SuperSport-voorval: Uitkoms van ondersoek bekend

Ashwin Willemse. Foto: SuperSport

SuperSport het Dinsdag die verslag wat opgestel is ná die voorval waartydens Ashwin Willemse tydens ʼn regstreekse uitsending uit ʼn ateljee gestap het, bekend gemaak.

Gideon Khobane, uitvoerende hoof van SuperSport, het gesê adv. Vincent Maleka SC het Maandag sy verslag oor die gebeure ingehandig. Volgens Khobane het Willemse “ongelukkig” besluit om nie deel te wees van die ondersoek nie.

Hy het gesê die hersiening het bevind daar was geen rassistiese optrede deur Naas Botha en Nick Mallett nie. Volgens Khobane was daar geen geheime of openlike rassisme wat tot die voorval gelei het nie.

Hy het verduidelik die ondersoek het bevind daar was twee faktore wat ʼn logiese verduideliking vir die voorval bied. Die eerste faktor was die tegniese fout wat tot gevolg gehad het dat al die kommentators nie ʼn spreekbeurt gekry het nie en die tweede een dat Willemse Botha en Mallett as neerhalend beskou het toe hulle aangedring het hy moet eerste praat.

Volgens Calvo Mawela, uitvoerende hoof van MultiChoice, het Willemse gesê hy het besluit om nie aan die ondersoek deel te neem nie, aangesien hy meen dit nie die regte forum is om sy griewe te lig nie. Khobane het gesê SuperSport sal egter uitreik na Willemse.

Dit is intussen ook bekend gemaak dat Botha en Mallett nie die naweek in SuperSport se ateljee sal wees nie, aangesien die skedules reeds gefinaliseer is. Dit is ook bevestig dat daar steeds ʼn kontrak tussen SuperSport en Willemse is.

SuperSport sal intussen ook aanbevelings van die verslag implementeer. Dit sluit in ʼn forum vir die span ontleders om hul mening te lug ná afloop van ʼn uitsending en ʼn gedragskode vir ontleders insluitend griefprosedures. Daar sal ook berading aan al die ontleders verskaf word.

‘n Skermskoot uit die video van die voorval toe Ashwin Willemse tydens ‘n regstreekse uitsending van die Supersport-stel af gestap het.

Willemse het op 19 Mei ná die wedstryd tussen die Leeus en die Brumbies uit die SuperSport-ateljee gestap. “Jy weet wat, ek speel al lank hierdie sportsoort, nes almal van ons hier. Ek, as speler, is vir ʼn lang tydperk as kwotaspeler bestempel,” het hy tydens die regstreekse uitsending gesê. “Ek het hard gewerk om my eie respek in dié spel te verdien, ek gaan nie verkleineer word deur twee enkelinge wat in apartheid, ʼn gesegregeerde era, gespeel het en my wil kom ondermyn nie. Ek dink ek het nou genoeg gehad, ek kan nie met mense werk wat ander ondermyn nie.”

Willemse het daarna na Mallett en Botha gestap en gesê: “Julle kan maar daar sit en lag,” waarop Mallett geantwoord het: “Ek lag nie daaroor nie.”

“Julle weet presies wat gebeur het, dis reg so, ek gee nie om om verspot te wees nie. Ek is bly dit gebeur op regstreekse televisie sodat mense kan sien, julle twee sit hier – nee dis reg [sic],” het Willemse gesê en van die stel af gestap.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

125 Kommentare

Jan ·

As rassisme ‘n kriminele oortreding is, moet die gebruik van die rasse kaart (sonder rede) dan nie ook strafbaar wees nie?

thinus ·

Ons verwag verskonings van : Minister van sport, SuperSport, SAB, al die politici en galbrakers wat Nick en Naas (en ons) veroordeel het.
Laastens maar nie die minste verwag ons niks van AW nie – hy het klaar sy karakter gewys!

Albaster ·

Ons verwag ook van supersport om hierdie vals aanhitser vanrassisme af te dank en aan te kla.

Paul ·

Jan, ek sien nou op Netwerk24 dat Ashwin hou, na die uitspraak, voet by stuk dat die gebeure rondom sy uitstap-voorval uit die ateljee “in rassisme gewortel” was.

Daan Erasmus ·

As Naas en Nick besluit het om “ongelukkig” nie te getuig nie, is hul voor die bus gegooi. Dan was die uitkoms baie anders.

