SuperSport-voorval: ‘Moenie oorhaastig oordele vel nie’

‘n Skermskoot uit die video.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het gesê hy is “net so verras en bekommerd soos die res van die rugbygemeenskap” oor Saterdagaand se gebeure by SuperSport.

“Dit sal nie regverdig wees om oorhaastig oordele te vel nie. Dit is egter duidelik dat iets nie reg was nie en dit reflekteer sleg op rugby,” het Saru in ʼn kort verklaring gesê. “Dit is ʼn aangeleentheid vir SuperSport en ons het versoek om ingelig gehou te word oor die loop van die ondersoek.”

Maroela Media het vroeër berig Ashwin Willemse, voormalige Springbokvleuel, het Saterdagaand tydens ʼn regstreekse uitsending uit die SuperSport-ateljee in Randburg gestap. Die voorval het plaasgevind ná die wedstryd tussen die Lions en die Brumbies op Ellispark in Johannesburg. Die Lions het die wedstryd met 42-24 gewen.

Willemse het aangevoer sy mede-aanbieders, Naas Botha en Nick Mallett, het neerhalend met hom gepraat. Dit is egter nog nie duidelik wat alles tot die voorval aanleiding gegee het nie al word daar berig dat die verhouding tussen Willemse en Mallett glo al vir ʼn geruime tyd krapperig is.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het intussen gesê hy vind dit betreurenswaardig dat ’n uitbarsting met ’n klaarblyklike rasse-ondertoon plaasgevind het. AfriForum glo in ’n samelewing waarin wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe bevorder word.

kallie-kriel

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum. Foto: Reint Dykema

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is dit veral kommerwekkend dat Tokozile Xasa, minister van sport, en DA-leier Mmusi Maimane in hul reaksie op hierdie betreurenswaardige voorval skynbaar reeds besluit het dat Botha en Mallet die skuld moet dra. Dít ten spyte daarvan dat nog geen ondersoek na die gebeure gedoen is nie.

“AfriForum betreur dit dat die anti-wit sentiment in die land skynbaar reeds sulke ernstige afmetings aanneem dat wit mense vanselfsprekend die sondebok word vir enigiets wat skeefloop,” volgens Kriel.

Xasa het haar skok oor die voorval uitgespreek en “hierdie voortgesette gedrag van wit aanspraak in rugby” veroordeel.

Minister Tokozile Xasa. Foto: Kopano Tlape/GCIS

“Hierdie gedrag van eiegeregtigheid deur sommige wit Suid-Afrikaners wat aanhou dink dat hulle witheid iets beters verteenwoordig, moet nou end kry. Was dit nie vir die barbaarse, onsinnige apartheidstelsel wat hulle bevoordeel het nie, sou ons nie die kwotastelsel moes instel om die abnormale stelsel te normaliseer nie.”

Maimane het gesê wat Willemse ervaar het, is ongelukkig iets wat te veel Suid-Afrikaners nog ervaar. “Ons moet ʼn gelyke samelewing bou, waar ons ʼn stelsel van rassemeerderwaardigheid en minderwaardigheid beperk tot die geskiedenis. Ons moet voortgaan om ʼn diverse Suid-Afrika na te streef, hoe moeilik dit ook al is.”

SuperSport het vroeër gesê hy is bewus van die voorval en dit word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

86 Kommentare

Ad ·

Hulle is klaar veroordeel en skuldig bevin deur die minister. Alles wat hierna gebeur of gerapporteer word is net n formaluteit. The minister made here ruling. Sentencing to follow?

Casper Labuschagne ·

@Ad – jy is absoluut reg. Botha en Mallett is nou eenvoudig in die posisie van die lammers wat deur die rooijakkals genooi word om ook insae te gee oor wat die spyskaart vir middagete sal wees. Dit is sodat niemand vir die jakkals daarna kan blameer vir enige moontlike onregverdigheid wat gebraaide skaaptjops betref nie. Die oordeel is reeds gevel, wat nou sal volg is bloot ‘n proses om legitimiteit aan die finale transformasie (lees ‘oorname’ of ‘kaping’ as alternatiewe benamings) van rugby te verleen.

