SuperSport-voorval: ‘Minister skuld ons ʼn verskoning’

‘n Skermskoot uit die video van die voorval toe Ashwin Willemse tydens ‘n regstreekse uitsending van die Supersport-stel af gestap het.

Die VF Plus het die bevinding verwelkom van adv. Vincent Maleka dat daar nie rassisme was in die voorval waar Ashwin Willemse verlede maand tydens ʼn regstreekse uitsending uit ʼn ateljee van SuperSport gestap het nie.

Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het in ʼn verklaring gesê Tokozile Xasa, die minister van sport, en Mmusi Maimane, die leier van die DA, het die voorval onmiddellik as rassisme gebrandmerk ten koste van Willemse se mede-aanbieders, Naas Botha en Nick Mallett.

“Maimane en minister Xasa het uiters onverantwoordelik opgetree deur Botha en Mallett sonder die korrekte feite voor te hou as rassiste. Dit bewys hulle is self behep met ras en hulle skuld nie net vir Botha en Mallett nie, maar die hele Suid-Afrika ʼn verskoning,” het Groenewald laat hoor.

Hy meen dit is “nog te verstane dat die ANC sulke skadelike uitlatings sal maak, maar dit is nou duidelik dat die DA dieselfde narratief van wit bevoorregting teenoor swart agtergeblewenheid wil gebruik en misbruik met die aanloop tot aanstaande jaar se algemene verkiesing.”

Maroela Media het vroeër berig Gideon Khobane, uitvoerende hoof van SuperSport, het gesê adv. Maleka het Maandag sy verslag oor die gebeure ingehandig. Volgens Khobane het Willemse “ongelukkig” besluit om nie deel te wees van die ondersoek nie.

Hy het gesê die hersiening het bevind daar was geen rassistiese optrede deur Naas Botha en Nick Mallett nie. Volgens Khobane was daar geen geheime of openlike rassisme wat tot die voorval gelei het nie.

“Die VF Plus wag op die verskoning van mnr. Maimane en minister Xasa.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

87 Kommentare

Dis so ·

Julle gaan wag totdat die perde horings kry. Net sekere groepe in Sa vra omverskoning. Weens apartheid hoef geen swart mens ooit vir niks omverskoning te vra nie.

corne ·

As ek dit reg ondhou het Maimane self gese daar is geen plek vir rassisme in sy DA party nie.Wonder of hy homself ook nou sal afdank soos wat hy met ander gedoen het.Ondhou die mes sny alby kante toe.Verskoning sal jy nie kry nie net julle my verkeerd verstaan nie so bedoel nie.

Die Waarheid ·

Hmmmm ………. die DA moet ‘n leier kry .
Die puppet is ‘n skande en ‘n verleentheid .
SIES !!

Mielie ·

Absoluut waar hy is nie n leier nie maar n volgeling van JM

Callie van der Merwe ·

Wel oor die ras gedrewe ANC wil ek nie eers my asem mors nie. Wat die DA aanbetref is dit n duidelike bewys hoe die DA leier die wit stem gebruik het om te kom waar hy is. Ek het reeds maande gelede besluit om nie weer vir hulle te stem nie. Dis jammer want ek het werklik gehoop die DA kan iets op die tafel plaas tot ons almal se voordeel en toekoms in die land sonder om rasse onderskeid te maak. Heelaas hulle is net so vrot soos die ANC!

cindy ·

Ek stem saam Callie. Die DA het oor en oor bewys dat hulle glad nie meer die party is wat hulle voorgegee het hulle is om die stemme te kry wat hulle die Kaap gegee het nie! My stem sien hulle beslis nie weer nie.

Piet ·

Ons sal niks van hulle hoor nie. As die bevindinge anders om was, dan sou hulle al laankal weer n eiertjie gele het. DA het hulle ware klere gewys.

Chris Ws ·

Die DA het daarin geslaag om die blankes te verdeel deur duisende wol oor die oe te trek..Hulle is NET so useless soos die anc!Wag maar vir die verkiesing.Die DA is NIE gepla oor blankes se stemme nie.Hulle speel net vir anderskleuriges se stemme.Kyk maar wat gebeur met die verkiesing.