Se Maar Net ·

Niemand het gese dat jy n kwotaspeler is nie jy het dit gese

Piet ·

Nic het baie ondervinding en kennis van hoekom en waar alle spelers hul bevind en alle fasette en spel patrone plus die suksevolle uitvoer daarvan, of hoekom dinge skeefloop, ens.. Naas het ook baie ondervinding en kennis van die hele spel en al die opponente en sy span spelers en die opsies wat hy van stapel moet stuur. Ashwin as fleul was veel minder betrokke in die vele ander fasette.
As analietiese kommentator is Ashwin beperk tot sy agterlyn posisie of moes by baie meer en beter voorberei, wat dit blyk hy nie gedoen het nie. Ontleed die vorige optredes van Ashwin hoe hy net waffle oor wat Nic en/of Naas analities kommentaar gelewer het en dan die warm patat terugooi met bv. ‘ Wat dink/reken/opinie jy/julle’ , vraag? Ek wil in verslag self lees of Adv Maleke die vele video opnames ontleed het van Ashwin se warm patat optredes, agv onvoldoende analietiese kennis en/of vooraf voorbereiding wat die hele Supersport skaad. Kyk weer hoe hy onkundig waffle voor hy die warm patat probeer terug gooi en dan ras blamerend uitbars en afstap.
In te diep kant toegelaat, deur eie waan gesink.
Verskoning maak = Skuld erken, per OB verslag.

Spike ·

Hy wou nie deelneem omdat hy skaam is oor sy kinderagtige optrede. Wat van die vernedering aan Naas en Nic deur willemse, min. van sport en almal wat gal gebraak het. As hulle enige integriteit gehad het sou hulle volwasse genoeg gewees het en omverskoning gevra het, maar hul sal nie. SuperSport wees gewaarsku as willemse weer op die lug is sal julle leegloop van intekenare.

Bert ·

Baie waar Spike.
So’n minister behoort gedissiplineer te word!

White Rhino ·

Stem saam Jan!!
Vals beskuldigings van vele.
‘n Ondersoek was onnodig – ons almal weet wat gebeur het – die mannetjie het nie sy werk gedoen nie en ander mense van rassisme beskuldig omdat hyself nie sy werk gedoen het nie.
Hoe belaglik. Hy het so homself in die voet geskiet.

Seemonster ·

Nes jy daar sê.
Ek dink hierdie is ‘n gatslag vir Ashwin. Hy het homself baie skade berokken.

Carl ·

Hoop die Minister vra nou onvoorwaardelik omverkoning aan die hele Land. Sy het met haar onverantwoordelike uitspraak geweldige skade veroorsaak.

Karen ·

Gaan al die politici wat so op die bus gespring het voor enige feite bekend was ook nou iets hierop sê?

Anni ·

Ek glo nie, hulle gaan nou bankvas agter hom staan op die trappe van die gelykheidshof, en hom “applaud” dat hy nie gaan le nie. What a joke!

waarheid ·

Nou het Willemse sy respek en integriteit prysgegee en sy naam weggegooi omdat hy nie sy werk gedoen het nie..
Hy sal dit nooit weer terugkry nie en daarmee moet saamleef. Almal gaan hom vermy en die koue skouer gee.

Drop ·

Uiters teleur gesteld in Willemse vir wie ek altyd gerespekteer het as n rolmodel vir jong mense. Deur te weier om deel te neem aan die ondersoek het hy sy motiewe gewys. Dis duidelik dat hy met n chip op sy skouer sit en totale spektakel van homself gemaak. Jy het die ball gedrop Ashwin.

Jim ·

Maar tog sien die CEO van Supersport n toekoms saam Willemse?? en Mmusi, ek wag vir daai jammer se oor jou rassistiese tweets??

cor ·

Jim die CEO van Super sport is verplig om die stelling te maak , maar wees verseker Ashwin sal n “No show” wees in die toekoms net soos Naas en Nick . Hulle moet dan nou eers berading kry wat n grap

Mrs H ·

Weer het DA ons verraai….. Wil mos ook he dat ons grond aan staat behoort. Ashwin se chip op die skouer is ligjare groter as sy verbeeldingryke rasisme kaartjie wat hy kies om by te bly. Dink net hoe vernederend die uitspraak van die geleerdes was wat hard gesoek het na rasisme en dit nie kon kry…en hulle kan dit tog so maklik kry oor die algemeen.