Robert ·

As Willemse nie afbetaal word nie, kanselleer ek in elk geval my dstv.

Deon Olivier ·

Naas en Nic moet dit asb nie daar los nie. Wat ons regering moet bestef is wie die oorheersende rugby publiek is. As ek as n ondersteuner my dstv paket kanselleer om in support van ons rugby legendes dan doen ek dit met n smile.
As jy n rugby speler is wat as n kwota in die span gekies word, maar die beste speler is in jou posisie, moet jy as n speler apel aanteken en nie net die soustrein ry soos dit jou pas nie. Ashwin was fyn gevoelig, Die DA is n twede Anc ( skaap in wolfklere). Dankie aan afriforum wat die manne bystaan.

Al ·

Ek het nog nooit so onprofessionele gedrag ervaar op regstreekse nasionale TV in die hele TV geskiedenis as kyker nie. Willemse moet vir wangedrag aangekla word – probleme moet intern opgelos word agter die skerms. Supersport uitsending het in ñ Jerry Springer show verander.
Mmusi Maimane gaan baie kiesers verloor – ons almal het gehoop op ñ nie-rassige versoenbare demokrasie deur DA te stem, maar duidelik het Zuma se skade van rassisme oorgewaai na Ramaphosa en Maimane wat betreurenswaardig is.

O liewe aarde ·

Sy is beslis nie die regte kanidaat om minister van sport te wees nie.
:)

White Rhino ·

Net Willemse kan sy gemors nou regmaak. Ek hoop hy doen dit. Hy weet wat die regte ding is om te doen.

HPV ·

Hoekom is ek nie verbaas wat Xasa te sê het nie, dit was letterlik woord vir woord voorspelbaar, die ou rympie wat wat tot vervelens deur die anc -regering gebruik word. Ek glo nie dit kan meer ernstig opgeneem word nie.

Br ·

Nee kyk nou wil hierdie iu dame sommer begin swets. Sal di DA hom liewers by sy party hou want hulle is in elk geval nou so besig om veld te verloor. Wil di minister van sport wakker skrik en sien waar gaan ons sport heen, daar is geen trots meer nie. En Willemse jy moet groot word, jy was in elk geval ni n wat wonderse speler nie en jou rugby kennis is net so beperk soos wat jou spel was.

Genieve ·

Ek wonder waar kom rasisme hier in..word dit dan nou n politieke storie of gaan dit oor rugby???

Linda ·

Ek het al baie lankal vir julle gese pasop vir die DA, dies ‘mini mandelas’. Soos wat ons nader aan die verkiesing kom, so word dit duideliker. Waarom dink julle dat die groot, sterk maatskappye nie bele in die DA nie ? Hul vertrou nie die DA nie !!!!Ek se nie vir wie julle moet stem nie, maar wees net versigtig asb.

Freud ·

Exactly WAT het hy ervaar???? Niemand weet nog nie. Die minister sê “skuldig” sonder dat sy weet en nou het Maimane ook ñ weier te lê oor iets wat hy nie die besonderhede van het nie.
Wie sê dit was nie die ander paneel lede wat iets “ervaar” het nie??

Piet ·

Al wie oorhaastig geoordeel het is die minister (sonder enige feite). As hulle haar “fire” is dit al n stap in die regte rigting.

Genieve ·

Willemse se gedrag was kinderagter en ek weti waar rasse kaart inkom nie hy het die bed opgemaak soos die spreekwoord se nou moet hy daarin slaap.