Snip Joburg ·

Da is besig Om homself in Di Voet te skiet. Wag maar Vir die verkiesing 2019. Hy Gaan n verrassing kry.

Ann ·

Beslis! Wie gaan vir die DA stem wanneer hulle ‘n valse beeld voor jou?

White Rhino ·

Ek is so bly die DA het uiteindelik geadverteer wat hulle eintlik is sodat baie mense se oe kon oopgaan voor die verkiesing.
Dankie vir die advertensie.

Prop Kotze ·

Daar is geen manier dat die minister of die DA sal verskonning vra nie, hulle is te vol van hulle self . Cheers DA

Anoniem ·

Ja, ek hoop Maimane verstik nou in sy woorde! Maimane is besig om die DA geweldige skade aan te rig – Dis die enigste ordentlike opposisie party maar hy is stelselmatig besig om sy stembasis totaal te vervreem! Maimane! Neem verantwoordelikheid en teken ‘n opregte apologie in die openbaar aan!! Wees ‘n man en nie ‘n muis nie!!!Oor die onbekwame en uiters RASSISTIESE ANC se ek liewer niks nie!

nannie ·

Hulle gaan lank wag vir n verskoning van die agbare 2 lede. eindelik moet supersport nou n rassisme saak teen wilemse oopmaak.

Johan ·

@nannie, jy is heeltemal korrek. Ek dink net jou gebruik van die woord “agbare” is onvanpas.

Plantasiegorila ·

Vanaf die anc sal ek niks verwag, zero integriteit en absolute rassiste. Vir die da stem ek nie weer nie, dankie Moesie. Ek glo honderde ander mense voel dieselfde.

Ai Toggie ·

Mense word links en regs vervolg vir twak, bv omdat iemand Israel ondersteun,dit het my dwars in die krop gesteek,die oorlog daar kom al van bybelse dae en nog voor dit, maar dis waar, wys nou jou kleure en sien wat gebeur met stemdag.

ANC ·

Asof die 86 mense wat op Maroelamedia post, nou so n groot invloed op verkiesings sal hê. Word wakker. Meer as 42miljoen is swart. ANC sal die land regeer tot Jesus eendag weer kom

Haan ·

Die VF plus is duidelik die enigste party wat nog n veer voel vir blankes in SA. En die enigstes wat durf staan teen hierdie vloed van rassistiese beleide/uitlatings/politici.

Franciske ·

Was altyd DA ondersteuner en die jaar het ek besluit my stem gaan vir die VF Plus

Leon Coetzee ·

Ashwin Willemse moet eintlik gefire word , indien Nick of Naas van die stel af gestap het sou daar nie eens ‘n ondersoek gewees het nie. Hy sou gefire gewees het

Corne ·

Ashwin het eintlik onnodig deur oorhaastig te wees en onvoorbereid sy naam badprop gemaak. ?

Estelle ·

Mallet en Botha het daar geskok gesit en nie n woord gese nie, nou is hul rassiste? Ag aarde tog alles is rassisme in hulle oe. Belaglik!!!!! Ekt al my respek vir Maimane verloor!

kobus ·

Stem vir iemand wat vir jou iets beteken en iets doen.daar is net 1 party wat dit doen.VF+.ek was ook DA maar my oe het oop gegaan.en al is dit n kleiner party.ek glo in hulle

Dries du toir ·

So pas op news 24 gelees dat sport minister wil eers die verslag wil “bestudeer”.En dis waar dit sal bly.Die vrou sal nie weer n woord daaroor rep nie.Want dis wat ons lands politici doen,onthou julle. Gooi baie vinnig klippe maar jammer sê,Aikona.

Paul ·

Ek haal aan uit ‘sarugbymag’ wat verder uit die ondersoek na vore gekom het:

In an email from Mallett to executive producer Scott Seward in October 2016, the former Bok coach says: ‘I really enjoy working with Bobs [Gcobani Bobo] and Xola [Ntshinga], Scott.

‘They are a real pleasure… Xola asks very good questions and Bobs knows enough about rugby to produce interesting clips for discussion.