Wurmpie ·

Willemse wil nie deelneem want hy weet hy is skuldige een. Ek hoop supersport kry almal om vir Naas enMallet omverskoning te vra voor die hele Suid Afrika

Presies ·

Ja, sy prokereurs het hom bewus gemaak hoe in die moeilikheid kan kom as hy onder eed stories opmaak, en dis beter om niks te sê.

bj smit ·

ek sit onmidelik die tv af as hy weer sy verskyning maak op enige program die kom al lank al op ruperrugy het ek dit al agter gekom

Nou wat nou??? ·

Wag so om te verwys na jou kollegas as ‘enkellinge van apartheid, spelers van n gesegregeerde era’ is nie n aanval op die speler/afrigter se integriteit en waarde?? Maw dis nou maar reg dat Willemse se wat hy wil, uitloop terwyl hy aan diens is en dan weier om deel te neem aan n ondersoek??
Gelukkig kyk ek nie sport ni en DStv behoort te weet ek kyk na alternatiewe. Ek gooi nie my geld verder in die water nie.
Ek wag in spanning vir Willemse, die DA en die sportsminister om die publiek en beledigde kollegas omverskoning te vra… (gaan seker ontbind wees dan gebeur dit nog nie).

AD ·

Minister van sport, u verskoning is nou welkom of gaan u bewys U is rassisties??????????

Sue Kruger ·

Willemse weet hy is die een wat die ras kaart gespeel het omdat hy nie gereed was nie. Dit is makliker maar toe gly hy met daai uitlating

tamboti ·

Nee verkeerd: dit was rassisme – AW het dit rassisme gemaak! Hy het nie by ondersoek / verhoor opgedaag nie? Hy moet gepos word SS, julle cover al weer vir hom, SIESSSSS!!!!!

Jakkalas ·

Nou wat sal dan die regte forum wees om jou griewe of standpunte daar te stel. Dalk die politieke verhoog waar jy toegejuig sal word ens. Almal is groot mense en moet ook so optree as jy profesioneel geag wil word. Die ondersoek is regverdig deur onafhanklike persoon ondersoek en dit sou die ideale tyd wees om sy sê te sê. I think he bit off more than he is able to chew on….. of dalk is politiek sy voorland….?

jakes ·

Willemse moes noodgedwonge swyg want hy het in die eerste plek nie n saak gehad nie. Hy het homself in die proses verneder want indien hy voorheen rugby aanhangers gehad het sal hy voortaan nie meer he nie.

Wesley ·

Nou dis hoe n onafhanklike ondersoek gedoen word! Wel gedaan Supersport vir jul flink optrede om die rassebom te ontlont, alhoewel dit n uitgerekte en eintlik onnodige saak was wat Ashwin op jul pad gestuur het. En so vang jy die ongeregtiglike beskuldigings uit. Stuur almal vir n “time-out” en laat die ondersoek die praatwerk doen, pleks van die op sosiale media en sulks. Ek glo dit stel Naas en Mallett in staat om eise teen Ashwin in te stel, of hoe? Alhoewel ek glo nie hul sal dit doen nie. Die storie het klaar hul publieke profiel aangetas en wil dit seker net laat bedaar.

tamboti ·

Nee verkeerd, dit was rassisme – AW was rassisties. Omdat hy nie by die ondersoek opgedaag het nie behoort hy summier afgedank te word. Sies SS julle cover vir hom SIESSS!

Dries ·

Ek dink al drie moet moet gaan rus, ons soek nou nuwe gesigte en jong bloed. Die nuwe styl van uitsending soos nou is puik.

Joe Hall ·

Willemse se optrede tydens en na die dramatjie is tog soooo kenmerkend en vervelend.
Die slaprug hantering en kwytskelding van die siel se belaglikhede, bevestig bloot wat mens in ieder geval verwag het.
Sug.
En sommer nog ene.

Jaap ·

En nou sal nie een van minister van sport of willemse iets se nie.
Jammer willemse julle plan het geflop.
Kry asb n nuwe idee.
Dalk moet julle ook sommer sport begin kyk om te weet wat aangaan

Johan ·

Hier was ook net soveel van Willemse se mense hier wat gal gebraak het teen Botha en Mallet. Waar is hulle nou? Skaam en kruip weg?

