Sunette kry bonus; Twitter-geveg woed voort

Sportminister Fikile Mbalula (23 Augustus 2016) (Foto: Wessel Oosthuizen/SASPA)

Sportminister Fikile Mbalula (23 Augustus 2016) (Foto: Wessel Oosthuizen/SASPA)

Die Olimpiese spiesgooier, Sunette Viljoen (32), het uiteindelik haar beloofde bonus van die Suid-Afrikaanse departement van sport ontvang, maar die Twitter-geveg tussen haar en Fikile Mbalula, minister van sport, woed steeds voort.

Maroela Media het vroeër berig Viljoen het Maandag op Twitter uitgevaar teen Mbalula omdat sy maande nadat Suid-Afrikaanse atlete in Augustus van die Olimpiese Spele in Rio teruggekeer het, steeds nie haar kontantbonus ontvang het wat Mbalula vir goud-, silwer- en bronsmedalje-wenners belowe het nie. Mbalula het kort daarna na Viljoen teruggekap en gesê sy is arrogant en het geen respek vir regeringsprosesse nie.

Viljoen het Saterdagoggend op Twitter bevestig sy het uiteindelik haar R70 000 ontvang. “Het die R70k vanoggend ontvang. Dit is die moeite werd om ʼn vegter te wees. Ek het nooit vir iets meer gevra as wat ek belowe is nie. #paidthemoney,” het sy getwiet.

'n Skermskoot van Sunette Viljoen se twiet op 12 November 2016.

‘n Skermskoot van Sunette Viljoen se twiet op 12 November 2016.

Mbalula het Viljoen se twiet op sy Twitter-profiel gedeel en gesê die regering “is nie M-pesa nie” en daarom kan Viljoen “nie net ʼn knoppie druk” vir geld om te verskyn nie. “Jy het die geld geëis op dieselfde dag wat dit aan jou belowe is [en] die proses geïgnoreer,” het Mbalula getwiet.

“Arrogansie kom in verskillende vorme, [soos] die idee dat jy dink jy moet spesiale behandeling ontvang en die [behoorlike] proses moet geïgnoreer word. Jy moet kies of jy beide ʼn atleet en ʼn politikus wil wees. Dan kan jy jou voorreg rondswaai nes jy wil,” het Mbalula gesê.

Op ʼn twiet van ʼn Twitter-gebruiker wat sê Mbalula se optrede oor die saak was vir hom teleurstellend, het Mbalula geantwoord. “Ek is nie nyaope nie. Ek kan jou nie hoog maak nie. Jammer ek kan nie aan jou hoë verwagtinge voldoen nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

jaco ·

sy moet nou ophou kla. sy moet eerder bly wees dat sy met haar wit vel darem die “kwotaspan” gehaal het. More oormore kom vat die anti-wit minister van sport al haar voorregte weg en verbied hy haar enige deelname aan sport, plaaslik en buitelands.

Anette de Lange ·

Sy benodig ‘n les in nederigheid en dankbaarheid. Wat van ‘n “dankie” vir die geld? Geen maniere of ordentlikheid. Ek sou my skaam.

J ·

Anette sy het gewerk daarvoor. Die ander atlete het seker nie gewag vir hulle geld nie. Mense soos jy gee my n pyn

Pierre de Villiers ·

Anette jy is oningelig pop, die ander atlete het lankal hulle geld ontvang, vandaar haar reaksie op die minister se uiters arogante gedrag.

ekke ·

Ek stem Anette, al is daar vele wat nou weer ook die kommin kaart gaan speel en sê sy was geregtig om so op te tree, en dan weereens die ras en politieke kaart in bring. Die hele ding was en is onsmaaklik en onnodig. Genugtig tog. Noddy badge vir jou, Sunette, jy dink nou seker jy het hulle ore aangesit. Ja, moontlik het die ander reeds hulle geld ontvang, moontlik nie, as dit ek was, sou ek jou ook gespite het deur jou te laat wag, juis oor jou kinderagtige gedrag.

