SuperSport-ondersoek: Publiek gevra vir insette

‘n Skermskoot uit die video van die voorval toe Ashwin Willemse tydens ‘n regstreekse uitsending van die Supersport-stel af gestap het.

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het ʼn beroep op voormalige en huidige werknemers en kontrakteurs van SuperSport gedoen om voorleggings aan die kommissie te stuur rakende beweerde rassisme by die uitsaaier.

Dié voorleggings sal deel uitmaak van die kommissie se intensiewe ondersoek na bewerings van rassisme en viktimisering by SuperSport.

Die kwessie het in Mei verlede jaar vir die eerste keer in die kollig gekom nadat Ashwin Willemse, voormalige SuperSport-spelontleder, tydens ʼn regstreekse uitsending van die SuperSport-stel afgestap het ná ʼn woordewisseling met Nick Mallet en Naas Botha.

Willemse het in dié voorval gesê hy sal nie verkleineer word “deur twee individue wat in apartheid, ʼn gesegregeerde era, gespeel het” nie.

SuperSport het ná die voorval adv. Vincent Maleka SC aangestel om ʼn onafhanklike ondersoek te doen na die oorsaak van dié uitsprake en die rede vir Willemse se uitbarsting.

In Junie het Maleka sy ondersoekverslag uitgereik waarin hy bevind het daar was geen “openlike rassisme” aan Botha en Mallett se kant nie. Hy het ook bevind daar was nie subtiele rassisme wat aanleiding tot Willemse se gedrag kon gee nie.

Die ondersoek het bevind daar was twee faktore wat ʼn logiese verduideliking vir die voorval bied. Die eerste faktor was die tegniese fout wat tot gevolg gehad het dat al die kommentators nie ʼn spreekbeurt gekry het nie en die tweede een dat Willemse Botha en Mallett as neerhalend beskou het toe hulle aangedring het hy moet eerste praat.

“Ná ʼn deeglike assessering van die onafhanklike verslag en in die lig van mediaberigte en onderhoude waarin SuperSport van rassisme en viktimisering beskuldig is, het die kommissie besluit dat hy wel sy eie ondersoek na die bewerings sal doen.

“Die kommissie het besluit dit is gepas en in die openbare belang om die omvang van die bewerings van rassediskriminasie by SuperSport, wat buite die omvang van Maleka se ondersoek val, te ondersoek,” sê die MRK in ʼn verklaring.

“Voormalige en huidige werknemers en onafhanklike kontrakteurs by SuperSport en ander belanghebbendes word versoek om geskrewe insette aan die kommissie te stuur sodat al die kwessies wat deel van die ondersoek uitmaak volledig hanteer kan word.”

Voorleggings moet die kommissie teen 31 Mei 2019 bereik. Dit kan per e-pos gestuur word aan [email protected] of per faks na 086 410 0149.

Die eerste sitting van die kommissie van ondersoek sal op 20 en 22 Maart by die Apartheidmuseum plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Jacques Coetzee ·

Is die ondersoek nog steeds nie afgehandel nie ? Jan Publiek het lankal al sy uitspraak gelewer en vergeet van die insident.Maar daar sal nog baie soortgelyke insidente in die toekoms voorkom en solank as wat die MRK in beheer is van sake sal ons nie ons asem ophou oor moontlike uitkomste in die toekoms nie.

Koos B ·

Ashwin se R50000000-00 BEE geld is seker klaar nou wil sy vriende hom help omnog ‘n paar rand verniet tekry.

Bernard Hellberg ·

Hoekom nie die verhoor by Goldfields waar Ashwin homself gehelp het aan R60-miljoen nie??

Wdp ·

Smaak my hulle sukkel om bewyse van rasisme teen naas en mallet te kry

Avokado ·

Jy is reg. Hierdie proses word ‘visvang’ genoem onder ervare ondersoekbeamptes. Jy het geen bewyse nie en nou hoop jy iemand kom met iets konkreet vorendag.

Gaitsigubib ·

Nou word daar al selfs van “openlike rassisme” en “subtiele rassisme” gepraat. Ek dog jy is of die een of die ander? Is mens n rassis as jy nie van oud “Ja”-stemmers hou nie?

Db ·

Siestog Willemse het die word rassisme raakgesien en nou speel hy daardie kaart want rugby kon hy nie speel nie

Toek ·

Hyt rugby gespeel of jy daarvan hou of nie,springbok klere gedra.Moenie net mense wil afkraak nie’lyk my jys gerook.

LOL ·

Hulle wil nou ‘n sondebok kry om die massas tevrede te stel? MRK lyk al meer na “kangaroo courts” en is mos reg vir Afrika.