Lukie Carelsen ·

Nick en Naas is in hierdie spektakel verneder. Gelukkig het hulle hul uitstekend gedra.
Arme Willemse het maar sleg van hierdie tantrum afgekom.
Hoop die ou skud sy rasse-martelaarshouding nou af.
Wat hy gedoen het, is absoluuut onaanvaarbaar. As dit Naas of Nick was wat so opgetree het was hulle (soos Derick Hougaard) sumier geskors.
Kannie wag om Naas en Nick weer op Supersport te hoor kommentaar lewer nie. Hulle is die beste!

Tik tok tik tok ·

Kom Naas kom Mellet sue hom uit sy skoene hy is mos bee geval in mynbedryf sue hom vir jul vernedering en laat hy sulk in sy eie spoeg

corne ·

fire die selfgelabelde kwota speler hy het aangejaag en minister van sport wa jou verskining maar nee die ander 2 is mos uitgekruit deur jou so kom plaas jou verskoning

Mielie ·

Nou het die internationale rugby gemeenskap gesien wat hierdie mens se karakter is. Maar dit maak nie saak nie. As jy kyk na dubbele standaarde vir krieket. Miskien moet Naas en Nick gaan vir terapie, SS het hullw nie beskerm teen sulke gedrag nie en hulle moes nog al die abuse van die politiek en sos media vat. Dalk kan hulle n finansiele eis insit om die res van die land n les te leer, soos die vrou wat beboet is en die ander wat tronk toe is vir rassisme.

Asmain ·

Ag hy is kinderagtig. Wat sou na sy mening die regte forum wees om sy griewe te lig? Hoekom het hy dan nie in die eerste plek van daardie forum gebruik gemaak nie? Maar toe verkies hy om sy naam met n plank te slaan ten aansien van die hele land!

Maria Botha ·

Wil net se as Naas Botha en Mallet nie terug is op die kassie nie gaan ek DSTV op gee en ek dink ook die Min van Sport behoort haar te skaam oor haar uit lating sy behoort almal omverskoning te vra en dit te bedoel want geen rasisme het plaas gevind nie

hendrik ·

Ek se weer as AW terug is gee ek SS op. Wittes is al vir baie minder as dit in die pad gesteek.

Pikkie ·

Ek is daarvan oortuig dat die bevinding heelwat anders sou gewees het as die munt op die ander sy gele het en dit was dalk Naas of Nick wat uitgevaar het. Die blanke mag niks se nie dan is als rasisme of apartheid maar as n gekleurde die rasse kaart speel word hy nie met dieselfde stel reels veroordeel nie.
Willemse wil nie deel neem nie want hy is te skaam vir sy optrede. As dit nie dan nie die regte forum is om die saak te bespreek nie hoekom het hy dan in die eerste plek nie die regte forum gebruik om sy gruwe te lig nie?

Arno ·

Dank hom af en kla hom aan of is hy nou vry van rasse kaart speel? Maar ander word beboet en in die tronk gegooi!

Nettie ·

Raai wie sit nou met eier op sy gesig?

Kammakastig ‘tegniese probleme’ wat gelei het daartoe dat hy nie kommentaar kon lewer nie. Ag bollie, man! Aswin Willemse het nie sy werk gedoen nie – kort-kort uitgeloop tydens die Lions-wedstryd, glo – en Naas/Nick het hom toe lekker in ‘n hoek gedruk deur níé weer sy voorbereidingswerk vir hom te doen nie en hom te vra om eerste kommentaar te lewer, waarop die mannetjie toe die rassekaart trek. Dis mos die maklikste ding om te doen as jy as gekleurde persoon in ‘n hoek gedryf word: blameer Apartheid en trek die rassekaart.

Ek hoop SuperSport doen die regte ding en eis dat dié klein haantjie vir Nick en Naas EN die aanbiedster om verskoning vra oor sy gedrag en opmerking, want hulle was almal in ‘n baie moeilike posisie geplaas oor sy kinderagtigheid. En dan hoop ek hulle haal hom van hulle kommentatorslys af – permanent, want dit is duidelik dat hy nie geskikte materiaal is vir so ‘n verantwoordelike pos nie.

Pieter ·

Gaan lees die verslag, dan sal jy verstaan wat gebeur het. En dis net n rumour dat AW nie in die ateljee was nie en nie die game gesien het nie. Moet nie ander se sienings aanhaal voor jy die feite het nie.

Wat wel waar is, is dat AW sy naam met n plank geslaan het.

