SuperSport-voorval: Verslag kom eers dan

Ashwin Willemse. Foto: SuperSport

Die onafhanklike senior advokaat wat die voorval ondersoek waartydens Ashwin Willemse tydens ʼn regstreekse uitsending uit ʼn SuperSport-ateljee gestap het, het vir uitstel gevra om sy verslag af te handel.

Clinton van der Berg, woordvoerder van SuperSport, het gesê adv. Vincent Maleka SC het uitstel tot 18 Junie versoek en SuperSport het daartoe ingestem. “Die hersiening is geheel en al in sy domein. SuperSport sal in die openbaar hieroor kommunikeer nadat ons die bevindinge bestudeer het.” Maleka sou aanvanklik sy verslag op 12 Junie oorhandig het.

SuperSport het ná die voorval verlede maand met al die betrokke partye vergader in ʼn poging om die saak vriendskaplik en spoedig af te handel. Daar is ná afloop van die vergaderings gesê dat die voorval nie met ras verband gehou het nie.

Daar is toe wel besluit om die senior advokaat aan te stel om die voorval te hersien en aanbevelings aan die bestuur te maak.

SuperSport het kort daarna ook aangekondig dat Willemse en sy mede-aanbieders, Naas Botha en Nick Mallett, voorlopig nie verder op televisie sal verskyn nie hangende die uitkoms van die hersiening. “Die aanbieders is nie geskors nie en sal voortgaan om hul salarisse te ontvang ingevolge hul kontrakte.”

‘n Skermskoot uit die video van die voorval toe Ashwin Willemse tydens ‘n regstreekse uitsending van die Supersport-stel af gestap het.

Maroela Media het vroeër berig ʼn tegniese fout in SuperSport se ateljee en ʼn opmerking deur Botha het glo daartoe gelei dat Willemse tydens ʼn regstreekse uitsending uit die ateljee gestap het.

“Jy weet wat, ek speel al lank hierdie sportsoort, nes almal van ons hier. Ek, as speler, is vir ʼn lang tydperk as kwotaspeler bestempel. Ek het hard gewerk om my eie respek in dié spel te verdien, ek gaan nie verkleineer word deur twee enkelinge wat in apartheid, ʼn gesegregeerde era, gespeel het en my wil kom ondermyn nie. Ek dink ek het nou genoeg gehad, ek kan nie met mense werk wat ander ondermyn nie,” het Willemse tydens ʼn regstreekse uitsending gesê.

Hy het daarna na Mallett en Botha gestap en gesê: “Julle kan maar daar sit en lag”, waarop Mallett geantwoord het: “Ek lag nie daaroor nie”.

“Julle weet presies wat gebeur het, dis reg so, ek gee nie om om verspot te wees nie. Ek is bly dit gebeur op regstreekse televisie sodat mense kan sien, julle twee sit hier – nee dis reg [sic],” het Willemse gesê en van die stel af gestap.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Eugene ·

Hulle sukkel natuurlik om n rasse kaart getrek te kry want Ashwin was eenvoudig skuldig en dit mag nie so wees nie
As van Naas en Nick iets gese word is my DSTV af

Gemaskerde Sopbeen ·

As dit NIE toe oor RAS gegaan het nie, dan het dit die oomblik toe Willemse begin verwys na apartheid, beskryf het hoe hy gesien is as “kwota speler” en toe geïnsinueer het dat die twee spelers wat daar saam met hom kommentaar gelewer het nie eintlik goeie spelers was nie, maar bloot gekies is omdat hulle “blank” was in die gesegregeerde era? As dit nie ressistiese ondertone het nie, wat het dan? Die “nuwe ding” onder die swak-seflbeeld Suid Afrikaners is om met elke ding na ‘n openbare platform te hardloop, en ‘n keel op te sit elke keer as hulle “verneder” voel omdat ‘n blanke hulle met ‘n “meerderwaardige houding” aangekyk het!! Die reënboog droom het vinniger as vinnig in ‘n reënboog nagmerrie ontaard….

Vraagteken ·

@gemaskerde sopbeen. As daar nou ‘like’ funksie was, dan het ek jou kommentaar ge’like’! Well said.

Rupert Ashford ·

Uitstekende kommentaar. Ongelukkig simptoom van die moderne tydsgees nie net die rasbeheptes in Suid Afrika nie.?

