Supermarkbestuurder, nog twee vas vir ontvoering en moord

(Foto: SA Polisie)

ʼn Supermarkbestuurder en nog twee verdagtes sal Maandag in die Carolina-landdroshof in Mpumalanga verskyn op aanklag van ontvoering, aanranding en moord.

Die drie verdagtes, tussen 30 en 32 jaar oud, is Vrydag in hegtenis geneem in verband met ʼn voorval op 14 Augustus.

Volgens brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het drie mans op die dag in ʼn voertuig gery toe hulle op twee mans afgekom en hulle in die voertuig ingedwing het. Die twee mans, 22 en 35 jaar oud, is toe glo na ʼn stoorkamer geneem waar hulle met ʼn ysterpyp aangerand is omdat hulle glo ʼn kollega van die verdagtes beledig het.

ʼn Saak is by die polisie aanhangig gemaak en die slagoffers, wat ernstige beserings opgedoen het, is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.

“Een van die slagoffers het aan die polisie vertel wat gebeur het voordat hy op 1 September aan sy beserings beswyk het.”

Die polisie se ondersoek na die voorval het tot die inhegtenisneming van die drie verdagtes gelei. Volgens Hlathi is een van die verdagtes die bestuurder van ʼn supermark in Carolina. Die ander verdagtes is glo sy assistent en ʼn veiligheidswag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Porseleintjie

Moord skyn beslis die gewildste “sport” in SA te wees. Dis die populerste “tydverdryf” ooit en elke dag is daar ‘n nuwer en belagliker rede hoekom om daaraan deel te hê.

Jakes

Kan maar net raai wie hiervoor verantwoordelik is. Makliker om n moord te pleeg as om te leer fiets ry in SA.

Sarel

Burgery neem al.hoe meer reg in eie hande en die Polisie beter daarvan kennis neem