Gertryda ·

Ai tog die ewige rassisme deesdae, dis om van naar te word
Mense moet hul feite eers reh hê voor hul gal braak. So vernietig hul mense se lewens
Stem saam verskoning van almal

CJ ·

Die enigste teken van rassisme was AW (en al die galbrakers wat Nick en Naas valslik beskuldig het). Wens Nick en Naas wil Minister en ander siviel van rassisme laat aankla. Maar nou ja, ek’t onlangs eers uitgevind rassisme werk net een kant toe in SA.

Dink net. ·

Willemse kan drama gaan studeer. Kan dalk n TV ster word.

Piet Snot ·

Helaas, ons weet nou hy’s nie te sterk op voorbereiding nie.

Louw ·

Wonder net of Naas en Nick nie ‘n saak van naamskending moet maak teen Willemse, minister van sport en die Mmusi nie. Dit sal hulle dalk keer om volgende keer hul monde oop te maak.

Mrs H ·

Ja ek hoop hulle maak n saak. Dink dit word “crimin-in-juria” of so iets genoem. Wanneer jy iemand se karakter en reputasie beskadig of skend wat onverdiend of vals was, soos ek dit verstaan. Vir n maand lank het AW se aksies hierdie mense se lewens onsmaaklik gemaak en god met hul loopbaan gespeel, wanneer dit anders kon wees.

anton ·

aw het nie eens die wedstryd gekyk nie,was by n middag ete en het laat opgedaag,naas en nic het hom op die spot gesit om eerste te praat,en dit was sy reaksie,dis hoekom hy nie by ondersoek was nie te skaam seker vir sy belaglike optrede,hy kon dit afgelag het maar nee toe moet hy die ras kaart gooi……pateties aw

Boet Fasie ·

Ek het klaar DSTV opgegee, baie meer eerbare dinge as om na ras en politiek
gedrewe sport te kyk en dan nog Willemse se gedrag te verduur – sies

Izak ·

As Willemse n witman was, was hy nou oppad tronk-toe. Klassieke voorbeeld van ‘n rommelland. Wittes kyk toe hoe hul oral die spit afbyt.

Ben ·

Ons voel nog steeds dat die regering beter af sal wees sonder ‘n minister van sport. Dit is absoluut die mors van staatsgeld. Wat doen die minister nou eintlik? Wat is die geskrewe pligstaat van die minister? Die hele episode het ‘n suursmaak gelaat. n Persoon is tog onskuldig todat hy/sy skuldig bevind is – die minister het hulle sommer skuldig bevind voordat sy die feite gehad het – tyd om om verskonning te vra of te bedank.

Linda ·

Die Minister van Sport en die DA te papbroekig om jammer vir Suid-Afrika te se !!!

dup ·

Willemse gaan bedank en een of ander rede gee , ons gaan hom in die volgende verkiesing sien as ANC kandidaat . Ek voorspel hy gaan deel wees van die “span” wat die Wes-kaap moet “red”

Erick ·

Jan Publiek het ook berading nodig na die Minister se uitsprake.

Israel ·

Ou Willempie jy moet meskien terug gaan van waar jy kom daai pos is bo jou vuurmaakplek,jy laat dink my baie aan die storie van die skilpad op die paal..

Gerhardt ·

AW het homself vernietig deur luiheid.Hy het hom daardeur ge excomunicate. Niemand is te blameer nie behalwe hyself. Net jammer dat hy ander mense vir sy luiheid die skuld wou gee.Hy gaan die res van sy lewe daarmee moet saamleef.
Sorry pel hou maar verby.

Snowball ·

Arme, Ashwin, jy het so hard probeer om jou mede-aanbieders se reputasies te saboteer met aantygings van rassisme en daar slaan die blinde sambok jou op jou agternerwe. Jou geloofwaardigheid is daarmee heen. Wonder of jy ‘n bietjie rugraat oorhet om jou werkgewer en mede-aanbieders om verskoning te vra vir jou banale gedrag?

gysbert ·

AW kan nie Khobane se ondersoek gebruik as ‘n forum omdat dat geen politiek daarby betrokke was! En hoe hoekom kan hy nie wegkom van die ‘tag’ van ‘n kwotaspeler? omdat sy eie minister van sport hom destyds ‘verraai’ het deur dit af te dwing!

Pierre marais ·

Wat het met Derick Hougaardt gebeur nadat hy van kwotas gepraat het, weg by SS, waar is AW nou nog steeds by SS, AW beheer SS se CEO want hy sê hy gaan weer probeer om met AW te praat, hoeveel probeer slae wil die CEO nog gebruik om met AW te praat, skande SS

MT ·

AW was super kinderagtig. Hy was nie voorbereid nie. Hy het gevlug want hy was onkant gevang. Hy het nie die ondervinding van Naas en Nick nie en het dus ‘n minderwaardigheids kompleks. Uiters swak Ashwin!!!!

