SuperSport-aanbieders se klagtes ‘vriendskaplik opgelos’

‘n Skermskoot uit die video van die voorval toe Ashwin Willemse tydens ‘n regstreekse uitsending van die Supersport-stel af gestap het.

Die belangrikste kwessies oor beweerde rassisme, intimidasie, viktimisering en inkomsteongelykheid by SuperSport is skynbaar “vriendskaplik opgelos”.

Dit kom nadat vier aanbieders by SuperSport die uitsaaier van hierdie aspekte beskuldig het in ʼn brief wat deur MVMT Prokureurs aan SuperSport gerig is. Sunday Times het Sondag berig die brief is namens Owen Nkumane, Xola Ntshinga, Kaunda Ntunja en Gcobani Bobo aan SuperSport geskryf.

In die brief word onder meer beweer dat wit werknemers meer betaal word as hul swart eweknieë en dat swart werknemers deurloop onder beledigende taal en openlike vernedering by die uitsaaier.

Die brief volg kort op die hakke van die storm wat om SuperSport losgebars het nadat Ashwin Willemse tydens ʼn regstreekse uitsending uit ʼn ateljee gestap het nadat hy koppe gestamp het met sy mede-aanbieders, Nick Mallett en Naas Botha. SuperSport het na afloop van ʼn ondersoek na dié voorval gesê daar was geen rassistiese optrede deur Botha en Mallett nie, maar Willemse het besluit om wel die gelykheidshof oor die voorval te nader.

SuperSport het Maandag in ʼn verklaring bevestig dat hy die brief van MVMT Prokureurs, wat 28 Mei gedateer is, ontvang het. “Ons het die prokureursbrief ʼn ruk gelede ontvang, maar het met die aanbieders ooreengekom om die saak te ondersoek en die kwessies tussen ons uit te sorteer,” het SuperSport se uitvoerende hoof, Gideon Khobane, gesê.

“Al die kwessies wat deur die aanbieders geopper is, is opgelos en ons sien uit om voortaan saam te werk om ʼn lekker werksomgewing vir die SuperSport-span te skep. Al die kommentators en aanbieders bevestig dat rassisme geensins ʼn rol gespeel het ten opsigte van enige van die kwessies wat geopper en opgelos is nie.”

Nkumane het namens die ontleders en aanbieders gesê hulle is tevrede met die manier waarop die saak deur SuperSport hanteer is. “Ons het ons doelwitte bereik om saam ʼn gunstige werksomgewing by SuperSport te skep.”

SuperSport het gesê al die betrokke partye is daartoe verbind om voortdurend ʼn harmonieuse werksomgewing te handhaaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Annie ·

Jip….. Hulle moes ook hul eier lê.
Vrot eier. Toe het Supersport en die minister van sport hulle bottel gegee hulle winde uitgevryf en met ń Droë doek beloon. Well done. Supersport. Ek is moeg dat my velkleur moet terugstaan en buig voor julle.

Showahed ·

Weereens vier sogenaamde “wannabe” rugby eksperts wat hulle bekke rek. As DSTV weet wat goed is vir hulle sal hulle Naas en Nick terug kry op die lug… DSTV kan nie bekostig on verdere kliente te verloor nie.

honourable member ·

Ja sure. Ons weet ten minste nou hoe rassisties die ashwen is.

Keelvol ·

Nie nodig om die aangeleentheid nuus te maak nie. Kwessie is tussen werkgewer en werknemer. Hits net rassisme aan

Franna ·

Eenvoudig: Wit kommentators word meer betaal want hulle voeg meer waarde by agv hulle kennis van die sport en ondervinding. Supersport weet ook dat as hulle weggeneem word verdwyn die gans wat die goue eiers lê. Ek glo dat 90% van alle Premium intekenare wit is wat rugby en krieket kyk. Sonder hulle amper R1000 p/m gaan Supersport toemaak. Eenvoudig. Graad een wiskunde.

SjN ·

Wat het van die minister van sport(s) geword met haar uitlatings, daar moet besef word deur Supersport dat dieselfde standaard deur almal gehandhaaf moet word.

jakes ·

Ek stem saam met Showahed, nou is al 4 kamtig tevrede met die toedrag van sake. Hoekom noem hulle nie die sogenaamde beledigings waarvan hulle praat nie, ek luister in elk geval nie na die 4 se beperkte rugby kennis nie.

Asjas ·

Ai, dis great (sarkasme). Nou moet julle die kliente oortuig om terug te keer Dstv toe, dit gaan nie so maklik wees nie. Netflix en Showmax maak julle klaar seer. Blykbaar is Rugby op YouTube as ek rerig na daai kwota sports wil kyk.

Vra maar net ·

En wat het geword van die label lose bier??? hoe lekker lag ek nou. Die vrot eier het in hulle gesigte ontplof.