Toki Scura ·

Mense soos Anette slaap maar altyd lekker en ken nir eers die geskiedenis nie, LEKKER SLAAP

Anette ·

‘n Eenvoudige “dankie’ sou die hele onaangename insident ontlont het en dalk ‘n beter beeld van haar uitgedra het. Wat kan mens nou van haar dink? Nie veel nie. Sy is ‘n ondankbare moeilikheidmaker. Sy moet pasop vir die val.

Matmiet ·

Anette, dit is eerstens swak van die swak( ek meen swakker en selfs op dieselfde vlak as zuma swak) minister van sport om nie sy woord na te kom nie. Staan bietjie agter jou mense man. Moenie so n kla g@t wees nie. Daal jy ook jou standaard dan nou?

Vic ·

Absolute twak. Die arrogansie hier kom van die minister af – van wanneer af praat n “hooggeplaaste” so met die bevolking van n land?

Pik ·

Ek het nog nooit elke maand na my baas toe gegaan en dankie vir my geld gese nie dink hy moet na my toe kom en dankie se dat ek my *** afweek vir so min geld ha ha ha ai party mense

Presies Vic ·

Presies Vic, n Minister moet n onbesproke karakter hê asook n leier en voorbeeld. Prosesse is belangrik Minister, maar vir 1 en almal, dieselfde proses vir n Rio presteerder geld vir die ander Rio presteerder, doen almal op dieselfde dag, hoe kan een langer neem. Sunette jy is n goeie sportvrou en ambassadeur, reg om op jou regte te staan, gooi egter n dankie deur!

Anti-Anette ·

Ag shampies Anette, dit is wat gebeur as ongeligte mense hulle opinie deel, net so terloops jy het seker ook 6 ure n dag op die atletiek baan spandeer om jou land te gaan verteenwoordig??? mmmmm nie so gedink nie!! Sy het gewerk hiervoor, dit is wat haar toekom en belowe is, hou nou maar op om so jaloers te wees, siestog dit is nie mooi nie! Tarra, hoop jy voel sommer gou gou beter xxx

sharon ·

een kant vd storie word gehoor en elkeen moet hom jou verdedig na die beste v sy vermoe en ook soveel as wat media toelaat. ek voel net dis wraggies nie die plek om modder heen en weer te gooi nie. SA is bekend vir sy misverstande wat omskakel in rassekwessie.. komaan… speel fair toe.

Ronel ·

Sy het gekry wat sy belowe was. Beloftes maak skuld. Sy het hard gewerk vir daai bonus. EN sy het die geld gekry sonder om geboue af te brand?? WOW ne!!
@Anette. ‘n Belofte is aan haar en ander atlete gemaak vir ‘n ekstra aansporingsbonus, wat nie aan hulle uitbetaal is nie. Ek dink jou idee van ‘n moeilikheidmaker is ongegrond. As dit jy was sou jy maar die R70 000 gelos het net omdat ‘n belofte verbreek was? I think not Poppie

W.J.Herholdt ·

Die Minister het beloftes gemaak aan die Atlete. Die belofte moes dadelik nagekom gewees het sonder dat daar eers ‘n bakleiery ontstaan het. Sy het reg gedoen om die Minister se “hokkie” bietjie te skud.

Johann ·

Gepaste foto van GROOTBEK Minister van SPORTS…boorgatspook senior as sit kom by arrogansie. En sy “mag” is reguit kop toe en ongelukkig was daar BAIE plek om vol te maak!

Lizaan ·

Julle wat nou so teen die Sunette is. Sal graag julle monde wil hoor as julle nie jul geld gekry het nie. Sy het gewerk daarvoor en sy was haar loon waardig. Julle wou seker gesien het dat sy moes gepleit en soebat het vir dit wat haar toegekom het. Is bly dat Sunette haar belofte gekry het.

