SuperSport-voorval: Aanbieders vir eers nie op TV

Ashwin Willemse. Foto: SuperSport

SuperSport het Vrydag aangekondig dat Ashwin Willemse, Naas Botha en Nick Mallett vir eers nie meer op televisie sal wees nie, terwyl daar ondersoek ingestel word na die voorval waar Willemse die stel verlaat het.

SuperSport het die afgelope week met al die betrokke partye vergader in ʼn poging om die saak vriendskaplik en spoedig af te handel. “Ondanks aanvanklike goeie vordering, is die saak egter nog nie opgelos nie.

“Ons het gevolglik besluit om adv. Vincent Maleka SC, ʼn onafhanklike senior advokaat, aan te stel om as voorsitter te dien van ʼn komitee wat die voorval sal hersien en aanbevelings aan die bestuur sal maak.”

SuperSport het intussen ook besluit dat Willemse, Botha en Mallett nie verder op SuperSport sal verskyn hangende die uitkoms van die hersiening nie. “Die aanbieders is nie geskors nie en sal voortgaan om hul salarisse te ontvang ingevolge hul kontrakte.”

Die vervaardigers van die program is vasbeslote om vas te stel wat gebeur het. “Adv. Maleka is versoek om sy bevindinge en aanbevelings teen 11 Junie 2018 voor te lê.”

‘n Skermskoot uit die video van die voorval toe Ashwin Willemse tydens ‘n regstreekse uitsending van die Supersport-stel af gestap het.

Maroela Media het vroeër berig ʼn tegniese fout in SuperSport se ateljee en ʼn opmerking deur Botha het glo daartoe gelei dat Willemse tydens ʼn regstreekse uitsending uit die ateljee gestap het.

“Jy weet wat, ek speel al lank hierdie sportsoort, nes almal van ons hier. Ek, as speler, is vir ʼn lang tydperk as kwotaspeler bestempel. Ek het hard gewerk om my eie respek in dié spel te verdien, ek gaan nie verkleineer word deur twee enkelinge wat in apartheid, ʼn gesegregeerde era, gespeel het en my wil kom ondermyn nie. Ek dink ek het nou genoeg gehad, ek kan nie met mense werk wat ander ondermyn nie,” het Willemse tydens ʼn regstreekse uitsending gesê.

Daarna stap hy na Mallett en Botha en sê: “Julle kan maar daar sit en lag”, waarop Mallett antwoord: “Ek lag nie daaroor nie”.

“Julle weet presies wat gebeur het, dis reg so, ek gee nie om om verspot te wees nie. Ek is bly dit gebeur op regstreekse televisie sodat mense kan sien, julle twee sit hier – nee dis reg [sic].” En dan stap hy van die stel af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

73 Kommentare

Cheers ·

EN SO WORD TWEE ONSKULDIGE MANNE gestraf wat ongevraagd en unprovoked aangeval is en rassiste genoem is en apartheidspelers . kan nie glo dat dinge so ONREGVERDIG in SA uitgedraai het nie. Cheers DSTV, Cheers Supersport. Nice to have known you!

Katje ·

Ja hierdie was die laaste strooi. DSTV is te bang om die regte ding te doen, en hulle druk inelkgeval ons dood met alewige advertensies en herhalings. Ek het nou ook besluit om te kanselleer. Ek kan daardie geld baie beter gebruik. Netflix hoor ek is inelkgeval beter.

Selfbeskikking ·

Die samelewing is nou in die heksejag fase en hulle gaan aanhou om onskuldige mense te vernietig tot daar niks van ons meer oor is nie. Tot die wat nog altyd openlik baie hard gewerk en baklei het vir ander rasse gaan uitgehaal word soos Mallett. Ons enigste hoop vir oorlewing is selfbeskikkingsonderhandelings.

Rugga ·

5 driee in 19 toetse…nou sê jy vir my jy wás goed genoeg op meriete?