Wesley ·

Mense mense mense. Die brief was om hul misnoe oor die werksplek uit te spreek, niks oor ras nie. Was niemand van ons al daar self nie? Niks fout om jou probleme te lig aan jou werkgewer en reg daarna om te sien nie. Die media het dit so laat klink na n rassebom omdat dit 4 swart aanbieders is en soek vir n ekstra kliek en n leser, waarvoor almal nou val. Was ook al LAAAANKAL uitsorteer. Die media en Ashwin se maatjies is net hard besig om te vis om hierdie koei te melk vir elke druppeltjie…

Casper Labuschagne ·

Slegs vriendelik opgelos in terme van die persverklarings wat deur SuperSport uitgereik word. Maar, gaan kyk na die horde swart kommentators op nuusblaaie en TV stasies en hierdie jammerlike sage het nou die status van ‘n teater van die absurde bereik. In ‘n beeldsending waar twee groepe na gekyk het, ervaar een groep absolute rassisme op ‘n intense persoonlike vlak terwyl die ander groep geen rassisme in die uitsending kan raaksien nie. Politieke kommentators skryf ellelange rubrieke oor aangevoelde subtiele rassisme teenoor die ervaring van blatante rassisme en oor wit bevoorregting en swart pyn wat die grondvlak van ons samelewing definieer. Dan het Ashley, “Ek’s baie beter as ‘n kwotaspeler!” Willemse se prokureur nou interne eposse aangevra sodat hy Mallett se rassistiese agenda kan ontbloot. In die agtergrond is daar so ‘n gedruis vanaf die regeringskant oor hierdie rassisme wat vir my onsigbaar is vanweë my genetiese gebrek aan voldoende pigmentasie, dat ek moet wonder of dit nie dalk eintlik daaroor gaan dat die uitsaairegte vir rugby aan ‘n wit maatskappy genaamd SuperSport toegeken is en nie die nasionale uitsaaier nie.

Snowball ·

Die “slagoffers” is seker beloon met ‘n ou ekstra geldjie….dié dat rassisme en viktimisasie soos mis voor die son verdwyn het en almal weer lekker kan saamwerk. Wat ‘n klug!

Dank hulle almal af ·

Dank hulle almal af en neem die paneel besprekings heeltemal van die lug af. Verminder dan subskripsies met die geld wat op onnodige salarisse gespaar word.

As hulle kommentaar regtig so wonderlik was sou spanne mos al tou gestaan het om hulle as afrigters aan te stel?

Pippa ·

Hoe meer dae…hoe meer dinge. Die kanaal se naam gaan ook seker binnekort verander moet word.

Zukof ·

Dit gebeur as sport, veral rugby, die afgod word van ons mense.

adriana ·

Hierdie klaers het so gesig verloor dit is net nie waar nie- Hulle – en veral Willemse weet nou wat die publiek van hom dink.
Hy ht sy integriteit en respek verloor en dit kan jy nooit teugkry nie.

Ons gaan Live Stream en ons DSTV afsit. Hoop daar is nog mense wat sal volg. Live streaming is in elk geval goedkoper want dan het jy internet ook.

Phil ·

My DSTV gaan ook waai en na alles wat gebeur het verstaan ek nou (al het ek dit nooit gedink nie) dat Ashie is soos hy dit self genoem het n kwota speler.

Johann ·

Dis nie so moeilik om DSTV S/ sport vaarwel te roep .Ons het mos vir jare voor TV se koms lekker op die radio rugby geluister.

Will ·

Belaglik. Die swart kommentators is na my mening daar om vir hulle eie kulturele groepe kommentaar te lewer. Naas en Nick het die agtergrond, ondervinding en in-diepte kennis van die spel se tegnieke en spelpartrone. Dit is iets wat al die aanklagte van rassisme nie kan neutraliseer nie, maar is eerder ‘n geval van vlak van professionaliteit. Maar nou ja, die Sjinese het ‘n spreekwoord dat wanneer jakkals nie die druiwe kan bykom nie, kla hy die wingerd is suur.

Pieter ·

Vinnig opgelos!!!!Maar Naas en Nick word in die donker gelos.Hoop nie die woord donker is rassisties nie.

Rooikop ·

Al wat ek sê is dat Supersport beter vir Nick Mallett en Naas Botha terug bring ………….

Ek hoop daar is n paar ouens by Supersport wat die kommentare in die koerante lees of iemand kry om dit vir hulle te lees ………………

Piet ·

Sover my ondervinding strek is ‘n persoon se salaris konfidensieel. Hoe weet hierdie mense die wit persone word meer betaal as hulle? Die media gee te veel aandag aan almal wat “ras” skreeu. As hierdie aandagsoekers geignoreer word, sal die aantal insidente ook afneem.

White Rhino ·

Die regering het hom ‘n kwotaspeler gemaak en so genoem – nie ons blankes nie. – Hy was nie goed genoeg nie maar moes in die span wees weens sy kleur. So dit is waar die kwotaspeler naam vandaan kom.
Sy rekord vir die Springbokke spreek vanself.
Hoop nie ek hoef oot weer ‘n woord uit sy mond te hoor nie – hoop ook nie ek sien hom ooit nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.