar is ‘n paar groot monde wat van nou af stil gaan wees. Dis Sunette se aanhangers wat voor die hof gedaag moet word…. nie SY nie. Waar is die mense nou? Bekke is nou skielik stil. Kry vir Sunette jammer wat nou die spit moet afbyt. Sterkte Sunette! Verwyder die skuldiges summier van jou blad af!

Sunette Fan ·

Realis, ek is al n paar jaar n getroue volgeling van Sunette. Ek het soveel respek vir haar. Die dinge wat sy doen se al klaar baie van haar karakter. Sy glo in dit wat sy doen en doen dit met eg Boere afrikaner trots. Schalkmiskien moet jy vir ons meer vertel oor wat jy doen vir jou mense, volk en taal. Sunette, blondie jy is ons Ystervrou. Ons in jou sitkamer staan 100% agter jou en glo in dig wat jy doen. Dankie vir mense soos jy. Viva Sunette, Viva Steve.

Realis ·

Ek stem saam Sunette Fan. As ‘n Afrikaner man in SA haal ek my hoed vir haar af. Een van min mense wat opstaan en uitwys wat in ons land aan die gang is. Enige iemand wat haar beledig moet hul kop in skaamte laat sak – want hul weet nie waarvan hul praat nie! Ek sal haar aanhou ondersteun en hopelik sal die wereld se oe eendag oopgaan oor ons onnatuurlike situasie in SA voor dit te laat is!!!

Charles ·

Dis hoe ek Schalk sien, en glo my daar is baie van sy soort en wat soos hy redeneer. Hulle is vinnig om hulle eie soort hel te gee en te oordeel oor dit wat iemand soos Sunette kweit raak. En al wat Sunette eintlik doen is om die waarheid te praat. Hulle haat dit ten strekste want hulle self is nog blind. Die dag as die poefies die fan gaan slaan, dan gaan mense soos Schalk die eerste wees wat skuiling en beskerming soek by mense soos Sunette. Dis net jammer mens kan nie hul fotos iewers kry en hulle gesigte oorals plak dat almal wat glo wat Sunette glo, hulle kan ignoreer as hulle self eendag onder die misdaad deur loop en dan na ons wil kom vir simpatie. Ek wens so graag hulle oe wil oopgaan. Kan mense regtig nog so blind wees??????

Burger ·

Met haatspraak word mense beinvloed , ongeag wie . Hierdie saak en wat sy gese is , gaan beslis media aanhang kry . Dit wat sy gese het , gaan beslis meer haat aanmoedig en nog meer boere se lewens in gevaar . Boere het n stryd om aan die lewe te bly op plase en mense wat hierdie uitsprake ondersteun , wel dink met jou verstand voor jy verder gaan . Jy kan nie aan die aan kant plaasaanvalle veroordeel en aan die ander kant tart jy die wat dit doen nie en jy sit waarskynlik in n beskermde omgewing. Plaas aanvalle is haat gedrewe en boere het beslis nie haatblasers nodig nie. Ek hoop ook anders kunstenaars dink ook mooi voordat hulle haat aanblaas.

Anton Visser ·

Asseblief Burger moet nie twak praat nie noem asb n geval wat gebeur het agv wat Sunette se of nie se nie! Waar blaas sy haat aan? Die minister se mos dis nie haat of ras verwante aanvalle nie as dit was agv Sunette ou hy mos so se! Word wakker en doen iets jouself en hou op om net te kritiseer!

Jan ·

Wat het sy nou sodanig in die openbaar gese wat haat sal aanblaas? Zuma blaas haat aan, onder sy eie mense en onder my en jou !

Corrie ·

Schalk sonder van! Pasop as jy wakker skrik dat jy nie van jou stoel afval nie. Sunette baklei kaal hande vir ons en dit waaraan sy (ons) glo. Sy noem al die aanvalle en moorde om ons op hoogte te hou. Sy het al hoeveel keer gevra mense moenie lelike taal ens….op haar blad plaas nie. Sy het ook al heelwat kere genoem BARBARE het nie n kleur. En ek wonder net hoekom word sy voor die MRK gedagvaar en wat van Vinette en die baie ander??? Seker oor Sunette vir ons mense help met huise,kos,klere ens.. En die “ander”sorg net vir hulle self!!en doen hulle eie mense in.