White trash ·

Sy skiet haarself lekker in die voet met haar ongepoetste houding. Dink nie sy sal weer geleenthede kry nie, en dan gaan sy seker diskriminasie skree.

Jan ·

Ag nee, WT, luister na jouself. Sy het nie gevra vir die geld nie – dit is in die openbaar aan die atlete belowe. Die minister het natuurlik weer sy beeld gepoets en gehoop almal shut up wanneer hy agterkom hy het nie kanale gevolg nie. Dit is verantwoordbare regering – en sy was reg om op haar regte te staan. Moenie haar verlaag tot goudgrawer status nie.

Ja nee ·

Ja nee White Trash jy dink nie veel van jou as ek so na jou naam kyk, jy ken Sunette nie, sy is n spiesgooier, werk laaaaannnggg ure en het dit vermag, sy saam met al die atlete is dit belowe, hare het nie gebeur, sou jy dit net aanvaar het. Verder sy is nie in politiek, sy is in sport, los haar uit rasisme denke!

Thinus ·

hel Annette! is die nie biekie vroeg vir daai brandewyn en coke nie?
Of het jy iets vroeg oggend gerook?
Ek sal graag wou sien as jy so hard gewerk het soos Sunette om daardie prestasie te behaal en dan net stil gebly het oor R70 000 wat jy verdien het en aan jou belowe is.

Johann Barnard ·

Mooi so dame!!!!Gee hierdie klomp skelms gas,as jy dit nie doen nie loop hulle oor jou.Moet jou nie steur asn die klomp linkses nie,almal n klomp lafaarde.

Jan ·

SA is medalje-honger, deels agv kwotas. As die minister ook net bonusse belowe het vir goudwenners, sou hierdie atleet nie gekla het nie.

Lance ·

Tipies hoe mense goed belowe word deur die anc en as dit op die punt kom ….mmmm dan is daar niks en ontaard dit in n groot geteem ….presies net soos hulle die studente ” free education” belowe het voor die verkiesing….beloftes maak skuld … of jy het n probleem ! En wat neem tog SO lank …of wie is SO besig …die spele is al byna vergete . Dis seker iemand wat weer onbevoeg is soos mens so baie keer van lees .

Ronnie ·

As jy in die naam van populariteit ‘n belofte maak, moet jy in die naam van populariteit dit nakom. Punt. Die hele wêreld was onder die indruk dat SA hulle atlete se beloofde bonusse gaan uitbetaal, totdat Sunette ons bewus gemaak het van die teendeel. Nou het Fedile (Sotho vir “dis op / gedaan / klaar”) dit net weereens aan ons bevestig wat met fluitjieblasers gebeur: as jy hardop iewers kla, sal jou baas wraak neem. Aanval is, lyk my, die enigste vorm van verweer.

Manie ·

Toe die Minister die aankondiging gemaak het, moes hy mos alreeds voorsiening gemaak het om die geld aan die Atlete te gee. Die dag toe almal terug was in die land kon hy mos by ‘n klein Formele okasie die beloning oorhandig het.

Netso ·

Netso Manie, maar jy sien, die Minister soek net medaljes en sal enige iets belowe, maar as dit betaaltyd/verantwoordin tyd raak, dan word dit prosesse!

CQ ·

Is dit NET SY wat nie haar geld gekry het nie of is dit almal? As dit NET sy is – ja dan kan jy jou toys gooi…. Maar as daar ander atlete is wat ook moes wag – dan WAT MAAK HAAR SO SPESIAAL???

Pieter ·

Sy is spesiaal omdat sy nie bang was om te kla nie,volgens wet moet alle verskuldigde bedrae binne n sekere tyd uitbetaal word. Onthou belofte maak skuld.

CQ ·

Dit WAS net sy wat nog nie haar geld gekry het nie.