Manie ·

Die DA leier het dit nou duidelik gestel hoe hy oor witmense voel ek hoop net sy wit stemmers onthou dit as hulle volgende jaar moet stem.

vonnie ·

EK IS N LID VAN AFRIFORUM EN AS HUL N POLITIEKE PARTY WAS SOU HUL N STERK PARTY GEWEES HET OM MEE TE REKEN. TOTSIENS DA. ONS STEM LIEF VF+
AL PARTY WAT NOG VIR ONS OMGEE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Willie ·

DA as my vel te wit is en het n probleem om vir julle te stem… Supersport- die rugby is inelkgeval in sy peutjie in… ek kyk eerded flieks….. kry vir jou getalle in die SA se nie-batalers nie

bgj van der westhuizen ·

da jy het al weer eits om te se teen die wit man onthou dit sal jou stemme kos op die volgende verkesing en die minsther van sport moet eerder stil bly want sy weet nie waar van sy praat nie omdat n bruin man uit stap is dit nou die wit man se vout

CHRISTA ·

dan kla hulle as die rubyspelers nie goed speel nie? Sit mense in wat verdien om te speel en nie omdat jou velkleur reg is nie. So gaan dit oral in SA. Hulle word bevoorreg in elke besigheid want jy moet hulle indiens neem anders is jy rasisties., en nie of jy kwalifiseer vir die pos nie. Ons sien dit daagliks om ons

Kobus ·

Wel ek hoop net die patalje sal binne die volgende paar dae opgelos word. Ek weet in elk geval wat ek gaan doen eerstens sal ek nie die DA verder ondersteun nie en twedens gaan ek DSTV kanselleer indien dit nie opgelos word volgens my opinie nie

Gustav ·

Dit is verregaande, hulle neuk altyd oor die rasse in rugby, wat van sokker, ons het nog nooit gekla van dat daar nie wittes in spanne is nie. Die beste spelers moet net gekies word om te speel, dit maak nie saak wie of wat hulle is nie.

Alida ·

Ek stem volkome saam dat Willemse omverskoning moet vra!!!!!!!!

Pottie ·

Ek sekondeer, dit is n profesionele broep en hy is juis daar omdat hy n sogenaamde rolmodel is. Die konflik (indien daar ooit was) was nie reg hanteer nie veral nie vir n publieke figuur nie

Hendrik ·

Almal behalwe Malett praat lekker 2 de taal engels. Miskien tyd om die 2 te skei dat elke ou lekker in sy moedertaal praat? Wat sal Ashwin se moedertaal wees?

Riegart ·

Die witman sal ALTYD verkeerd wees, al het hy nie eers opgedaag nie. Dit is die regering en hul meelopers wat die haat en verdeeldheid saai. Daar is geen geregtigheid in hierdie patetiese land nie. Dieselfde scenario speel homself ook af by baie werkgewers in SA. Witmense moet ten alle koste uitgewerk word. Hartseer deel…daar is baie wittes wat akoord gaan daarmee en hul eie mense in die rug steek.

Derf ·

Ja dis baie waar, self dit ervaar: Regstellende aksie is reg en als, maar dis net vir ander mense, want ek en my kinders en my tjommies is gesort. Gelukkig word die sê getalle ook met nuwe BEE uitgedun. Ook, rugby en Spur… Daar is verseker meer ernstige probleme met SA. Of die Afrikaner is die mees naïewe mens onder die son of ons aardse lafhaarts.

Manie ·

Willemse moet sy goed vat en waai want hy’s onbekwaam en ploeg met ander mense se kalwers

Elize Geldenhuys ·

Word boggels deur chirurge of sielkundiges verwyder, want ek is besig om te verstik in die 100 000ste een wat in my keel afgedruk word!!!

Liamari ·

In ‘n normale, regverdige samelewing sou iemand soos Francois Pienaar eerder die minister gewees het. Nou is dit iemand wat direk met die Guptas en die bell pottinger sage verbind word…

A ·

Waarom het hy dir nie met supersport bespreek nie. Toe wag hy vir ‘n gehoor. Kry hy nie genoeg aandag nie of wat

Buffel ·

Het nie genoeg indruk in sy speeldae gemaak nie moet maar rassekaart speel om na iets te lyk. Hoop seker hy kan Naas en Nick se rolle oorneem.