‘Unlike with the complex Ashwin, there are no agendas.

‘It would be great if Ashwin could be moved… where we don’t have to work together.

‘I think he talks garbage, we irritate the hell out of each other and the working environment is just unpleasant and tense.

‘I am very happy to work with Breyton [Paulse], Shimmy [Hanyani Shimange] or Bobs instead as, unlike with Ashwin, I respect their hard work and rugby opinions.’

Piet ·

Ja nee kyk, as daar feite op die tafel is, dan praat hulle nie so vinnig nie. Nòù wil sy die verslag eers lees voor sy kan kommentaar lewer.

Frikkie Geld en huis ·

Xasa en Moesie sal weer aanvoer dat hulle verkeerd aangehaal is deur die media. Dis mos maar hul manier van doen.

DA Decline ·

En dis waarom die DA stemme by die honderdduisende van ons gaan verloor.

koos1 ·

Dankie Pieter Groenewald. Darem 1 politikus wat bereid is on ‘n graaf, ‘n graaf te noem. Wees verseker van my stem met die volgende verkiesing.
Sal Naas en Nick die minister en leier van die DA kan dagvaar vir naamskending en verlies van inkomste? Ek hoop hulle kan, want dan sal hulle name skoon gewas wees, en diè met die vinnige monde, ‘n voet daarin kry!

Johnnie ·

Williams is seker maar n EFF lid dis hoekom hy so tekere gaan.

Hendrik ·

Julle het ‘n beter kans om Pinocchio op ‘n pienk Unicorn te ontmoet.

Jan Vermaak ·

Ashwin het onverantwoordelik opgetree en moet die gevolge daarvan dra. Beide Nick en Naas het tydens en na die gebeure professioneel opgetree.Daar is nie meer plek vir Ashwin nie.

Cheers DA ·

Dit was die laaste strooi van mnr Maimane oftewel die DA. Dubbele standaarde – Helen Zille word gekruisig en sy is nie rassisties nie maar jou ware kleure het deurgekom. DA het ons gesin se stem verloor

Cheers DA ·

O ja! Amper vergeet ek van arme Aswin…. hy het nie geweet wat om te sê nie en toe speel hy die rassekaart. Net weer iemand in ‘n posisie gesit wat nie sy werk ken nie.

Paul ·

‘n Uittreksel uit Beeld se berig vanoggend:

Maleka kon niks vind wat daarop kan dui dat “naakte rassisme” of “rassistiese oorwegings” tot Willemse se optrede kon gelei het nie.

Mallett en Botha sal dus na die ateljee terugkeer, maar SuperSport moet nog besluit wanneer.

Maleka sê in sy verslag hoewel Mallett, Botha en Willemse altyd hoflik teenoor mekaar opgetree het, het Mallett aan hom te kenne gegee dat hy en Willemse mekaar dikwels verkeerd opgevryf het in die ateljee.

Mallett het Maleka trouens gewys op ’n e-pos wat hy in 2016 aan ’n uitvoerende regisseur van SuperSport, Scott Seward, geskryf het waarin hy vra dat hy en Willemse liefs nie saam wedstryde moet ontleed nie.

“Ek dink hy (Ashwin) praat nonsens, ons irriteer die hel uit mekaar uit en ons werkomgewing is gespanne en onplesierig. Ek is baie gelukkig om met Breyton (Paulse), Shimmy (Hanyani Shimange) of Bobs (Gcobani Bobo) te werk, want anders as Ashwin, respekteer ek hul rugbymenings en harde werk,” het Mallett geskryf.

Annalize ·

DA kry beslis nie my stem volgende jaar nie…..sal nou agter die VF+ staan….

Jakkalas ·

Don’t hold your breath….. soos die Ingelsman sal sê. Die menslikheid om te erken jy was verkeerd bestaan nie by die ANC en sy ondersteuners nie.