As ek 70k deur die minister belowe was, sou ek ook “ongepoets” my geld eis.

Sunette, geluk, jy’t gekry wat jou toekom.

Ek het al my respek vir f verloor.

Elize ·

As mens geregtig is op n bonus moet hulle maar betaal. Hoekom moet jy baklei vir wat jou toekom.

Cor ·

Duidelik is daar ‘n klompie wat haar nie ken. Alles behalwe ‘n arrogante mens. Plat op die aarde en baie ordentlik. So terloops…….sy het rede gehad.

Johanna Botha ·

Ek het haar eerste tweet gesien aan die minister ….dit was baie mooi ,ordentlik en hoflik .. ons ken mos ook die minister met sy gevloek by elke geleentheid …spreek boekdele van sy karakter en ook die tweets aan haar se baie….eintlik dink die minister hy is baie special lyk my. Minste het sy opgestaan vir wat reg is en aan haar belowe was so nou kan sy ook mooi dankie se asb.

J ·

Ons is seker die enigste land waar n minister op twitter in n geveg gaan.

2c ·

Mense julle wat so knor oor ‘n proffesionele atleet wat haar staal teen die wêreld se bestes gewys het en ‘n merk gemaak het, wat haar pond vleis eis (waarvoor ay gewerk het, nie net gekry het nie….) weet julle ooit wat dit verg om daar te kom? Weet julle hoe vergelyk SA se sport ondersteuning teenoor die res van die wêreld sin? Ons professionele atlete moet soms voltyds werk en dan in hul vrye tyd oefen en hulle eie duur toerusting koop en self hulle onkostes dra om sportbyeenkoamste by te woon waar hulle moet kwalifiseer om s
so ver te vorder, want hulle kan mos nie “spesiale” vergunnings verwag in die werksplek nie, hulle kies mos om die sport vrywillig te doen… hou op kerm ooe mense as julle die klok haar maar nie weet waar die bel hang nie. Dis kinderagtig. Beloftes maak skuld, Basta. Eks bly jyt jou geldjies gekry Sunette, al moet mens soms doen wat jy nie wil nie, (want ek weet jy wou nie vra nie, maar moes) anders word mense bloot in vandag se tyd net oorgesien. Moet jou ook nie steur aan oningeligde suurknolle nie. As hulle opinie getel het, moes hulle eers gekom het waar jy was.

marlene ·

Hy moes net sy belofte gehou het. Sy het Suid Afrika trots gemaak. Beloftes maak skuld.

DS ·

Almal wat nou Sunette so afkraak oor sy nie dankie se nie onthou om elke einde van die maand jou baas persoonlik te gaan bedank vir jou salaris en moet asb nie kla as jou Kersbonus eers volgende jaar Junie vir jou gegee word nie. REGTIG???!!!!

ai tog ·

Dis seker al die rykes wat nou maak of sy die idioot is. Ons atlete kry reeds min geld.. 70k is werklik nie baie vandag nie..ek glo haar uitgawes is baie Meer.. Ek gun haar elke sent en Meer..sy het ons naam gaan grootmaak Daar. Sy is darem ‘n ware” Vrou” en verdien wat haar belowe is..

Buitestander ·

Dit is net jammer dat sprt nou so ‘n afgod geword het dat mense ‘n beroep daarvan maak.
In ons tyd was dit ‘n buitemuurse aktiwiteit wat almal geniet het. Nou draai alles om geld en moet verbruikers ten duurste betaal vir dienste en produkte.

E.K. - ek sê net! ·

Ai…mens moet maar probeer om te alle tye met klas op te tree en dit geld vir beide kante hier. Ek verloor alle respek vir mense wat kyf en aangaan op sosiale media. Daar is maniere om dinge te doen, maak nie saak of geld jou toekom of nie, daar is ander, beter maneire om sulke dinge uit te sorteer. Sosiale euwel..er media bring meestal die “evil” in mense uit.