Martin Weideman ·

Ag die situasie word heeltemal uitverband geruk. Ek wil vir Willemse sê. . .. cry me a river !

JohanL ·

Ja die MRK soek nou weer waar daar niks is om te soek nie. Maar wat van hul ondersoek na die Schweizer-Reneke geval? Nog niks daar nie. Ek was nou al twee keer via e-pos in verbinding met die MRK en elke keer reageer hulle en skryf hul ondersoek is nog aan die gang !!! Pleks hulle daar eers klaarmaak, voor hulle begin krap by ‘n saak waar daar onafhanklik bevind is, dat daar nie rassisme was nie. O en ek het altyd gedink die MRK reageer net op ‘n klag wat ingestuur is. Nee, nou inisieer hulle hul eie ondersoek !!!!!

Anel ·

En wat van die die uitlatings na die dood van die kinders by die höerskool? Gaan daar ook nou niks van kom nie?

Snowball ·

Belaglik, van wanneer af moet oud en huidige werknemers se veronderstelde ervarings dien as ‘bewyse’ ? As daar sweet blou niks was tot nou toe nie, waar gaan die hulle nou krap om dit op te dis? Of gaan dit nou ‘n huil en kreun sessie word vir almal wat al die trekpas gegee is?

toppie ·

Wat Naas en Nick al vergeet het van rugby moet Willemse nog leer en die twee manne ht meer ruby in hulle pinkies as wat Willemse in sy hele lyf het!!!

Judge Dredd ·

Lyk my die MRK kon niks vind – en nou ‘n jaar later – gryp hulle na grashalms.
Moes hulle nie al laasjaar vir insette gevra het nie? Belaglik!!!!

JohanL ·

Judge Dredd, in my opinie is die MRK se integriteit na hierdie storie aan skerwe. As Judge, wil jy nie maar gaan inspring en help nie?

shark ·

Hul sal krap tot hul die 2 skulding bevind – hul sal verklaring kry by persone wat nie eens daar werk nie, kyk net na die regstelsel in die land en dink vir jou self…”hulle” is mos altyd onskuldig..

Ronel ·

Dit wil vir my voorkom asof die MRK totaal en al onbevoeg is om n besluit te neem en daarby te bly. Waar die herrie het mens so iets teëgekom…
Dis belaglik!!!

Nieko ·

Nee magtig man, as rugby kenner en nie ondersteuner nie wil ek sê Hy was nooit ‘n “speler” nie maar slegs ‘n “deelnemer. Dis soos om in matriek te wees maaar jy speel vir die onder 12 D span

ac ·

Het jy ooits rugby gespeel,seker gesukkel om die skool se 3de span te haal.aahahahaahha

Anoniem ·

Sensasie-soek ! ‘Chill nou net asb. Mnr Willemse ! Jy gaan nêrens kom nie en Jou ‘legacy’ is vernietig ! ?

ne ·

Shame willemse, kry iets wat jy goed kan doen…. wat van tjank? net nie rugby nie!!

Manie ·

Kan net beaam wat reeds geskryf is.
MRK is nie ‘n “regte” kommissie nie, dis ‘n Kommissie wat ten alle koste hul bestaan moet regverdig deur soveel moontlike “rassisme” te “bewys”.

jakes ·

Dis belaglik wat die MRK nou weer vorendag mee kom. Kyk maar net wie is die MRK? Minister Thokolozi, ek bedoel Thokozile, moes lankal gese het dat die saak teen Naas en Mallet afgehandel is. Die feit dat n swart advokaat geen bewyse kon kry nie behoort genoeg te wees om die saak te sluit. Maak n mens kwaad dat die MRK tot by Caster Semenya se probleem betrokke raak. Asof hulle enigsins n invloed op die uitspraak sal he.

Adam ·

Hoe kon jy in die eerste plek ‘n selferkende voormalige bendelid gerespekteer het?

De Villiers ·

Ek dog hierdie saak is afgehandel en dat die bevindindinge in die guns van Naas en Nick was, en dat ou Willemse besef dat hy maar ‘n brug moet bou om oor sy minderwaardigheidskompleks te kom.
Nou glo ek vas dat hierdie net weereens ‘n strategie van die ANC is so voor die verkiesing om die aandag van die publiek te vestig op sulke sensasionele sake in ‘n poging om hul onvermoë ten toon te stel, soos die ESKOM-debakel, die SAL-ineenstorting, die brandstofprys wat weer gaan styg, die swak ekonomie en die totale verval van alles onder hulle beheer. Daar gaan nog so ‘n paar sensasionele sake skielik opduik en buite verband geruk word voor die verkiesing. Kyk maar.