Landi ·

Ek voel weer die patetiese Minister van Sport moet in die pad gesteek word saam met n hoog onprofessionele Willemse. As ek so n “show” opsit by my werk, word ek summier afgedank. Vir n minister om sommer klaar besluit het wie is skuldig en onskuldig sonder om agter die kap van die byl te kom, wys jou ook hoe onbevoeg sy vir haar pos is, soos meeste minister is.

Reguit ·

Dít sal nou vir jou ‘n rowwe toneeltjie wees daai… en ek is nie so seker of hulle daaroor sal protesteer nie. ;)) Hehehehe…….

stefan ·

Al wat Willemse hiermee bevestig het is dat hy nie net ‘n kwota speler is nie, maar ook ‘n kwota aanbieder.

Bossie ·

Kan iemand die beweringe van die miljoene transaksie ondersoek of was dit al ondersoek? asb. Wat was die bevinding? Of is ek bietjie agter met die nuus?

Liza101 ·

Tien uit tien vir die dame wat in die studio was. Sy het dit baie goed hanteer ek dink Nick and Naas was so stom geslaan dat hulle nie kon reageer nie. Sy het die situasie perfek hanteer! Sies Ashwin, aikona!

Sharon ·

Daar is nog net een “crime” in Suid-Afrika oor, en dit is om wit te wees…

Kannaland ·

Ashwin het heel waarskeinlik net n onbeheerde woedebui ervaar en die naaste kaart gegryp wat die rassekaart is om ondersteuning te kry al is hy ongewild en lewer vlou kommentaar. Kallie Kriel het die insig om die minister en DA leier attent te maak op hulle roekelose optrede om voor enige ondersoek oordeel te vel. Die DA leier en minister HET rassisties opogetree.

Anton ·

Julle blameer die DA en minister oor hulle gedrag. Julle het weer klaar Willemse veroordeel. Maar die ondersoek is nog nie gedoen nie. Dis ook rassisties.
Onthou ‘n saak het drie kante, ons s’n, hulle s’n en die regte een

Joe Hall ·

Terwyl jy so van al die kante praat Anton…
Jy moet liewer jou 3 kantige riglyn loop verduidelik aan Maimane, die sportsminister en al diesulkes wat ons wittes van rassisme om elke hoek en Spur beskuldig.

Pottie ·

Wat vir my kommerwekkend is, is die DA ons tweede grootste politieke party begin nou al meer n houding in neem dat hulle kan oordeel sonder om agter die kap van die byl te kom. Kyk maar in die geval van Patricia de Lill die DA wou van haar ontslae raak sonder om die nodige prosesse te volg nou ook die leier van die DA wat sonder bewyse n duidelik keuse uitoefen oor wie reg op getree het in hierdie voorval. Is hierdie die nuwe manier wat die DA op te werk gaan? Ek sal julle hier groet!

TDW ·

Onthou de lille kom uit PAC en haar gunsteling slagspreuk was “one settler one bullet” sy moes nooit eers in die DA gewees het nie, in my opinie. Gaan lees bietjie op oor wat sy al alles kwytgeraak het oor witmense. DA(Maimane) is glad nie meer wit-gesind nie.

Hannelie ·

Ashwin hoort nie op Supersport as hy so ‘n kinderagtige tantrum kan gooi nie. En van die Minister van Sport wil ek nie eens praat nie. Duidelik skiet sy te kort aan menseverhoudinge…sy sommer klaar geoordeel nog voor sy enige betrokke partye gekonsulteer het. Ek sien swarigheid vir Sport. Wonder maar net wat se sport sy gedoen het want iemand met breë kennis, sou ideaal gewees het.