Koebaai DSTV ·

Advokaat Vincent MALEKA moet nou oor ‘n saak besluit teen twee wit ouens wat ONSKULDIG is, nie moeilik om te raai in wie se guns dit gaan swaai nie.

Casper Labuschagne ·

Soos ek voorspel het, gebeur dit ook nou. Botha en Mallett is miskien heel onskuldig, maar hulle het so nou giftig sinoniem met rassisme geword dat hulle nie gebruik kan word nie – elke woord, elke daad, en elke uitspraak sal deur miljoene op sosiale media gemonitor word en elke moontlike verkeerde vertolking sal ‘n woedende uitbarsting op sosiale media veroorsaak.

Willemse weer is nou so onaantasbaar as benadeelde slagoffer van wrede rassisme en witbevoorregting (ja, ja, ek weet Botha en Mallett is onskuldig!) dat hy noodgedwonge sy eie program sal moet kry.

En dit vriende en vriendinne, is waaraan ons moet gewoond raak in hierdie ‘pragtige’ land.

willie ·

Casper jy het dit mooi opgesom, want ek sou dit BAIE meer kras gestel het! AW in teendeel verdien nie al die publisiteit nie!

Johan ·

Jou laaste sin (alhoewel korrek) breek my hart namens my kinders. Die jng klomp moet maar padgee as hulle wil/kan – maar mens gaan hulle mis. Ai.

Piet ·

Jis Johan, ek word kwaai gekritiseer omdat ek negatief is maar daar slaat jy my nou op n senuwee en ook die rede vir al my kommer. Ek wil niks verder se nie.

zoom zoom ·

Maak vir Ashwin min van sport en sy klagtes teen Naas en Mallet sal onmiddelik stop.

Erick ·

Vergeet maar van ‘n onpartydige en regverdige uitslag. Hierdie was ‘n vooraf beplande optrede van Willemse. Hy het dit opsetlik gedoen om sy politieke loopbaan mee af te skop. Hy het baie kontakte in die regering en ook in cahoots met die krimineel Mckenzie wat saam met hom in die tronk was. Slaan maar na oor die Goldfields sage.

Essie ·

Ek gaan my DSTV subskripsie stop. Die rugby is afgewater en die Bokke maak my skaam.! Moeg vir rasse politiek op alle gebiede vd samelewing in SA.

Adam ·

Ek hoop Supersport doen die regte ding en skrap die program in totaliteit. Ware sportliefhebbers is in elk geval siek en sat vir die sg analises. Die feite is in elk geval eenvoudig. Naas en Nick is gewis nie rassiste nie en Willemse, alhoewel hy homself goed beheer het, was totaal en al onprofessioneel. Die ondersoek is gewoon ‘n mors van geld en dit is tragies dat 3 volwasse sporthelde nie in staat is om hul “geskille” self op te klaar nie.

Andre ·

Wonder hoe hy daai werk gekry het – ver te veel geld vir wat hy werd is. Hy soek seker nog meer , al rede hoekom hy homself meer belangrik ag

Erick ·

Die groot geheim is dat Willemse nie daardie “werk” nodig het nie. Dit lyk vir my soos net ‘n stokperkie vir hom. Hy het 61 MILJOEN van Goldfiels gekry om as ‘n sogenaamde BEE lid te wees.

bgj van der westhuizen ·

eers se dstv kry geen vou nie maar na die anc regering wee hulle neus in duk nou moet al mal geskors word al een wat n pobleem gehat het is die aw dstv julle pluk in lat wat julle nie wil he nie

Marius ·

SS moet weet, raak van Nic en Naas ontslae dan gee ons julle die spur behandeling… Wees gewaarsku!

luiheid ·

Ons weet wat gebeur het – waarom ondersoek instel?
Al wat hulle gaan uitvind is hoe groot Willemse se ego is- dis al.
Hy wil aansien kry vir werk wat hy nie doen nie – dis maklik- en blameer hy rassisme vir sy luiheid en tekortkominge.
Ek is seker dat as Botha en Mallet nie meer daar gaan wees nie – die publiek hulle DSTV gaan laat afsit – en dan is DSTV in die sop.

