SuperSport-voorval: Dít laat Willemse uitloop

Ashwin Willemse. Foto: SuperSport

ʼn Tegniese fout in SuperSport se ateljee en ʼn opmerking deur Naas Botha het glo daartoe gelei dat Ashwin Willemse tydens ʼn regstreekse uitsending uit die ateljee gestap het.

Sport24 berig die paneel, bestaande uit Botha, Willemse, Nick Mallett en aanbieder Motshidisi Mohono, het aanvanklik tien minute gehad om te gesels voordat die wedstryd tussen die Leeus en die Brumbies sou begin.

Die gesprek is egter ná drie minute kortgeknip sonder Mohono se wete en dit het daartoe gelei dat Willemse nie ʼn spreekbeurt gekry het nie. Daar is toe gevra dat Willemse eerste ʼn spreekbeurt kry ná die wedstryd. Botha het glo net voor die regstreekse uitsending vir Willemse gesê: “Dis als joune”, en gelag.

Mohono het dadelik met Willemse begin gesels ná hulle weer regstreeks uitgesaai het. Willemse het Botha vir sy mening gevra waarna Mallett sy ontleding van die wedstryd gegee het. Die voorval het plaasgevind toe Mohono weer met Willemse wou praat.

“Jy weet wat, ek speel al lank hierdie sportsoort, nes almal van ons hier. Ek, as speler, is vir ʼn lang tydperk as kwotaspeler bestempel. Ek het hard gewerk om my eie respek in dié spel te verdien, ek gaan nie verkleineer word deur twee enkelinge wat in apartheid, ʼn gesegregeerde era, gespeel het en my wil kom ondermyn nie. Ek dink ek het nou genoeg gehad, ek kan nie met mense werk wat ander ondermyn nie.”

Daarna stap hy na Mallett en Botha en sê: ‘Julle kan maar daar sit en lag’, waarop Mallett antwoord: ‘Ek lag nie daaroor nie.’

‘n Skermskoot uit die video.

“Julle weet presies wat gebeur het, dis reg so, ek gee nie om om verspot te wees nie. Ek is bly dit gebeur op regstreekse televisie sodat mense kan sien, julle twee sit hier – nee dis reg [sic].” En dan stap hy van die stel af.

SuperSport het Maandag ʼn vergadering met Willemse, Mallett, Botha en Mohono gehou. Anthony Banks, die regisseur, en Mandla Ntsibande, die vervaardiger, was ook teenwoordig.

“Die vergadering het positief verloop. Almal was beleef en die aanbieders het direk met mekaar gepraat. ʼn Beduidende stap is gedoen om gemeenskaplike terrein te vind,” het SuperSport ná die vergadering in ʼn verklaring gesê.

“SuperSport en MultiChoice het egter alle partye versoek dat ʼn dieper ondersoekproses voortgesit word sodat die verwikkelde probleme van die verlede wat nou in die werkplek opduik, opgelos kan word,” was die slotsom.

“Ons het kragtige gesprekke gehad waarin ek my standpunte gelug het. Ek is baie dankbaar vir die proses wat deur SuperSport onderneem word. Die kompleksiteit van die kwessies is baie diep,” het Willemse ná die vergadering gesê.

Mallett het gesê hy was ook dankbaar vir die geleentheid om sy kant van die saak te stel. “Daar is duidelik kwessies waarmee ons moet worstel om op te los. Ek is meer as bereid om saam te werk om ʼn oplossing hiervoor te vind.”

Botha het die eerste vergadering as nuttig bestempel. “Ons het belê in ʼn proses om sake op te los en ek is vol vertroue dat ons ʼn bevredigende oplossing sal kry,” het hy laat hoor.

Calvo Mawela, uitvoerende hoof van MultiChoice, het ná die vergadering gesê daar is geen spanning tussen die aanbieders nie. “Uit vandag se gesprekke is dit duidelik dat hulle in die toekoms nog sal kan saamwerk,” het hy gesê. “Daar was geen tekens dat hulle nie sal kan saamwerk nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Genieve ·

Ashwin nou toe dit jou beurt was om jou kommentaar te gee hoekom het jy nie??.. of jou aandag was glad nie by die 2de helfte van die game nie…en soma net dink dit was reg wat jy gedoen het nou verstaan ek glad nie..waar die rasisme inkom nie kan iemand my help asb???