De Villiers ·

Ongeag wat die uitslag en aanbevelings gaan wees, indien Ashwin Willemse weer deel van die paneel in die ateljee gaan wees, kanselleer ek my DSTV. DSTV kan kies of hulle Spur se voorbeeld gaan volg. Aswin besef goed dat hy vir Naas en Nick sonder rede verkleineer het, maar het tot dusver nog glad nie in die openbaar om verskoning vir hulle of die kykers gevra nie. Dis eintlik nou al bietjie te laat daarvoor, want dit gaan nie meer opreg oorkom nie, hoe opreg hy dit ook al wil laat klink.

Callie ·

Willemse het dit n ras ding gemaak deur van kwotas en die apartheids era te praat. Eintlik wys dit hoe minderwaardig hy voel oor hy self nie seker is of hy n kwota was nie. Breyton Paulse en Habana sal nooit sulke dinge kwytraak nie oor hulle absoluut top klas bokke was. As Naas en Nic nie terugkom nie is ek ook klaar. Willemse het met sy onbevoegdheid hul loopbane beeindig

Callie ·

Kry ou Aswin tog net terug by Kobus Wiese hulle. Dan kan ons hom mos self n ou vragie of twee vra.

Kapenaar ·

As Ashwin sy werk gedoen het, en die wedstryd dopgehou soos hy moes, sou hy in staat wees om kommentaar te lewer, maar nee hy eet en doen sy eie ding, en maak staat op Naas en Nick om sy werk vir hom te doen. Net die feit dat hy op Nasionale tv van die stel afgestap het, wys duidelik van wat se stofasie hy aanmekaar gesit is. Hy is onbevoeg om sy pos te vul.

Albert ·

Aai ons is darem fyngesnaard-nie een van die kommentare se skrywers is bekend met al die feite en tog wil elkeen sy eie denkbeeldige gevolgtrekking maak wat uiteenlopend is , reg om te veg en die ander te beledig. Met gesprek en begrip gaan mens verder kom as met verwyte en konfrontasie?

Lana ·

Albert, oor sekere dinge kan jy maar praat tot jy blou is in die gesig. Dit sal nie help nie, want dis onoplosbaar gegewe die huidige omstandighede in die land.

Jacques ·

Albert – Aangesien jy die regte weergawe ken , lig ons almal dan nou in voordat nog mense verkeerde gevolge maak . Soos ek dit sien is dit baie eenvoudig , Willemse het sy hand oorspeel en n bloutjie geloop . Nou word die ras kaard gespeel om hom beter as wat hy regtig is te laat lyk . Siestog .

Michael ·

Die houding wat Ashwin in geslaan het op TV is tipies die van n politikus. As jy minderwaardig voel slaan toe met die ras kaart. Dan trek jy groot aandag.

Pietman ·

Hoekom ‘n ondersoek? Dis tog duidelik Ashwin was onprofessioneel en erg rassisties.

John ·

… en wat was Botha se sg erge opmerking? Hoekom dit verswyg en net Willemse aanhaal, woord vir woord. Maar Willemse speel die rooi-kaart en wil alleen op die veld speel terwyl die res van die span afgestuur word. Waar, buiten in SA, word nog sulke wedstryde aangebied… met sulke skeidsregters… miskien weet Pluto… Woef!

My verslag nou gereed ·

My verslag is nou al gereed. Ek het bevind dat DSTV die proses polities bestuur en nie ruggraad het om standpunt teen Aswin se rassisme in te neem nie. My aanbeveling is om my DSTV te kanselleer.

Bert ·

Ons en DSTV weet almal julle sal nie DSTV kanseleer nie want julle is almal rugbymal!!

Jacques ·

Bert – Julle en DSTV kyk julle blind teen die feite , al ooit gehoor van internet (dit is maklik) . Willemse het nie net op nationale TV af gestap nie MAAR internasionaal , want word die gesprekke nie wereldwyd uit gesaai nie ek vra maar net . DSTV is beslis nie die enigste platform om sport te kyk nie , vra enige persoon wat oorsee bly .

Netflixer ·

Daar is ander opsies, baie beter en goedkoper, as DSTV deesdae beskikbaar.

Johan ·

Ons wag – MM hou ons op hoogte asb. kan nie wag vir die advokaat se bevindings nie.

Hou hierdie spasie dop !!!