Wonder net ·

Xasa sê sy sal eers kommentaar lewer nadat sy die verslag bestudeer het, maar sy was vinnig om die saak as rassisties te beskou voordat sy enige verslag gesien het…so tipies

kas ·

Vir iemand wat nie rassisme duld nie is Maimane se uitlatings oor die voorval uiters vreemd en onvanpas.So kan hy vergeet van stemme in die verkiesing.Hy neem nie ‘n duidelike standpunt in nie maar wys sy ware klere en skaar hom by die meerderheid.

Kierie ·

Ek sien op ‘n Engelse nuusblad dat die minister eers die verslag wil bestudeer voordat sy reageer. Sy was egter baie vinnig om te reageer toe die insident plaasgevind het. Toe was sy haastig om die wittes by te kom. Ek dink nie ons sal ‘n verskoning uit haar kry nie. Wat die DA betref; hulle is nie afhanklik of bekommerd oordie wit stem nie.

Ray ·

Kierie, ek hoor wat jy se, maar ek dink baie blankes het vir die DA gestem tot dusver in ‘n hoop dat hulle die sterkste opposisie is en sal bly. Na die gebeurtenisse, naamlik Helen Zille, die OB en Patricia, asook Mmusi se kommentaar oor die Supersport gebeurtenis, vermoed ek baie van hulle het hulle opinies verander. Blankes mag dalk nie die meerderheid stemme wees wat vir die DA stem nie, maar daar is altyd ‘n baie belangrike factor naamlik die “swing vote”, en ek dink dis waar die pakslae gaan wees in die geval. Meneer Groenewald, ek vermoed jy gaan baie meer steun he in 2019

Jerry ·

Wanneer n wit persoon valslik beskuldig word van n sensitiewe saak soos rassisme is dit haatspraak en crimen injuria agv die skade wat die minister se bevooroordeeldheid veroorsaak het. Social media kommentaar van swartmense teenoor Naas en Nick dui daarop dat die minister haat en woede teenoor witmense tot gevolg gehad het. Die minister moet nie omverskoning vra nie, sy moet aangekla word en vervolg word sodat sy ook haar plek in die nuwe SA verstaan en ken en dat swartmense wat social media gebruik ook die boodskap hard en duidellik kry. Wat geld vir een moet geld vir almal.

Mielie ·

Ek verwag glad nie n verskoning van een van die twee nie. Ek skeer hulle oor dieselfde kam as AW. Uit oordentlikheid behoort hulle omverskoning te vra maar ras bedrewe mense is above that, eintlik dieselde as JM. Ek is jare gelede al klaar met DA maar ek dink hulle gaan n paar stemme en donasies verloor. AW gaan nou se eie platform skep om sy kant te stel en dit gaan sensational wees. Met sy tipe karakter gaan hy baie goed wat agter die skerms gebeur laat uitkom. Hou sondag koerante dop. Ek glo SS weet presies wat aangaan maar is bang vir hofsake en boikots wat hulle Brand verder gaan skade berokken. Minister wil nou niks sê voor sy die verslag gelees het nie maar sy het nie twee keer gedink voor sy oordeel uitgespreek het oor die twee mense nie. Sê ook baie van haar karakter. Maar ek wil graag van SAB hoor. Hulle behoort nou ondersteuning aan mense te wys wat onregverdig beskuldig word van rassisme, maar daarvoor gaan ons n ewigheid wag want hulle is nes die DA en minister van sport. NM en NB behoort nou mense te dagvaar hulle twee se Brand is oneindig baie skade berokken.

Mossie ·

Wel ek is bly dat dit, wat almal van die begin af geweet het, deur adv. Vincent Maleka duidelik uitgewys is. Willemse het sy rassekaart duidelik op die verkeerde tyd en plek uitgepluk!

Liberaal ·

Die liberale plan is om te wag voor enige verskonings gevra gaan word want hierdie sak gaan verdergevat word totdat daar iewers tekens van rassisme uitgegrawe, gegenereer word as dit moet, dan gaan die eier in julle blankes se gesig wees. Briljante strategie ne?

Juan Olivier ·

Die 3 grootste partye is openlik rassisties teenoor wit mense. Die land is ʼn gemors.