Elsa ·

Jy hoe nie jou DSTV te laat as it nie, verander net die kanaal. Ons kyk vir jare geen rugby nie.
Laat hul maar net die program skrap

Hendrik ·

Julle kyk gans te veel DSTV. Wit bevooregtes soos Musimane sal se.

Pastoor ·

Ek skakel maar toe DSTV af. Gesels met vrou. Al amper 3 jaar. As al ongelukkiges ook hulle DSTV afskakel todat Naas e Nick terug is. Sit af dan hoor ons gou n uitslag

Laetitia ·

Nou moet onskuldige mense daar onder ly.
Ashwin het totaal en al my respek verloor.
Vir die ANC wat te papbroekig is om te herken dat hulle fout gemaak het. sies!!!

Bittergal ·

Daars hy! Dit was nou genoeg. Ek kanseleer nou DSTV oor heruitsendings en sommer omdat ek lus het.. Baie minder geld koop vinnige internet met baie cap. Ek soek lankal rede, nou het ek dit.

Ben ·

Die belangrike ding is dat kwotas tot niemand se voordeel is nie. Dit is ‘n euwel wat uitgerooi moet word. En Ja, Aswin wou die eer gehad het, die feit is dat “alle eer behoort aan God” – so se die Bybel. As jy die eer van Springbok will he dan moet jy dit werd wees. Die beste van die beste. Naas is dit en Aswin? Nee die statistiek praat.

Anoniemiseerder ·

Hierdie kan DSTV miljoene kos! En ek bedoel HONDERDE MILJOENE! Dit is ‘n atoombom tussen ‘n groot gros van hulle Premium kliente… Mense wat ‘n verskoning soek om die duur pakket te kanselleer.

Lee ·

Dis al hoekom ons Supersport gekyk het vir Naas en Mallet, Willemse weet in elk geval niks nie. Tx Supersport ons sal nou ook nie meer kyk totdat Naas en Nick terug is nie. Ashwin kan maar sokker of iets gaan uitsaai.

Mac ·

Stem nogal saam dat hulle die analiste voor en na die wedstryd kan skrap ek dink meeste mense kyk maar net wedstryd

Robert Naude ·

Stem met jou. Het nie een van die drie nodig om my iets van die spel te vertel nie.
Gaan ook nie my dstv kanselleer vir die fiasko nie.
Geniet rugby te veel. Wens net hulle wil politiek uit die spel hou.

Mac ·

Die enigste rede hoekom ek op premium pakket is om rugby te kyk

Chris Ws ·

Jy’t baie geld om te mors!My premium pakket reeds 9 jaar terug gekanselleer.Sal hom NOOIT weer aktiveer nie.Hoor al die rugby uitslae op die nuus.

Gerhard Burger ·

Super Sport sê hulle is nie geskors nie, hulle ontvang nog hulle salarisse. Maar, hulle mag tot afhandeling van die ondersoek nie werk nie. Nou wonder ek wat beteken dit dan om geskors te word. In terme van die reëls van die Arbeidsreg kan ‘n werknemer net in uitsonderlike gevalle sonder salaris geskors word. Ander skorsings gaan in elk geval met die voortsetting van salaris gepaard. Na die beste van my kennis en oortuiging is hulle ontsegging van die verrigting van werk in praktyk ‘n skorsing. Al sou hulle dalk nie ‘n formele geskrewe kennisgewing tot die effek ontvang het nie.

J B ·

Ek hoop dat DSTV ander opkomende kykers in die oog het wat die plek sal vul van die kykers wat hy nou gaan verloor, anders mag hy ‘n adverteerder ook verloor.

Hannelie ·

Ashwin last ‘n wrang smaak in die mond nes Castle. Maak nie saak wát die uitslag is….hy het baie kinderagtig en onprofessioneel opgetree. En dit sal ons altyd onthou.