Netso ·

AW loop soek eerder nou ñ ” Job ” in politics my broe!

Rita van der Baan ·

Nou wat gaan SS nou met Willemse doen? Hy het die herrie veroorsaak en boonop geweier om aan die ondersoek deel te neem. Nes n stout kind: as julle nie om my way speel nie, speel ek nie meer saam nie! Ek dink SS moet hom die trekpas gee vir sy onproffesionele kinderagtige gedrag. En die minister van sport wat sonder enige agtergrond inligting op die wa gespring het moet van onbevoegdheid en bevoordeeldheid aangekla word. Albei: Willemse en sy nie geskik vir hulle poste nie. Weg met hulle! Weg met hulle! (Herhaal)

Wonder net ·

Ek wil net graag weet of sê mens “om hul mening te LUG” of lig mens ‘n mening?

Vloermoer Willemse ·

As Supersport sê hulle gaan na Willemse uitreik dan is dit maar net sagkens gestel dat hulle bereid is om sy agter-end te lek. Ipv na hom uitreik behoort Supersport hom te skors of af te dank vir onprofessionele gedrag.
Hoekom is hierdie nou kastig nie die forum om sy “probleem” (wat duidelik nie bestaan nie) aan te spreek nie? Wat nie die regte forum was nie, was om op nasionale tv “n sy dummy uit die cot te gooi. Dit was onvanpas.
Hopelik dagvaar Naas en Nick Mallet hom vir sy hele R64m vir naam- & karakter skending. Dan kan Supersport vir hom berading aanbied – hy sal dit dan nodig hê.
Hy is nie opgewasse vir die taak nie. Punt!

Pieter ·

Lagwekkend soos al die programme van Multichoice.Als word in jou keel afgedwing van programme tot hul advertensies.

Tammy ·

Ag nee, wat gaan hier aan????? Dit is n skande, die aantygings en daar kom niks van nie. As ek ooit weer AW op SS sien kanselleer ek my DsTV onmiddelik. Daar is ander platforms waar ek sport kan kyk en dit gaan n druppel kos van wat ek nou betaal. Ek stem saam dat die ander twee menere hom moet dagvaar aangesien sy uitlating nie in die ondersoek bewys kon word nie. Hierdie hele aangeleentheid spreek boekdele, geen werknemer kan homself wip en net van die stel afstap nie,nee sies man, waar le jou intergriteit? Dit is beslis volgens my n vernedering aan SS as sy werknemers so optree en dan nog VERSKOON word vir hulle optrede. SS skuld die kykers n verduideliking en moet omverskoning vra, definitief en sommer gou ook, julle het opgeslip hierdie keer!!!!!

Ag shame ·

As ek, as ek. Daar gaan nog baie sulke voorvalle plaasvind, so bly maar by as dit of as dat.

Nico ·

Ai Aswin, het jy nie n gewete nie ? Ek het nogal van jou kommentaar gehou, en nou het jy jouself gediskrediteer. As jy n man was, en so braaf soos jy voorgee, sou jy pa gestaan het vir jou blaps, maar nou dink ons almal jy voel onseker oor jouself en is te veel van n lafaard om jou foutevte erken, een vsn twee dinge gaan gebeur, jy gaan jouself verder aftrek deur aan te hou om jou fout met meer foute reg te maak en so sal jy later nie meer met jouself jan saamleef nie, of jy kan bo jou eie gemors uitstyg en pa staan vir jou fout, dit erken en ten minste bietjie resepk terugwen, maar sit dit in jou ?
sal maar wag en sien, jy en jou rassistiese minister is nou ewe veel blootgestel, welgrdaan, nou weet almal wie julle werklik is.

Gatvol ·

Aswin se gewete pla hom oor al die BEE goue lepels wat aan hom uitgedeel en nou pla sy eie gewete hom so dat hy asn kwota speler sindroom lei, logiese gevolg van mense wat wette nodig het om hulle eie selftwyfel te verbloem. Die tamtrumpie kom van binne Naas en Nick was net toevallig by.

A ·

Wonder wie sit regtig agter alles. Hoeveel is hy betaal vir sy tantrum en deur wie. Sy planne het geboemerang.