Kellies ·

Kom ons vra Maroela Media om die hele video van die gebeure vooraf ook vir ons op te sit om te kyk. Ek is seker net die geredigeerde weergawe word gewys om nie vir Aswyn in n moeilike situasie te plaas nie. toe kom, sit die hele video op????

Tekkie ·

JANEE en steeds word NAAS en MALLET as die skuldiges uitgemaak . gaan die TEGNIESE Mense nou om verskoning vra en gaan al die vieslike kommentators en Castle en die Minister en almal wat tot die geveg toegetree het EN vir NAAS en MALLET onskuldig as rassiste uitgeskel het om verskoning vra? Ek sou julle boots off sue .. julle kan nie mense apartheidspelers noem en uitmaak as rassiste en hulle skuldig bevind op so iets nie. MMUSI ons wag nog vir jou verskoning ook. HOEKOM wil hulle saamwerk met iemand wat hulle ONSKULDIGLIK ‘n rassis en apartheispeler genoem het. EK is jammer maar die verhouding is verbreek deur ASHWIN en nie deur Naas en Mallett nie!

ertjie ·

Naas en Nick moet die minister en ander betrokkenes dagvaar vir naamskending. What goes around comes around, ne.

Barney ·

Hoekom wys hulle nie die VIdeo opname, sodat die publiek kan sien wat presies daar gebeur het nie? Plaas dit op facebook ook asseblief.

ek sê maar ·

Ai tog hoe kinderagtig was dit toe van hom. Hoeplik het hy Naas en Nick om verskoning gevra vir sy vinnige beskuldigings in plaas van agterna oor alles te praat en te hoor wat aangaan. Simpel verby> Kan iemand van die pers ook nou die minister nader en vra hoekom sy sommer vir afdankings gevra het en wat het sy hierop te sê nou dat die waarheid uit is?

Koos de Meyer. ·

Omdat hulle met rassisme behep is span hulle die kar voor die perde in. Dit is ongevraag en skep hulle onnodig probleme. Kleinlike minder waardigheid. Super sport het dit goed hanteer. Ten minste nie ‘n Spur geval nie.

EtienneM ·

Ek is ook bly hulle het dit goed hanteer want ek wou rerig nie my DSTV kanseleer nie.

Maar my vraag is het Naas so iets gedoen dan sou hy gefire geword het. en nog erger as Naas gese het Ashwin is n rasis…. dan sou die koppe ge roll het.

Lollie ·

Waarom moes ‘apartheid ‘ opgehaal word? Is dinge in ons land nie al erg genoeg nie? !
Laat Willemse om verskoning vra daarvoor want dit was onnodig en ongevraagd!
Mense in sy posisie moet liewer probeer om eenheid te skep ipv verdeeldheid!

Joshua ·

Willemse was kinderagtig-toe hy tot sy skok besef hy weet nie wat om te se/doen toe Naas hom eerste wou laat praat nie toe gebruik hy “apartheid’ as n verskoning om sy professionele tekortkominge te kamofleer-hy moet uitgeskop word.

siestog ·

Willemse jy het SA teleurgestel. Jy en Supersport het ‘n president geskep. Wat is volgende??? Volgende keer sal ‘n ou Springbokkie wat besig is om n game te verloor ook afstap want Supersport doen niks aan afstappers nie.

shame ·

So eintlik het hy net ‘n tantrum gegooi oor ‘n tegniese probleem, maar gooi toe die rasse kaart uit omdat hy nie ‘n kans op die tele gekry het nie. Mohono het Malett ‘n vraag gevra waarop hy geantwoord het en toe kry jy jou kans mnr Willemse en gooi ‘n tantrum. Se net jy is jammer en beweeg aan.

Mike de Beer ·

Wat van die feit dat Willemse dermiljoene kykers, sy werkgewers, beleggers ens.. in die steek gelaat het deur van stel at te loop terwyl uitsending aan die gang was? Dit vir absoluut kleinigheid. Dit getuig van swak karakter en inbors. Hy behoort baie sterk dissipliner op sy plek gesit te word. Uiters saak gedrag. Daar is tonne waardige kommentators van kleur wat die nodige integriteit aan die dag sal le wat Willemse se posisie maklik kan oopstaan. Pateties.