Nel ·

Die hele saga herinner aan die Britse teater opvoering, ‘The show that goes wrong’ – verkeerde woorde op die verkeerde tyd en plek, misverstande ens. Regte ‘slapstick comedy’.

Cherokee ·

Ongelooflik dat soveel Afrikaanssprekende witmense hulle by die DA geskaar het en nòu weer ‘n ander party gaan soek. As julle DA gestem het steur julle jul tog nie aan konstitusies of grondwette van die party waarvoor julle stem nie. Julle het solank vir regstellende aksie en vir die afbreek van Afrikaans gestem, waarom nou ophou daarmee? Die DA gaan julle nie eens mis nie. Dit is immers nie ‘n blanke party nie.

T J ·

Stem VF+ – in koalisie beteken hulle vir ons baie!!! Hoop almal se oë gaan oop.

Liberaal ·

Selfs ‘n geharde linkse soos ek oorweeg VFplus want die DA diskrimineer nou openlik teen minderheidsgroepe en liberale mense is tog veronderstel om minderheidsregte te respekteer.

Joshua ·

Dr Groenewald, buiten hierie Willemse voorval, kan jy en jou FF+ asseblief vir die ANC regime se rassistiese en oppressive BEE met fermheid aanvat en verkondig aan die wereld en VN; hierdie rassistiese BEE wette vernietig die siel en karakter van ons mense en ons kinders wat absoluut NIKS met apartheid te doen gehad het nie.

Thinus Oosthuizen ·

Nee, Williams, die Minister of die DA leier moet niemand om verskoning vra nie, hulle moet in n hof aan Mallet en Botha, laat geregtigheid laat geskied en van hulle n voorbeeld maak!

Agendas ·

Ekskuus Mnr Groenewald — nie net die VF + nie maar elke wit stemgeregdigde burger in hierdie land wag op hierdie baie belangrike verskoning

Cherokee ·

Askies Agendas, maar die VF+ is die enigste politieke party wat namens hul lede aandring op ‘n verskoning. Of dink jy die wit stemgeregtigdes wat DA stem se party gaan hul eie leier in die voet skiet deur daarvoor te vra? Dit is jou dag vir grappies, nè.

Hennie ·

Daars hy ashwim net soos jou hele rugby-loopbaan was die plannetjie van jou om ontslae te raak van die twee ikone ‘n reuse mislukking, ek stel voor jy word eerder ‘n politikus miskien by die DA, want jy is in elk val ook nie veel van ‘n aanbieder nie.

F'rie ·

Hierdie is `n geval van blatante rassisme van Ashwin teenoor Naas & Nick. Selfs al vra Mmusi nou om verskoning, is dit veels te laat. Die skade is reeds gedoen, ons weet waar ons met hom staan. Sonder al die feite tot sy beskikking het hy dadelik kant gekies. Ek is ook al lankal keelvol vir die DA se interne gevegte en sal nie weer vir hulle stem nie. Nogal jammer, want die DA man in die area wat ek bly (Norkempark in Kemptonpark), Desmond, is `n eerbare mens.

Pietman ·

Die DA verloor my stem…..ek het gelukkig nog nooit vir hulle gestem nie. ha ha

Erika ·

Altyd die Ras kaart …Gou gou gerieflik word vinger gewys na ons .Ne ..as dit omgekeerd is kan sekeres se wat hulle lus het en weg kom daarmee ne want sulkes het mos supporters altyd rondom hulle .wat hulle Tipies in hulle kwaad stook…teen ander Wanneer hulle dan onverskoning moet vra..is sulkes huiwerig want hulle moet Erken dat hulle verkeerd was Juis sodat hulle beter mense word en eerder n verskil maak..

Theo ·

Nou ja,daar het ons dit, Naas en Nick is onskuldig, wat AW besiel het om so op te tree gaan my verstand ten bowe, regtig dit was so kinderagtig, laat n mens wonder of W sy “Springbok” kleure waardig is om so teenoor twee eerlike mede Springbokke af te gaan, en dan weer die ou Apartheid donkie optesaal. Van DA Moesie en die sports minister sal ons ook niks hoor. Dankie Mnr Groenewald nou stem ons VF+

Chris Ws ·

Dankie Dr.Groenewald dat U opstaan en U stem dik maak.Geen ander party rep nou ‘n woord nie!Maar almal was vinnig om te skree RASSISME !Ons blanke regering en blankes was nog nooit naastenby so rasisties soos wat die ANC en ander politieke partye tans is nie.