Waarheid ·

Wel die storie sal vir die res van aw se lewe
op homse rug aanhou ry van druiwetyd tot in ewigheid!! Daai gesegte grawe gat vir ander en raaiwat toe neuk hy self daarin.
Ons Lankal genees van ssp@rt baie beter dinge te doen.

Jeannie ·

Ek kan nie verstaan hoe Ashwin sommer so kan besluit dat dit nie die regte forum is om hierdie uit te sorteer nie dis hoekom hy “ongelukkig” nie deelneem nie. Maar was dit dan die regte forum om so op te tree op nasionale tv?

Jannie ·

Ja kom ons ondersteun alle besighede wat ons onderdruk, kom ons hou aan rugby kyk en eet by plekke waar ons geld belangriker is as ons velkleur. Kom ons dra by tot ons eie ondergang.
Deur ons dade keur ons al hierdie onskuldige aantuigings goed.

Lukas van Zyl ·

Ashwin, sê my, het jy nog genoeg 2×4’s om jou naam mee te slaan of kan ek n klompie aanstuur. Dan jy sommer vir daai minister ook n paar stuur?

Tikkel tokkel ·

Ry hom tot by oom Daantjie in die kalwerhok. Sommer die politici wat vals aantygings van rassisme gemaak het ook. Crimen Injuria. Hulle het ook geen verskoning vir hulle eie rassisme aangebied agterna nie. Naas en Nick gaan in baie mense wêreldwyd verbind word met rassisme, vir die res van hul lewens, al was hulle nie skuldig nie.

LekkerSeBaas ·

Verwag niks (geregtelikheid) van SuperSport (MultiChoice), hulle byt ons volk uit deur ons gyselaar te hou met rugby en krieket met belaglile pryse. Gee Netflix kans, en binnekort kyk ons rugby deur iets soos pay-per-view.

Janneman ·

I’m hereby giving official notification to DSTV and Government:

Unless Willemse and the minister of sport is summarily fired I will cancel my DSTV subscription with immediate affect and will not pay for another TV license. We will no longer be the punching bags for sickening, blind political correctness and minority bashing.
You WILL feel us!

Johannes ·

Nick en Naas sal al die inwoners van die land ‘n groot guns bewys as hulle ‘n lastereis teen Willemse instel. Getuies met eerstehandse kennis van wat werklik gebeur het, kan dan in ‘n ope hof getuig en deur kruisverhoor kan sy storie ordentlik getoets word. Getuienis oor sy werksetiek kan dan ook gelei word. Dit sal dan gou duidelik word of hy die rassekaart vir eie gewin gespeel het. Hopelik sal ander mense dan versigtiger wees en nie rassekaart speel voordat hulle die gevolge deurdink het nie.

PJC ·

Ek dink nie die klomp wat so vinnig was om Nick en Naas te veroordeel sal so vinnig die aftog blaas nie. Hulle gaan nou net met nuwe stories vorendag kom en geen poging aanwend om ń verskoning aan te bied nie.

VDJ SHAHEED ·

hoeveel kan ‘n mens vat,die is ‘n ding wat al lankal al aankom,rugby was net in suid-afrika voor 1994 ‘n boeresport,na 1994 het alles verander,gaan kyk in diepte hoekom ASHWIN se kruitvat die betrokke DAG ontplof het.

Kobus ·

Sy kruitvat het ontplof omdat sy onbekwaamheid ontbloot is.

Gerrit ·

Minister van sport , DA leier , ander leiers en kwota spelers , ons verstaan as julle nie rede kan insien om onverskoning te vra nie . Kwota is die antwoord . Dankie Naas en Nick vir julle waardige gedrag , opgevoed en bekwaam .

Kobus ·

Dis goeie nuus vir Naas en Nick. En hulle sal kan trug keur na die maand lange betaalde vakansie.
Vir my onderstreep dit egter weer eens die toestand van rasse verhoudings in SA.
Super sport probeur hulle beste om nie enige kant van die nou duidlike rasse lyn te ontstell nie . Uit vrees van n Boikot !!
Maar die agter deur wat Mnr Willemse vir hom self oop gelos het is een van groot gemak. Een wat hy weer sal gebruik vir sy eie gewin.
So die voorval is nog ver van oor!

Gelukkig is ek lankal geskei van Rugby en kan my naweek geniet sonder die komentaar van ” overpaid experts wit , swart of bruin !