Naomi ·

Sunette word hier die scapegoat gemaak, hulle dink as hulle haar aanvat sal die res van die mense te bang wees om iets te sê. So probeer hulle ons stemme stil maak. Wat ek glad nie kan verstaan nie, is dat daar so baie mense is wat die media toelaat om hulle aan die neus te lei. Heng mense gebruik julle grysstof en doen navorsing oor wat besig is om te gebeur in die land. As Sunette dan so klein en nietig is soos wat hulle voorgee hoekom dan al die moeite doen om haar so te diskretiteer. Ek dink sy raak baie teer punte aan en dit laat baie ongemaklik voel. Dit waarvoor sy staan en waarin sy glo is vir my n riem onder die hart. Ek is trots Afrikaner en dit is my reg om te wees. Ek verdien my plek in die son nes die res van al die volke en tale in die land.

Theuns ·

Ek lees van die mense se kommentaar hier.Dis duidelik dat daar mense is wat met oogklappe lewe en wat te bang is om te sien wat werklik in ons land aan die gang is.

Nog nerens het ek gesien waar Sunette haatsprake of mense opsweep nie.Wat sy wel doen is om die dapperheid te he om statistieke oor beplande en georganisieerde moorde teen boere en hul gesinne op plase te openbaar.Iets wat ons sg leiers te papbroekig is om te doen.

Mense dink solank hulle veilig wegkruip in hul huise en nie op plase woon nie , daar niks fout is nie en dat hulle niks sal oorkom nie.Daar wag nog n groot verassing vir hulle.Die dag sal kom wat hulle gaan spyt wees dat hulle nie die statistieke en bewyse ernstig opgevat het nie.

Sunette ek sallueer jou vir jou dapperheid om dit wat weggesteek word te openbaar.As ons meer sulke Afrikaners gehad het, sal ons land nie gewees het waar dit nou is nie.

Schalk ·

Nee Lukas, ek is nie stil nie. Ek is nog besig om deur al die kommentaar te lees, en lag my dood vir julle klomp wat reken ek moet leer spel. Gaan lees bietjie deur en lag saam. Kom ek probeer weer. Die punt wat ek probeer maak, as julle gatkruipers nie teken prentjies nodig het om dit duideliker te stel nie. Op haar blad waar sy die admin van is, kan slegs sy ongewenste kommentaar verwyder. Indien sy dit nie verwyder nie, kom ek tot die gevolgtrekking dat dit ook haar mening is. En as sy te besig is om dit te verwyder, moes sy dit nooit begin het nie. En ja, ek was al self n slagoffer van geweld, met n ses maande swanger vrou en vier rowers waarvan twee gewapen was. Om die een of ander rede het hulle nie my vrou skade aangedoen of my geskiet nie, nogsteeds hoop ek dit nie een van julle haatdraende kommentators toe nie. So, gooi die modder, ek kan dit vat, julle persoonlike aanvalle is maar net n bewys dat julle nie op n vreedsame manier oplossings soek nie.

bernadene ·

Sunette is nie bang om dinge op die naam te noem nie. Ons witmense is meer bekommerd oor wat en waar ons braai die naweek, plaas ons begin lees en besef wat om ons aan die gang is. Ons word een een uitgemoor, elke dag. En as mens dit op die naam noem is jy n rasis!

Martie ·

Word wakker Schalk jy slaap nog en vir jou inligting daar is baie van ons wat wakker is en sien wat aangaan. Gaan vlug saam met die ander want dit is al waarvoor mense soos jy goed is. Sunette dankie vir als wat jy vir ons blankes doen en die inligting wat jy deurgee sonder dit sou ons nog geslaap het en nie geweet het ons is “targets”. Daar word vir ons kleinkinders gelieg maar hul oe gaan oop want hul hoor nou ook van al die blankes wat onskuldig vermoor word. Ek is hier gebore en hier sal ek bly en sterf as n trotse blanke persoon wat nie op die kantlyn sit en toekyk hoe my mense gemartel en vermoor word. Waky waky Schalk en sy trawante

Lorainne Sarlet ·

Ek staan 100% agter Sunette met dit wat sy doen en se. En al hierdie slapg@tte met hul grootmonde, wat doen julle? LOS HAAR UIT!!!!

