Sunette Bridges mobiliseer gemeenskappe wêreldwyd vir ‘Red October’

Sunette Bridges

Sunette Bridges

Die sangeres Sunette Bridges het besluit om op 10 Oktober ʼn internasionale massa-optrede van stapel te stuur om bewusmaking te skep. “Red October” is ʼn nie-regeringsorganisasie wat deur Bridges gestig is.

“Red October is infrastruktuur wat ek geskep het en beskikbaar stel aan almal,” het Bridges Vrydag aan Maroela Media gesê. “Dit is ʼn sigbare bewusmakingsveldtog waaraan enigiemand kan deelneem om op te staan teen plaasmoorde, korrupsie asook die vertrapping van Afrikaners en enige minderheidgroep se regte.”

Sy sê soos die son op 10 Oktober in die ooste gaan opkom, skop die eerste aksies in Australië en Nieu-Seeland af, waarna aksies in Europa en Suid-Afrika afskop en uiteindelik in die VSA eindig.

“In Suid-Afrika is daar baie gemeenskappe wat gesê het hulle gaan op dié dag deelneem. Hulle kom in hul onderskeie dorpe bymekaar, ʼn plaaslike predikant open die verrigtinge en dan vergader hulle byvoorbeeld met die polisie om planne te beraam om misdaad hok te slaan. Dit is ʼn geleentheid vir hulle om alles wat hulle pla met gemeenskapsleiers en polisie te deel en ʼn oplossing daarvoor te soek. Die Middelburg-gemeenskap in Mpumalanga skop hulle verrigting met ʼn lekker braai af, sodat die inwoners mekaar kan leer ken,” hy sy bygevoeg.

Die twee grootste optredes in Suid-Afrika sal in Pretoria en Kaapstad plaasvind. “In Pretoria gaan ons by die Kunsmuseum bymekaar kom en ʼn vreedsame optog hou tot by die Uniegeboue, waar ʼn memorandum aan die regering oorhandig gaan word. Die memorandum bevat voorbeelde van hoe minderhede se grondwetlike regte onreg aangedoen word. Na die oorhandiging gaan ons ʼn 1-minuut stilte hou vir almal wat in ons land vermoor is, waarna ons duisende rooi ballonne die lug in gaan stuur.”

Volgens Bridges verwag die organisasie sowat 5 000 mense in Pretoria. Groepe wat reeds die veldtog ondersteun is onder andere die Transvaalse Landbou Unie, die Verkenners en Boere Krisis Aksie. Steve Hofmeyr gaan ook daar wees en voor die optog ʼn toespraak lewer.

“Enigiemand kan kom saamstap, van dié wat nie werk kry nie omdat hulle wit is, tot dié wat al geliefdes aan die dood moes afstaan weens geweld in die land,” het sy gesê.

In Kaapstad gaan die deelnemers ʼn memorandum by die parlement inhandig.

“Ons versoek in die memorandums dat ons ʼn rondetafelgesprek met alle rolspelers wil hou om ál die kwessies wat in die memorandum vervat is, aan te spreek en oplossings daarvoor te soek.”

Sy sê video’s gaan by die geleenthede regoor die wêreld geneem word, waarna ʼn protesvideo saamgestel gaan word en vir bewusmaking die wêreld ingestuur gaan word.

“Ons gaan met dié video en met ons memorandums aanhoudend druk op die regering plaas totdat hulle aksie neem,” het Bridges gesê.

Besoek http://www.redoctober.co.za vir meer inligting.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Mariette Hammann ·

Baie dankie aan Sunette Bridges. Ons almal weet dis nie ‘n maklike pad om te stap nie, aangesien elkeen wat wil veg vir die regte van sy eie mense as ‘n rassis gebrandmerk word. Ek is seker al die families en vriende van die slagoffers stel hierdie gebaar van haar en almal wat die Red October veldtog ondersteun, hoog op prys.

Jasper ·

Sterkte met die poging.
Enige blanke in Suid Afrika wat nog nie bewus is wat aangaan nie leef in n droomwêreld

Lorna Smith ·

Dankie Sunette maar op die artikel lyk dit asof dit net in Pretoria is – die mense moet weet dat almal welkom is en die stede wys waar dit gaan plaasvind. ons moet daar wees

Ryan Stone ·

Baie sterkte aan al die organiseerders en deelnemers in elke dorp/stad. Ons hoop werklik dat die media in Suid-Afrika en die wêreld oor dit sal dek sodat hierdie onregte duidelik geopenbaar kan word aan die hele land en ook die wereld wat met oogklappe aan in ontkenning van dit leef. Ontkenning hiervan gaan die hele nasie (alle volke, rasse, en kultuur groepe) baie seer “byt” in die nabye toekoms as daar nie drasties opgetree gaan word nie. Mense moet die petisies teken en die vreedsame optogte bywoon om ‘n fisiese verskil te kan probeer bewerkstellig (julle hoef nie tradisionele wapens saam te vat nie, ons gaan in vrede daar wees :-)) Praat alleen gaan nie help nie.