Henry ·

Mynsinsiens is DSTV se verduideliking ‘n verwagte politiek korrekte ene.
Ek wil in ieder geval nie langer na Willemse se bydraes luister nie. Nie dat ek voorheen enige nut of waarde aan sy kommentare geheg het nie.

John ·

Kan die skytsregter asb nou uitklaar: Wie het die bal misgeskop? Nou is dit glo weer Naas wat nie kan korrel nie. Daar is nog net ‘n koue botteltjie Castle in die yskas oor en nou net lees ek, ek moet dit onmiddellik in ‘n swartsak uitsit in buitenste ruimtes want die etiket is verkeerdom opgeplak… Nee mense, dis nie fair nie….

Moeg ·

En gaan al die politieke “hero’s” nou hul stellings verander?

Derf ·

So… Naas en Nick kon nie skuldig bevind word aan iets, so nou is alles weer heeltemal ok? Hoe is Willemse nie afgedank of aangekla vir aanhitsing van rassehaat deur ‘n uitsender by ICASA?

Potlood ·

Maar die man praat dan net so neer op ander ook. “Ondermyn” nogal… Oooooo jammer oo grote koning… ek sou gelag het want dit is ‘n grap… Hy moet sy filter skoon maak en besef dat hy nou grootmens is. Miskien moet hy maar eerder die sokker gaan uitsaai.

Paul ·

Wat werklik daar gebeur het, het nog ‘n stertjie aan en dit is dat Ashwin dikwels tydens die wedstryd gaan rook het, ander wil dit hê dat hy gaan eet het. Ewenwel ongeag, blyk dit dat hy nie voorbereid was om kommentaar te lewer nie, want hy het gedeeltes, of ‘n groot gedeelte van die wedstryd nie gesien nie.

Driekie ·

Wel as dit waar is dat Ashwin gaan eet of rook het tydens die wedstryd was hy beslis nie gereed om kommentaar te lewer nie (sy werk waarvoor hy betaal word!) .. En dit verduidelik dan waarom die ander aanbieder geglimlag het….hy het geweet….

Toppie ·

Ek stem saam en tog ook nie. AW het te lig daarvan afgekom, hy moes die gevolge van sy aksies gevoel en gedra het. Hy doen en se wat hy wil en kom weg daarmee, dis belaglik!!! Hy is ‘n sprekende voorbeeld van krummeltjie wat koek geword het. Nou gaan hy nogsteeds skaamteloos op Supersport wees en soos altyd snert kwyt raak!!!

Schalk ·

Kom ons wees nugter. In enige Werksplek tussen dieselfde geslag , ras en kultuur is daar soms spanning en krapperigheid, meningsverskille en irretasies van een of ander tipe. Ashwin het gefouteer deur Supersport en die ander aanbieders op so manier te laat ontbloot vir politisiek – ja reg gespel siek politici wat sulke situasies uitbuit en nie Daarna omverskoning vra in die openbaar nie. Soos gewoonlik is alles opgeblaas maar geen verskonings vir oorhaastige aanmerkings en afleidings word gedoen nie. Siek is ons land verseker.

Chris Ws ·

Net ‘n regstellingtjie Schalk :die land is nie siek nie maar wel baie “mense” in die land en juis in ministeriele posisies.

Schalk ·

Chris Dankie. Ek bedoel met die land wat siek is dat ons politiek in alles inbring. Met wette respek wil afdwing pleks van met gerespekteerde dade en verskille inbring wat almal se lewens opwaarts neem nie net individue nie. Jammer as ek dit verkeerd gestel het.

Karen ·

Ek is steeds nie seker hoe ek voel oor die hele storie nie…. Gaan al die persone en groepe wat onmiddelik op die wa gespring het en die voorval ‘n groot rasse komplot gemaak het, aan beide kante van die spektrum, nou bietjie meer redelik besin? Of sien hulle dit steeds as regverdiging, aangesien daar rasse spanning in die land is, so dit kon net sowel gewees het? Verstaan ook nie Ashin se stelling, en hoe die dinge in hierdie geval in pas nie. Ek probeer werklik nie snaaks wees nie, maar ek verstaan regtig nie mooi hoe als “justified” is nie, almal se reaksies op die verskeie gebeure.