Mielie ·

Stem absoluut saam met jou oor SS. Hulle sit nou net terug. Soos dit klink het NM lankal die AW ding onder hulle aandag gebring en hulle het niks gedoen nie blyk dit te wees. Hulle het toegelaat dat dinge sover gaan om die brand te beskerm en nie die ateljee personeel nie.

Will ·

Jammer dat rassisme as skuifmeul gebruik word wanneer Ashwin duidelik nie in dieselfde klas as Naas en Nick is wat betref kennis, ervaring en in diepte evaluering van die tegniek van die spel nie. Wat het hy dan ooit in sy loopbaan bereik? Willemse was na my mening bloot vir “window-dressing” gebruik en sy afstap dui maar net daarop dat hy nie opgewasse was vir die program nie. Dit is ‘n feit deesdae dat persone hulself as slagoffers projekteerwanneer hulle die toets faal, net om aandag en sentiment op te wek. Foeitog.

Johan H. ·

Is enige iemand verras deur die hele debakel?? DIT is wat gebeur as jy instop sonder dat daarvoor gewerk word,,, BBBEEE en die hele staatsdiens is n bewys darvan,,True story!!!!

kas ·

Willemse het ‘n groot gemors van die situasie gemaak.Hy sal hom nie beskikbaar stel vir enige verdere ondersoeke of samesprekings nie.Hy wil nie saam met blankes werk nie en wou ontslae raak van Mellet en Botha.Ek dink nog die hele sage was beplan.Niemand sal omverskoning vra nie want dit is iets wat die skuldiges nie ken nie.Dankie vir die onpartydige advokaat.Willemse,jy was nog nooit my hero nie en nou is jy nog minder.SS tree op teen Willemse anders………….

Ore ·

Ek het nuus vir julle.
Nick en Naas is skuldig……volgens die agbare minister en mnr Willemse.Nou moet hulle net die proses aan die gang kry om dit wel te bewys.Ja,ek is sarkasties.Nou gaan alaml ‘n hand van versoening na Willemse uitreik,Super Sport gaan hom smeek om te bly en hy gaan nou die anker aanbieder van ‘n Nie-rassige sport program word met die misister as sy ontleder

Wonder ·

Ek dink nie ons het die laaste van hierdie debakel gehoor nie. AW gaan die verslag verwerp as eensydig omdat hy nie betrokke was by die ondersoek nie (gaan gerieflikheidshalwe vergeet dit was sy eie keuse). Ek sal nie verbaas wees om te hoor hy daag SS of een van die ander twee word voor die hof vir iets nie. Ons het mos al gesien wat se belaglike eise uitgedink kan word as mense geld of aandag soek.

Ja swaer ·

En hoog geagte Gwede Mantashe se onderrok hang nou baie ver uit, hy was mos een vd eerstes wat op die rassewa gespring het. Die rasdonkie kan so moedswillig wees as hy nie wil loop nie, ne mnre Willemse en Mantashe. En dit ‘n ondersoek gedoen deur een v julle eie en wat aanvaar word deur een v julle eie. Hoe belaglik, die berading storie – wie het nou eintlik berading nodig? Kinderagtige onervare kommentators of die ervares was byna hul werk kwyt is agv die eersgnoemde se optrede

mooi man ·

Toe klap die “TV REF” jou nou mooi AW? Gooi ‘n tantrum en jy eindig jou loopbaan.

Liberaal ·

Die liberaliste sal dit nie dult dat minderheidsgroep onskuldig hier wegstap nie, daar sal verder gesoek word en al moet dit gegenereer word sal rassisbewyse uiot die globaalelite miljardertowerhoed getrek word en die minderheid sal skuldig bevind word.

Dianne ·

Hy kon nie kommentaar lewer nie want seker niks van die wedstryd gekyk nie. Dink die ander twee nou mooi moeg om al die werk te doen en dan staan hy op en herhaal net wat hulle gesê het. Toe Nick vir hom sê hy kan maar eerste praat het hy besef hy kan nie en speel toe maar die rassekaart.

Wonder 1 ·

Ek is bly Nic en Naas is “vry gespreek” Cape Times gooi weer rassime kaart op die voorblad vandag en Die Burger is nie ver daar vandaan nie. Die 2 koerante krap waar dit nie juk nie.

humor ·

En daai ouens met die bier sonder “lable” moet nou maar so hul bier verkoop. en kyk hoe suksesvol sal dit wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.