John ·

Sluit Supersport. Dis ‘n belaglike duur en verwaande groep. Hoe kan gewone mense hierdie dstv-luukse bekostig en hoe kry kinders, die sportsterre van die toekoms, die geleentheid om meer omtrent sportsoorte te leer… Met die oor teen ouma se radio?

waarheid1 ·

Die Willemse knaap het lyk my niks anders om te doen nie as om in die spieel te kyk en dan te kla oor die wit mense nie.
Dan kyk hy weer in die spieel en dan kla hy weer.
Hy het ‘n probleem met homself.

Eindelose por por ·

Nou wat nou? Ek reken daar is belangriker situasies wat aandag nodig het. Daar is openlike rassisme aan die gang en word net onder die mat ingevee soos bv ñ sekere CIC se uitlatings…

P G Slabbert ·

Dis weer verkiesing , nou soek hul weer stemme met n snot en trane sitcom !

Alida ·

Die MRK is n klug en werk net vir een ras. Wat mors hulle tyd met daai looser. Ondersoek eerder daai walglike BLF gemors se uitlatings waar kinders dood is. Hierdie looser kan aangaan met sy lewe met waarmee hy ookal goed is.

Boet Fasie ·

Hulle sal aanhou tot Naas en Nic skuldig bevind word en tronkstraf kry. zAs Willemse weer op die kassie toegelaat word kanselleer ek wragtig DSTV. Swakker as swak kry mens nie.

George in Bloem ·

Hmmmmm…….Ek kan nie help om te wonder of die rassisme teenoor blankes deur hierdie maatskappy met hulle simpel pakkette waar daar blatant teen rugby ondersteuners gediskrimineer word want daar is GEEN rugby te sien op die goedkoop opsies nie. En o wee as jy kla by hulle kantore oor enige iets. Jy kan aanvoel dat hulle jou nie daar wil he nie duidelik net omdat jy wit is. Wittes moet mos maar ons bekke hou en net betaal.

Chris van Heerden ·

Willemse gaan 2 de kom as die publiek regtig moet insette lewer. Dalk moet julle maar net by politieke leiers se insette bly.

Catherine ·

.n verloorder wat minderwaardig om een of ander rede voel.Get real….life is tough

Andre ·

Wanneer gaan die MRK die EFF en BLF leiers se rassistiese uitsprake ondersoek?

Ruby ·

Ashwin verkies dit dat Naas en Nick eerste praat en so die werk doen. Hy wat Ashwin is sal dan net inval en bietjie uitbrei, voorbereiding lyk my is nie sy sterkpunt nie, Ek het hom al lank gesien dit doen, ons wat kyk is nie stupid nie.

Ashwin jy het Suid Afrika en oorsese mense se respek verloor met jou self-opgehewe arrogansie.

Stripes ·

Ek het nou nie die uitsending gesien nie maar volgens die berig lui ek dievolgende af: Willemse is gevra om eerste te praat. Hy het nie geweet wat om te sê nie want dit is makliker om kommentaar te lewer oor wat iemand anders gesê het as om met jou eie idees vorendag te kom. Willemse het toe gevoel/gesien/geweet hy gaan ‘n gat van homself maak en het afgestorm en as verduideliking die geliefde “raskaart” gespeel.

‘n Onafhanklike ondersoek deur ‘n swart advokaat bevind daar was geen fout nie en dit pas nie in by wat SS se kommissie eintlik verwag het nie en nou sal die kommissie die kommissie se bevinding ondersoek en hul eie besluit maak. Hoekom dan die adv. in die eerste instansie dan aanstel vir die ondersoek?

O!! Ag jammer tog, die ander persone was wit gewees. Sien, nou speel ek die raskaart net soos wat die regering en hul kaders doen. As iemand aandag soek of as ‘n instansie van iemand ontslae wil raak word die raskaart gespeel want dit kry die meeste aandag, behalwe as jou naam Kaster is.

AH ·

Siestog, Ashwin kan maar net nie daaroor kom dat hy nie Nic en Naas se gelyke is nie. Nou kerm hy oor rassisme! Dit is jammer dat die MRK nou moet grawe om iets te kry om die mense te “straf” net omdat hulle wit is, geen ander rede… Pleks dat hulle hul bepaal by ander blatante rassisme deur EFF en BLF.

HPV ·

Die mrk met hul dubbel standaarde en eensydige uitsprake het absoluut geen geloofwaardigheid nie, hulle is slegs ‘n vertakking van die anc, eff en blf. Dit is waarom willemse sy hoop op hulle plaas. Hul uitspraak sal in elk geval in sy guns wees, al hul vorige uitsprake of selfs geen uitsprake ter ondersteuning vir die eff en kie in ag geneem. Hulle vra feite en insette wat dan eensydig gesif en gebruik word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.