Drikus ·

Ek dink Vic slaan die spyker op sy kop. Die minister behoort nie so sarkasties en aanvallend met die publiek te kommunikeer nie. Hy kan meer respek vir sy amp en die publiek hê. Waar kry hy in elk geval die tyd vir sy getwitter. Iewers kangs die pad is hy bloot ‘n rentmeester van die publiek se belastinggeld. Die belofte kon lankal nagekom gewees het. Dan was die woordgeveg nie nodig nie.

Jan ·

Los hom en die hele arrogante ANC in hulle kokon van selfvertroue. Kyk wat het dit aan Hilary Clinton gedoen.

Ria ·

Ek dink dit is nie reg om iets aan iemand te beloof…. En dan moet jy veg vir dit net omdat jy wit is…. Nee man… Mensig. Sy verdien dit……

Ria ·

Ek dink dit is nie reg om iets aan iemand te beloof…. En dan moet jy veg vir dit net omdat jy wit is…. Nee man… Mensig. Sy verdien dit……

Spikkel ·

Mooi Sunette. Jyt baklei vir wat jou toekom en gewen. Baie bly vir jou. Die minister se gedrag is laakbaar en betreurenswaardig, maar ons het seker nie meer van hom verwag nie. En aan Anette, kry n lewe.

Theuns ·

LMGA !!!Hopelik sal Trump al die argogante politieke leiers van SA in die bek begin ruk,veral grootbek Fikile!!!Hy mos altyd onskuldig,nooit sy fout nie!

Magda ·

Mooi so Sunette, jy verdien dit en te hel met die minister en kie

Fransie ·

Wel as sy nie op haar regte gestaan het nie, het dit wel in onverdiende gatsakke beland!! Bly vir jou Sunette.

christa ·

Sunette bly jy het jou geld ontvang jy het hard gewerk daarvoor en stem saam met Fransie dit sou in ander se sake beland het soos met alles in ons land zumie sou dit seker gekry het.

maraai ·

My mening: Sy kon dankie se vir die geld ja dit was n belofte maar dit waarvoor sy haar .@. Af gewerk het, het sy ontvang en soos ek verstaan is daai R70 000 maar net n extra beloning wat die minister belowe het maar waarop sy vir hom gese het sy het dit nie nodig nie… ek sou ook dan die belofte verbreuk het.

Ruby ·

maraai, gaan lees vorige artikels.

Sunette het NIE vir die minister gesé sy het die nie nodig nie, moet nie alles glo wat uit sy mond kom nie.

Annatjie Kruger ·

Die minister het die atlete ‘n ekstra bonus aangebied, en ek voel dat as daar atlete is wat nie hulle bonus gekry het nie, het hulle die reg om te vra waar dit is. As die minister dit nie aan almal wou gee nie, moes hy nie die bonus in die openbaar aangekondig het nie. Maar hy het gesig probeer koop en probeer “shine” vang. Nou word hy uitgeroep op wat hy belowe het en nou het hy as gevolg van sy agterlosigheid paw-paw op sy gesig en is hy kwaad vir Anette omdat sy uitgewys het dat hy nie sy beloftes nakom nie.

Kobie ·

Interessant dat die geagte Minster van Sport die Manshokkie ‘n koue skouer gegee het nadat Famous Brands die Manshokkie wou borg … fondse sou aan die Hokkiebeheerliggaam betaal word nie NIE SASCOC maar die geagte Minister moet eers ‘n vliegtuigkaartjie kry en so ‘n paar randjies in die sak voordat hy sal toesien dat sportliggame aan die Olimpiese Spele mag deelneem … En dan nog die dibakel met Wayde van Niekerk se foto saam met Sonny-Boy Willams te praat nie … Geagte mnr. Mbalula, hoop jou sakke is vol genoeg om jou neus uit sport uit te hou – Kyk die gemors waarin SA Rugby is omdat politek die bo-toon voer!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.