Kief ·

@Jacques, om soveel sport te kry vir so klein prys is DSTV loshande voor met sportuitsaai, selfs in NZ,AUS en Europa. Ek bly in Italie, en Supersport is loshande die beste (nie enigste manier nie, beste, grootste verskeidenheid) of jy kan ppv. Selfs in Aus 2019, moet jy 2 aparte kanale koop net om krieket te kyk, nz meer as 2. Italie, meer as 3 vir net Ruggas. SS dek als.

jakes ·

Albert, wat is jou weergawe van die insident siende dat ons nie die feite van die saak ken nie? Wat gebeur het is duidelik ooglopend van iemand wat met n minderwaardigheidskompleks sit>

Jan ·

Ek dink die uitslag van die verslag is redelik voorspelbaar. Dinge sal só bewimpel word dat Naas en Nick skuldig is aan iets soos “onsensitiewe gedrag” (indien nie rassisme nie) en Ashwin die slagoffer is.

Basjan ·

Jan, ek wonder ook hoe “onafhanklik ” die onafhanklike advokaat is. Ek het so ‘n gevoel dat jou gevoel reg is.

Jacques ·

Lola – Soos alles in die land en die wereld lag vir ons .

Al ·

Ashwin het onbeheers opgetree in die oomblik van woede – hy sal nou ernstig keer vir sy wickets om nie soos ñ gek te lyk nie.
Sal hy ander se loopbane offer vir sy eie oorlewing?
Wag, Albert sal ons vertel, dis moeilik om jou eie afleidings te maak.

Blabla ·

Ashwin lekker …. ‘gestir’. Nou sit jy agteroor en kyk wat gaan gebeur. Jy behoort te bedank.

Emma ·

Sal seker net op sy vingers getik word en Naas en Mallet moet die spit afbyt.

Gemaskerde Sopbeen ·

Niks sal met hom gebeur nie, want Supersport het ‘n dilemma. Sy lewensmaat Michelle Tasic maak programme vir Supersport….en ek dink dit was genoem Lions4Life. En hy kan prokureurs bekostig, want Gold Fields het met die hulp van Gayton McKenzie aansoek gedoen vir myn-lisensies. McKenzie se maatjies het 16% van die R2,1 Biljoen wat ge-oormerk was vir BEE. Daai maatjies was onder andere:
Danny Smith – R61,4 miljoen
Rhona Dawson – R30,7 miljoen
Zandi Twayi – R6,7 miljoen
ASHWIN WILLEMSE – R61,4 miljoen
Quentin Eister – R2,8 miljoen
Paul Halepi – R61,4 miljoen
Veron Watson – R6,7 miljoen
Vuyani Gaga – R2,8 miljoen
Lerato Kholoanyane – R30,7 miljoen….
En Goldfields moet nog verduidelik hoekom hierdie individue soveel geld gekry het, en wat hulle na die tafel toe bring in ‘n “BEE-Deal”!!

Dot ·

Dankie vir dié bedrae hierbo. Ja wat het hulle na die tafel gebring itv BEE???
As Aswin sy werk behou, sit ek dstv af! Dieselfde as Naas of Nick aan die pen moet ry vir daai arrogante rassekaartspeler se onprofessionele gedrag. Supersport vat te lank om die nonsens te hanteer. As enige wit ou dit gedoen het was hy weggejaag en einde van die storie. Supersport speel heel subtiel die rassekaart. Netflix en espn op die internet van nou af vir my. Ek het genoeg betaal vir kwotamaatskappye.

Mrs H ·

BEE is hul skuilnaam vir appartheid. Die woord “appartheid” is TE Afrikaans, en te moeilik en lank om te spel en uit te skryf. Maar Appartheid, het n nuwe naam gekry namens BEE of Affirmative Action wat blykbaar ook te lank geword het om uit te skryf, so nou hou hulle by BEE. Maar kyk, geniet ons nou die kastigge “demokrasie” wat die deffinisie van sosialisme is. Sien uit om die nuwe geskiedenis boeke te sien…is dit nie dalk waarvoor Ashwin mik nie?

JJ ·

Hoop nie die Advokaat wat die ondersoek doen vergeet die feit dat daar ‘n TEGNIESE PROBLEEM was nie!!! Dit het veroorsaak dat hy in die eerste plek nie sy se kon se nie – en dit was nie Naas of Nick se skuld nie. Se ook maar net, as DSTV Nick en Naas wil straf oor Ashwin se uiterse onprofessionele gedrag dan is ek ook klaar met DSTV

JJ ·

Hoop net die Advokaat wat die ondersoek doen word goed ingelig dat daar ‘n TEGNIESE PROBLEEM by Supersport was wat veroorsaak het dat Ashwin nie sy tyd gekry het om te praat nie. Dit was nie Naas of Nick se skuld nie. Die feit dat Ashwin daarna baie onprofessioneel opgetree het wys net hy hoort nie op die lug nie.