White Rhino ·

Neewat hou maar verby met Willemse – ons het nou sy ware kleure gesien- geen respek vir die mens nie. – hoop nie ek sien hom weer op tv nie anders gaan ek my DSTV kanselleer.
Hou nie van vals mense wat ander slegse en dan niks oorkom nie.

Showahed ·

Ja ja ja… so cover hulle nou maar vir al drie aanbieders maar die werklike rede weet ons alaml.

Paul ·

En dan het Ashwin nog politieke aspirasies gehad. Jig maar sekere kommentators moet nou baie eier op die gesig hê.

wraggies ·

Wat het hierdie eintlik te doen met Naas/Nick, hoekom is hulle toegesnou oor die apartheids era en tenagekom deur Ashwin, hulle is mos nie die tegnici nie.

Petrus ·

Willemse moet aangekla word van rasisme. Hy het witmense met sy kelinlikheid in ‘n swak lig gestel en slefs politici oorgehaal om witmense uit te kryt as sleg en rassities. Dis ontoelaatbaar en tyd dat swartmense ook pa staan vir hulle skuld aan rasismne en haat in SA! Hy moet bedank of vervolge word.

Christine ·

Dit is ook n oor nonsense. Die waarheid is dat hy gaan eet het en die die wedstryd gekyk het nie. So hy kon nie sy werk doen nie. Hy kon nie komentaar lewer oor die wedstryd nie, want by het dit nie gesien nie. Toe kon hy nie die ‘punch’ vat nie. En dit is hoekom hy uit geloop get. Hoe pateties.

GM ·

Ek verstaan nogsteeds nie, maar okay. Niemand wil as ‘n kwotaspeler gesien word nie, maar ek sien nie een kla as die salaris inrol nie. Nêrens sien ek mense staak as hul ‘n bevoegde persoon vervang met ‘n BEE-kandidaat nie. Of jy bevoeg is of nie, jy is daar om die getalle reg te laat lyk. Wie wil so werk? As jy ‘n hardwerkende persoon is, gaan almal sê jy is daar oor jou velkleur reg is. As jy nie hard werk nie, gaan hul dit ook sê. Wie het die minderwaardigheidsprobleem geskep? Wie ondersteun dit? Niemand ‘wen’ nie. Maar kom ‘ons’ transformeer ten koste van almal in plaas van om te fokus op werkskepping. Kom ‘ons’ vat van hardwerkende mense omdat als geglo word wat politici sê. Kom ‘ons’ laat ander mense vir ‘ons’ dink, en kom ‘ons’ hou aan glo dat ‘ons’ eendag vry sal wees, want die EFF en ANC en, en, en, gaan vir ‘ons’ sorg. Niemand gaan ooit vry wees nie.
Die regering moet ophou inmeng in sport. Punt. As spelers op meriete gekies is, het niemand minderwaardig gevoel nie. Is Ashwin ‘n goeie speler gewees? Ek kyk nie rugby nie.

Genieve ·

Nou waar die minister nou wat mense wil afdank???..weet sy wat by sport aangaan/of kyk sy ooit rugby…Ashwin moet in die openbaar verskoning vra vir Supersport direksie en vir sy mede aanbieders..kan jy so kleinlik gewees het.

Matt ·

Ek probeer werklik hard om te verstaan wat Willemse se apartheid hiermee te doen het. So het apartheid vir hulle skole, hospitale en baie meer gegee as wat hulle self tot stand kon bring. ‘n Tegniese fout laat Willemse ‘n apartheids tantrum gooi en die minister van sport summier Mallet en Botha se skorsing/afdanking eis – wat het geword van onskuldig tot jy skuldig bewys word. Gaan die minister, wat duidelik ‘n supersport ondersteuner en kenner is nou omverskoning vra vir haar onmiddelike “op haar perdjie spring”. Wonder maar net……!!