Danie ·

Hy was beslis nie een van die beste spelers nie. Slegs 4 keer oor die doellyn in 19 totse.
Volgens kommentaar op Netwerk 24 het hy 61 miljoen rand ontvang as konsultant.
Wonder hoe dit gebeur het. Omdat hy so baie geld ontvang het is hy nie meer bevoordeel as al die wit mense nie

Wiekie ·

Kwota sisteem – Wonder wanneer gaan die sisteem in sokker ingestel word?

Neptune ·

2010 het hy R61.4 miljoen ontvang.Hy staan in 2018 nogsteeds voor n groot TV en dink als is reg.Die man het probleme.

Wiekie ·

Kwota sisteem – Wanneer word die kwota sisteem in sokker aangebring? Is dit ook nie rassisties nie?

Rynhardt ·

Mallet en Naas Botha het niks verkeerd gedoen nie.Willemse het net n groot “chip” op sy skouers!Daar word te maklik geskuil agter rassistiese wetgewing en dan word wittes gebrandmerk!Selfs die minister van sport het n obsessie met wittes.Rassisme teen wittes werk nie meer nie.Ek is keelvol vir die rassisme wat vir 24 jaar teen ons wittes toegepas word.Afriforum,Mallett en Naas kan namens hulself praat!?????????????????

marous ·

Snaaks dat die mense nie begin skreeu as die maan opkom nie….

AJ ·

My oupa en sy buurman sit op die stoep en kla oor die beeste nie die droë wintergras wil vreet nie. ” Kom ons sit vir hulle (die beeste) sonbrille
op … dan lyk die gras groen … !” skerts die buurman. … lekker gelag daaroor!

Willemse se ERVARING van alles in die wêreld kan deur sy “rasse” bril verkleur word sodat hy doodonskuldige gebeure as rassisties en diskriminerend interpreteer.

Of hy probeer om op ‘n opportunistiese manier, die rasse sensitiwiteit in die land te misbruik om sy persoonlike loopbaan vooruitsigte te verbeter?

Elimineer twee ouer, meer ervare en meer kundige Wit mans met wie hy die kalklig deel?

Gewetenlose karaktermoord! Hy etiketteer vir Naas en Nick as rassiste!

Ek hoop Nick en Naas vervolg vir Willemse vir karakterskending … en laat hom BETAAL!

Dank vir Willemse af!

Driesie ·

Ek dink almal moet wag,die meeste dink rugby is n wit sport en nogal nie.

Osie ·

Daar kan nie kwotas in sokker ingestel word nie want dan sal bafana bafana beter speel….

Andre ·

Soos die DA nou aangaan, gaan hul teen volgende jaar se verkiesing nie een wit stem oorhe. Vraag is net, wie bly oor?

TDW ·

Jy moet bietjie gaan kyk na VF+
Ek is baie spyt dat ek my stemme op DA gemors het. Dit sal nie weer gebeur nie. VF+ sal dalk nooit kan wen nie,,maar as ons hulle in die parlement kan hou, sal ons weet daar is mense wat ons belange teenwoordig.

Wolf ·

Ek voorspel, daar gaan nog baie moorde gepleeg word voor die volgende verkiesing. Suid Afrika loop dieselfde pad as Zim en Mozambiek.
Ek hoop die wereld sien wat besig om te gebeur, en ek vra hulle, help ons blankes om ons in een van julle lande te vestig .As als hier klaar afgebrand het en almal mekaar uitgemoor het sal ons blankes weer terugkom om die land te herbou.

Nagmerrie ·

Wolf, ek stem saam. Ek is n getroue ondersteuner van Solidariteit en Afriforum en dra tot alle projekte by as daar gevra word. Ek kry lekker dat ons mense wys ons het ruggraat deur hierdie organisasies se optrede. MAAR…
Iets pla my … Ons spandeer soveel geld op hofsake. Al wen ons dit, soos die saak oor die straatname v Pta, kom daar niks van nie. Die nuwe name pryk nogsteeds orals op die straatnaambordjies ( op díe wat nog bestaan). Wat van as al die geld, en nog meer wat ons kan insamel (ook oorsee), gebruik word om vir ons plek in n ander land te koop? Eks seker daar is lande wat sal belangstel in ons kennis en vaardighede. Bv op ontvolkte Europese platteland? Selfs Antarktika of die Gobi woestyn klink vir my al hoe aanlokliker…? Ek sien werklik geen toekoms vir ons hier nie. Hul sal nooit die melkkoeie toelaat om n tuisland in SA te kry nie. Ons moet hier weg. As n reuse groep, na n land wat sou belangstel. En ons bied hul geld aan vir die proses en verblyf, ens.
Wat dink julle?