Elizabeth ·

Sal net graag wil sien dat daar opgtree word teen ander rasse wat erger uitlatings maak op FB ook maar dit maar net gelate laat gaan. Gaan kyk maar wat aangaan op die EFF se blad…..maar dit is okay….Sunette word geteiken want sy is wit en so sal ons onderdruk en gemoor word totdat daar niks van ons oorbly!! Sienner Van Rensburg het gepraat van die “Nag van die Langmesse”. Iemand al daaraan gedink dit die “Nag” wat hy na verwys net beeldspraak is vir ‘n donker tyd wat vir ons voorlê…ons blankes…ons mense….

Mariekie ·

Aag Bossie, jy weet nie eers hoe om te spel nie, wat nog om te weet wat ‘n rassis is. Dankie Sunette vir jou durf en moed om die wereld te laat hoor wat met ons mense gebeur, veral ons weerlose oues van dae wat wreed vermoor word. Net bygese, jou stem is uniek en pragtig! Wens ek kon so sing!

Pinarello ·

Two wrongs don’t make a right, en dat al julle Sunette skoot hondjies dink dit is net Blankes, wat vermoor word. 18 000 mense in ʼn jaar, en 200 blankes deur swartes. Dit is nie Volksmoord nie. Dat daar wel ʼn groot probleem is, in ons land is feite, wat niemand kan weg redeneer nie. Skrik wakker daar is nie meer ʼn ons en hulle nie, en daar sal nooit weer wees nie. Julle klink soos ʼn klomp skool kinders, “maar hy het eerste gees ek is lelik, juffrou” Begin ʼn buurtwag, skerp sekuriteit op, doen patrollies, skip maar die rugby, en braai so af en toe, en doen iets in jou eie Buurt. Die regering gaan niks doen nie, so almal wit, swart, groen en pers moet hulle self help. Elke rasse groep hetsy vrot elemente, en baie meer goeie mense as slegtes. Ons almal seil op dieselfde boortjie. Rasse haat aanblaas van alle kante, gaan niemand iets in die sak bring nie, net die goeie mense van alle rasse vervreem van mekaar.

Elizabeth K ·

Pinarello – eerste kommentaar wat eintlik sin maak… en nie op massa-histerie gegrond is nie.

Jan ·

Dr Stanton van Genocide Watch noem dat RSA al by “stage 5 of 8″ van volksmoord is”. Kry jou feite reg voor jy ‘n klomp nonsens hier kom opdis !

HEIN ·

Pinarello, as dit nou jou naam is (Sunette se skoot hondjie’s, waar het ek nou al daai een gehoor,…O ja, daar op die kotsblaaie teen Sunette) Niemand van ons betwyfel die feit dat ander bevolkings groepe ook vermoor word nie. dit is geensins waaroor die herrie of haar blad is nie. Die onderwerp is al verskeie kere op verskeie forums geopper en deur getrap, maar kom ek help(sien ons regses help ook graag), eerstens is daar nie n ons nie, dit is en was nog altyd ons en hulle/julle, dat 1994 nou so n invloed gehad het op sekere’s dat julle binne 20 jaar in EEN volk verander het is “wonderbaarlik”om die minste te se. Daar is wel verskillende volke in een land, en sowaar, hulle velkleur veskil wel, asook tradisies, kultuur, uitkyk op die lewe, gewoontes ens ! en dit is net daar waar die kruks inkom, niemand het nog ooit iemand anders verhoed om enige statistieke bymekaar te maak en bekend te maak oor hoeveel van die ander volke/kleure/stamme of wat ookal vermoor word, en deur watter bevolkings groep, maar ek kan jou wel se dat indien iemand wel n groep/blad/ navorsing sou doen oor hoeveel blankes van die ander volke vermoor, daai person nie veel gaan he om na te slaan of om te”post” nie. Maar die selfde kan nie gese word van die anderkant van die muntstuk nie. en indien daar nie daadwerklik iets omtrent die situasie gedoen gaan word nie, gaan daar bittermin blankes in die land oorwees, indien enige.