Nolis ·

Dis duidelik wat gebeur het. Ashwin het wéér net voor die einde opgedaag, toe hy moes begin toe “Nick, what would you say happened” toe lag Naas en sê “this is your time, take all the time you need” toe strip hy homself, en gooi die ras kaart, so word dit toe 2 blankes se probleem vir Ashwin se tekortkoming.

Disconnect DSTV ·

Dankie gaan julle nie verder ondersteun nie. Het dstv sopas heeltemal gediaktiveer

Bernadette ·

Shame, miskien moes jy jou werk gedoen het en voorberei het Ashwin. Toe strip jy omdat jou kollegas moeg was om jou werk WEEREENS vir jou te doen en jy daar staan met n mond vol tande nie. Toe is dit weer die vervelige ou rassekaart…..pateties

Leeu ·

Jip, toe is dit die witman se skuld omdat hy nie sy werk gedoen het nie. Volgende week hoor ons die K woord was seker ook gebruik

Callie ·

Gelukkig sal hy nie weer saam met sy groot vriend Kobus Wiese op Superugby kan verskyn nie. Of hulle sal program moet verander dat niemand kan inbel nie. Die wiel draai, stadig maar hy draai. Nag Aswhin

Adrian ·

Wel kom ons kyk of maroela die sal publiseer. Vanoggend gelees dat Willemse uit was vir ete toe die spel aan die gang was. Toe hy terugkeer so net voor die eindfluitjie blaas moes Naas en Nick hom opsommend verduidelik wat op die veld plaasgevind het, hy het nie geweet nie en toe hy begin praat het Naas en Nick besluit dat hul hom nie die keer gaan help nie dus gooi hy die raskaart

Tammy ·

Ongeag wat gebeur het voordat die aanbieders begin uitsaai het, hulle word betaal om professioneel op te tree. Jy kan nie net van die stel afstap en dink dis professioneel nie. Aswin het nie professioneel opgetree deur sy humeur te laat weghardloop nie, ongeag wat vooraf gebeur het. As hy een van my werknemers was sou ek hom dissipliner aangekla het, omdat hy nie professioneel opgetree het nie en my “aanbieding” daardeur vernietig het. Neewat, bekyk hierdie aangeleentheid maar weer. As almal maar net van die stel kan afstap omdat hulle nie hulleself kan beheer nie……..Dit laat my aan ons parlement dink waar die humeure opvlam en mense op mekaar skree en skel. Wat jy voorheen bereik het en waar jy vandaan kom het geen meriete nie, wat tel is jy word betaal om professioneel n goeie aanbieding te doen en KLAAR.

Ore ·

As gereelde kyker van Super Rugby Maandae aande,het ek al vele keer opgemerk dat Mnr Willemse nie voorberei het nie.Dan is dit altyd die ou eentonige grappies van “verkleurmannetjie” Saarks ens.Hy lug nooit ‘n opinie nie en as hy vwel iets se dan beaam hy wat die ander deelnemers se.Iets is verseker nie pluis nie

AWVDM ·

DSTV het in werklikheid NIE die Blanke se Ondersteuning Nodig Nie…. Gaan kyk maar self in of by informele settings hoeveel het DSTV….. en jy Dink by jouself… Jinne en die is mense wat sê hulle lewe onder die brood lyn….

Mrs H ·

Ashwin, dis tyd dat jy begin omgee om nie “verspot” te wees soos jy dit noem. Ja, DUIDELIK gee jy nie om nie, het jy al ooit? Go cry yourself a river, and see who cares?!

