Supermark-rowers nog op vrye voet

Montana Crossing (Foto: Mall Guide)

Montana Crossing (Foto: Mall Guide)

Ses gewapende mans wat Donderdagaand op die Pick n Pay by Montana Crossing in Pretoria toegeslaan het, is nog op vrye voet.

Die mans het Donderdag die supermark betree toe kassiere besig was om vir die dag af te sluit, het die polisie Saterdag gesê. Hulle het die kassiere gedwing om kontant in sakke te druk en hulle het ook van die geldlaaie van die kitsbank in die winkel gebuit.

Hulle het die werknemers, wat agter die toonbank werk, gedwing om op die vloer te lê en sigarette gebuit, het die polisie gesê. Hulle het twee skote buite die winkel gevuur voor hulle in ʼn BMW en Audi gevlug het.

Die polisie het die verdagtes agternagesit en beamptes het die BMW van die pad afgedwing. Die verdagtes het te voet gevlug.

Die polisie het beslag gelê op kontant, kasregisterlaaie, selfone, ʼn hamer en klere wat in die motor agtergelaat is.

Die polisie het lede van die publiek gewaarsku die verdagtes is gewapen en gevaarlik en om hulle nie te konfronteer nie.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

Duidelik kan hulle nie lees nie. Hulle het net ge-Pick en nie ge-Pay.
Toe hardloop die rowers ook weg vir die (on?)fikse geregsdienaars.
Duidelik raak ook hierdie ontstellende gebeurtenisse kort op die hakke van die een in die Kaap.

arie plaasboer ·

Peet Schabort,
“Onfikse” polisiebeamptes?
Doen wanneer jy geleentheid het die eenvoedige berekening hoe ver jy moet agtervolg om jou skerminkel in te haal as jy +-40 meter agter is en jou hardloopspoed +- 5 meter.per minuut vinniger is as die.van die skerminkel. In TV programme word die “bad guy” met ‘n voorsprong van +- 150 meter binne 1 minuut ingehardloop deur die ” good guy”.
In die Real World werk dit nooit so maklik nie – gebeur net op TV.

Gerhardt ·

So die SAPS laat hulle maar weghardloop? Of is die gebruik van K9 rasisties?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.