Elizabeth K ·

Bossie jy ken darem haar omstandighede en geldsake en dinge “goed” ne. Nie nodig vir persoonlike aanvalle nie wat!

Schalk ·

Mooi man!!! Ek kort brille, gehoor aparate, spel lesse. Tenminste is net een van al die bogenoemde nodig. Ek vra nederig onverskoning, my feite is verkeerd. Sy het n ondersteunings groep op FB, met n hele 1062 volgelinge. Ek is redelik beindruk. Indien sy nie met al die haatspraak op haar FB saamstem nie, het sy as admin daarvan, die reg om dit te verwyder. Skiet gerus voort.

HEIN ·

Schalk, ek dink jy kort meer as wat jy voorgee, die vermoe om op n rekenaar te werk skynbaar ook, of dalk is dit rerig dat die boonste verdieping nie so goed saam werk nie, dat jy nie die getalle kan lees nie, kom ek help jou maar, haar Faceboek bladsy het tans( 13h50) 37 868 volgelinge, Kleinvallei projek buite Krugersdorp, het 3 749, die Red October veldtog het 5066 volgelinge, dan is daar nog die boere vroule liga, asook haar geslote blad. Al gehoor van Google ? sterkte met die donkerte daar by jou.

Minnie Venter ·

kom ek help jou sommer reg ook… Dit is nie “brille” nie… Dit is net een bril!! … lekker Afrikaans leer.

Hennie ·

Die probleem wat ek met die hofsaak het. is dat Sunette nie haatspraak en/of rassisme op haar blad kwytgeraak het nie. Wel mense wat daar komentaar lewer. Sy is al een wat dit van die blad kan verwyder. Ongelukkig is Facebook dophou nie haar voltydse werk nie. In die meeste gevalle waar die haatspraak geplaas word, is dit mense met vals profiele wat dit doen en dan skermskote daarvan neem en op ander blaaie plaas en dan kla daaroor. Selfs jou klein breintjie behoort dit te verstaan Schalk. Wel, ek hoop so! 38,423 likes. Dis hoeveel ondersteuners sy het op haar een blad. Julle internet ninjas moet eers bietjie navorsing doen voordat julle jul name kom gat maak met idiotiese komentare.

Niel ·

Jy leef defnitief met oogklappe aan, of pappa het vir jou en jou familie n baie veilige heenkome geskep in n veiligheids area waar jy kan veilig wees weg van alle geweld en moord rondom jou, maar wag tot dit seker met jou familie gebeur dan spring jy ook op die bandwagon oor geweld in ons mooi republiek.

Attie ·

n Man wat so slapgat is om n vrou te wil afskiet omdat sy doen wat hy eintlik moes doen…is bitter sleg..!!! as daar mans in hierdie land met balls was het dit nie gegaan soos dit gaan nie..dis van slapgat mans deur jare heen, wat in beheer is dat die vrouens van hierdie geslag die gemors moet probeer red…en jy wat nie n Sunette “FAN” is nie..dankie tog vir dit..want sy het ni “Fans” nodig nie man..gaan wees een of ander nikswerd wat volgens jou iets beteken se FAN..jy is nie eens die sand onder die vrou se skoene werd nie..!!!

Dirk Grobler ·

Suid Afrikaners Sal te laat wakkerskrik en dan sal dit n geween wees. Sunette en Steve is nie rasiste nie maar “highlight ” net dit wat gebeur rondom ons. Ons is so blind!!! Alles moet mos polities korrek wees.Mense word uitgemoor wit en swart maar alles gaan goed!!
Alles stort in duie maar ons blameer enkelinge wat probeer en guts het.
Bid net dat die Here die skille van julle oe laat afval .

Riaan ·

As ‘n mens ‘n bietjie meer moeite doen as om net die “krante” te lees, sal almal weet dat Sunette al baie, baie, baie keer vir almal wat haar volg, gevra om nie haatspraak te uiter op haar blad nie. Juis omdat sy verantwoordelik gehou gaan word. Dit is jammer dat haar “volgelinge” haar nou in die sop het. Sy is en bly ‘n vrou van staal. Baie sterker as ‘n ene “Schalk”.