Mike ·

Dat die afrikanervrou nou die leiding moet neem omdat die manne eerder met die vyand heul of op die rugby stadions rondhang dis ‘n skande. Dankie Sunette vir jou harde werk.

Dries ·

Nou vertel ons almal wat het JY al gedoen om te help, siende dat ons ander mans net by die rugby rondhang!!!!

Mike ·

Ek neem deel waar ek kan. Feit is dit is ‘n vrou wat hier die voortou geneem het en nog dalk baie gaan regkry maar vanaf die tweede vryheids oorlog het baie van die manne of oorgegee of gaan aansluit by die vyand net soos wat die Nasionale Party se manne die land aan die ANC oorhandig het.

Deur die geskiedenis het die afrikanervrou ‘n groot rol gespeel in die toekoms van die afrikaner en haar kinders en dit lyk vir my sy gaan dit maar weer moet doen want soos ek vra waar is ons afrikaner leiers? As hulle nie met de Klerk hand om die lyf loop nie dan sit hulle in die parlement en is te bang om iets te sê wat die ANC dalk kan ontstel.

Is dit nie hoekom daar amper ‘n miljoen afrikaners eerder die land verlaat het as om hier te sit met ‘n klomp leiers (hoofsaaklik manne) wat meer onder mekaar baklei as om die vyand aan te vat nie?

Deon ·

Jy maak of alle Afrikaner man’s heul met die vyand, en net op rugby fokus. Newsbreak vir jou. Jou kop is so leeg soos jou Stelling. Ek is bereid om jou te debater oor wat die Afrikaner man’s sover doen. In die openbaar. Sodat ek jou bek vir eens en altyd stil kan maak, en miskien verwyder jy jouself uit die samelewing daarna.

Mike ·

Het ek gesê alle’ afrikanermans? Jy kan begin debatteer sommer deur vir my te sê hoekom ‘n vrou Sunette Bridges die Red October veldtog dryf en nie ‘n man nie. Dan moet jy oppas deur my “bek” te probeer stilmaak ek laat nie my “bek” stilmaak sonder dat die een wat hom wil stilmaak nie sy eie bek kan red nie. Jy lyk vir my een van die te wees wat eerder voor jou tv op jou rusbank lê as om iets te doen, het ek dalk op jou banjans getrap?

Nico ·

Hel Mike, jy slaan darm die spyker op die kop ne.. Dis jammer dat ons land, die land van melk en heuning vir die varke gaan ne, soos jy se omdat die Eva geslag nou die voorhand moet neem omdat Adam sleg geword het. Almal lewe nog te lekker, dit sal veel erger moet gaan voordat die man gaan opstaan. Hoefeel van ons jong latte kan ‘n vuurwapen veilig hanteer, hoeveel vaders weis hulle seuns van kamoevleering, wapens, ens, ens. Ons sit met goeie mans met baie kennis maar dit gaan uitsterf. Nee dis makliker om hom ‘n paar honderd rand in die hand te stop en te se gaan uit. Kyk maar net na die gesprek tussen ‘n paar Suid-Afrikaner wit mans, kan klaar nie saamstaan nie, wil eerder baklei. Ons moet ophou om teen mekaar te baklei en ons frustrasies en woede op die regte mense/problem wend.

Ignatius ·

Sunette is ‘n ystervrou daarmee stem ek 100% saam Ons soek meer sulke leiers en dapper mense.
Ons minderheid moet aanhou veg vir ons regte in hierdie land.Die ANC wil ons blanke Afrikaners en ons kultuur vernietig.Die bewyse is duidelik bv. baie dorpname wat verander het en die beoogde verandering van Pretoria se naam en plaasmoorde.

Anton Visser ·

Sunette ons staan saam jou dankie vir wat jy doen! Jy is n ware Boer vrou en wys wat kan gedoen word! Staan sterk!

Pieter van den Berg ·

Baie geluk Sunette!! Jy het al so ver gekom!!! En baie sterkte vir alles wat voorle!! n Innige GROOT dankie vir jou vir jou onbaatsugtiheid!! Jy is n Engel en n wonderlike mens!!! En aan aal die ander mense, komaan en ondersteun Rooi Oktober! WEES DEEL HIERVAN!!!

Cassie Kruger ·

ek is dankbaar dat daar nou samewerking is tuseen sunette soldariteit en afriform so mense laat ons hul petiesies ook nou gaan teken saam staan ons sterk

Jon Mahoney ·

Almost nothing is said in western media about the genocide occurring in South Africa. I only know because of the people I love who are affected. Thank you to Sunette Bridges for having the courage to take the international stage to bring awareness to this God Bless you all You are in my thoughts and prayers …I trust the message will ring out over the world … I know some of Texas is watching

Coll ·

Mag Sunette en Red October van krag tot krag gaan! Ek staan verstom aan wat een vrou bereik het….

