‘Superman’ van Tafelberg gered

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Man in sy laat 40s, geklee in ʼn Superman-uitrusting, is Saterdag van Tafelberg af gered.

Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê die man het aan ʼn pretdraf deelgeneem van die stad teen die berg op. “Die man het glo erg uitgeput geraak en sy vrou het ER24 vir hulp gebel.”

Volgens Rossouw het paramedici van ER24, ook in blou en rooi geklee, saam met veldwagters van Tafelberg Nasionale Park na die man begin soek. “Die man is kort hierna opgespoor en met ʼn Skymed-helikopter van die berg verwyder.”

Rossouw het gesê paramedici het die man behandel voordat hy na die Mediclinic Kaapstad geneem is vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Dee ·

Hy kon bloot van die berg af gevlieg het. Wou seker maar voel hoe voel dit in ‘n chopper.

Peet Schabort ·

Wonder of Van Donk dalk iets daarmee te doen het. Dalk het Superman nie van hom geweet . . .

REGINA ·

Jy bedoel seker van Hunk en sy pyp, of hoe? Hierdie keer het “Superman” nie vir homself n uitkomkans kon bewimpel nie! Dis buite sy aard, sou ek se!

REGINA ·

Moet wees VAN HUNKS en sy pyp. Hy het die duiwel uitgedaag om te kyk wie die meeste en langste n pyp kan rook, vandaar die uitdrukking wat mense steeds gebruik as daar wolke saampak oor Duiwelspiek!

Ronnie ·

Ai, hoe lekker lag ek nou vir Superman wat moeg raak. Ons strokieskarakters was nooit moeg nie. Tye het verander!

JJ ·

In my dae was die ergste wat ‘n 40 jarige man in Superman suit gedoen het was om van die hangkas af op die bed te duik….waar “Lois Lane” vir hom gewag het!!

elize naude ·

hahaha… super man… miskien kan hy hom volgende keer as bennie boekwurm uitgee… dan kan hy afkruip ;-)

Anny Penny ·

Al is dit n hartseer ding vir die mense is dit tog lekker om n slag die komiese kommentaar te geniet

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.