SuperSport sê oor Afrikaanse krieketkommentaar

Argieffoto

Afrikaanse krieketkommentaar het nié van die kassie verdwyn soos sommige SuperSport-kykers gevrees het nie.

AfriForum het Woensdag in ʼn verklaring gesê die organisasie het talle klagtes van DStv-gebruikers ontvang omdat Afrikaanse krieketkommentaar tydens die onlangse toetsreeks tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland gestaak is. Die burgerregte-organisasie het SuperSport hieroor genader.

“AfriForum verwelkom SuperSport se onderneming dat dié sportdiens geen bedoeling het om krieketkommentaar in Afrikaans te staak nie,” het Annelise de Vries, taalbeplanningskoördineerder by AfriForum gesê.

Sy het gesê volgens Graham Abrahams, direkteur van ondernemings en regulatoriese sake by SuperSport, veroorsaak operasionele omstandighede soms dat kommentaar in Afrikaans en ander amptelike Suid-Afrikaanse tale nie kan voortgaan nie, maar dat dit nie algemene praktyk is nie en ook nie sal word nie.

“Dit is verblydend om te sien dat SuperSport onderneem het om sy intekenaars se belange op die hart te dra en die versekering gegee het dat Afrikaanse sportkommentaar in sy geheel nie in die toekoms bedreig sal word nie,” het De Vries gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Lucas ·

Baie goeie nuus!! Baie dankie weereens aan Afri Forum wat namens ons optree.

Janine ·

Voorwaar goeie nuus. Dankie vir die inligting en aan Afriforum. Ek geniet die geweldig baie om na ons Afrikaanse krieket kommentators te luister.

jaco ·

Afrikaanssprekendes wat so kla dat alles Engels word, is seker dom en kan nie Engels verstaan nie. WAT het julle gemaak as die algemene tale in SA Zulu en Tswana was?

Pietman ·

Jaco, Dan sou ons Zoeloe praat en nogsteeds ons taal beskerm en bevorder. Mense wat nie besef dat Afrikaans nou meer as ooit pro-aktiewe beskerming benodig nie is dom.

MANIE ·

Pasop vir DSTV want hulle laat mense wat hou van krieket en rugby die grootste maandelikse premie betaal. Geen rugby of krieket op die goedkoper pakkete. Net sokker kanale op die goedkoper paket. Dit is die selfde mense (DSTV) wat jou laat betaal vir die Gupta nuus kanaal ANN7 sonder keuse of jy dit wil he of nie op jou pakket.

jaco ·

Eks waarskynlik meer Afrikaans as baie op hierdie forum. Maar eks ook realisties. Daars erger probleme in SA as miskenning van ‘n paar taalregte. Regstellende aksie EN VERAL plaasmoorde se gevolge is veel meer traumaties EN permanent. Leaves oor miskenning van Afrikaans is ‘n absolute mors van tyd en energie.

Reinhardt ·

Dit mag dalk nie die belangsrikste kwessie wees nie, maar dis tog belangrik. Net omdat ek omgee oor my taal beteken nie ek gee minder om oor plaasmoorde en regstellende aksie nie. Ek lees nounet n berig op Netwerk24 en die skrywer praat van Walestraat… daar bestaan nie so straat nie. In Engels is dit Wale Street, in Afrikaans Waalstraat. Nou as ons gesogde media huise dit nie eens kan regkry nie, wat laat jou dink die man op die straat gaan? Met die houding is Afrikaans lankal dood, dan kan ons net sowel begin Engels praat, en wanneer ons Engels praat, hoekom sal ons in n derde wêreld landjie wil lewe?

Schalk ·

Ek dink dis regtig onregverdig vernaamd vanaf supersport se kant af, dat ons mense die premium pakket betaal en nie eers n krieket game in Afrikaans kan luister nie. Maar dan kry jy iemand wat R235 per maand betaal ( weet eks verkeerd met die bedrag)maar daar is 2 sport kanale vir hul in die taal wat hul ken( Glo my geen Rasistiese aan merkings nie!!!!). Dink DSTV moet n pakket uit dink, van die van onse mense wat net 201 en 202 en paar ander kanale wil kyk daarvoor betaal. Dink jul mense eks reg of jaag ek net spoke op. Kan doen met n R235 se pakket plaas van n R789, en 90 % van die kanale kyk n mens n”mos en as jy kyk is dit n repeat van 3 maande terug

Se maar net hoe ek daaroor voel

Vriendelike Groete Mense

Anoniem ·

Hoekom word daar nie op DSTV Afrikaanse kommentaar gelewer op die Varsity atletiekbyeenkomste nie.?

Pieter ·

Al 3 maande sonder DSTV, net uncapped Wifi, teen die helfte minder. Kan kies en keur wat ek wil kyk, sonder enige herhalings. Tata DSTV tata.

KrieketS ·

Dan moet daar net ordentelike kommentators wees wat die werk sal kan doen en nie so dood en eentonig praat nie, ook nie net oor hul eie loopbane nie. Ek kyk eerder sonder enige klank voor ek dit sal oorskakel Afr toe.

Attie van R ·

DSTV is ‘n klomp luise wat hul geld maak uit Afrikaanssprekendes. Laasgenoemde se geld word tot voordeel van ander tale aangewend. Nes ‘n sekere media-groep in SA, wat verwag dat Afrikaanssprekendes moet betaal om hul nuus op Internet te lees, terwyl dieselfde groep dit gratis bied aan Engelssprekendes.

We dont care ·

We dont care, you afrikaans people became so obsessed with sport that you’ve lost your buying power.

Reinhardt ·

Jy klink na ‘n aangename jongman. Hoop jy’s gelukkig in die lewe.

Annatjie ·

Ek betaal ten duurste vir ‘n diens. Ek verwag waarde vir my geld en een van hulle is kommentaar in my eie taal. DSTV toets in elk geval net die water om te sien wat is die reaksie van die kykers dan dink hulle vinnig ‘n verskoning uit

JC ·

VANDAG 6 April 2017, IS STIGTINGSDAG Yippe!!!!!
Afrikaners (en as die feit tot sy logiese gevolgtrekking geneem word -ons taal-Afrikaans) IS 365 JAAR OUD.

Anoniem ·

“We dont care” with that attetude you then also don’t care about white farmers being murdered.

Cassie Carstens ·

Mens sien duidelik Hlaudi Motsoneng en die ANC se hand hierin. Hulle wil Afrikaans vernietig, maar sal dit NOOIT regkry nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.