Vivienne Schultz ·

Ons het by haar gestaan deur dik en dun! Mense het beledig en onwaarhede in die media van haar geplaas om haar te probeer breek om nie die waarheid in die openbaar uit te kry nie, maar sy het! Sy het deur gedruk tot sy ‘n massiewe Rooi Golf gemaak het! Ons is trots op ons boere vrou wat die leiding geneem het om standpunt te stel en te se: GENOEG IS WAARAGTIG GENOEG!

Alida Müller ·

Sunette ek en duisende ander van regoor die hele wêreld is soooo trots op jou!!! Jy beteken vir ons so baie. Ek sien uit na 10 Oktober. Dit is ook my gryse ou Moeder se verjaardag!!! Soos jy sê: GENOEG is GENOEG!!!! En ek hoop duisende gaan teken nou die Petisie!!, noudat Afriforum en Solidariteit met haar saamstaan. Komaan mense!!! Gaan teken!!!

Marli Lubbe ·

“Blanke Borevolk” – kruip jy maar verder weg agter jou ou skuilnaampie, hoor! Die res van ons (insluitende Sunette) sal opstaan en iets DOEN. Wens ons kon van papbroeke soos jy ontslae raak wat net aldag wil sit en kla vanaf die agterstewe. Groei ‘n paar, muis!
Ns. Verander asseblief ook net jou ou skuilnaampie, jy verteenwoordig ONS defnitief nie!

Cindy ·

Blanke Boerevolk, jy vloek darem verskriklik vir iemand wat met die Bybel in die hand staan. Ek weet nie veel van Sunette Bridges nie maar wat sy prober doen is uitstekend.

Tersia ·

Ek is van Potchefstroom! Ek gaan stap en ek gaan nie werk nie. Waar begin ons mense in Potch?

ria ·

Dankie Sunette vir red October ons witmense moet almal saam staan en veg vir n land wat ons sin was.

Sandra ·

So voel ek. NUWE PERKE
Om my troon ‘n baksteenmuur
Bo op met ‘n draad versier
In die afgeperkte plek
Moet ons self ons heil uitwerk

Nuut het ons hier ingetrek
En alarms gemaak werk
Veilig voel ons hier vandag
Rustig slaap ons in die nag

Maar in hierdie tydsbestel
Woon ons in ‘n gekke spel
Net hier langs ons is vannag
‘N ou tannetjie verkrag

Afgebakenweet ons nie,
Wie en wat die vrou was nie.
Niemand het ons hier leer ken
Elkeen bly net in sy den

Skoonbewoe sit ek nou
As ek vantoeka onthou
Oor die draad het ons gepraat
En mekaar gegroet op straat

Kinder laggie in die pad
Tot hier by huk kniee nat
Soos na reen die kinderkoor
Speel langs pad se watervoor

Fietsry was die strate vol
Ja ons kinders kon toej jol
Sonder vrees kon hul ook kyk
Hoe die tuine langsaan lyk

Skooltoe kon hul maklik loop
En ook gou ‘nbrood gaan koop
So het hulle mekaar leer ken
En saam die wereld geverken

Ja die trane vloei nou vry
Al daai vreugde is verby
Pepersproeier in my hand
Waar isdaardie sprokies land?.

Rooi Oktober dag is dalk en ek bid is net wat ons nodig het omdalkies weer daar te kom.

Belinda ·

Mike en Deon, met alle respek. Dit is hoekom ons in n gemors is want ons blankes kan soooo goooou teen mekaar draai en liewer die vuisies rondswaai. Nee, man hoekom vat julle nie hande nie, ons baklei vir ons behoud in ons land en vir onskuldige mense wat vermoor word. Daar is niks fout met die wat graag wil rugby kyk, een van die min stress relievers wat ons nog het…. Maak vrede asb en sien julle die 10e. Julle albei se vriendin. B.

H Smit ·

Trots op jou Sunnette. Ek hoop Red October 10 Oktober is net die begin van positiewe veranderinge vir ons Afrikaner nasie. Ek ondersteun julle al die pad. Staan sterk!!

Marina Mostert ·

Dis n begin, as almal net sal saam staan en nie net aan hulle self dink nie sal dit werk!

Sean Koekemoer ·

En daar maak die ou wat op kanaal 403 praat, die hele petalje af as ‘n sirkus. Dis die verkeerde man wat daar praat. Die vrou vra hom op elke sin vas. Johan Willemse, jy het pas al die werk wat baie ingesit het om hierdie dag ‘n sukses te maak en dit wereldweid oop te vlek, as ‘n “gemors” afgedruk.
Kon Red October se Hoofde nie net ‘n verteenwoordiger opgesit het wat nie die “cause” se naam gat maak nie….

Nelie ·

Sunette,

Ek dink jy is ‘n ster en dankie dankie vir wat jy doen.

Ek wil bitter graag ‘n lys van name he van al dieBlanke wat gesterf het as jy daaroor beskik stur seblief vir my of as jy weet waar ek dit kan kry.

Ek het belowe om vir ‘n Joernalis van die SAUK TE STUUR EN NOU KRY EK NIE ‘N VOLLEDIGE LYS IN DIE HANDE NIE.

nELIE

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.