Mrs H ·

Ek kanselleer my Multichoice DSTV NOU. Dood gelukkig om rugby op RSG te luister, soos die goeie ou dae…

Josua Keys ·

En die dame wat die program aangebied het, waarom is sy nie van die lug afgehaal nie, sy kon mos die voorval gestop het nie waar nie??? so sy is ook dan skuldig want dit is pressies die uitspraak Teen Nick en Naas(onskuldig maar skuldig verklaar) al was sy onskuldig hierby betrek, as ek Naas en Nick is sal ek dit nie daar laat nie en dit beslis verder vat, Aswin het alby die mense se inkomste beinvloed deur sy absurde uitlatings en selfs die dame wat die program aangebied het in ‘n verleentheid gestel, pateet, ek het ook my respek vir hom verloor en sou dit ‘n wit persoon was sou ek dieselfde gesê, ek het eenvoudig nie tyd vir mense wat veroorsaak dat ander mense hul werk verloor deur stories aandra ens of gevalle soos wat hier gebeur het nie. Ek was nog nooit ‘n Naas aanhanger nie maar met alles wat naas die laaste twee jaar deur gegaan het verdien hy beslis nie die tipe behandeling nie en dit geld vir die res van die span ook, ek hoop net Kobus laat nooit weer toe dat Willemse op sy program verskyn nie kry eerder vir Jonathan Makwena wat in ek geval die word Sharks reg kan uitspreek nie saaks nie!!!!

Charles ·

Daar sal verseker gekyk word na die raskaart, waarom solank vat om die uitslag te gee?

Niklaas ·

In Engels word dit uitgedruk as ” do not want to lose face”. Dis nou Supersport , Ashwin en sy ondersteuners se grootste mikpunt. Want dan verloor hy sy werk en dit wil hul vermy.

Reinhard ·

Gelukkig kyk ek nie meer dstv of hulle rugby nie om die soort van onbelaglike kamstige rassisme te sien. Ons “stream” nou al vir meer as 2 jaar lokale en internationale rugby op Watch ESPN en nou op ESPN+ vir n fraksie wat dstv se een- rassige programe kos.

Johann ·

Totsiens DSTV. Al lankal nie meer die geld werd wat mens betaal nie. Herhaling na herhaling. Hierdie was die finale strooi!!!!

Lekker Piet ·

Aag ou Aswin terwyl jy nou by die huis sit oefen solank om die woord Sarks reg uit te spreek asb.

Rikag ·

Dstv al 3 jaar terug afgesit gaan kyk by n Sports Club as ek n wedstryd wil sien verder is DStv sucks. Wys alles oor en oor. Op laptop gaan in op n site en sien al my movies en serius waar DStv so agter is. Sien episodes van season 3 dan is DStv nog op season 2. Rerig mis hulle glad nie nuus lees ek op my foon.

MJ ·

Ek her so pas my Dstv subskripsie gekanselleer.
Julle sien my En my geld nooit weer nie dstv.
Naas En Nick is skuldig bevind net omdat hulle blank is. Uncapped internet is baie goedkoper En minder rasisties!

Koos ·

Wens ek kon ook help boikot maar het reeds DStv gekanselleer ‘n paar maande terug. Die Afrikaanse kanale is power en tog so polities korrek. Ashwin het nog altyd verleë gelyk langs die ware kundiges en is eintlik net ‘n oorbetaalde assistent.

Jacques ·

Daars reg en daars verkeerd. Nick en Naas is reg, maar moet nou buig voor verkeerd.
Ons Afrikaners het nie meer veel oor nie, maar om nou dstv te kanselleer, sal nou die regte ding wees om te doen.
My opregte simpatie met Vic Mattfield wat Saterdag instaan.
Daar gaan my respek vir jou ook.

John ·

Nes grondhervorming sonder vergoeding… Die boere is mos verslaaf aan sport hulle sal aanhou kyk al is Willemss die springbokafrigter en Naas en Nick besig om klippe te kap op Mars. Reg? Moontlik is hierdie ook ‘n toetssaak soos die’ wat ons eerste burger na verwys… ‘n toets saak… ‘n paar verrassings is oppad….

Waarheid ·

Weet van baieeeeeee wat sê genoeg was nou genoeg ek laaankal niks kontrak gemors? Werk uit gaan verbaas wees P- R900×12 SJOE!!!