Madelein ·

Sunette, ek salueer jou en is dankbaar dat daar ‘n vrou is met meer guts as baie ander mans wat dink hul is groot en sterk!! Ons staan 150% agter jou, en vir mense soos Schalk, ons bly in Suid Afrika… wake up and smell the coffee, wonder of jy dieselfde dientjie gaan sing as dit met enige van jou geliefdes gebeur! Dit is tyd dat jy jou oogklappe afhaal…

Louise Nel ·

Hoe gouer almal in ons land besef dat ons almal ewe veel reg het hoe beter. Ons moet ‘n weg vind om saam te leef. Moord pleeg en misdaad is beslis nie ge”link” aan ‘n spesifike ras nie. Alle rasse het mense wat goed is en wat sleg is. In 1Petrus 2:23 lees ons dat toe mense vir Jesus sleg gesê het, het Hy hulle nie terug sleg gesê nie. Toe hulle Hom seergemaak het het Hy nie gesê Hy gaan hulle terug kry nie. Hy het dit in God se hande gelos. In Kolossense 3:10 sê God ons moenie met mekaar vassit nie net omdat ons nie dieselfde lyk of dieselfde taal praat nie. As almal, wit swart pienk geel of groen, net kan leer om mekaar te respekteer en saam leef sal dit beter gaan. Matteus 5:43-48 sê ons moet vir almal bid. God laat die son skyn oor almal, Hy laat dit reën op die goeie mense sowel as slegte mense se grond. As jy net jou vriende groet is jy niks beter as jou vyand nie want ook hy groet sy vriende. Asb mense gebruik die Bybel as jou wapen en baklei vir wat belangriker is, ons geloof. Staan agter Jesus en baklei vir die ewige lewe saam met God

Suzette ·

Schalk, sy is so besig, waar dink jy gaan sy tyd kry om uit te vee. Sy sal dan heeltyd op facebook moet wees. Sy ag nie hierdie mense wat nog nie geleer het om hulself in toom te hou belangrik genoeg om haar tyd onnodig aan hul te verwyl nie. Sy is geroepe vir die wat haar rerig nodig het. Hou aan met jou goeie werk, Sonet. Daar is genoeg wat dit werklik waardeer.

Annamarie Herbst ·

Ons almal staan agter Sunette en Steve hulle doen tenminste iets vir die Afrikaner Volk

anne ·

Well done Sunette, wens ons het meer Afrikaners soos jy gehad

Chrisma ·

Pinarello, how can you say that what Sunette is reporting on is a wrong? : (two wrongs don’t make a right). How can it be wrong to report the loss of life in such tragic circumstances, which the media has loooonnng gone turned their backs on. We are not aware of all the white farmers being killed, because it is not seen as to be news worthy. What Sunette is doing is giving those whose lives are taken from them, a voice and a meaning. Whereas society in a whole would rather like an ostrich push their heads in the sand and not want to know about it. “Carry on regardless” ……right…..until it hits them personally. What then? Who will speak for your loves ones then? Its time that someone brings it out in the open what others would love to keep quiet. Its become horrendous….and I am of the highest opinion that Sunette in no way whatsoever feel unsympathetic to all the other lives lost as you have put it. The thing is, they have a voice, don’t they….we hear about those murders, rapes etc etc…..daily as it is publicized in the media. BUT where is the voice for the oppressed which is the white Afrikaner at this stage in history?
En jy ook Schalk……….jy behoort jouself te skaam……..en dan praat jy nog ons moedertaal. Skaam jou. Ons hoor maar weer van jou af indien so iets jou of jou naaste moet oorkom.