Mielie ·

DA stel nie in wit stemme belang nie, heeltemal reg…..soek net hulle donasies en finansiele bydraes.

DA Ondersteuner ·

Die DA stel nie meer in die blanke stem belang nie en klim op die antiwit trein, as julle nie daarvan hou nie stem vir n ander party.

leo ·

Ja die minister en Maimane skuld Botha en Mallet een hengse PUBLIEKE verskoning om hulle uit te kryt as rassiste nog voor enige amptelike ondersoeke gedoen is, maar ek is bevrees dit sal hulle nie kry nie. Skryf maar op jul mae, vee dit af en vergeet daarvan…..die skade is egter klaar gedoen………..

Koos ·

Dankie Dr Pieter Groenewald, jou VF+ is voorwaar dié party waar alle Afrikaanssprekendes hul kruisie in 2019 met gemoedsrus kan gaan trek.

VF+ +1000%

Devils advocate ·

En as die twee Honorable’s om verskoning vra? Nooi my ook na julle partie toe asb.

Michael ·

Mense julle moet ook onthou. Maimane het groot geword in die ANC party keer maak hulle glipsies dan kom die waarheid uit. Ek stem saam met Haan. maar die V F + gee nie net om vir blanke mense nie. Hulle gee om vir al die mense in S A .

Amanda Joubert ·

Wat kan mens se. Ek woon in die buiteland maar is not ‘n SA Burger. Die VF+ moet ons laat weet of ons in die volgende verkiesing kan stem en wat die prosedures is. Baie Suid Afrikaners wat nog kan stem.

E ·

VF+ laatweet ons asb.of ons weghollers volgende jaar aan die verkiesing sal kan deelneem. Ek woon in Engeland.

Cherokee ·

hehee.. weghollers, julle is welkom om te stem. (Julle is eerder slimmes as weghollers.) Ek praat onder korreksie maar dink ek het iets gesien in Hansard wat daarop dui dat spesiale stemme uit die buiteland slegs toegelaat word indien dit vir die VF+ is.

Ermar ·

Nog nooit vir die DA gestem nie. Nog altyd VF. Bly om te sien julle word uiteindelik wakker.

Gatvol ·

Die DA se ondergang was met Helen Zille al beklink. Sy het hard na die ander begin te vry. Dit het my agterdogtig gemaak. As jy haar google dan sien jy hoe teen die wittes sy was.

Sy was en is nog altyd soos moesie by anc ingekruip.

Johan H. ·

Die enigste partye nou om voor te stem,, En dis bewys Die 2 lyers is mense met grysstof tussen die ore,,, Dit is vir Cope en Vf+ SAAM in koalisie voorspel ek dat hulle die 3 grootste party kan word, Aseblief mense anc,da en eff is teen alles wat wit is,,,,,

Petrus ·

Maimane is ‘n verleentheid vir die DA. DA lede moet vra vir sy bedanking, want sy optredes en uitlatings is tipies ANC boewery. Willemse skuld ook witmense ‘n verskoning want sy dwaasheid het rassisme uitgelok en witmense was die slagoffers. Hy moet van rassisme aangekla word en so ook Maimane! KLAAR!

Rooikop ·

Ja asb Minister Xaba …………… vra om verskoning…………….
Jy was weer te vinnig met jou kommentaar ……………..

Gansie ·

Ta-ta DA. So wag ek nou vir die FINALE uitslag want AW vat dit mos nou verder en dan is dit dalk ook ta-ta DSTV.

vonnie ·

al ons vriende asook familie is klaar met musi maimane…! ons almal se stemme gaan vir VF+.ek is selfs bereid om plaaslik stemme te werf vir VF+. vf+ moet hard werk en al die ou DA lede oor trek.
AMEN vir VF plus

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.