Andre ·

Albert, daar hoef nie gevolgtrekkings gemaak te word oor die voorval nie, dit was uitgesaai op TV. Willemse het ander kanale (maniere) gehad om sy grief aan Supersport oor te dra. Hy wou n openbare opmerking maak en het net sy onbekwaamheid aan die TV kykers vertoon daardeur het hy tot die kykers betrek.

Penelope ·

By my werk is daar ook mense wat veel eerder in die teekamer sit en eet of met hul selfone besig is as om saam met die res vd span te werk. Dit klink vir my soos ‘n skuldgevoel wat alles veroorsaak het…. Party mense wil maar net op die volgende ou se rug ry en sodoende krediet kry, alhoewel hul dit nie toekom nie. En gewoonlik speel die rugryers die “victim”. As ek so baie geld besit het sou ek ‘n kursus in menseverhoudinge gaan loop het. Hy kan hierdie hele ding regstel, maar ongelukkig het hy sy naam geplank op nasionale televisie…. I’ve got a rep to protect!!

thelsa ·

Die advokaat wat die aangeleentheid ondersoek is ook ‘n Persoon en sal daarom die bevindinge sodanig maak in die guns van Ashwin en dat Naas en Nick skuldig is aan een of ander belaglike rasverwante kommentaar.

ACJ ·

Sit maar solank julle DSTV’s af ek kyk en wag vir die uitslag,julle word in elk geval nie eers gemis nie.

Mrs H ·

Oe jy gaan ons mis as die ching ching dstv nie meer kan operasioneel hou nie! Jy gaan nog jou galbitter arrogansie moet opvreet. Net soos spur wat toe sommer skielik wit gesig advertensies maak…hehehe

CJ ·

Gemaskerde Sopbeen en Kapenaar: julle sê presies dit wat ek gedink het! Mens is mos in jou kop tevrede of ontevrede met jouself! Voorbeeld: As ek in my wese weet ek is die beste kelner van n restaurant, kan ander maar sê/dink/doen wat hulle wil. Ek is die beste en basta! Ander kan my maar probeer “verneder” of wat ookal … ek sal mos sterk in myself glo en die ander warmplek toe stuur met n goue glimlag. Ek sê weer: geen demokratiese verkiesing kan n mens “vry” maak nie. Jy is vry vanweë die kwaliteite wat jy as mens het, waarvoor jy gesweet, gewerk het, dit wat jy verwerf en verdien het. Maaaaar indien ek iets gekry het sonder dat ek dit waarlik verdien het, dan skop daar iets in wat mens innerlik in jouself en jou vermoëns laat twyfel. En boeta, dis nie n plek waar mens lekker oor jouself voel nie. Such is life!

Oom Kalahari ·

Ek en vriende het oor en oor na die video gekyk en kon geen vernederende opmerkings van Nick of Naas bespeur nie. Tot die vroue kommentator daar was verbaas oor Willemse se optrede. Hierdie was ‘n blote politieke agenda in die tydperk wat Afriforum oorsee was oor Afrika. Dalk was Albert in die ateljee en kan ons meer duidelikheid gee oor die dag se gebeure dan maak ons darem nie gevolgtrekkinge nie. Nick en Naas is hoogs aangeskrewe spelers en kennisse van rugby. Die kleuterskool konsert optrede was nie volgens smaak nie.

Johann du Toit ·

Die advokaat het ‘n lastige opdrag.
Ashwin inspireer jong rugbyspelers asook aspirerende TV aanbieders. Die insident het ongelukkig die kollig op hom as TV-aanbieder geplaas. Voldoen hy aan die persoonlikheidsvereistes en vaardighede waaroor ‘n tV-omroeper moet beskik?
Hy is ‘n goeie kommunikeerer, het ‘n passie vir sy onderwerp, hou van wat hy doen, glo in homself en het ‘n aantreklik voorkoms.
Maar daar is ook vrae. Beskik hy oor die vermoë om vinnig te reageer as iets onverwags gebeur? Gebruik hy sy sin vir humor om moeilike situasies te ontlont? Het hy die vermoë om sy persoonlike kwessies te vergeet wanneer hy voor die kamera inskuif? Werk hy goed in spanverband saam? Kan hy druk hanteer? Berei hy goed voor vir ‘n program? Is hy altyd betyds?. Dink hy voordat hy praat of maak hy aannames?
Ek het empatie met Ashwin. Omroepers maak ook foute.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.