De Villiers ·

Dis een ding dat die aanbieders mekaar nog kan verdra en saam kan werk, maar kan die kykers? Dis die groot vraag. Ons sou verwag het dat Aswin reeds onvoorwaardelik om verskoning vir Naas, Mallet en Suid Afrika gevra het op TV, net soos wat hy sy kollegas verneder het op ‘n regstreekse uitsending. Ons as kykers sal nooit weer dieselfde na SuperSport kyk met Aswin daar nie. Ek hoop eintlik SuperSport hou op om polities korrek te wees om mense aan te stel wat nog verknog is aan die politieke verlede, en iemand aan te stel wat fokus op sy werk daar, naamlik Rugby. Indien Aswin nie vinnig om verskoning gaan vra nie, mag dieselfde met MultiChoice gebeur as met die Spur.

Casper Labuschagne ·

Van die begin af het ek voorgestel dat eerder na die groepsdinamieka van ‘twee superhelde teenoor ‘n speler wat ‘n junior is teenoor hulle,’ gekyk moet word as na rassisme, en dit is ook klaarblyklik wat gebeur het.

Maar as ek na sosiale media, en meeste van die SA pers kyk is daar twee frases wat my opval: “that racist Naas Botha” en “that racist Nick Mallett” en dit hou eenvoudig aan en aan en aan.

Miskien moet ek ‘n nuwe wet definieer betreffende die Internet, en dit is dat as iemand vir lank genoeg en dikwels genoeg as ‘n rassis bestempel word op die Internet (en per definisie dus sosiale media) dan sal daardie etiket as rassis die werklikheid definieer, ongeag van wat die eintlike siening van die betrokke persoon dalk mag wees. En duidelik is dit die dinamieka wat hier plaasvind, die herrie oor hierdie rugby-rassisme sal voortduur al was daar in die eerste plek nooit werklike gronde daarvoor nie.

Verward ·

Ashwin, waarom was dit nodig om jou tantrum te gooi tydens ‘n regstreekse uitsending? Kon jy dit nie maar na die tyd gedoen het, van die lug af, soos ‘n volwasse man nie?
Al hoe jy jou naam, en jou werkgewer en die program se integriteit, in ere kan herstel is om op lug om verskoning te vra dat jy jou kollegas beledig het. (Jy het minderwaardig na hulle Springbokdae verwys, asof dit nie sulke harde rugby was soos in jou dae nie), en lank weg te bly van TV af sodat jy kan gaan deal met jou issues.
Ek verwag van SuperSport om Ashwin ‘n ruk lank kans te gee om van die lug af te gaan deal met die spoke uit sy verlede. ‘n Mens “snap” nie sommer net so om dowe neute nie.
Dra die gevolge van jou dade, vra om verskoning en gaan kry jou kop skoon.

Irma ·

Dit lyk of daar individue is wat net wag vd regte gehoor om hul griewe uit te pak, ergste is dat dit nie werklik id omstandighede toepaslik was nie maar dis mos vir sommige mense aanvaarbaar om so op te tree. Hoe sê hulle, negatiewe aandag is ook aandag. Ai nee Ashwin, kry jy nie bietjie skaam oor jou optrede nie? Ek sou

Boet Fasie ·

Ashwil het sy poppe uit die kot gegooi oor niks en het sommer apartheid en sy mede kommentators daarvoor blameer, sy gedrag was skandelik en onprofessioneel en moes gestraf geword het

jakes ·

Die hele ou storie raak nou vervelig. Is daar nie beter stories om oor te berig nie? Ashwin Willemse se geloofwaardigheid het in die slag gebly. Ek en my vriende sal die klank uitdoof wanneer hy op die TV praat.

marous ·

Ek gaan ook gil as ek weer grondboon botter en stroop op my toebroodjies kry . O gaats , ek maak elke dag my eie toebroodjies.

Tammy ·

Ek wil graag vir Ashwin Willemse net een vraag vra…dink jy dis professioneel om jou humeur op die stel te verloor? Geen verskonings van agtergrond of wat vooraf gebeur het nie asseblief. Ek kan dit ook sommer kort en kragtig beantwoord.

Driekie ·

Wel as dit waar is dat Ashwin gaan eet of rook het tydens die wedstryd was hy beslis nie gereed om kommentaar te lewer nie (sy werk waarvoor hy betaal word!) .. En dit verduidelik dan waarom die ander aanbieder geglimlag het….hy het geweet….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.