Nel ·

”Moenie oorhaastige oordele vel nie” Regtig? Kry gerus vir madam die minister ook voor stok. Sy het beslis nie gras onder haar voete laat groei om die twee blanke aanbieders te veroordeel van rassisme nie. Of het sy dalk ‘ínside information’?

Napoleon ·

As daar nie kwotas was nie, sou daar nie kwotaspelers gewees het nie.

Andre ·

Daar is in elk geval niks “SWART” aan Willemse nie!

In die ANC se boekies is hy nie swart genoeg om te kwalifiseer vir regstellende aksie poste nie.

‘Nice try … for Black!’

… maar ek het ‘n nare voorgevoel dat Willemse se poging om voordeel te trek uit sy ‘fake Swart’ status … gaan boemerang.

Cheers Willemse!

JF ·

Willemse het al lankal rassistiese geluide begin maak. Hierdie is nou net die finale aanslag om die blanke aanbieders op DSTV SuperSport uit te werk wat in lyn staan met die ANC se beleid om alle top poste met swartes te vervang. Iewers agter Willemse se uitbarsting lê daar ʼn verskuilde agenda.
Tipies die ANC se strategie om kiesers op te sweep voor ʼn verkiesing, baie laks en uitgeslape. DSTV se nuusberigte op KykNet is deurtrek met linkse propaganda, selfs die advertensies, dit word so subtiel gedoen dat die gewone kyker dit nie eers agter kom nie.

Ben ·

Dit is duidelik dat die aanvaal aan Nick gemik is. Ek vra die vraag – Wie sal baat vind daarby? Heel moontlik ‘n afdankte afrigter? Ek dink hierdie was beplan en Willemse word gebruik. In die belang van Rugby is tyd dat Willemse die waarheid praat. Die idee van kwotaspelers was nog altyd ‘n slegte idee maar die betrokke minister moet pa staan vir sy gemors. Dit is tyd dat politiek sy neus uit privaat sport hou en liewer fokus om die land te bestuur. So ver vaar hulle nie goed nie. Jaloesie is ‘n vreeslike ding.

Afrikaanse Knaap ·

Nog eerbare Xaxa nog eerbare Maimane se opinie dra enige water by my.
Mr Maimane het al in Middelburg deur middel van Twitter gewys hoe graag hy ‘n klip optel en eerste gooi.
Mev/Mej Xaxa se voorganger, eerbare Mbalula, het finaal sport in SA met hul rassisme gebreek.
Hulle gedrag en beleid is die oorsaak dat ek nie rugby al vir so paar jaar kyk nie.

gerbrandt ·

Nou ja,die tyd het aangebreek om my DSTV te kanselleer.

Dirk01 ·

Anton hoe kan dit rassisties wees om jou opinie te gee? Die minister het reeds laksman gespeel en die media probeer kliphard om n prentjie te skilder wat nie gesien kan word nie .SARU en MNET speel met vuur hulle moet net na die suksesvolle boikot van spur te loer .Willemse het n krater van hom self gemaak om so belaglik op internationale tv op te tree, daar is die regte kanale en prosedures om te volg….Hoe kan enige instansie of maatskappy baat vind as willemse so sou optree waar hy sou werk, sy gedrag al reeds behoort hom n ontslag te kos.So word nie opgetree nie , hy het mnet verneder met sy gedag alreeds en laat ons sien wat die ander 2 mnr’e gedoen het as dit bewys kan word