Elizabeth ·

Chrisma – lees bietjie boontoe – Schalk is deur so-iets. Wat mense vergeet is dat op forums soos die, elkeen geregtig is op sy/haar opinie. Mens hoef nie met elkeen saam te stem maar om nou vir die Schalk ou ook so aan te vat help niks en veroorsaak net groter tweespalt. As jy dink hy is verkeerd, noem dit op ‘n beskaafde manier. Dan wys dit watter tipe mens jy ook is – een met ‘n opvoeding! Sjoe mense kan so afgaan en al voel mens sterk oor ‘n saak moet mens tog net nie “verkommin” nie! Laat ons Afrikaners tog altyd probeer beskaafd optree; ek word baie vies as anderstaliges ons uitlag en afmaak as “kommin” omdat ons so lelik kan wees!

Dawid ·

Deur jou spelling -” wus en us” is dit baie duidelik dat Schalk vinnig ‘n Joiner moes kry om hom te kom help. Viva Schalk Bossies!!!

Schalk ·

Faan. Lees bietjie verder af. Of kan ek een van die byna 94 stelle brille wat ek gaan aankoop het vir jou leen.

Sansie ·

Sunette sleep nie die Afrikaners se naam deur die modder nie, dit doen hulle sommer self. Ons kan nie eers meer iets onskuldig soos ‘n resep op internet in AFRIKAANS soek nie dan kom jy by ‘n klomp goed uit waarna ORDENTLIKE Afrikaanse mense nie na kan kyk nie.

Dawid van Rensburg ·

Ek skaam my vir rassiste soos hierdie grillerige en talentlose vrou. Trou lieer of maak nog kinders- dis jou forté- nie logika of insig nie. Sies

Esmarié ·

Stem 100% saam! ! Wens almal wil nou 7de Laan begin boikot dat hulle haar laat gaan. Ons gesin kyk dit glad ni meer sedert HAAR rassistiese opmerkings ni

Esmarié ·

Ekskuus, in my vorige kommentaar praat ek van Vinette Abrahams (Charmaine) van 7de Laan. Is háár haatspraak teen wittes dan nie ook erg nie??!! Boikot asb 7de Laan dat hulle nie ‘n keuse sal hê om haar te laat gaan as die kykerstal so daal nie!

Thys ·

Schalk,
Jy verbaas my met jou kennis oor Sunette se facebook blad, maw jy lees self daar en snuffel rond, dan behoort jy te weet dat sy geen haatspraak aan wakker nie.
Sy noem die moordenaars, alle moordenaars wit en swart “Barbare” presies wat hulle is, verder praat sy oor haar Kleinvallei projek en publiseer die moorde op blankes wat die Naspers media weier om te doen.
En siende dat jy so ingelig is oor facebook behoort jy te weet dat sy nie elke en ieder pos op daardie blad kan lees en kommentaar lewer nie.
As jy dan n groenewald n groenewald noem en sy sien dit nie om dit te verwyder nie, kan jy haar mos nie aanspreeklik hou dat sy dit goedkeur nie.
Ek dink baie van die mense wat jou hier geroskam het, het dit gedoen omdat jy dit verdien.
Moet nie iets sê waarvoor jy geen bewyse het nie en moet nie jou voet in die krokedil se bek druk nie, want hy gaan jou opvreet.
Sunette het baie aanhangers en volgelinge waarvan ek ook een is, en ons gaan soos n beton muur agter haar staan, wat jy ookal sê of van haar dink is soos n druppel water in die see.

Jacqueline ·

Ek dink sy se net wat gebeur in die land, ek het geen problem met haar pos nie! Ek het ander facebook profiles, boere aksie en hulle inligting is dieselfde. Jy is nie verantwoordelike wat ander mense se komentaar is nie. Wat van Britian First, hulle doen dieselfde ding en pos gebeure in Britian! Ek het geen problem met haar pos nie en daar is ‘n Freedom of speech! Wat is verkeerd darmee???

Arnold ·

Schalk, jy het hierdie geveg los hande verloor. En so ook die res van jou liberale maatjies hier en daar. Dat daar wragtig Afrikaner mans soos jy is, en nog boonop met jou sienswyse tekoop loop, is of dom, of roekeloos.
Neem hierdie slaë wat jy nou hier gekry het kop toe, en verbeter jouself.

Arnold ·

Sunette en Steve het in minder as een jaar meer vir hulle mense gedoen, as die res van die bevolking saam.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.