SuperSport gaan Afrikaanse krieketkommentaar uitsaai

supersportDie burgerregte-organisasie AfriForum sê SuperSport het bevestig dat hy Afrikaanse krieketkommentaar beskikbaar sal maak vir die oorblywende drie wedstryde in die driehoekreeks wat tans in Zimbabwe gespeel word.

Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof verantwoordelik vir taalsake, is AfriForum oorval met klagtes van krieketentoesiaste wat nie kon verstaan waarom Afrikaanse kommentaar nie beskikbaar was nie. ’n Dringende vertoë is tot SuperSport gerig om die besluit te heroorweeg.

“AfriForum bedank SuperSport vir die besluit wat getuig van sensitiwiteit vir intekenaars en potensiële intekenaars se passie vir krieket en hulle taal. Só dra SuperSport ook by tot die groei van Afrikaans se sportwoordeskat en die skep van werksgeleenthede in Afrikaans. Dit is ’n wen-wen situasie vir die uitsaaikanaal en alle Afrikaanssprekendes – ʼn voorbeeld vir die SAUK wat sy Afrikaanse kykers toenemend afskeep,” het sy verklaar.

Lees ook:
Dringende versoek aan SuperSport gerig vir Afrikaanse krieketkommentaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eric Ungerer ·

Vervang asb die Afrikaanse kommentators.
Hulle is onbevoegd en praat net k#k.
Saai asb die wedstyd uit en hou op om ander sleg te sê en persoonlik te raak.
Nou moet ek Engels luister teen my wil. Gee terugvoering asb.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.