Dirkie ·

Hoekom se ons minister van sport nie mnr Danny Jordaan moet geskors word nie. Nuwe beweringe teen hom maar sy is doodstil. En dit is krimineel van aard.

gatvol! ·

willemse jy het geen respek vir ander. jy gaan te kere erger as my 2jarige. gooi n tantrum op nasionale tv. sies man!!! gedra jou soos n groot mens. En dan kom Maimane ook nog vir jou op. as n lid van Afriforum stem ons hele familie asook skoonfamilie en..vriendekring VF+!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Janosh ·

Hier kom ‘n soortgelyke aksie teen DSTV as wat teen Spur plaasgevind het as hulle die saak nie behoorlik ondersoek nie. Te veel mense het na my mening egter reeds baie veroordelend opgetree, wat ‘n jammerte is. Die uitkoms hiervan, en die akkurate weergawe van presies wat gebeur het, sal egter bepaal of DSTV my subskripsie in die toekoms sal geniet. Dis hoog tyd dat geld wat stom is, regmaak wat krom is.

Ansa ·

Bravo vir die dame op die paneel saam met Mallett en Botha. Sy het dit meesterlik hanteer.

Anner Anton ·

Rugby is dood lank lewe vrye keuse! As DSTV van Naas en Mallet ontslae raak, raak ek van DSTV ontslae. Hoekom moet ek politiek aanhoor instede van rugby.

Albert de W ·

Dit raak al hoe meer duidelik (alhoewel baie dit nie besef, òf wil besef nie, dat dit alles deel is van die volslae aanslag teen die wit (hoofsaaklik Afrikaner) bevolking. Vernietig alles wat eens vir hom na aan die hart gelê het…sy taal, sy godsdiens, sy sport en sy kultuur. Met die hulp vanuit eie geledere (hoofsaaklik randfigure wat as aggressors en denke-boelies funksioneer deursekere media groepe en natuurlik politici was stylswyend toekyk of die haat verder aanblaas. Skep verwarring, wantroue en haat in eie geledere. Hul is baie suksesvol, want steeds sit ons passief en toekyk. Die ouer geslag is nie meer instaat tot teenstand nie, die middelgeslag het hulself verloon en die jonger geslag is gebreinspoel dat SA ‘n regverdige land is.

Kiewiet ·

As Willemse in die stoel gesit het, en Botha of Mallett het so opgetree en uit gestap. Sou hulle ook so in groot ophef daarvan gemaak het. Ek glo nie want Botha en Mallett is blank.

Wiehan ·

Naas en Nick, julle kan albei terug gaan Italie toe, daar sl julle nie so behandel word nie. Gaan en geniet dit. Julle verdien om ge-waardeer te word.

TLC ·

Ag nee moes die hele dag wag Eers klaar werk en nou dat ek n kans het om te comment nou het julle als gesê So als wat ek sê is ??????? WAT N TELEURSTELLING VIR ELKE LIEFHEBENDE RUGBY KYKER

Kloekie ·

Ek glo niks wat Willemse sê! Hy was dan business partners met Gayton Mckenzi en Goldfields saak.

Penellope Jones ·

Vertel dit vir die “twitters” en die minister – hulle het gisteroggend al hul oordeel heftig gefel sonder om die volle storie aan BEIDE kante te hoor.

Jenny Thom ·

Skuus tog, dit moet oordele “fel”wees en nie oordele “vel” Groete

Mark Kruger ·

Die DA se leier het nou al 4 keer in ‘n kort rukkie die wittes laat weet hy stel nie in hul stem belang nie en as DSTV Ashwin se kant kies het hul ook nie ons geld nodig nie? Nick, Naas en Darren begin jul eie Sport Kanaal. Ek is seker baie mense sal daarvoor betaal.

Luister ·

Al wat ek weet, is dat Willemse sy naam erg met ‘n baie groot plank gslaan het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.