Albanus ·

Jammer dat Matfield hom beskibaar stel vir die anti-blanke verdtog

Al ·

Ek glo Ashwin het besef dat hy vir hom ñ groot gat gegrawe het en beroep hom nou op die slagofferstatus van voorheen benadeeldes.
Sokkerbywoning is swak en bring nie so klomp geld in nie, SS sal mooi moet besin watter kant hul wil beweeg met die rugby.

Msp ·

Seker ‘n dom vraag maar kan rugby nie ontrek van die regering en hulle ondersteuning nie. Kan ons nie deur Solidatiteit en Afri Forum ons eie rugby unies stig sonder die hulp van die regering nie. Wat help dit almal klou vas aan die regering wat witmense nie kan aanvaar en hulle op elke gebied probeer uitwerk? Ek is seker dat ons op ons eie goed sal klaarkom en n reuse sukses daarvan sal maak as alle sport liefhebbers hulle ondersteuning finansieel vir ń onafhanklike rugby gee. So kan ons op elke gebied hulle begin uitskakel en alles met ons eie mense begin aanpak. Ek weet nie. Ek probeer nie slim wees hier nie. Dalk maar ń saadjie wat ek plant wat aan die einde van die dag vir ons mense meer gaan beteken. Hiermee sê ek nie skakel alle rassegroepe wat ons graag hierin wil ondersteun uit nie. Ons kan dalk verbaas wees dat ons meer ondersteuners uit alle rassegroepe gaan hê as wat die ou minister van sports het omdat mense moeg is vir die ding dat die regering gedurig inmeng. Dis belangrik om te besef dat ons altyd die skuld van alles wat in Suid Afrika verkeerd loop gaan kry.

Deloris ·

Iets maak nie sin nie…
1. N tegniese fout kry die skuld
2. Aswin sê, hy is bly dit gebeur regstreeks
?? Wie bluf vir wie

Magda Bronkhorst ·

Cheers DSTV……..ek lewer liewer geen kommentaar!

Unknown Bird ·

As net 40,000 DStv intekenare hul R900 maandelikse subskrubsie kanselleer, dan verloor DStv R36 miljoen per maand wat R432 miljoen se jaarlikse verlies sal wees. Spandeer tyd saam julle families, kanselleer jul DSTV.

John ·

Hoop die oompie geniet nou die slimelight…. wat nogal glibberig en stinkerig is. Waar is die programaanbiedster in die storie? Moet sy nie die program reguleer nie? Of is sy te onskuldig?

Reguit ·

DSTV moet maar die wonderlike ‘rappie’ op hul eie geniet.

seun ·

Nee wat ek is klaar met Dstv. Wat ‘n verassing was Netflix nie vir my nie. Beste van als geen advertensies nie. Hulle kerm hulle het al 100000 intekenare verloor, my wiskunde se so amper R95 miljoen.Heirdie een gaan hulle beslis seer maak.

Reguit ·

As die wittes van SA maar net besef wíe hulle ondersteun as hulle DSTV ondersteun. DSTV behoort aan Multichoice, wat aan NASPERS behoort. DSTV is maar net een van NASPERS se talle filiale wat o.a. insluit: Supersport, Mnet, Showmax, Media24, Beeld en Rapport. NASPERS is deel van die liberale Geldmag; ‘n internasionale maatskappy met besigheid in meer as 130 lande, met ‘n jaarlikse omset van oor 73 biljoen Rand. Die liberale NASPERS is daarvoor bekend dat hulle al ewig agter die skerms die belange van die blankes in SA ondermyn – trouens, dit is wat die Geldmag rég van die begin af doen. Maar nee…. solank die wittes net lekker na hulle ‘rappie’ kan kyk.

Linda ·

As ek mnr Mallet en of Botha was sou ek hierdie geleentheid gebruik het om ‘n onafhanklike kommentaar -uitsending stasie te begin. Hulle insig en kennis word wêreldwyd gekomplimenteer -iets wat so ‘n skuif ‘n wen wen situasie kan wees, want hulle kan hou by die waarheid.

Katerina ·

@Reguit – Jy is REG!!!! Ek verafsku veral Media24. So anti-blankes as kan kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.